| "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4500] |
Ma., 27 Maart 2006 13:38  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die gospel-groep Prophet het gister gesê hy verstaan die pyn waardeur
Fokofpolisiekar nou gaan met die kritiek wat dié groep kry, hoewel hy
nie die 'Karre se stellings steun nie.
Ds. Theo Geyser, een van die sangers in dié duo wat hoofsaaklik bekend
geword het met sy liedjie Houtkruis, het gister in 'n ope brief
gereageer oor Christene landwyd se "haatspraak" teen dié groep. "Ons
het nooit van die term gospel gehou nie (hoewel beide van ons
predikante is), bloot omdat ons nie regtig oortuig is dat Christelike
etikette noodwendig iets Christelik maak nie," sê hy. "Maar ons ken
van verbanning. Ons musiek was jare lank op radiostasies verban."
Volgens Geyser was Prophet, wat bestaan uit hom en ds. Koos van der
Merwe, in die verlede weens kritiek teen die kerk van godslastering
beskuldig. Tog ondersteun hy Fokofpolisiekar se musiek, al vereenselwig
hy hom nie met die "f** God"-aanmerking van die baskitaarspeler Wynand
Myburg nie.
"Dit sal vir my en Koos moeilik wees om Wynand se uitspraak te
ondersteun omdat ons Jesus liefhet. Dié uitspraak maak my seer.
"Wat net so seer maak, is Christene se reaksie op die hele sage. Dit
verterk my vermoede dat koloniale Christenskap vandag steeds die
hoofstroomteologie in ons land is.
"Christelike kruistogte soos dié bring groter verdeeldheid ."
Geyser reken sonde behoort nie gekategoriseer te word nie.
"Kan ek sonde kategoriseer?
"Indien ek f** jou sê en Christus reken dat wat ek aan mense doen ek
ook aan Hom doen, dan behoort ons konsekwent te wees. "
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4522 is 'n antwoord op boodskap #4517] |
Wo., 29 Maart 2006 04:05   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" skryf:
> wêreldgodsdienste moet, in hulle eie opinie, bekeer,
> anders val die rede vir hulle bestaan plat. Islam is
> so
> 'n godsdienstige persuasie. Buddhisme en Hinduisme
> is nie. Koloniale Christelikheid is so 'n persuasie.
> Nuwe Testamentiese Christelikheid is nie.
Nie seker dat ek 100% kan saamstem met bogenoemde stelling nie. In
essensie is dit wel so dat'n absolute kerndeel van die Christen geloof
is om ander te bekeer. Om disipels te maak van alle nasies ens., maar
ek reken dat alle wereldgodsdienste, insluitend Buddhisme en Hinduisme
het 'n element daarin wat mens dalk as "fundamentalisme" kan
kwalifiseer, en dit gaan gewoonlik gepaard met 'n tipe van
intolereransie teenoor andere asook 'n gepaardgaande "crusading
spirit".
Interessante leesstof is :"Buddhism in the Early Choson: Suppression
and Transformation"
Die Yi dynastie in Korea het vir nie minder as 3 eeue probeer om
Christene te onderdruk, met die mees barbaarse tegnieke wat goed
beskryf is. Die vroeë Choson dynastie het talle Buddhistiese tempels
opgerig - in albei gevalle wou die Confucians verseker dat 'n
"monolitiese" konformiteit bestaan en dat alle moontlike manifestasies
van "heresy" uitegroei moes word. Hoe maak dit Buddhisme nou anders
as Islam of Christianity?
Ek dink ook aan die Japanese kultuur - o.a toe Christene deur
Ieyasu Tokugawa gekruisig en verban was.
Ongelooflik bloedig barbaars eintlik - mens kan seker redeneer dat toe
hulle van die Katolieke onstlae moes raak, was dit polities van aard,
en nie soseer godsdienstig nie, maar dit is hoogs debateerbaar.
Nee wat, hoe meer ek daaroor dink hoe meer glo ek dat ALLE gelowe het
maar hiedie element om ander te probeer "bekeer". Die tegnieke en
woorde verskil maar die einddoel bly dieselfde. Solank as wat ons
Sikhs het wat vliegtuie opblaas, Hindus wat Muslims vermoor om
Ayodhyan terug te kry, Buddhists wat Muslims in Burma vervolg,
Buddhists wat Tamils in Sri Lanka vervolg, Jode wat sê dat
Sharon het 'n hartaanval gehad omdat God hom straf omdat hy Jode
uitgsekop het uit die land wat God aan hulle gegee het, en ander Jode
wat kla dat sekere hospitale nie die regte prosedures volg wanneer
hulle besnyding toepas nie, ens ens., mens kan aangaan en
aangaan...bottomline is en bly dat ALLE gelowe 'n euwel is, en nie een
kan hulle hande in onskuld was en sê hulle probeer nie ander "bekeer"
nie.
Ek reken ook mens moet versigtig wees om nie vasgevang te raak in 'n
amper adolesente neo-Romantiese (amper neo-Nazi) fantasie - 'n
fantasie waar noble savages, honorable pagans, wyse Asians en
Africans, ens., hulle utopias deur hierdie nasty Christians en Muslims
laat ondermyn en omvêrgooi.
Elkgeval....
|
|
|
|
|
|
| Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4529 is 'n antwoord op boodskap #4522] |
Do., 30 Maart 2006 21:57  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf
> Nie seker dat ek 100% kan saamstem met bogenoemde stelling nie. In
> essensie is dit wel so dat'n absolute kerndeel van die Christen geloof
> is om ander te bekeer. Om disipels te maak van alle nasies ens., maar
> ek reken dat alle wereldgodsdienste, insluitend Buddhisme en Hinduisme
> het 'n element daarin wat mens dalk as "fundamentalisme" kan
> kwalifiseer, en dit gaan gewoonlik gepaard met 'n tipe van
> intolereransie teenoor andere asook 'n gepaardgaande "crusading
> spirit".
Ja, jy is reg. In elke "godsdiens" op aarde is
hierdie element van aggressie te vinde. Mens
kan hulle dus almal as koloniaal tipeer, wanneer
hulle imperialisties optree.
Ek dink wel dat 'n sekere brand van
Nuwe Testamentiese Christenskap nie hierdie
imperialisme inhou nie. Dat as dit reg verstaan
en reg gepraktiseer word, die Christen nie
aggressor is of hoef te wees nie. Dis die ketters
wat dit daarvan 'n koloniale ding maak.
Gloudina
|
|
|
|