Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Dina Rijkheer ?
Re: Dina Rijkheer ? [boodskap #45463] Vr, 29 Junie 2001 13:56
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Ek weet wie stel belang ....
>

Terwyl ons nou 'n draad met die naam het, sal ek jullevertel van 'n
Gloudina Maria Rykheer wat baie meer
beroemd is as ek. Sy was 'n paar jaar gelede in die nuus
toe sy 'n oud-Springbok hof toe gevat het omdat hy haar
probeer verneuk het met die ontwikkelling van haar plaas
daar anderkant Pietermaritzburg. Sy het die saak gewen.
Sy het die eerste verplegingshandboek wat totaal in
Afrikaans geskryf is, die lig laat sien. Sy het dit self ook
uitgegee en self bemark. Voorheen moes die verpleegsters
Engelse handboeke gebruik. Sy was een van die inspektrises
wat rondgegaan het om verpleegsters te eksamineer voordat
hulle hulle grade of diplomas kon kry. As ek dan soms
verpleegsters op treine raakloop, wat nog net haar naam
gehoor het, maar haar nog nie gesien het nie, dan was hulle
baie kil teenoor my. Ek dink sy was 'n baie streng persoon
wanneer dit by verpleegkunde kom.
Sy is nou al natuurlik taamlik oud.

Gloudina
Vorige onderwerp: 'n Baken gaan verdwyn!!
Volgende onderwerp: Wilde vertalings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 12:08:25 MGT 2024