Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die kat kom terug
Die kat kom terug [boodskap #48647] Di, 21 Augustus 2001 12:58 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> On Mon, 20 Aug 2001 18:05:39 GMT, @home.com wrote:
>
>> Dis seker nie dieselfde as "witvoetjie soek nie."
>>
>> Gloudina
>
> uh uh, dit is 'baie versigtig en op jou tone sluip'.

Davie, ek het 'n boek hier van Afrikaanse uitdrukkings enidiome. Daar
is 'n hele klomp uitdrukkings in met die woord
"kat" in Afrikaans, maar ek vind jou "katvoet" nie daar nie.
Ek dink dis 'n lokale fabrikasie, en daarby nog 'n anglisisme,
geinspireer deur die Engelse "cat burglar." Wonder of iemand
anders al van hierdie uitdrukking gehoor het.
Ek het natuurlik die kern van jou boodskap aan my besef:
jy wil vir my sê dat jy baie versigtig gaan wees in die toekoms,
jouself nie weer in albei voete skiet nie, jouself nie weer as
wouter plaasvark voordoen nie. So jy wil sê dat jy van nou
af ligvoet sal wees, op eiers sal loop. (Ek wil nog sien of jy dit
kan doen. )
In alle geval, tannie is so bly dat sy nou die kans het om weer
'n slag te dink oor idiome met katte in. Hier is 'n paar goeies:

Daar is meer as een manier om 'n kat dood te maak: (You can
achieve your objective in more than one way.)
'n Kat val altyd op sy pote: (Said of someone who always manages
to get out of trouble.)
'n Regte kat: (A sharp-tongued spiteful woman.)
Om 'n kat in die sak te koop: (To make a bad buy.)
Om soos 'n kat te sing: (To sing out of tune.)
'n Ou kat lus nog ook soetmelk: (Said when an old man marries a young
woman.)
Wie met 'n kat speel, word gekrap. ( He who occupies himself with
dangerous
things, must expect to get hurt.)

Tant Hessie se kat, wat terug kom.


>
Re: Die kat kom terug [boodskap #48654 is 'n antwoord op boodskap #48647] Di, 21 Augustus 2001 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ta' Hessie, hoe oud is daai idiome boekerasie van jou? Ek het al as kind
die uitdrukking 'katvoet loop' gehoor. Dit beteken: Wees versigtig vir
daardie persoon/geleentheid of wat ookal.

Thys oppie Bos (wat katvoet loop vir Reisiger se ylings... )
skryf in boodskap news:3B825BF0.1325452C@home.com...
Davie Davis wrote:

> On Mon, 20 Aug 2001 18:05:39 GMT, @home.com wrote:
>
>> Dis seker nie dieselfde as "witvoetjie soek nie."
>>
>> Gloudina
>
> uh uh, dit is 'baie versigtig en op jou tone sluip'.

Davie, ek het 'n boek hier van Afrikaanse uitdrukkings enidiome. Daar
is 'n hele klomp uitdrukkings in met die woord
"kat" in Afrikaans, maar ek vind jou "katvoet" nie daar nie.
Ek dink dis 'n lokale fabrikasie, en daarby nog 'n anglisisme,
geinspireer deur die Engelse "cat burglar." Wonder of iemand
anders al van hierdie uitdrukking gehoor het.
Ek het natuurlik die kern van jou boodskap aan my besef:
jy wil vir my sê dat jy baie versigtig gaan wees in die toekoms,
jouself nie weer in albei voete skiet nie, jouself nie weer as
wouter plaasvark voordoen nie. So jy wil sê dat jy van nou
af ligvoet sal wees, op eiers sal loop. (Ek wil nog sien of jy dit
kan doen. )
In alle geval, tannie is so bly dat sy nou die kans het om weer
'n slag te dink oor idiome met katte in. Hier is 'n paar goeies:

Daar is meer as een manier om 'n kat dood te maak: (You can
achieve your objective in more than one way.)
'n Kat val altyd op sy pote: (Said of someone who always manages
to get out of trouble.)
'n Regte kat: (A sharp-tongued spiteful woman.)
Om 'n kat in die sak te koop: (To make a bad buy.)
Om soos 'n kat te sing: (To sing out of tune.)
'n Ou kat lus nog ook soetmelk: (Said when an old man marries a young
woman.)
Wie met 'n kat speel, word gekrap. ( He who occupies himself with
dangerous
things, must expect to get hurt.)

Tant Hessie se kat, wat terug kom.

>
Re: Die kat kom terug [boodskap #48658 is 'n antwoord op boodskap #48647] Di, 21 Augustus 2001 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Ta' Hessie, hoe oud is daai idiome boekerasie van jou? Ek het al as kind
> die uitdrukking 'katvoet loop' gehoor. Dit beteken: Wees versigtig vir
> daardie persoon/geleentheid of wat ookal.
>

Thys, die idioomboek is "Afrikaanse Idiome en ander
Vaste Uitdrukkings" van R.P. Botha, G. Kroes en
C.H. Winckler.

Eerste uitgawe, eerste druk 1994.
Uitgegee deur Southern Boekuitgewers
Posbus 3103
Halfweghuis 1685
Gedruk en gebind deur Nasionale Boekdrukkery, Kaap.

Hulle bedank die Buro van die Woordeboek van die
Afrikaanse Taal (WAT) "vir die effektiewe wyse waarop
hy die skakelfunksie tussen die outeurs en die uitgewer
verrig het." Hulle gaan voort : "Die manier waarop die
Buro die voltooiing en lewering van die manuskrip
geadministreer het, asook die setwerk wat deur die Buro
gedoen is, getuig van professionaliteit en gehalte." Al drie
die outeurs is blykbaar van Stellenbosch, want hulle dateer
dit "Stellenbosch, Junie 1994.

In die afdeling "Vir die Gebruiker" dui hulle aan dat die boek
nie streef na volledigheid nie, en dat daar byvoorbeeld nie
uitdrukkings is wat beperk is tot besondere groepe sprekers
nie.. Maar jy moet maar die ding uitveg daar op Stellenbosch.
Hulle bly seker nog almal daar?
Persoonlik het ek nog nooit die uitdrukking "katvoet loop"
gehoor nie. Vir my klink dit na 'n tipiese anglisisme. Maar
ek sal nie my kop op 'n blok sit hiervoor nie.

Gloudina
Re: Die kat kom terug [boodskap #48667 is 'n antwoord op boodskap #48647] Di, 21 Augustus 2001 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Aug 2001 15:18:08 GMT, @home.com wrote:

>
> Thys, die idioomboek is "Afrikaanse Idiome en ander
> Vaste Uitdrukkings" van R.P. Botha, G. Kroes en
> C.H. Winckler.

> Gloudina

'n Paar interessante dinge wat jy hier aanhaal Gloudina, maar wat die
mees uitstaande kenmerk van jou skrywe is, is die feit dat jy 'n Botha
komplimenteer.

DD
Die kat loop voet [boodskap #48676 is 'n antwoord op boodskap #48654] Di, 21 Augustus 2001 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
katvoet loop « tread lightly/softly (lit. & fig.);
iemand is katvoet vir - « someone is wary of .
Joubert, P.A., Tweetalige Frasewoordeboek, 1997.

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9ltrur$jr2$1@news.adamastor.ac.za...
Ta' Hessie, hoe oud is daai idiome boekerasie van jou? Ek het al as kind
die uitdrukking 'katvoet loop' gehoor. Dit beteken: Wees versigtig vir
daardie persoon/geleentheid of wat ookal.

Thys oppie Bos (wat katvoet loop vir Reisiger se ylings... )
skryf in boodskap news:3B825BF0.1325452C@home.com...
Davie Davis wrote:

> On Mon, 20 Aug 2001 18:05:39 GMT, @home.com wrote:
>
>> Dis seker nie dieselfde as "witvoetjie soek nie."
>>
>> Gloudina
>
> uh uh, dit is 'baie versigtig en op jou tone sluip'.

Davie, ek het 'n boek hier van Afrikaanse uitdrukkings enidiome. Daar
is 'n hele klomp uitdrukkings in met die woord
"kat" in Afrikaans, maar ek vind jou "katvoet" nie daar nie.
Ek dink dis 'n lokale fabrikasie, en daarby nog 'n anglisisme,
geïnspireer deur die Engelse "cat burglar." Wonder of iemand
anders al van hierdie uitdrukking gehoor het.
Ek het natuurlik die kern van jou boodskap aan my besef:
jy wil vir my sê dat jy baie versigtig gaan wees in die toekoms,
jouself nie weer in albei voete skiet nie, jouself nie weer as
wouter plaasvark voordoen nie. So jy wil sê dat jy van nou
af ligvoet sal wees, op eiers sal loop. (Ek wil nog sien of jy dit
kan doen. )
In alle geval, tannie is so bly dat sy nou die kans het om weer
'n slag te dink oor idiome met katte in. Hier is 'n paar goeies:

Daar is meer as een manier om 'n kat dood te maak: (You can
achieve your objective in more than one way.)
'n Kat val altyd op sy pote: (Said of someone who always manages
to get out of trouble.)
'n Regte kat: (A sharp-tongued spiteful woman.)
Om 'n kat in die sak te koop: (To make a bad buy.)
Om soos 'n kat te sing: (To sing out of tune.)
'n Ou kat lus nog ook soetmelk: (Said when an old man marries a young
woman.)
Wie met 'n kat speel, word gekrap. ( He who occupies himself with
dangerous
things, must expect to get hurt.)

Tant Hessie se kat, wat terug kom.

>
Re: Die kat loop voet [boodskap #48688 is 'n antwoord op boodskap #48676] Wo, 22 Augustus 2001 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rennie Oster wrote:

> katvoet loop « tread lightly/softly (lit. & fig.);
> iemand is katvoet vir - « someone is wary of .
> Joubert, P.A., Tweetalige Frasewoordeboek, 1997.
>

Ok, Ok, ek gee in. Maar ek sê weer; ek het dit nog nooitin my lewe gehoor of
gelees nie.
Vir boetedoening sal ek later die res van die idiomatiese
uitdrukkings met kat in, uittik en op die nuusgroep plaas.

Tant Hessie Manx
Re: Die kat loop voet [boodskap #48695 is 'n antwoord op boodskap #48676] Wo, 22 Augustus 2001 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die kat in die hoenderhok loslaat...

Afr of anglisisme?
____________________________________________________________
skryf in boodskap news:3B839977.E66F9BA6@home.com...
Rennie Oster wrote:

> katvoet loop � tread lightly/softly (lit. & fig.);
> iemand is katvoet vir - � someone is wary of .
> Joubert, P.A., Tweetalige Frasewoordeboek, 1997.
>

Ok, Ok, ek gee in. Maar ek sê weer; ek het dit nog nooitin my lewe
gehoor of
gelees nie.
Vir boetedoening sal ek later die res van die idiomatiese
uitdrukkings met kat in, uittik en op die nuusgroep plaas.

Tant Hessie Manx
Re: Die kat loop voet [boodskap #48706 is 'n antwoord op boodskap #48676] Do, 23 Augustus 2001 02:22 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Die kat in die hoenderhok loslaat...
>
> Afr of anglisisme?

Word daar in Engels nie gewoonlik gepraat van "a
fox in the henhouse" nie?
My boek gee nie "kat in die hoenderhok loslaat"
nie, maar dit maak nie 'n beroep op volledigheid nie.
Wat beteken dit eintlik? Katte vang mos nie eintlik
hoenders nie? Daar is egter 'n uitdrukking "om 'n
kat in die duiwehok te gooi" : To cause a great
consternation. Miskien is dit waaraan jy dink.
Hier is nog 'n paar kat-gesegdes wat in die
boek opgeneem is:
Om te laat vir die kat se afval te kom : To arrive
when all have finished their meal.
Dis nie 'n kat om sonder handskoene aan te pak nie:
You must be prepared to fight/attack.

Later meer.
Tant Hessie Manx
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Ondersteuning vir die Internet Inisiatief
Volgende onderwerp: Danielle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 12:54:58 MGT 2024