Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Harmonie en so aan...
Harmonie en so aan... [boodskap #45834] Do, 05 Julie 2001 07:24 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gids en DD het nou so met die harmonie te doene. Hulle bring dalk iets op
wat niemand hier kan uitmis nie...

Ek kry partykeer die indruk dat die musiek hier maar soms skraal aan
harmonie en kontrapunt is.

Maar dat daar dikwels kontrapunte in is, is nie altemit nie.
Nes Wimbledon.
Al wat kortkom is die byklanke, soos Gids sê.

Soms kry ek hier musiek wat lig op die gemoed kom lê. Dis nou die
skertsende grappies wat ons so onderlangs met mekaar kan maak.

Dan vervies iemand hom
gewoonlik die '47 eerstejaar haar.
Die gort is gaar.
Die koeël word kerkwaarts afgevuur,
en heen en weer oor die draad gestuur.
Apologie word gevra.
maar nie altyd oorgedra

die mineur toonaard klink skielik op
soos 'n dodemars so tragies
o so swaar
tokkel almal later op
daai snaar
en niemand sê: ek skies

Tot iemand kom
met nuwe lig
oor iets heel aangenaam
die liere speel in harmonie
en elke sprinkaan spring
totdat 'n kogelmandertjie
iemand tart en sê
"wêla-ke-pêla"

die gort is gaar
in mineur aard
o droewig swaar die lied
wat almal dan hierlangs
die draad
aanbied

en so hou ons aan
met koor en vers tot
vervelens aan
maar dat ons sing
en raas en skel en wat nog als
in Afrikaans
en Vlaams
en Nederlands
dis al wat tel.

Thys oppie Bos
Re: Harmonie en so aan... [boodskap #45844 is 'n antwoord op boodskap #45834] Do, 05 Julie 2001 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> en elke sprinkaan spring
> totdat 'n kogelmandertjie
> iemand tart en sê
> "wêla-ke-pêla"
>
> en so hou ons aan
> met koor en vers tot
> vervelens aan
> maar dat ons sing
> en raas en skel en wat nog als
> in Afrikaans
> en Vlaams
> en Nederlands
> dis al wat tel.
>

Wow, Thys-ons-resident-digter.

Gloudina
Re: Harmonie en so aan... [boodskap #45848 is 'n antwoord op boodskap #45834] Do, 05 Julie 2001 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hier op Maties verander mense meer van onderklere as wat dinge hier
verander...

Nie regtig so stadig nie, maar die US is nog die US. Ons het 'n tog te mooi
nuwe korporatiewe beeld. Kom kyk gerus na ons by http://www.sun.ac.za
Ek's nou nie so 'n 'eggspurt' rugby kenner nie, maar die Maties is nog
steeds die span om te klop...

Thys oppie Bos

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:pGW07.21916$e5.59246@newsfeeds.bigpond.com...
>
Re: Harmonie en so aan... [boodskap #45850 is 'n antwoord op boodskap #45848] Do, 05 Julie 2001 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Thys, ek weet nie jong. Voorheen was die wêreld se koerante vol van die
Maties - deesdae weet mens nie eers wie in die eerste span speel nie.

Het Maties al ooit die klubkampioenskap gewen?

Annette. ann...@ctnet.co.za

Thys de Wet skryf in boodskap news:9i1ln0$2bde$1@news.adamastor.ac.za...
> Hier op Maties verander mense meer van onderklere as wat dinge hier
> verander...
>
> Nie regtig so stadig nie, maar die US is nog die US. Ons het 'n tog te mooi
> nuwe korporatiewe beeld. Kom kyk gerus na ons by http://www.sun.ac.za
> Ek's nou nie so 'n 'eggspurt' rugby kenner nie, maar die Maties is nog
> steeds die span om te klop...
>
> Thys oppie Bos
> "me & bobby magee" wrote in message
> news:pGW07.21916$e5.59246@newsfeeds.bigpond.com...
>>
>
Re: Harmonie en so aan... [boodskap #45875 is 'n antwoord op boodskap #45834] Do, 05 Julie 2001 22:00 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Skerp, Thys oppie Bos... het die plek baie verander vanaf 1981? Is die
koshuise nog dieselfde en is daar baie nuwe studiegeboue? Ek dink nie daar
is nog 'n plek soos die Bos iewers anders op die aardbol nie - en hoe lyk
die Matie rugbyspan deesdae? Enigsens goed? Ons het mos altyd gese as
Stellenbosch 'n goeie span het, het ons 'n goeie Springbokspan...

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9i14ne$1etm$1@news.adamastor.ac.za...
> Gids en DD het nou so met die harmonie te doene. Hulle bring dalk iets op
> wat niemand hier kan uitmis nie...
>
> Ek kry partykeer die indruk dat die musiek hier maar soms skraal aan
> harmonie en kontrapunt is.
>
> Maar dat daar dikwels kontrapunte in is, is nie altemit nie.
> Nes Wimbledon.
> Al wat kortkom is die byklanke, soos Gids sê.
>
> Soms kry ek hier musiek wat lig op die gemoed kom lê. Dis nou die
> skertsende grappies wat ons so onderlangs met mekaar kan maak.
>
> Dan vervies iemand hom
> gewoonlik die '47 eerstejaar haar.
> Die gort is gaar.
> Die koeël word kerkwaarts afgevuur,
> en heen en weer oor die draad gestuur.
> Apologie word gevra.
> maar nie altyd oorgedra
>
> die mineur toonaard klink skielik op
> soos 'n dodemars so tragies
> o so swaar
> tokkel almal later op
> daai snaar
> en niemand sê: ek skies
>
> Tot iemand kom
> met nuwe lig
> oor iets heel aangenaam
> die liere speel in harmonie
> en elke sprinkaan spring
> totdat 'n kogelmandertjie
> iemand tart en sê
> "wêla-ke-pêla"
>
> die gort is gaar
> in mineur aard
> o droewig swaar die lied
> wat almal dan hierlangs
> die draad
> aanbied
>
> en so hou ons aan
> met koor en vers tot
> vervelens aan
> maar dat ons sing
> en raas en skel en wat nog als
> in Afrikaans
> en Vlaams
> en Nederlands
> dis al wat tel.
>
> Thys oppie Bos
>
Vorige onderwerp: Wonderlike Voorspellings.
Volgende onderwerp: Nare Nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 17:37:34 MGT 2024