Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Reservate?
Re: Reservate? [boodskap #45216] Wo, 27 Junie 2001 01:30
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Wed, 27 Jun 2001 12:32:21 +0100, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Dankie, Ferdi. Vir hierdie en die vorige inligting. Ek is nou behoorlik
> gekorrigeer. Maar weet jy dalk wat daardie Native Reserves in die Afrikaanse
> spreektaal genoem is? Naturellereservate is nie 'n woord wat ek ooit gehoor
> het nie.

Wat dit in die Afrikaanse spreektaal was, weet ek nie. Waarskynlik
iets soos "naturelle gebiede" .

Ek dink die ou ballies het de woord "naturel" nogal baie gebruik.

Die konsep van die reservate/tuislande waar swart mense ingedruk is om
hulle te dwing om goedkoop arbeid vir die myne en die landbou te wees,
was 'n goed deurdinkte plan van Milner. Dis nogal "horror reading" as
mens bietjie oplees daaroor.

Dis die fondament van apartheid. Die NP het dit in 48 bloot
geformaliseer en voortgegaan om die geld te ontvang wat die koloniale
stelsel uitgespoeg het.

Nou is daar natuurlik 'n nuwe koloniale stelsel aan die werk in die
wereld.
Talle groot Amerikaanse en Europese korporasies herlei bv. alle
oproepe na hulle "call centers" na een sentrale "call center" .... in
Indie" waar 'n leerskare Indiers 200 dollars 'n maand betaal word om
deur die nag (dag in die VSA) daar te sit en oproepe te ontvang en te
hanteer.
Maar om die arme Amerikaners nie hulle broeke te laat bevuil nie, word
hulle nie gekonfronteer met die werklikheid dat die wereld nie oral
net soos Amerika is nie - die Indiers moet kursusse doen om soos Yanks
te praat.
Hulle kry ook Yank name soos "Betty" en word van "geskiedenisse"
voorsien. "Haaai maaay naaaime is Beeety I cum froooom
Chigago....ens."
Die mense moet ook programme soos Bay Watch kyk om die Amerikaanse
kultuur te ken.

(Soos een Indier op 'n tyd vir 'n Yank gese het: "In my country we
piss in places older than your culture...")
Vorige onderwerp: Re: Bobby?
Volgende onderwerp: Die van de Merwe grondeise saak.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:01:17 MGT 2024