Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spaar geweldig op Groceries
Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48216] Di, 14 Augustus 2001 21:20 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Aanvanklik wou die Tannie nie met my idee akkoord gaan nie maar toe die
gogga eers byt was die gort behoorlik gaar. U sien ons was op hierdie
begrafnis van 'n kennis. Op ons ouderdom is daar vier begrafnisse vir elke
een troue. En terwyl ons na die teraardebestelling nog so lekker om die
tafels staan en kuier, so tussen die koeksusters en die souttert deur, tref
die wonderlike idee my.

Ek het 'n goieie vriend by AVBOB en hy kan my inlig oor waar daar
begrafnisse is en in 'n plek soos Gauteng is daar ten minste 'n dosyn
begrafnisse elke liewe dag. En die kos wat na die begrafnis uit gelê word
is legio!!

Sê ek vir die Tannie: "Wie gaan ooit sê of dink dat ons gate crash?" O nee
sê die Tannie daarvan wil sy nou net mooi niks van weet nie - maar toe my
plan eers in werking gestel is toe sing sy 'n ander deuntjie. Dink net:
Geen staan voor 'n warm stoof nie. Geen skottelgoed wassery nie en die
besparing op groceries? Nie eens om van te praat nie. (behalwe dat ons die
pensioners discount mis.)

Op die koop toe kry ons nou elke dag 'n preek ook - OK die meeste is maar
die gewone dood-waar-is-jou-angel boodskap, maar daar is darem ook 'n paar
goeies tussen in. Die Engelse begrafnisse het my egter 'n bietjie
bekommerd - hulle gooi sommer 'n paar doppe ook saam met die etery.

Klaarblyklik lyk dit sover of die plan klopdisselboom loop! Een of twee dae
die afgelope ses maande was daar nie 'n noemenswaardige begrafnis nie en
moes ons maar liefs teverede wees met 'n negentien Randse Debonair's Hawaian
Pizza.

Maar nou het dinge begin verkeerd loop. Die Tannie raak al hoe vetter en sy
eet letterlik 'n pad 'n myl wyd deur Gauteng se begrafnisse. Sy het nou al
'n stadium bereik waar sy nog voor die einde van die diens haarself in die
kombuis inwurm. Betaamlikheid is nou sommer by die agterdeur uit. Sy weet
mos mense respekteer haar ouderdom te veel om haar uit die kombuis uit te
boender.

Ek het hierdie monster self geskep en ek sal maar self daaraan moet werk.
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48220 is 'n antwoord op boodskap #48216] Wo, 15 Augustus 2001 02:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Grahame wrote:

> so tussen die koeksusters en die souttert deur

Dis koeksisters, Davie, koeksIsters. Net Pieter Dirk
Uys praat van koeksusters.

Tant Hessie, wat van koeksusters en koeksisters hou.
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48254 is 'n antwoord op boodskap #48216] Wo, 15 Augustus 2001 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
____________________________________________
skryf in boodskap news:3B79E2B1.F374AE08@home.com...
> Grahame wrote:
>
>> so tussen die koeksusters en die souttert deur
>
> Dis koeksisters, Davie, koeksIsters. Net Pieter Dirk
> Uys praat van koeksusters.
>
> Tant Hessie, wat van koeksusters en koeksisters hou.
>
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48259 is 'n antwoord op boodskap #48216] Wo, 15 Augustus 2001 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tosca  is tans af-lyn  Tosca
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Dog mens sê koesisters....

Toscca
**********************************
skryf in boodskap news:3B79E2B1.F374AE08@home.com...
> Grahame wrote:
>
>> so tussen die koeksusters en die souttert deur
>
> Dis koeksisters, Davie, koeksIsters. Net Pieter Dirk
> Uys praat van koeksusters.
>
> Tant Hessie, wat van koeksusters en koeksisters hou.
>
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48260 is 'n antwoord op boodskap #48254] Wo, 15 Augustus 2001 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tosca  is tans af-lyn  Tosca
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
O, sorry sien jy't het klaar genoem. Ek dink jy hebt gelyk!

Tosca
*************************************
"Max" skryf in boodskap news:9ld9bn$nun$1@azure.nl.gxn.net...
> Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
> ____________________________________________
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48263 is 'n antwoord op boodskap #48260] Wo, 15 Augustus 2001 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Is so 'koesisters' is die korrekte woord, maar ons het dit toe sommer
koeksisters gaan maak. G'n sister van enige koek nie...
Thys (sonder Skoonma se koesisters) oppie Bos
"Tosca" skryf in boodskap news:9ldau4$2rcj1$3@reader01.wxs.nl...
>> Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48264 is 'n antwoord op boodskap #48259] Wo, 15 Augustus 2001 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Dis wisselvorme, albei is reg. Ek is gewoond aan koeksisters.

"Tosca" skryf in boodskap news:9ldau4$2rcj1$2@reader01.wxs.nl...
Dog mens sê koesisters....

Toscca
**********************************
skryf in boodskap news:3B79E2B1.F374AE08@home.com...
> Grahame wrote:
>
>> so tussen die koeksusters en die souttert deur
>
> Dis koeksisters, Davie, koeksIsters. Net Pieter Dirk
> Uys praat van koeksusters.
>
> Tant Hessie, wat van koeksusters en koeksisters hou.
>
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48265 is 'n antwoord op boodskap #48259] Wo, 15 Augustus 2001 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dog jy's Tosca! ;-)
______________________________________________
"Tosca"
> Dog mens sê koesisters....
>
> Toscca
> **********************************
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48267 is 'n antwoord op boodskap #48216] Wo, 15 Augustus 2001 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die storie vreeslik geniet. Dink jy nie dis lekkerder om troues te
join nie? Kan jy nog lekker party ook, maar dis meestal net Saterdae...

Jy familie van die bruid? O, ek's familie van die bruidegom...

Terloops, ek het ook al lekker gedrink op afrikaanse begrafnisse... :-)
________________________________________________________
"Grahame"
> Aanvanklik wou die Tannie nie met my idee akkoord gaan nie maar toe die
> gogga eers byt was die gort behoorlik gaar. U sien ons was op hierdie
> begrafnis van 'n kennis. Op ons ouderdom is daar vier begrafnisse vir elke
> een troue. En terwyl ons na die teraardebestelling nog so lekker om die
> tafels staan en kuier, so tussen die koeksusters en die souttert deur, tref
> die wonderlike idee my.
>
> Ek het 'n goieie vriend by AVBOB en hy kan my inlig oor waar daar
> begrafnisse is en in 'n plek soos Gauteng is daar ten minste 'n dosyn
> begrafnisse elke liewe dag. En die kos wat na die begrafnis uit gelê word
> is legio!!
>
> Sê ek vir die Tannie: "Wie gaan ooit sê of dink dat ons gate crash?" O nee
> sê die Tannie daarvan wil sy nou net mooi niks van weet nie - maar toe my
> plan eers in werking gestel is toe sing sy 'n ander deuntjie. Dink net:
> Geen staan voor 'n warm stoof nie. Geen skottelgoed wassery nie en die
> besparing op groceries? Nie eens om van te praat nie. (behalwe dat ons die
> pensioners discount mis.)
>
> Op die koop toe kry ons nou elke dag 'n preek ook - OK die meeste is maar
> die gewone dood-waar-is-jou-angel boodskap, maar daar is darem ook 'n paar
> goeies tussen in. Die Engelse begrafnisse het my egter 'n bietjie
> bekommerd - hulle gooi sommer 'n paar doppe ook saam met die etery.
>
> Klaarblyklik lyk dit sover of die plan klopdisselboom loop! Een of twee dae
> die afgelope ses maande was daar nie 'n noemenswaardige begrafnis nie en
> moes ons maar liefs teverede wees met 'n negentien Randse Debonair's Hawaian
> Pizza.
>
> Maar nou het dinge begin verkeerd loop. Die Tannie raak al hoe vetter en sy
> eet letterlik 'n pad 'n myl wyd deur Gauteng se begrafnisse. Sy het nou al
> 'n stadium bereik waar sy nog voor die einde van die diens haarself in die
> kombuis inwurm. Betaamlikheid is nou sommer by die agterdeur uit. Sy weet
> mos mense respekteer haar ouderdom te veel om haar uit die kombuis uit te
> boender.
>
> Ek het hierdie monster self geskep en ek sal maar self daaraan moet werk.
>
koe(k)sister [boodskap #48270 is 'n antwoord op boodskap #48263] Wo, 15 Augustus 2001 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
koe(k)sis´ter, -s. Soort gebak bestaande uit inmekaar gedraaide of gevlegte
repe koekdeeg in vet gekook en daarna in suikerstroop gedompel
.

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9lde3g$1j1r$1@news.adamastor.ac.za...
Is so 'koesisters' is die korrekte woord, maar ons het dit toe sommer
koeksisters gaan maak. G'n sister van enige koek nie...
Thys (sonder Skoonma se koesisters) oppie Bos

"Tosca" skryf in boodskap news:9ldau4$2rcj1$3@reader01.wxs.nl...
>> Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
Re: koe(k)sister [boodskap #48302 is 'n antwoord op boodskap #48270] Wo, 15 Augustus 2001 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Deesdae vleg hulle mos nie meer die koeksister nie.
Vir 'n vlegsel het mens drie repe nodig.
Deesdae draai hulle net twee repe oormekaar.
Die deeg word in baie warm olie gedompel ( nie vet nie)
En die stroop moet 'n bietjie suurlemoen in hê en yskoud wees wanneer die
warm koekdraaisels ingedompel word.
Dan is dit 'n koeksister:))
Annette

--

Rennie Oster skryf in boodskap news:9ldh6s$70m$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> koe(k)sis´ter, -s. Soort gebak bestaande uit inmekaar gedraaide of gevlegte
> repe koekdeeg in vet gekook en daarna in suikerstroop gedompel
> .
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:9lde3g$1j1r$1@news.adamastor.ac.za...
> Is so 'koesisters' is die korrekte woord, maar ons het dit toe sommer
> koeksisters gaan maak. G'n sister van enige koek nie...
> Thys (sonder Skoonma se koesisters) oppie Bos
>
> "Tosca" wrote in message news:9ldau4$2rcj1$3@reader01.wxs.nl...
>>> Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
>
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48303 is 'n antwoord op boodskap #48264] Wo, 15 Augustus 2001 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koeksisters smaak baie beter as koesisters:))
Annette
-

Rennie Oster skryf in boodskap news:3b7a3ef6.0@news1.mweb.co.za...
> Dis wisselvorme, albei is reg. Ek is gewoond aan koeksisters.
>
>
> "Tosca" skryf in boodskap news:9ldau4$2rcj1$2@reader01.wxs.nl...
> Dog mens sê koesisters....
>
> Toscca
> **********************************
> skryf in boodskap news:3B79E2B1.F374AE08@home.com...
>> Grahame wrote:
>>
>>> so tussen die koeksusters en die souttert deur
>>
>> Dis koeksisters, Davie, koeksIsters. Net Pieter Dirk
>> Uys praat van koeksusters.
>>
>> Tant Hessie, wat van koeksusters en koeksisters hou.
>>
>
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48304 is 'n antwoord op boodskap #48267] Wo, 15 Augustus 2001 17:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die lekkerste eet en drink is op Joodse Bar-Mitzvah's (sic?)
Veral as mens knaend na die verkeerde een gaan:)))
Annette

--
Max skryf in boodskap news:9ldglr$pmb$1@azure.nl.gxn.net...
> Ek het die storie vreeslik geniet. Dink jy nie dis lekkerder om troues te
> join nie? Kan jy nog lekker party ook, maar dis meestal net Saterdae...
>
> Jy familie van die bruid? O, ek's familie van die bruidegom...
>
> Terloops, ek het ook al lekker gedrink op afrikaanse begrafnisse... :-)
> ________________________________________________________
> "Grahame"
>> Aanvanklik wou die Tannie nie met my idee akkoord gaan nie maar toe die
>> gogga eers byt was die gort behoorlik gaar. U sien ons was op hierdie
>> begrafnis van 'n kennis. Op ons ouderdom is daar vier begrafnisse vir elke
>> een troue. En terwyl ons na die teraardebestelling nog so lekker om die
>> tafels staan en kuier, so tussen die koeksusters en die souttert deur, tref
>> die wonderlike idee my.
>>
>> Ek het 'n goieie vriend by AVBOB en hy kan my inlig oor waar daar
>> begrafnisse is en in 'n plek soos Gauteng is daar ten minste 'n dosyn
>> begrafnisse elke liewe dag. En die kos wat na die begrafnis uit gelê word
>> is legio!!
>>
>> Sê ek vir die Tannie: "Wie gaan ooit sê of dink dat ons gate crash?" O nee
>> sê die Tannie daarvan wil sy nou net mooi niks van weet nie - maar toe my
>> plan eers in werking gestel is toe sing sy 'n ander deuntjie. Dink net:
>> Geen staan voor 'n warm stoof nie. Geen skottelgoed wassery nie en die
>> besparing op groceries? Nie eens om van te praat nie. (behalwe dat ons die
>> pensioners discount mis.)
>>
>> Op die koop toe kry ons nou elke dag 'n preek ook - OK die meeste is maar
>> die gewone dood-waar-is-jou-angel boodskap, maar daar is darem ook 'n paar
>> goeies tussen in. Die Engelse begrafnisse het my egter 'n bietjie
>> bekommerd - hulle gooi sommer 'n paar doppe ook saam met die etery.
>>
>> Klaarblyklik lyk dit sover of die plan klopdisselboom loop! Een of twee dae
>> die afgelope ses maande was daar nie 'n noemenswaardige begrafnis nie en
>> moes ons maar liefs teverede wees met 'n negentien Randse Debonair's Hawaian
>> Pizza.
>>
>> Maar nou het dinge begin verkeerd loop. Die Tannie raak al hoe vetter en sy
>> eet letterlik 'n pad 'n myl wyd deur Gauteng se begrafnisse. Sy het nou al
>> 'n stadium bereik waar sy nog voor die einde van die diens haarself in die
>> kombuis inwurm. Betaamlikheid is nou sommer by die agterdeur uit. Sy weet
>> mos mense respekteer haar ouderdom te veel om haar uit die kombuis uit te
>> boender.
>>
>> Ek het hierdie monster self geskep en ek sal maar self daaraan moet werk.
>>
>
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48305 is 'n antwoord op boodskap #48267] Wo, 15 Augustus 2001 17:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap

Koes suster! [boodskap #48307 is 'n antwoord op boodskap #48303] Wo, 15 Augustus 2001 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek glo dit.
'n Koek-suster is ook baie lekkerder as 'n koes-suster

Annette skryf in boodskap news:9lebhc$8p77e$4@ID-92016.news.dfncis.de...
Koeksisters smaak baie beter as koesisters:))
Annette

Rennie Oster skryf in boodskap news:3b7a3ef6.0@news1.mweb.co.za...
> Dis wisselvorme, albei is reg. Ek is gewoond aan koeksisters.

> "Tosca" skryf in boodskap news:9ldau4$2rcj1$2@reader01.wxs.nl...
> Dog mens sê koesisters....

>> Dis koeksisters, Davie, koeksIsters. Net Pieter Dirk
>> Uys praat van koeksusters.
>> Tant Hessie, wat van koeksusters en koeksisters hou.
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48310 is 'n antwoord op boodskap #48216] Wo, 15 Augustus 2001 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jammer, my fout. 'n Koeksuster is 'n lesbian.
Grahame

Grahame skryf in boodskap news:3b7999b8.0@news1.mweb.co.za...
> Aanvanklik wou die Tannie nie met my idee akkoord gaan nie maar toe die
> gogga eers byt was die gort behoorlik gaar. U sien ons was op hierdie
> begrafnis van 'n kennis. Op ons ouderdom is daar vier begrafnisse vir elke
> een troue. En terwyl ons na die teraardebestelling nog so lekker om die
> tafels staan en kuier, so tussen die koeksusters en die souttert deur, tref
> die wonderlike idee my.
>
> Ek het 'n goieie vriend by AVBOB en hy kan my inlig oor waar daar
> begrafnisse is en in 'n plek soos Gauteng is daar ten minste 'n dosyn
> begrafnisse elke liewe dag. En die kos wat na die begrafnis uit gelê word
> is legio!!
>
> Sê ek vir die Tannie: "Wie gaan ooit sê of dink dat ons gate crash?" O nee
> sê die Tannie daarvan wil sy nou net mooi niks van weet nie - maar toe my
> plan eers in werking gestel is toe sing sy 'n ander deuntjie. Dink net:
> Geen staan voor 'n warm stoof nie. Geen skottelgoed wassery nie en die
> besparing op groceries? Nie eens om van te praat nie. (behalwe dat ons die
> pensioners discount mis.)
>
> Op die koop toe kry ons nou elke dag 'n preek ook - OK die meeste is maar
> die gewone dood-waar-is-jou-angel boodskap, maar daar is darem ook 'n paar
> goeies tussen in. Die Engelse begrafnisse het my egter 'n bietjie
> bekommerd - hulle gooi sommer 'n paar doppe ook saam met die etery.
>
> Klaarblyklik lyk dit sover of die plan klopdisselboom loop! Een of twee dae
> die afgelope ses maande was daar nie 'n noemenswaardige begrafnis nie en
> moes ons maar liefs teverede wees met 'n negentien Randse Debonair's Hawaian
> Pizza.
>
> Maar nou het dinge begin verkeerd loop. Die Tannie raak al hoe vetter en sy
> eet letterlik 'n pad 'n myl wyd deur Gauteng se begrafnisse. Sy het nou al
> 'n stadium bereik waar sy nog voor die einde van die diens haarself in die
> kombuis inwurm. Betaamlikheid is nou sommer by die agterdeur uit. Sy weet
> mos mense respekteer haar ouderdom te veel om haar uit die kombuis uit te
> boender.
>
> Ek het hierdie monster self geskep en ek sal maar self daaraan moet werk.
>
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48317 is 'n antwoord op boodskap #48310] Wo, 15 Augustus 2001 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Grahame wrote:

> Jammer, my fout. 'n Koeksuster is 'n lesbian.

Nou praat jy, du Plessis.

Tant Alie, vir wie tant Mina stroop kook.
Re: Spaar geweldig op Groceries [boodskap #48318 is 'n antwoord op boodskap #48265] Wo, 15 Augustus 2001 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tosca  is tans af-lyn  Tosca
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Oeps, my vinger het gegly....

Tosca
*******************************
"Max" skryf in boodskap news:9ldgaa$pkq$1@azure.nl.gxn.net...
> Dog jy's Tosca! ;-)
> ______________________________________________
> "Tosca"
>> Dog mens sê koesisters....
>
> Toscca
*********************************
Re: koe(k)sister [boodskap #48322 is 'n antwoord op boodskap #48302] Wo, 15 Augustus 2001 23:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis die luies wat nie vleg nie Annette, daar MOET drie wees! En nie net
moet die stroop yskoud wees nie,
maar dit moet n goeie skootjie gemmer in hê. En die koeksisters moet met
gis
gemaak word, nie bakpoeier nie.

Pop (wie se ouma uit die Vrystaat n reputasie gehad het vir haar
koeksisters,
maar wie self nie tyd het vir dit nie, of om sampioene te stop nie! :-)

Annette skryf in boodskap news:9lebh9$8p77e$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Deesdae vleg hulle mos nie meer die koeksister nie.
> Vir 'n vlegsel het mens drie repe nodig.
> Deesdae draai hulle net twee repe oormekaar.
> Die deeg word in baie warm olie gedompel ( nie vet nie)
> En die stroop moet 'n bietjie suurlemoen in hê en yskoud wees wanneer die
> warm koekdraaisels ingedompel word.
> Dan is dit 'n koeksister:))
> Annette
>
>
> --
>
> Rennie Oster wrote in message
> news:9ldh6s$70m$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> koe(k)sis´ter, -s. Soort gebak bestaande uit inmekaar gedraaide of gevlegte
>> repe koekdeeg in vet gekook en daarna in suikerstroop gedompel
>> .
>> "Thys de Wet" wrote in message
>> news:9lde3g$1j1r$1@news.adamastor.ac.za...
>> Is so 'koesisters' is die korrekte woord, maar ons het dit toe sommer
>> koeksisters gaan maak. G'n sister van enige koek nie...
>> Thys (sonder Skoonma se koesisters) oppie Bos
>>
[color=teal]>> "Tosca" wrote in message > news:9ldau4$2rcj1$3@reader01.wxs.nl...
>>>> Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
>>
>
Re: koe(k)sister [boodskap #48353 is 'n antwoord op boodskap #48322] Do, 16 Augustus 2001 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Koue Koesister met 'n glas yskoue melk om die ergste soet te breek!!!!
Mensig hoe belustig raak ek nou........
ANNETTE MAAK VIR ONS KOESISTERS EK KOM KUIER

"pop" skryf in boodskap news:9lf26m$d00$1@slb3.atl.mindspring.net...
> Dis die luies wat nie vleg nie Annette, daar MOET drie wees! En nie net
> moet die stroop yskoud wees nie,
> maar dit moet n goeie skootjie gemmer in hê. En die koeksisters moet met
> gis
> gemaak word, nie bakpoeier nie.
>
> Pop (wie se ouma uit die Vrystaat n reputasie gehad het vir haar
> koeksisters,
> maar wie self nie tyd het vir dit nie, of om sampioene te stop nie! :-)
>
>
> Annette wrote in message
> news:9lebh9$8p77e$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Deesdae vleg hulle mos nie meer die koeksister nie.
>> Vir 'n vlegsel het mens drie repe nodig.
>> Deesdae draai hulle net twee repe oormekaar.
>> Die deeg word in baie warm olie gedompel ( nie vet nie)
>> En die stroop moet 'n bietjie suurlemoen in hê en yskoud wees wanneer die
>> warm koekdraaisels ingedompel word.
>> Dan is dit 'n koeksister:))
>> Annette
>>
>>
>> --
>>
>> Rennie Oster wrote in message
>> news:9ldh6s$70m$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> koe(k)sis`ter, -s. Soort gebak bestaande uit inmekaar gedraaide of gevlegte
>>> repe koekdeeg in vet gekook en daarna in suikerstroop gedompel
>>> .
>>> "Thys de Wet" wrote in message
>>> news:9lde3g$1j1r$1@news.adamastor.ac.za...
>>> Is so 'koesisters' is die korrekte woord, maar ons het dit toe sommer
>>> koeksisters gaan maak. G'n sister van enige koek nie...
>>> Thys (sonder Skoonma se koesisters) oppie Bos
>>>
>>> "Tosca" wrote in message news:9ldau4$2rcj1$3@reader01.wxs.nl...
>>>> > Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
>>>
>>
>
Re: koe(k)sister [boodskap #48382 is 'n antwoord op boodskap #48353] Do, 16 Augustus 2001 13:38 Na vorige boodskap
Gizmo  is tans af-lyn  Gizmo
Boodskappe: 14
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem.

Annette, jy klink soos n vrou duisend!!!!
Skakel my gerus

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b7b808b$0$235@hades.is.co.za...
> Koue Koesister met 'n glas yskoue melk om die ergste soet te breek!!!!
> Mensig hoe belustig raak ek nou........
> ANNETTE MAAK VIR ONS KOESISTERS EK KOM KUIER
>
> "pop" wrote in message
> news:9lf26m$d00$1@slb3.atl.mindspring.net...
>> Dis die luies wat nie vleg nie Annette, daar MOET drie wees! En nie net
>> moet die stroop yskoud wees nie,
>> maar dit moet n goeie skootjie gemmer in hê. En die koeksisters moet met
>> gis
>> gemaak word, nie bakpoeier nie.
>>
>> Pop (wie se ouma uit die Vrystaat n reputasie gehad het vir haar
>> koeksisters,
>> maar wie self nie tyd het vir dit nie, of om sampioene te stop nie! :-)
>>
>>
>> Annette wrote in message
>> news:9lebh9$8p77e$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Deesdae vleg hulle mos nie meer die koeksister nie.
>>> Vir 'n vlegsel het mens drie repe nodig.
>>> Deesdae draai hulle net twee repe oormekaar.
>>> Die deeg word in baie warm olie gedompel ( nie vet nie)
>>> En die stroop moet 'n bietjie suurlemoen in hê en yskoud wees wanneer die
>>> warm koekdraaisels ingedompel word.
>>> Dan is dit 'n koeksister:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>> --
>>>
>>> Rennie Oster wrote in message
>>> news:9ldh6s$70m$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>> koe(k)sis`ter, -s. Soort gebak bestaande uit inmekaar gedraaide of gevlegte
>>>> repe koekdeeg in vet gekook en daarna in suikerstroop gedompel
>>>> .
>>>> "Thys de Wet" wrote in message
>>>> news:9lde3g$1j1r$1@news.adamastor.ac.za...
>>>> Is so 'koesisters' is die korrekte woord, maar ons het dit toe sommer
>>>> koeksisters gaan maak. G'n sister van enige koek nie...
>>>> Thys (sonder Skoonma se koesisters) oppie Bos
>>>>
>>>> "Tosca" wrote in message
>>> news:9ldau4$2rcj1$3@reader01.wxs.nl...
>>>> > > Is dit nie koesisters nie? Of was dit ooit? Ek het dit eenkeer gehoor...
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Hoekom?
Volgende onderwerp: Die uitsig is maar sleg!!
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 13:00:10 MGT 2024