| Afskeid [boodskap #4537] |
Ma., 03 April 2006 12:37  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Saterdagaand het ons ons horlosies een uur aangeskuif. Ons
het een uur in die nag verloor. Die oggende is nou effens
donkerder wanneer ek wakkerword, maar skielik is dit sonlig
tot om en by ses-uur en nog ligterig hier teen half-sewe.
Daar is ook net 'n ses-uur verskil tussen ons en SA, in plaas
van die sewe vir die laaste ses maande.
Lente is nou ernstig besig om hier aan te breek. Nog
geen blomme hier by ons nie, wel verder suid in Ontario. Hierdie
tyd van die jaar is ek eintlik bietjie weemoedig dat ons besig
is om die laaste tekens van die winter te verloor. Ek hou daarvan
as daar nog sulke plate wit sneeu tussen die bome lê, en die
baaitjies van die rivier nog vol ys is. Vir die afgelope paar weke
kon ek my verwonder aan die meeue was so in hulle duisende
sit waar die rivier nog verys is teen sy walle. Dit lyk kompleet soos
kant wat aan die soom van 'n wit rok gewerk is. Ongelukkig, toe
ek vanoggend deur die venster kyk, het al hierdie ys die baaitjie
hier naby verlaat en met die rivier afgedryf.
Daar is natuurlik dinge om na vooruit te sien. Soos die
eerste krokus. Of die daffodils wat half wild groei langs die
rivierpad wat ons volg na downtown Ottawa. Maar totdat ek die
eerste daffodil sien, bly ek effens weemoedig. Sneeulandskappe
is eintlik baie meer interessant as somerlandskappe hier in
die oostelike deel van Noord-Amerika.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Afskeid [boodskap #4538 is 'n antwoord op boodskap #4537] |
Ma., 03 April 2006 17:22   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Interessant. Namibië se 'wintertyd' het een uur teruggskuif in vergelyking
met SA. Dit maak dat dit meer lig is as jy opstaan, maar ongelukkig maak
dit jou dag aan die einde ook korter. Die algemene gevoel in die land is
dat dit die verkeerde ding is om te doen, want meer sonlig na 17:00 in die
middag is meer voordelig. Vertel dit egter vir 'n staatsamptenaar.........
"Hessie" wrote in message
news:1144067829.698531.300030@e56g2000cwe.googlegroups.com.. .
Saterdagaand het ons ons horlosies een uur aangeskuif. Ons
het een uur in die nag verloor. Die oggende is nou effens
donkerder wanneer ek wakkerword, maar skielik is dit sonlig
tot om en by ses-uur en nog ligterig hier teen half-sewe.
Daar is ook net 'n ses-uur verskil tussen ons en SA, in plaas
van die sewe vir die laaste ses maande.
Lente is nou ernstig besig om hier aan te breek. Nog
geen blomme hier by ons nie, wel verder suid in Ontario. Hierdie
tyd van die jaar is ek eintlik bietjie weemoedig dat ons besig
is om die laaste tekens van die winter te verloor. Ek hou daarvan
as daar nog sulke plate wit sneeu tussen die bome lê, en die
baaitjies van die rivier nog vol ys is. Vir die afgelope paar weke
kon ek my verwonder aan die meeue was so in hulle duisende
sit waar die rivier nog verys is teen sy walle. Dit lyk kompleet soos
kant wat aan die soom van 'n wit rok gewerk is. Ongelukkig, toe
ek vanoggend deur die venster kyk, het al hierdie ys die baaitjie
hier naby verlaat en met die rivier afgedryf.
Daar is natuurlik dinge om na vooruit te sien. Soos die
eerste krokus. Of die daffodils wat half wild groei langs die
rivierpad wat ons volg na downtown Ottawa. Maar totdat ek die
eerste daffodil sien, bly ek effens weemoedig. Sneeulandskappe
is eintlik baie meer interessant as somerlandskappe hier in
die oostelike deel van Noord-Amerika.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afskeid [boodskap #4568 is 'n antwoord op boodskap #4567] |
Wo., 12 April 2006 07:10   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ja aag wat, julle regering se beleid het ons saam met julle in die kak
gedompel vir die beste deel van 60 jaar, ons bronne gestroop, ons erfenis
gestroop en steeds vandag, met die SA ekonomie se houvas op die
Nam-ekonomie, laat SA die Namibiërs nie toe om 'hulle' markte in mee te ding
nie. Bv sement. Plaaslik probeer mense nou al jare plaaslike en
ingevoerde sement bemark. Wat maak Holcim? Hulle verkoop sement so laag
en onder kosprys [so nie het hulle 'n woekerwins mark-up gehad in die
verlede] en dwing die plaaslike markte dood. Jy dink julle is die held in
die verhaal? Moenie dat ek begin nie..............
"Otterkop" wrote in message
news:NsCdnbdFgvXBE6HZRVn-iw@is.co.za...
> maw Nam ry op die RSA se rug
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:gPydnXVP25IsmavZRVn-pA@is.co.za...
>> Die Nam dollar is gekoppel aan die SA rand reg van die begin af, reeds
>> voor onafhanklikheid. Namibia se ekonomie is 95% afhanklik van die RSA.
>> Sou hulle die dollar ontkoppel, gaan dit nie net transaksies met die RSA
>> beoeilik nie, maar die waarde van die Nam dollar sal dieselfde pad loop
>> as die Zim dollar. Plus natuurlik die feit dat die meeste beleggers in
>> die land hul geld in die RSA sal bêre.............
>> "Otterkop" wrote in message
>> news:R6GdnWMCHqAIAKnZnZ2dnUVZ_vSdnZ2d@is.co.za...
>>> Verduidelik net vir my hoe is dit moontlik en hoekom die Nam$ dieselfde
>>> waarde as die rand het , hulle is mos onaafhanklik ?
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
>>>> Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit belemmer
>>>> hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
>>>> verlore.
>>>>
>>>
>>
>
>
|
|
|
|
| Re: Afskeid [boodskap #4569 is 'n antwoord op boodskap #4568] |
Wo., 12 April 2006 07:27  |
Otterkop
Boodskappe: 377 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
nee ek dink nie so nie, ek dink net as jy onafhanklik is dan moet jy volkome
wees
"Suidwester" wrote in message
news:BtydnbOAzqp_BKHZnZ2dnUVZ_tSdnZ2d@is.co.za...
> Ja aag wat, julle regering se beleid het ons saam met julle in die kak
> gedompel vir die beste deel van 60 jaar, ons bronne gestroop, ons erfenis
> gestroop en steeds vandag, met die SA ekonomie se houvas op die
> Nam-ekonomie, laat SA die Namibiërs nie toe om 'hulle' markte in mee te
> ding nie. Bv sement. Plaaslik probeer mense nou al jare plaaslike en
> ingevoerde sement bemark. Wat maak Holcim? Hulle verkoop sement so
> laag en onder kosprys [so nie het hulle 'n woekerwins mark-up gehad in die
> verlede] en dwing die plaaslike markte dood. Jy dink julle is die held
> in die verhaal? Moenie dat ek begin nie..............
> "Otterkop" wrote in message
> news:NsCdnbdFgvXBE6HZRVn-iw@is.co.za...
>> maw Nam ry op die RSA se rug
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:gPydnXVP25IsmavZRVn-pA@is.co.za...
>>> Die Nam dollar is gekoppel aan die SA rand reg van die begin af, reeds
>>> voor onafhanklikheid. Namibia se ekonomie is 95% afhanklik van die
>>> RSA. Sou hulle die dollar ontkoppel, gaan dit nie net transaksies met
>>> die RSA beoeilik nie, maar die waarde van die Nam dollar sal dieselfde
>>> pad loop as die Zim dollar. Plus natuurlik die feit dat die meeste
>>> beleggers in die land hul geld in die RSA sal bêre.............
>>> "Otterkop" wrote in message
>>> news:R6GdnWMCHqAIAKnZnZ2dnUVZ_vSdnZ2d@is.co.za...
>>>> Verduidelik net vir my hoe is dit moontlik en hoekom die Nam$ dieselfde
>>>> waarde as die rand het , hulle is mos onaafhanklik ?
>>>> "Jonas" wrote in message
>>>> news:1144146894.891486.27220@e56g2000cwe.googlegroups.com...
>>>> > Peroonlik glo ek dat Namibie nie hul tyd moet aanpas nie - dit
>>>> > belemmer
>>>> > hulle "handelstyd" met die RSA - en gaan daar eintlik 2 ure sodoende
>>>> > verlore.
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
>
|
|
|
|