Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 14 MEI
14 MEI [boodskap #47270] Di, 24 Julie 2001 19:19
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
14 MEI

1873 - Lydenburg se delwerye geproklameer. Thomas McLachlan, James
Sutherland en Edward Button het in Januarie 1871 'n beloning van
die
owerheid ge"eis vir die feit dat hulle in Lydenburg omgewing by
die
Selatirivier in die Murchison-bergreeks goud ontdek het. Die
versoek
is aangeteken, en Button het bly prospekteer, hy het
onmiskenbaar
naby Marabastad in die Lydenburgse distrik goud gevind.
1878 - Paul Kruger lei die tweede Vryheidsdeputasie na Britanje om
die ZAR se vryheid te gaan opeis.
1900 - Prof. J du P. Scholtz gebore. Onder Arikaanse taalkundiges
sal hy altyd 'n besondere plek beklee deur sy hoogstaande
publikasies, wat almal berus op indringende en uitvoerige
bestudering
van ouer Afrikaans. Hy het veral 'n groot rol gespeel in die
klank en
morfologie waardeur Nederlands tot Afrikaans verander is.
1965 - Kootjie van den Heever oorlede. Abraham Jacobus van den
Heever, jonger broer van C.M. van den Heever is op 16 November
1906
op Poortjie, Trompsburg gebore. Nadat hy 'n paar jaar onderwys
gegee
het, studeer hy aan die GUK, waarna hy as joernalis by Die
Volksblad
en Die Suiderstem werk. Hy was ook 'n tyd lank rektor aan die
Witwatersrandse Universiteit.
Vorige onderwerp: 13 MEI
Volgende onderwerp: Re: nuts
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:54:07 MGT 2024