Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #45219] Wo, 27 Junie 2001 02:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit “Blom van die Baaierd”
D.J. Opperman

“Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?

‘Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal.”
Vorige onderwerp: "In die Slamse Buurt" deur I.D. du PLESSIS
Volgende onderwerp: "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 18:40:05 MGT 2024