Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Woeste Duitsers
Woeste Duitsers [boodskap #45254] Wo, 27 Junie 2001 09:02 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die Burger vanoggend - fotograaf het tydens 'n uitstappie sy vrou se
handsak verloor - aangeneem booswigte het dit gesteel.
Kry 'n oproep van iemand wat toe die handsak gekry het - met alles daarin
behalwe die pynpille.
Storie is dat die Duitse toeriste die "Afrika -hond" met 'n volstruisleer
handsak onder die blad sien loop het, en besluit om dit terug te neem. Geen
idee hulle het bobbejaan se kind te doen nie.
Boobbejaan se kind ken egter 'n Duitser as hy een sien - het die pynpille
gegryp en die handsak en ander inhoud vir die anvallende Duitse tannie
gelos.:))
Annette
Nuwe spesie : Canis Africanis Peninsuliensis spp Germanicus, Was Woetse duitsers [boodskap #45283 is 'n antwoord op boodskap #45254] Wo, 27 Junie 2001 13:47 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nogal amusant gewees. Afrika Hund hahahaha Sien hom al met sy botteljie
pynpille...
"Nig Babiana, probeer van my pille. Dis baie goed vir die pyn wat die
toeriste se aanskoulikhede mens gee."

Gehoor van iemand wat daai einste bobbejaantroppe daar by Simonstad glo
eenkeer Brooklax gevoer het.
Die karre wat stilgehou het het glo maar erg deurgeloop...
"Ag nee Albert, gedra julle hier agter"
"Issie onsie Ma, issie bôjaan wat oppie kar geskyt het"

Thys oppie Bos met pynpille virrie lag...
Vorige onderwerp: Lies, damn lies, statistics
Volgende onderwerp: Melkmark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 02:42:38 MGT 2024