Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vlamme" deur FERDI GREYLING
"Vlamme" deur FERDI GREYLING [boodskap #47020] Do, 19 Julie 2001 14:21 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

VLAMME
Ferdi Greyling

Jy is 'n terugflits
na blou berge soos tande teen die lug,
na die verligting van donderstorms,
as somer oor die veld vlam,
'n swembad in die somer
met jong mense wat speel
en grootword.

As jy nou weer sou verskyn
na al die jare;
jy wat ek geken het
en verloor het
in die elegansie van liefde.
(Die wêreld draai vinniger
as wat ons ooit kon vermoed.)

Al wat ek sal kan sê
as jy weer sou verskyn,
is dat die bougainvilleas
in Oudtshoorn se stowwerige somer
heeltemal op hulle eie
soos pers vlamme brand.
Re: "Vlamme" deur FERDI GREYLING [boodskap #47063 is 'n antwoord op boodskap #47020] Vr, 20 Julie 2001 04:42 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
al wat ek sal kan se is dit klink maar kakkerig

skryf in boodskap news:3B56EDC7.26614006@home.com...
VLAMME
Ferdi Greyling

Jy is 'n terugflits
na blou berge soos tande teen die lug,
na die verligting van donderstorms,
as somer oor die veld vlam,
'n swembad in die somer
met jong mense wat speel
en grootword.

As jy nou weer sou verskyn
na al die jare;
jy wat ek geken het
en verloor het
in die elegansie van liefde.
(Die wêreld draai vinniger
as wat ons ooit kon vermoed.)

Al wat ek sal kan sê
as jy weer sou verskyn,
is dat die bougainvilleas
in Oudtshoorn se stowwerige somer
heeltemal op hulle eie
soos pers vlamme brand.
Vorige onderwerp: "Die Berge" deur Dingus
Volgende onderwerp: "Die oue Wilg" deur TOTIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 15:52:48 MGT 2024