Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bespreking: vermaak
Bespreking: vermaak [boodskap #45374] Do, 28 Junie 2001 13:03 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nog 'n besprekingspunt - terwyl ons nou so ernstig raak.

Hoekom kan ons nie meer oorspronklike, eg- Suid-Afrikaanse rolprente maak
nie?
Lyk my dit het saam met Jamie Uys uitgesterf.
In hierdie hele land van ons is daar geen persoon wat 'n oorspronklike
draaiboek kan uitdink nie.

Het die voorprent van The Long Run gesien. Dit lyk belowend - maar sal 'n
mening vorm as ek die hele prent gesien het.
Deesdae word hier in die filmbedryf geglo dat mens 'n "speler van naam" in
'n plaaslike produksie met hê om oorsee te kan verkoop.
Dit is natuurlik nonsens - as die produk goed en oorspronklik genoeg is, sal
dit verkoop.
Ons het natuurlik SA spelers wat tans van naam is - maar hulle sal seker nie
hul naam aan 'n plaaslike produk koppel wat swak is nie.

Peter Fonda was onlangs vir 2 dae hier om in 'n rolprent op te tree -
wanneer laas was hy in 'n ordentlike Amerikaanse rolprent?) - Hy was dus
"die naam" wat die skares na die prent moes lok. - Sy fooi was glo 125 000
dollar per dag.
Wat maak sy uitgewasde naam nou so belangrik dat hy 6 maal meer verdien het
as die ander akteurs wat vir 3 weke lank in die son moes swoeg, om nie van
die ander tegnici te praat nie?
Hoog tyd dat mense betaal word vir werk die wat hulle doen, nie vir
reputasies nie.
Dit geld natuurlik vir politici en sportsterre ook.

Af van my kissie af.
Annette
Re: Bespreking: vermaak [boodskap #45380 is 'n antwoord op boodskap #45374] Do, 28 Junie 2001 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Immelman  is tans af-lyn  Pieter Immelman
Boodskappe: 114
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Annette, ek hoor wat jy sê en ek lees ook maaaaaaaaaar...................het
ons regtig goeie akteurs? Is dit nie dalk die rede vir die min rolprente
nie. Jamie Uys het ons vermaak, so ook Al Debbo en Freek Burgers maar
daardie jare was dit 'n nuutjie en die bedryf het nie regtig gegroei nie.
Ons is seker bederf ook met die flieks wat daar annerkant gemaak word maar
selfs as ons die kwaliteit vergelyk dan kom ons hier bietjie "short"
Ek weet geld is 'n groot probleem maar ai, ek wil nie elke keer dieselfde
paar gesigte sien in elke stukkie film wat te sien is nie.
pj (ook nou affie kassie)

"Annette" skryf in boodskap news:9hfadq$dtn5d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nog 'n besprekingspunt - terwyl ons nou so ernstig raak.
>
> Hoekom kan ons nie meer oorspronklike, eg- Suid-Afrikaanse rolprente maak
> nie?
> Lyk my dit het saam met Jamie Uys uitgesterf.
> In hierdie hele land van ons is daar geen persoon wat 'n oorspronklike
> draaiboek kan uitdink nie.
Re: Bespreking: vermaak [boodskap #45394 is 'n antwoord op boodskap #45380] Do, 28 Junie 2001 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is baie goeie akteurs en aktrises wat in ons land rondloop pjb.
Gaan kyk maar in enige gegewe jaar by 'n Drama departement - daar was nog
nooit 'n jaar waar daar geen studente was nie.
Die probleem is nie dat ons nie goeie akteurs of aktrises het nie - daarvan
het ons hope.
Die probleem is dat daar nie genoeg nuwe goeie draaiboeke geskep word sodat
die mense geslyp kan word nie, en nog erger - dat slegs akteurs en aktrises
gebruik word wat "the flavour of the month"is
.
Lees vandag huis dat Mark Barnardo ( die bokser) 'n hoofrol gekry het
teenoor Brooke Shields - en hy is nie eers 'n akteur nie?

Niemand kan stry dat Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Gavin v/d Berg, Terry
Norton ( om maar 'n paar te noem) akteurs en aktrises van internasionale
gehalte is nie.

Selfs diegene wat in Amerika al in goeie rolprente opgetree het, word nooit
groot sterre nie - so al wat ek dink is dat die Amerikaners bang is as een
te goed begin doen, dan neem ons die mark oor;)))
Annette

wrote in message
news:9hfe27$r23$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Annette, ek hoor wat jy sê en ek lees ook maaaaaaaaaar...................het
> ons regtig goeie akteurs? Is dit nie dalk die rede vir die min rolprente
> nie. Jamie Uys het ons vermaak, so ook Al Debbo en Freek Burgers maar
> daardie jare was dit 'n nuutjie en die bedryf het nie regtig gegroei nie.
> Ons is seker bederf ook met die flieks wat daar annerkant gemaak word maar
> selfs as ons die kwaliteit vergelyk dan kom ons hier bietjie "short"
> Ek weet geld is 'n groot probleem maar ai, ek wil nie elke keer dieselfde
> paar gesigte sien in elke stukkie film wat te sien is nie.
> pj (ook nou affie kassie)
> "Annette" wrote in message
> news:9hfadq$dtn5d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Nog 'n besprekingspunt - terwyl ons nou so ernstig raak.
>>
>> Hoekom kan ons nie meer oorspronklike, eg- Suid-Afrikaanse rolprente maak
>> nie?
>> Lyk my dit het saam met Jamie Uys uitgesterf.
>> In hierdie hele land van ons is daar geen persoon wat 'n oorspronklike
>> draaiboek kan uitdink nie.
>
Re: Bespreking: vermaak [boodskap #45401 is 'n antwoord op boodskap #45394] Do, 28 Junie 2001 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Immelman  is tans af-lyn  Pieter Immelman
Boodskappe: 114
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Annette, ek gaan nie met jou stry nie, al probleem is ek sien nie die nuwe
akteurs en aktrises nie. In elke program is dit maar dieselfde ou klompie en
so hier en daar 'n nuwe gesiggie en meermale sien jy hulle ook nie weer nie.
Oor goeie draaiboeke, wel, ek kan my nie daaroor uitlaat nie. Miskien is
daar iewers sulke persone maar waar???
Ek stry nie oor die paar wat ons gereeld sien nie maar mens raak ook maar
moeg vir dieselfde gesigte.
Dis 'n moeilike saak die, Annette, en 'n oplossing???? ,,,, ek weet nie.
Miskien is daar ander lede van die NG wat dalk idees het.
Ongelukkig is dit ook so dat dat die wat ons deesdae te sien kry redelik
baie van vuil taal gebruik maak, so asof hulle dink dat dit nie vermaaklik
is sonder die kragwoorde nie. Onse volkie is maar steeds baie konserwatief,
en ek hoor gedurig kommentaar oor die gebruik van die skeltaal in SA films.
My beskeie meninkie en ek is mos geregtig op my eie d*****se mening!!!!!!
Groete
pj

"Annette" skryf in boodskap news:9hfj3o$dl0l6$7@ID-92016.news.dfncis.de...
> Daar is baie goeie akteurs en aktrises wat in ons land rondloop pjb.
> Gaan kyk maar in enige gegewe jaar by 'n Drama departement - daar was nog
> nooit 'n jaar waar daar geen studente was nie.

> Die probleem is dat daar nie genoeg nuwe goeie draaiboeke geskep word sodat
> die mense geslyp kan word nie, en nog erger - dat slegs akteurs en aktrises
> gebruik word wat "the flavour of the month"is
> .
> Niemand kan stry dat Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Gavin v/d Berg, Terry
> Norton ( om maar 'n paar te noem) akteurs en aktrises van internasionale
> gehalte is nie.
>
> Selfs diegene wat in Amerika al in goeie rolprente opgetree het, word nooit
> groot sterre nie - so al wat ek dink is dat die Amerikaners bang is as een
> te goed begin doen, dan neem ons die mark oor;)))
> Annette
>
Re: Bespreking: vermaak [boodskap #45605 is 'n antwoord op boodskap #45401] Ma, 02 Julie 2001 10:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Is die probleem nie dat hier nie mense is wat geld wil voorskiet nie.Ons
Suid Afrikaners is te bang om n klomp geld voor te skiet op n projek wat
miskien nie weer gaan geld inbring nie.

Reenen
wrote in message
news:9hfudr$rvo$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Annette, ek gaan nie met jou stry nie, al probleem is ek sien nie die nuwe
> akteurs en aktrises nie. In elke program is dit maar dieselfde ou klompie en
> so hier en daar 'n nuwe gesiggie en meermale sien jy hulle ook nie weer nie.
> Oor goeie draaiboeke, wel, ek kan my nie daaroor uitlaat nie. Miskien is
> daar iewers sulke persone maar waar???
> Ek stry nie oor die paar wat ons gereeld sien nie maar mens raak ook maar
> moeg vir dieselfde gesigte.
> Dis 'n moeilike saak die, Annette, en 'n oplossing???? ,,,, ek weet nie.
> Miskien is daar ander lede van die NG wat dalk idees het.
> Ongelukkig is dit ook so dat dat die wat ons deesdae te sien kry redelik
> baie van vuil taal gebruik maak, so asof hulle dink dat dit nie vermaaklik
> is sonder die kragwoorde nie. Onse volkie is maar steeds baie konserwatief,
> en ek hoor gedurig kommentaar oor die gebruik van die skeltaal in SA films.
> My beskeie meninkie en ek is mos geregtig op my eie d*****se mening!!!!!!
> Groete
> pj
>
> "Annette" wrote in message
> news:9hfj3o$dl0l6$7@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Daar is baie goeie akteurs en aktrises wat in ons land rondloop pjb.
>> Gaan kyk maar in enige gegewe jaar by 'n Drama departement - daar was nog
>> nooit 'n jaar waar daar geen studente was nie.
>
>> Die probleem is dat daar nie genoeg nuwe goeie draaiboeke geskep word
> sodat
>> die mense geslyp kan word nie, en nog erger - dat slegs akteurs en
> aktrises
>> gebruik word wat "the flavour of the month"is
>> .
>> Niemand kan stry dat Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Gavin v/d Berg, Terry
>> Norton ( om maar 'n paar te noem) akteurs en aktrises van internasionale
>> gehalte is nie.
>>
>> Selfs diegene wat in Amerika al in goeie rolprente opgetree het, word
> nooit
>> groot sterre nie - so al wat ek dink is dat die Amerikaners bang is as een
>> te goed begin doen, dan neem ons die mark oor;)))
>> Annette
>>
>
Re: Bespreking: vermaak [boodskap #45675 is 'n antwoord op boodskap #45605] Di, 03 Julie 2001 12:28 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is seker deel van die probleem.
Maar - as daar 'n draaiboek geskryf kan word wat goed genoeg is, dan kan
daar finansiering gevind word - selfs van oorsee.
Annette

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3b40c855.0@news1.mweb.co.za...
> Is die probleem nie dat hier nie mense is wat geld wil voorskiet nie.Ons
> Suid Afrikaners is te bang om n klomp geld voor te skiet op n projek wat
> miskien nie weer gaan geld inbring nie.
>
> Reenen
> wrote in message
> news:9hfudr$rvo$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>> Annette, ek gaan nie met jou stry nie, al probleem is ek sien nie die nuwe
>> akteurs en aktrises nie. In elke program is dit maar dieselfde ou
klompie
> en
>> so hier en daar 'n nuwe gesiggie en meermale sien jy hulle ook nie weer
> nie.
>> Oor goeie draaiboeke, wel, ek kan my nie daaroor uitlaat nie. Miskien is
>> daar iewers sulke persone maar waar???
>> Ek stry nie oor die paar wat ons gereeld sien nie maar mens raak ook maar
>> moeg vir dieselfde gesigte.
>> Dis 'n moeilike saak die, Annette, en 'n oplossing???? ,,,, ek weet nie.
>> Miskien is daar ander lede van die NG wat dalk idees het.
>> Ongelukkig is dit ook so dat dat die wat ons deesdae te sien kry redelik
>> baie van vuil taal gebruik maak, so asof hulle dink dat dit nie vermaaklik
>> is sonder die kragwoorde nie. Onse volkie is maar steeds baie
> konserwatief,
>> en ek hoor gedurig kommentaar oor die gebruik van die skeltaal in SA
> films.
>> My beskeie meninkie en ek is mos geregtig op my eie d*****se mening!!!!!!
>> Groete
>> pj
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9hfj3o$dl0l6$7@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Daar is baie goeie akteurs en aktrises wat in ons land rondloop pjb.
>>> Gaan kyk maar in enige gegewe jaar by 'n Drama departement - daar was
> nog
>>> nooit 'n jaar waar daar geen studente was nie.
>>
>>> Die probleem is dat daar nie genoeg nuwe goeie draaiboeke geskep word
>> sodat
>>> die mense geslyp kan word nie, en nog erger - dat slegs akteurs en
>> aktrises
>>> gebruik word wat "the flavour of the month"is
>>> .
>>> Niemand kan stry dat Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Gavin v/d Berg,
> Terry
>>> Norton ( om maar 'n paar te noem) akteurs en aktrises van internasionale
>>> gehalte is nie.
>>>
>>> Selfs diegene wat in Amerika al in goeie rolprente opgetree het, word
>> nooit
>>> groot sterre nie - so al wat ek dink is dat die Amerikaners bang is as
> een
>>> te goed begin doen, dan neem ons die mark oor;)))
>>> Annette
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Bobby se 100%
Volgende onderwerp: Vraag aan Emmy oor die TRC
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 22:51:16 MGT 2024