Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Woordenboek
|
|
|
|
|
|
Re: Woordenboek [boodskap #46116 is 'n antwoord op boodskap #46112] |
Mon, 09 July 2001 17:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sterrenkijker wrote:
> Ek vind origens nog steeds dat Afrikaans en Nederlands hulle verdere
> ontwikkeling nie mag geskei hou nie. Nou kan ons mekaar nog verstaan
> maar sal dit so voortgaan?
>
Ek dink nie jy hoef daaroor bekommerd te wees nie.
Afrikaans is basies maar Nederlands, met 'n ander
spelling en 'n hele klomp verskillende woordeskat.
Maar ek sal my nie verbaas as mens oor 'n honderd
jaar mekaar nog baie goed sal kan verstaan nie. Wat
Afrikaans wel kan verrinneweer, is die groot aantal
Engelse woorde en uitdrukkinge wat deesdae in
kulturele Afrikaans ( in tydskrifte, op Litnet, en
somtyds in koerante) gebesig word. Mense het dit
altyd eintlik in die spreektaal gedoen, maar noudat
dit so vrylik in die skryftaal gebruik word, kan dit
die Afrikaans-sprekers lui maak om na die regte
Dietse woord te soek.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Woordenboek [boodskap #46184 is 'n antwoord op boodskap #46055] |
Tue, 10 July 2001 16:10   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo, Gloudina,
Jy is blykbaar nog die enigste van hierdie nuusgroep wat gaarne sien
dat die familie nog 'n bietjie by mekaar bly en dis hoopvol want soos
ek gehoor het het jy al gryse hare en staan jy al wat digter by ons
Here as onsself. Die lewenswysheid wat jy al het moet vir menigeen
van jou landgenote nog kom maar vroeg of laat moet hulle ook
insien dat dit lewe slegs kort is en dat ons, as ons niet leer saam
te leef, dit lewe nie waard is geleef te word nie. Jy sal dit miskien
nie meer meemaak nie maar die oomblik kom dat menigeen van
die mense van hierdie nuusgroep jou lewenservaring sal onder-
skryf! Daarom sê ek dis hoopvol.
Ek is bly jy sien Afrikaans nog steeds als Nederlands. Dit is veral
vir ons, Vlaminge, goed nuus want dit maak ons sterker. Ons weet
hoe ons kultuur in gevaar gewees is en hoe moeilik dit was om 'n eie
identiteit terug te vind. Vir myself mag Afrikaans bly soos dit nou is
maar daar sal dinge verloor gaan as ons geen familie van mekaar
nie meer is nie.
Ek moet tog beken ek het eenmaal bang vir jou gewees en dis toe
jy gesê het dat die enigste hoop vir Suid-Afrika nog is: saam te bid
vir God. Toe het 'n koud gevoel in my gevaar. As ek so iets van jou
hoor dan weet ek wat dit beteken. Is dit nog steeds jou selfde
gedagte?
Baie groete vol respek van
Norbert (uit Vlaanderen)
@home.com schreef:
> Sterrenkijker wrote:
>
>> Ek vind origens nog steeds dat Afrikaans en Nederlands hulle verdere
>> ontwikkeling nie mag geskei hou nie. Nou kan ons mekaar nog verstaan
>> maar sal dit so voortgaan?
>
> Ek dink nie jy hoef daaroor bekommerd te wees nie.
> Afrikaans is basies maar Nederlands, met 'n ander
> spelling en 'n hele klomp verskillende woordeskat.
> Maar ek sal my nie verbaas as mens oor 'n honderd
> jaar mekaar nog baie goed sal kan verstaan nie. Wat
> Afrikaans wel kan verrinneweer, is die groot aantal
> Engelse woorde en uitdrukkinge wat deesdae in
> kulturele Afrikaans ( in tydskrifte, op Litnet, en
> somtyds in koerante) gebesig word. Mense het dit
> altyd eintlik in die spreektaal gedoen, maar noudat
> dit so vrylik in die skryftaal gebruik word, kan dit
> die Afrikaans-sprekers lui maak om na die regte
> Dietse woord te soek.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Woordenboek [boodskap #46188 is 'n antwoord op boodskap #46055] |
Tue, 10 July 2001 17:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sterrenkijker wrote:
> Ek moet tog beken ek het eenmaal bang vir jou gewees en dis toe
> jy gesê het dat die enigste hoop vir Suid-Afrika nog is: saam te bid
> vir God. Toe het 'n koud gevoel in my gevaar. As ek so iets van jou
> hoor dan weet ek wat dit beteken. Is dit nog steeds jou selfde
> gedagte?
>
Ek weet nie hoekom jy bogenoemde sê nie. Ek dink nie ek het
soiets kwytgeraak nie. Ek is op die oomblik baie optimisties dat
SA op die regte pad is.
Gloudina
|
|
|
Re: Woordenboek [boodskap #46221 is 'n antwoord op boodskap #46055] |
Wed, 11 July 2001 05:24  |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com schreef:
> Ek weet nie hoekom jy bogenoemde sê nie. Ek dink nie ek het
> soiets kwytgeraak nie. Ek is op die oomblik baie optimisties dat
> SA op die regte pad is.
>
> Gloudina
>
Ja, tog.. Ek weet nie of ek dit artikel waaroor dit gaan nog kan
terugvind (ek het al baie artikels verwyder) maar ek sal dit probeer.
Nietemin as jy meen dat SA is op die regte weg dan glo ek jou.
Dis mos vir myself ook baie belangrik!
Die beste groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:04 UTC 2025
|