Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die By
Die By [boodskap #46552] |
Sat, 14 July 2001 12:49  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die By
Nuusgroep jy was soos 'n by
Met me&bobbymagee as kop toegewy
Wouter Max Rico Tobie en Norbert die Grote
sowel as Dot is tog logies gesproke die pote
Terwyl Emmy met haar SA kennis roem
tog niks anders kan wees as die gezoem
Danielle, en Annette met haar kelkie op die leuning
is rede vir die geur van die heuning
En terwyl die Reisiger die vlerke gebruik om te styg
is daar ander wat weer na onder neig
want die twee F's is die anus
want almal weet dat hul in 'n waan is
Die angel so gereed
is somtyds in aanvalle heel wreed
maar is dit besig om stompheid te kry
of Gloudina, is jy slegs besig om voor te berei
ns.
Rico moet asseblief nie dink omdat sy as die 'angel'
beskou word, sien ons haar as 'n engel nie.
DD
|
|
|
Re: Die By [boodskap #46555 is 'n antwoord op boodskap #46552] |
Sat, 14 July 2001 14:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> maar is dit besig om stompheid te kry
> of Gloudina, is jy slegs besig om voor te berei
>
> ns.
> Rico moet asseblief nie dink omdat sy as die 'angel'
> beskou word, sien ons haar as 'n engel nie.
Ek dink, du Plessis, dat jy een "nie" uitgelaat het.Dit moet lees,
"sien ons haar NIE as 'n engel nie".
Jy bedoel tog seker: al dink ons sy is die angel,
sien ons haar ook as 'n engel.
Tant Hessie met vlerkies.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ritsrympies [boodskap #46868 is 'n antwoord op boodskap #46751] |
Tue, 17 July 2001 22:02  |
Mafuta
Boodskappe: 196 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou ja toe, hier wil ek saamspeel
en in al die plesierigheid deel
Didi en Thys, nou selfs Woutertjie ook
Ditsem, kom ons hou die potjie aan die kook!
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b533c5a.0@news1.mweb.co.za...
> Thys
>> DD die digter
>> met rym en sin
>> kom hy ook in die NG in
>> nes ek
>> ook probeer
>> ons taal te praat
>> met woord en rym en sin
>> o jene dis 'n lekker ding
>
> DD
> En weet jy wat Thys
> hiermee het jy my borskas laat rys
> Wat hiermee gee jy toe dat ek ook wel
> onder die digters van naam tel
>
> WP
> Nou kyk net so, wat het ons hier
> Die boere rym vir hul plesier
> Ou Davie trek so lekker los
> En dig 'n Thys skoon uit die bos!
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:29 UTC 2025
|