Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Ope brief aan 'n kuber-rampokker
'n Ope brief aan 'n kuber-rampokker [boodskap #47430] So, 29 Julie 2001 13:01 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ek het toe aan Wouter Plaasvark by sy hotmail-adres geskryf, en dit is
waar:
hy gaan van die nuusgroep af. Ek haal uit sy brief aan (ek hoop hy sal
my
vergewe dat ek dit doen, maar dit sê presies wat ek ook voel.)

Solank hierdie aap onder bestaande of voormalige lede se name skryf stel
ek nie belang in die ng nie. Vir eers beplan ek nie om dit te lees nie.
As iemand hom of haar dus as daar as 'n vark voordoen, dan is dit wat hy
of sy is, maar net nog 'n ander vark. Ek kan die gevloek en rassisme
verwerk, maar nie kinders wat rondmors nie. As hulle hulle identiteite
verander het ek vrede, maar as iemand hom as 'n Leendert of Wouter
Plaasvark voordoen, dan stel ek nie belang nie

Ek doen dus 'n beroep op wie ookal hiervoor verantwoordelik is,
om sy kinderagtigheid te staak. Somtyds is 'n speletjie vir 'n rukkie
snaaks, maar as mens die reëls van goeie smaak breek, dan sit
jy uiteindelik met 'n slegte smaak in jou mond. Ek sien ook dat dit
die deelname in die nuusgroep affekteer. Daar is aansienlik minder
bydraes as 'n ruk gelede.Niemand weet waar hy aan of af is nie.
Wie dit ookal is, wat homself voordoen as ander mense, jy moet
nog een ding in die lewe leer. Mense neem alleen ander mense
ernstig op as hulle weet met wie hulle te doen het. Met ander woorde,
as daar iemand met duidelike karaktertrekke aan die anderkant van
die kuberskeidslyn is. Jy het ongelukkig jouself so versplinter, dat
mens jou net as 'n irritasie moet reken. En nou is jy nog meer as 'n
irritasie. Jy is die oorsaak dat ons een van ons mees welkome
deelnemers verloor in die vorm van Wouter Plaasvark. Daarvoor
sal ek jou nie vergewe nie.

Gloudina
Re: 'n Ope brief aan 'n kuber-rampokker [boodskap #47449 is 'n antwoord op boodskap #47430] Ma, 30 Julie 2001 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hmm, as jy dat mense jou so maklik wegdryf dan wonder ke maar net oor
presies wat jou agenda is/was? AGV die anonimiteit van die
ongemodereerde nuusgroep sal jy altyd 'n spul idiote hier kry. Jou vel
moet maar redelik dik wees om dit hier uit te hou :) en as jy jou so erg
aan ander se 'kinderagtige' speletjies steur - tough!

Jy seker jy en die Vark is nie dieselfde nie, Gloudina?

@home.com wrote:
>
> Ek het toe aan Wouter Plaasvark by sy hotmail-adres geskryf, en dit is
> waar:
> hy gaan van die nuusgroep af. Ek haal uit sy brief aan (ek hoop hy sal
> my
> vergewe dat ek dit doen, maar dit sê presies wat ek ook voel.)
>
> Solank hierdie aap onder bestaande of voormalige lede se name skryf stel
> ek nie belang in die ng nie. Vir eers beplan ek nie om dit te lees nie.
> As iemand hom of haar dus as daar as 'n vark voordoen, dan is dit wat hy
> of sy is, maar net nog 'n ander vark. Ek kan die gevloek en rassisme
> verwerk, maar nie kinders wat rondmors nie. As hulle hulle identiteite
> verander het ek vrede, maar as iemand hom as 'n Leendert of Wouter
> Plaasvark voordoen, dan stel ek nie belang nie
>
> Ek doen dus 'n beroep op wie ookal hiervoor verantwoordelik is,
> om sy kinderagtigheid te staak. Somtyds is 'n speletjie vir 'n rukkie
> snaaks, maar as mens die reëls van goeie smaak breek, dan sit
> jy uiteindelik met 'n slegte smaak in jou mond. Ek sien ook dat dit
> die deelname in die nuusgroep affekteer. Daar is aansienlik minder
> bydraes as 'n ruk gelede.Niemand weet waar hy aan of af is nie.
> Wie dit ookal is, wat homself voordoen as ander mense, jy moet
> nog een ding in die lewe leer. Mense neem alleen ander mense
> ernstig op as hulle weet met wie hulle te doen het. Met ander woorde,
> as daar iemand met duidelike karaktertrekke aan die anderkant van
> die kuberskeidslyn is. Jy het ongelukkig jouself so versplinter, dat
> mens jou net as 'n irritasie moet reken. En nou is jy nog meer as 'n
> irritasie. Jy is die oorsaak dat ons een van ons mees welkome
> deelnemers verloor in die vorm van Wouter Plaasvark. Daarvoor
> sal ek jou nie vergewe nie.
>
> Gloudina
Re: 'n Ope brief aan 'n kuber-rampokker [boodskap #47471 is 'n antwoord op boodskap #47430] Ma, 30 Julie 2001 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Een van die basiese dinge van die lewe - mens moet weet met wie jy
praat.

En daarby - lafaards skuil gewoonlik en skreeu vanuit donker gate.

On Sun, 29 Jul 2001 13:01:24 GMT, @home.com wrote:

> Ek het toe aan Wouter Plaasvark by sy hotmail-adres geskryf, en dit is
> waar:
> hy gaan van die nuusgroep af. Ek haal uit sy brief aan (ek hoop hy sal
> my
> vergewe dat ek dit doen, maar dit sê presies wat ek ook voel.)
Re: 'n Ope brief aan 'n kuber-rampokker [boodskap #47474 is 'n antwoord op boodskap #47430] Ma, 30 Julie 2001 15:45 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Jy seker jy en die Vark is nie dieselfde nie, Gloudina?
>

Ek sou graag Wouter Plaasvark gewees het, maar
ongelukkig is ek nie. Hy het tog uit SA gepos?
En Lou, almal weet altyd wie ek is. Want die
helfte van my kuberadres wat bo-aan die pos
verskyn, bly altyd dieselfde, selfs as daar
persoonlikheids-veranderinge onder aan die
poste verskyn. Ek waardeer dit dat ek ook
dieselfde van jou kan sê. Ek weet met wie ek
te make het as ek jou poste lees - jou vlymskerp
kubertong onder andere. En Du Plessis, dis nou
nie 'n uitnodiging om vir Lou te impersoneer nie.
(As ek Lou is, sal ek elke nou en dan check.)

Gloudina
Vorige onderwerp: Scope Junie 1995:
Volgende onderwerp: dissie my pa nie antie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 09:46:46 MGT 2024