Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Melktertresep #1
Melktertresep #1 [boodskap #47728] Di, 07 Augustus 2001 07:02 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hierdie resep kan ook korsloos gemaak word.
Die kors is bros.
Resep lewer 2 middelslagterte.

Voorverhit die oond tot 200C ( 400F). Smeer of spuit 2 x 1l volume
tertborde.

Kors: Meng 125 botter/margarien ( by kamertemperatuur) en
100g ( 125ml) suiker deeglik.
Voeg 1 eier, geklits, by en meng.
Sif 275g ( 500ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom,
10ml bakpoeier en 'n knypie sout saam.
Meng die meelmengsel met die eiermengsel tot 'n deeg..
Druk die deeg so dun as moontlik teeendie wand en op die boom van die
tertborde. Sny die rande netjies en kartel dit met die vingers.
Bak die korse 10 - 20 minute totdat die rande begin verbruin.
Berei intussen die vulsel.

Vulsel:
Verhit 1l melk en
25g( 30ml) botter/margarien in ;n groot kastrol tot kookpunt.
Skei 2 eiers.
Klits verdere 125ml melk, verdere heel eier, 2 eiergele,
150g ( 200ml) suiker
20g (40ml) koekmeelblom
20g ( 40 ml) mielieblom ( Maizena)
en 'n knypie sout saam tot 'n pasta.
Klits 'n bietjie van die kookmelk geleidelik hierby.
Klits hierdie mengsel nou geleidelik by die oorblywende kookmelk en roer
fluks, verkieslik met 'n draadklopper, om die vorming van klonte te voorkom.
Verhit die mengsel tot kookpunt en roer gereeld.
Klits die eierwitte tot sagte punte en vou dit in die warm melkpap in.
Gooi die vulsel in die gaar tertkorse, strooi kaneel oor en laat afkoel tot
die vulsel styf is.
Annette
Re: Melktertresep #1 [boodskap #47756 is 'n antwoord op boodskap #47728] Di, 07 Augustus 2001 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tosca  is tans af-lyn  Tosca
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Dankie Annette, my man se mond water al seker vir twee jaar vir 'n lekker
melktert! Dis 'n teken van bo, ek sal seker die kombuis maar moet gaan
invaar...

Toca

"Annette" skryf in boodskap news:9ko7hc$5bl6j$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hierdie resep kan ook korsloos gemaak word.
> Die kors is bros.
> Resep lewer 2 middelslagterte.
>
> Voorverhit die oond tot 200C ( 400F). Smeer of spuit 2 x 1l volume
> tertborde.
>
> Kors: Meng 125 botter/margarien ( by kamertemperatuur) en
> 100g ( 125ml) suiker deeglik.
> Voeg 1 eier, geklits, by en meng.
> Sif 275g ( 500ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom,
> 10ml bakpoeier en 'n knypie sout saam.
> Meng die meelmengsel met die eiermengsel tot 'n deeg..
> Druk die deeg so dun as moontlik teeendie wand en op die boom van die
> tertborde. Sny die rande netjies en kartel dit met die vingers.
> Bak die korse 10 - 20 minute totdat die rande begin verbruin.
> Berei intussen die vulsel.
>
> Vulsel:
> Verhit 1l melk en
> 25g( 30ml) botter/margarien in ;n groot kastrol tot kookpunt.
> Skei 2 eiers.
> Klits verdere 125ml melk, verdere heel eier, 2 eiergele,
> 150g ( 200ml) suiker
> 20g (40ml) koekmeelblom
> 20g ( 40 ml) mielieblom ( Maizena)
> en 'n knypie sout saam tot 'n pasta.
> Klits 'n bietjie van die kookmelk geleidelik hierby.
> Klits hierdie mengsel nou geleidelik by die oorblywende kookmelk en roer
> fluks, verkieslik met 'n draadklopper, om die vorming van klonte te voorkom.
> Verhit die mengsel tot kookpunt en roer gereeld.
> Klits die eierwitte tot sagte punte en vou dit in die warm melkpap in.
> Gooi die vulsel in die gaar tertkorse, strooi kaneel oor en laat afkoel tot
> die vulsel styf is.
> Annette
>
Re: Melktertresep #1 [boodskap #47757 is 'n antwoord op boodskap #47728] Di, 07 Augustus 2001 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kyk nou hoe stel jy my teleur. In die resep wat ek soek word die vulsel in
'n tertbak gegooi en gebak. Dis die enigste manier waaraan ek kan dink dat
tant Ems se melktert so 'n amperse kors kon vorm.

Sakkie

"Annette" skryf in boodskap news:9ko7hc$5bl6j$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hierdie resep kan ook korsloos gemaak word.
> Die kors is bros.
> Resep lewer 2 middelslagterte.
Re: Melktertresep #1 [boodskap #47762 is 'n antwoord op boodskap #47757] Di, 07 Augustus 2001 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag foeitog - laat ek maar Ouma se resep vir jou gaan haal vanaand en net vir
jou pos:))
Annette

.

Sakkie skryf in boodskap news:3b6fef93$0$225@hades.is.co.za...
> Kyk nou hoe stel jy my teleur. In die resep wat ek soek word die vulsel in
> 'n tertbak gegooi en gebak. Dis die enigste manier waaraan ek kan dink dat
> tant Ems se melktert so 'n amperse kors kon vorm.
>
> Sakkie
>
> "Annette" wrote in message
> news:9ko7hc$5bl6j$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Hierdie resep kan ook korsloos gemaak word.
>> Die kors is bros.
>> Resep lewer 2 middelslagterte.
>
Re: Melktertresep #1 [boodskap #47767 is 'n antwoord op boodskap #47762] Di, 07 Augustus 2001 14:43 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy sal my dag maak. Ek is volgende week weer twee dae daar in jou omgewing.
Ek sal self kom dankie sê.

"Annette" skryf in boodskap news:9kotbg$5j790$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ag foeitog - laat ek maar Ouma se resep vir jou gaan haal vanaand en net vir
> jou pos:))
> Annette
>
>
> .
> Sakkie wrote in message
> news:3b6fef93$0$225@hades.is.co.za...
>> Kyk nou hoe stel jy my teleur. In die resep wat ek soek word die vulsel
> in
>> 'n tertbak gegooi en gebak. Dis die enigste manier waaraan ek kan dink
> dat
>> tant Ems se melktert so 'n amperse kors kon vorm.
>>
>> Sakkie
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9ko7hc$5bl6j$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Hierdie resep kan ook korsloos gemaak word.
>>> Die kors is bros.
>>> Resep lewer 2 middelslagterte.
>>
>
Vorige onderwerp: Bobetie
Volgende onderwerp: Melktert #3
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:10:25 MGT 2024