| Huisskoonmaak in die Withuis [boodskap #4595] |
Do., 20 April 2006 00:47  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Mens wonder of enigiets wat hulle in die Withuis kan doen, kan
help om hulle bas te red. En mens gee ook nie eintlik om nie.
Maar dit laat mens darem sidder dat hierdie klomp soveel mag
in hulle hande het. Dat hulle oorloë kan maak, oorloë waarin
lande soos Kanada stadig maar seker ingetrek word ( soos
in Afghanistan) en vanwaar die body bags ook nou maar begin
terugkom, al is sommige van die gevalle friendly fire.
Wat Kanada die meeste vrees, is dat die groot skulde
wat die Bush-administrasie aangaan, sal lei tot die ineenstorting
van die Amerikaanse dollar. Dit sal drastiese gevolge hê vir
Kanada. Dis daarom dat die Hoof van Kanada se Reserwebank
aktief begin beroep doen op die Amerikaners om hulle fiskale
huis in orde te kry.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|