Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 8 JULIE
8 JULIE [boodskap #47112] Sa, 21 Julie 2001 10:07
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
8 JULIE

1908 - Van Rensburgtrek. Ongeveer 70 gesinne kom in Mombassa aan.
Op hierdie dag het waarskynlik die grootste georganiseerde trek
na
Oos-Afrika, bestaande uit ongeveer 70 gesinne met 47 waens en 70
perde onder leiding van Jan van Rensburg in Mombassa aangeland
op die
Duitste skip, Windhuk. Die groep is toe 400 myl per spoor
vervoer na
die binneland van Nakuru, waar hulle deur Frans Arnoldi ontmoet
is en
op sy plaas Pampoenkraal gekampeer het. Die laaste deel van die
reis
is per ossewa onderneem. Dit het die trekkers meer as drie weke
gekos om die afstand van 160km met die swaar gelaaide waens deur
die
oerwoud, bamboes en moerasse af te l^e. Die trekkers het land
op die
hoogland van Uasin Gishu gekry, onder kontrak met die regering
van
Kenia. Spoedig het 'n gevestigde gemeenskap daar ontstaan.
1957 - Skrywer C.M. van den Heever oorlede. Christiaan Maurits van
den Heever is op 27 Februarie 1902 in die Konsentrasiekamp by
Norvalspont gebore. In 1924 verwerf hy sy MA-graad in
Nederlands met
lof aan die Grey-Universiteitskollege. In 1929 slaag hy in sy
doktorale eksamen aan Utrecht, waarna hy in 1932 sy doktersgraad
aan
Unisa behaal met 'n proefskrif oor Totius. As skrywer het hy 'n
groot prestasie behaal deur twee maal die Hertzogprys te
verower -
vir prosa en po"esie. Sy eerste publikasie was die digbundel -
Stemmingsure (1926) en die novelle - Op die Plaas (1927). Sy
novelle
is in die sewentigjare verfilm. Op die Afrikaanse kulturele
vlak het
hy ook 'n vername rol gespeel. Hy was byvoorbeeld twee keer
kulturele attach'e in Nederland, lid van die SA Akademie,
stigterlid
en tot met sy dood voorsitter van die Afrikaanse Skrywerskring
en
voorsitter van die Afrikaanse Kunsvereniging.
Vorige onderwerp: 10 JULIE
Volgende onderwerp: Egoli Ster!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:01:55 MGT 2024