Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ukkasie 2002
Ukkasie 2002 [boodskap #48530] Sa, 18 Augustus 2001 07:08
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Al julle belangstellendes kan Maryna mail:

marynaAPENSTAARTJEblomerus.freeserve.co.uk

Ek's veral bly oor die minifees in Europa! Ek vote definitief vir
Nederland!!!
__________________________________________________________

UKKASIE 2002

Jy't reg gelees: ons beplan reeds volgende jaar se fees. Ek stuur binnekort
'n briefie uit om die 'Mees gevra-de vrae' omtrent UKkasie 2001 te beatwoord
sodat julle die storie-agter-die-storie kan ken van hierdie
okkasie-vol-pret-en-intrige.Maar kom ons gesels oor UKkasie 2002:

Een vraag wat baie gevra is, is WAAROM ONS SO BAIE IN SA BEMARK HET, MAAR SO
MIN IN DIE VK?
Antwoord: Ons het nie soveel as 1p of een brief of een oproep geïniseer om
die fees in SA bekend te maak nie. Die fees het inherent nuuswaarde gehad en
die storie is eenvoudig deur die pers opgeraap.
Daarenteen het ons baie gelg en moeite spandeer om die +400 persverklarings
hier uit te stuur, pamflette te druk en te versprei, e-posse en nuusbriewe
uit te stuur, ens. Onthou dat ons nie hier, soos in SA, 'n nasionale
mondstuk van enige aard het nie: nog radio, TV, koerante of tydskrifte.
Omdat Suid-Afrikaners wyd verspreid is, is dit nie koste-effektief om van
streeksmedia gebruik te maak nie. En o wee, om nasionaal te bemark kos meer
arms en bene as wat ons kon afstaan.Onthou dat hierdie fees deur net 'n paar
individue befonds en beman is.

SO, HOE BEMARK MENS 'N AFRIKAANSE FEES IN ENGELAND? 'n MILJOENPONDVRAAG. Ek
het gevind dat byna almal op UKkasie se databasis by die fees was. Dit werk.
Ons moet die databasis dus uitbou. Hierdie fees - wat ons almal s'n is - kan
net groei as almal saamwerk. Dit het my liggies gegrief as mense vir my sê
soveel van hul vriende nie van die fees geweet het nie: hoekom het hulle nie
maar betyds vir hul vriende daarvan gesê nie? Ons het nou 'n hele jaar om
UKkasie 2002 te bemark. Help ons om ELKE MOONTLIKE AFRIKAANSSPREKENDE
daarvan bewus te maak. Stuur vir my ELKE MOONTLIKE belangstellende se
e-posadres en ek onderneem om daardie persone te bereik. Weet jy dalk van
groepe SAners: klubs, pubs, verenigings, kerke, wat ookal? Ons vriende in
Europa het die fees wonderlik ondersteun: dalk kan ons 'n mini-fees na
afloop van UKkasie 2002 Europa toe neem. Laat kry my ook jul
vasteland-vriende se inligting!

Ek onderneem ook om, soos in die verlede, die databasis SLEGS aan te wend om
die fees en Kletsput se bedrywighede te bemark. AS DIT VIR JOU OOK BELANGRIK
IS DAT UKKASIE 2002 SUKSESVOL IS, HELP ONS ASSEBLIEF.
Vorige onderwerp: Nuwe wet
Volgende onderwerp: Aai toggie tog !! :)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 03:16:15 MGT 2024