Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie"
"koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4500] Ma, 27 Maart 2006 13:38 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die gospel-groep Prophet het gister gesê hy verstaan die pyn waardeur
Fokofpolisiekar nou gaan met die kritiek wat dié groep kry, hoewel hy
nie die 'Karre se stellings steun nie.

Ds. Theo Geyser, een van die sangers in dié duo wat hoofsaaklik bekend
geword het met sy liedjie Houtkruis, het gister in 'n ope brief
gereageer oor Christene landwyd se "haatspraak" teen dié groep. "Ons
het nooit van die term gospel gehou nie (hoewel beide van ons
predikante is), bloot omdat ons nie regtig oortuig is dat Christelike
etikette noodwendig iets Christelik maak nie," sê hy. "Maar ons ken
van verbanning. Ons musiek was jare lank op radiostasies verban."

Volgens Geyser was Prophet, wat bestaan uit hom en ds. Koos van der
Merwe, in die verlede weens kritiek teen die kerk van godslastering
beskuldig. Tog ondersteun hy Fokofpolisiekar se musiek, al vereenselwig
hy hom nie met die "f** God"-aanmerking van die baskitaarspeler Wynand
Myburg nie.

"Dit sal vir my en Koos moeilik wees om Wynand se uitspraak te
ondersteun omdat ons Jesus liefhet. Dié uitspraak maak my seer.

"Wat net so seer maak, is Christene se reaksie op die hele sage. Dit
verterk my vermoede dat koloniale Christenskap vandag steeds die
hoofstroomteologie in ons land is.

"Christelike kruistogte soos dié bring groter verdeeldheid ."

Geyser reken sonde behoort nie gekategoriseer te word nie.

"Kan ek sonde kategoriseer?

"Indien ek f** jou sê en Christus reken dat wat ek aan mense doen ek
ook aan Hom doen, dan behoort ons konsekwent te wees. "
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4503 is 'n antwoord op boodskap #4500] Ma, 27 Maart 2006 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf:

> "Wat net so seer maak, is Christene se reaksie op die hele sage. Dit
> verterk my vermoede dat koloniale Christenskap vandag steeds die
> hoofstroomteologie in ons land is.

Wie kan aan my verduidelik wat presies bedoel word met "koloniale
Christenskap"?
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4505 is 'n antwoord op boodskap #4503] Di, 28 Maart 2006 05:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - ek hou my asem op vir daardie verduideliking van "koloniale
Christenskap".
Nog 'n vraag. Het die onlangse reaksie van die Islamitiese wêreld op
die Deense strokiesprente nie die vraag by "Christene" laat ontstaan
oor hoe ernstig hulle hul Christen-waardes beskerm nie?
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4512 is 'n antwoord op boodskap #4505] Di, 28 Maart 2006 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die manne moet net die "fokkof" uit hul naam uit haal en se hulle
het tot nuwe insigte gekom dan sal die stof gaan le. Self luister
ek nie daarna nie en hou ook nie van die naam nie. Klink
rebels en tog nie wat jy uit jou kids se monde wil hoor nie





"Jonas" wrote in message
news:1143522416.297695.173560@u72g2000cwu.googlegroups.com.. .
> Ja - ek hou my asem op vir daardie verduideliking van "koloniale
> Christenskap".
> Nog 'n vraag. Het die onlangse reaksie van die Islamitiese wêreld op
> die Deense strokiesprente nie die vraag by "Christene" laat ontstaan
> oor hoe ernstig hulle hul Christen-waardes beskerm nie?
>
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4516 is 'n antwoord op boodskap #4505] Di, 28 Maart 2006 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees gister dat 'n ou wat musiek ken reken die 'Karre harmoniseer nie so
lekker nie en hul hoofsanger sing vals!
"Jonas" wrote in message
news:1143522416.297695.173560@u72g2000cwu.googlegroups.com.. .
> Ja - ek hou my asem op vir daardie verduideliking van "koloniale
> Christenskap".
> Nog 'n vraag. Het die onlangse reaksie van die Islamitiese wêreld op
> die Deense strokiesprente nie die vraag by "Christene" laat ontstaan
> oor hoe ernstig hulle hul Christen-waardes beskerm nie?
>
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4517 is 'n antwoord op boodskap #4503] Di, 28 Maart 2006 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf

> Wie kan aan my verduidelik wat presies bedoel word met "koloniale
> Christenskap"?

Ek reken die ou bedoel met "koloniale Christenskap"
'n paar dinge. Hy wil aandui dat die Christelike
"godsdiens" saam met die koloniste vanuit Europa
in die subkontinent ingekom het, en dus nog altyd
'n "wit" godsdiens is wat op die lokale bevolking
afgedwing word. ( En nou ook op die wit jeug wat
rebelleer teen die godsdiens van die ou wit omies.)
( Ek wonder soms of wit Afrikaners die diepte van
Christelike oortuiging ken wat opregte swart
Christene
het. As hulle die Christelike leër aanneem, neem
hulle
dit regtig ernstig op. Dieselfde gebeur hier in
Kanada
wanneer die eerste nasies veral die Katolieke geloof
aanneem. )
Ek dink die ou bedoel ook met "koloniale
Christenskap" die soort teleologiese persuasie wat
as een van sy rigsnoere het om te bekeer. Sommige
wêreldgodsdienste moet, in hulle eie opinie, bekeer,
anders val die rede vir hulle bestaan plat. Islam is
so
'n godsdienstige persuasie. Buddhisme en Hinduisme
is nie. Koloniale Christelikheid is so 'n persuasie.
Nuwe Testamentiese Christelikheid is nie.

Gloudina
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4521 is 'n antwoord op boodskap #4517] Di, 28 Maart 2006 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf:

> Ek reken die ou bedoel met "koloniale Christenskap"
> 'n paar dinge. Hy wil aandui dat die Christelike
> "godsdiens" saam met die koloniste vanuit Europa
> in die subkontinent ingekom het, en dus nog altyd
> 'n "wit" godsdiens is wat op die lokale bevolking
> afgedwing word.

Baie dankie vir die verduideliking, Gloudina. Dit maak sin.
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4522 is 'n antwoord op boodskap #4517] Wo, 29 Maart 2006 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf:



> wêreldgodsdienste moet, in hulle eie opinie, bekeer,
> anders val die rede vir hulle bestaan plat. Islam is
> so
> 'n godsdienstige persuasie. Buddhisme en Hinduisme
> is nie. Koloniale Christelikheid is so 'n persuasie.
> Nuwe Testamentiese Christelikheid is nie.

Nie seker dat ek 100% kan saamstem met bogenoemde stelling nie. In
essensie is dit wel so dat'n absolute kerndeel van die Christen geloof
is om ander te bekeer. Om disipels te maak van alle nasies ens., maar
ek reken dat alle wereldgodsdienste, insluitend Buddhisme en Hinduisme
het 'n element daarin wat mens dalk as "fundamentalisme" kan
kwalifiseer, en dit gaan gewoonlik gepaard met 'n tipe van
intolereransie teenoor andere asook 'n gepaardgaande "crusading
spirit".

Interessante leesstof is :"Buddhism in the Early Choson: Suppression
and Transformation"
Die Yi dynastie in Korea het vir nie minder as 3 eeue probeer om
Christene te onderdruk, met die mees barbaarse tegnieke wat goed
beskryf is. Die vroeë Choson dynastie het talle Buddhistiese tempels
opgerig - in albei gevalle wou die Confucians verseker dat 'n
"monolitiese" konformiteit bestaan en dat alle moontlike manifestasies
van "heresy" uitegroei moes word. Hoe maak dit Buddhisme nou anders
as Islam of Christianity?
Ek dink ook aan die Japanese kultuur - o.a toe Christene deur
Ieyasu Tokugawa gekruisig en verban was.
Ongelooflik bloedig barbaars eintlik - mens kan seker redeneer dat toe
hulle van die Katolieke onstlae moes raak, was dit polities van aard,
en nie soseer godsdienstig nie, maar dit is hoogs debateerbaar.

Nee wat, hoe meer ek daaroor dink hoe meer glo ek dat ALLE gelowe het
maar hiedie element om ander te probeer "bekeer". Die tegnieke en
woorde verskil maar die einddoel bly dieselfde. Solank as wat ons
Sikhs het wat vliegtuie opblaas, Hindus wat Muslims vermoor om
Ayodhyan terug te kry, Buddhists wat Muslims in Burma vervolg,
Buddhists wat Tamils in Sri Lanka vervolg, Jode wat sê dat
Sharon het 'n hartaanval gehad omdat God hom straf omdat hy Jode
uitgsekop het uit die land wat God aan hulle gegee het, en ander Jode
wat kla dat sekere hospitale nie die regte prosedures volg wanneer
hulle besnyding toepas nie, ens ens., mens kan aangaan en
aangaan...bottomline is en bly dat ALLE gelowe 'n euwel is, en nie een
kan hulle hande in onskuld was en sê hulle probeer nie ander "bekeer"
nie.

Ek reken ook mens moet versigtig wees om nie vasgevang te raak in 'n
amper adolesente neo-Romantiese (amper neo-Nazi) fantasie - 'n
fantasie waar noble savages, honorable pagans, wyse Asians en
Africans, ens., hulle utopias deur hierdie nasty Christians en Muslims
laat ondermyn en omvêrgooi.

Elkgeval....
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4528 is 'n antwoord op boodskap #4517] Do, 30 Maart 2006 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1143549086.973095.240450@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .

Katryn skryf

> Wie kan aan my verduidelik wat presies bedoel word met "koloniale
> Christenskap"?

Ek reken die ou bedoel met "koloniale Christenskap"
'n paar dinge. Hy wil aandui dat die Christelike
"godsdiens" saam met die koloniste vanuit Europa
in die subkontinent ingekom het, en dus nog altyd
'n "wit" godsdiens is wat op die lokale bevolking
afgedwing word. ( En nou ook op die wit jeug wat
rebelleer teen die godsdiens van die ou wit omies.)



( Ek wonder soms of wit Afrikaners die diepte van
Christelike oortuiging ken wat opregte swart
Christene
het. As hulle die Christelike leër aanneem, neem
hulle
dit regtig ernstig op. Dieselfde gebeur hier in


--Jy begin so mooi dan wys jy weer vir almal jou briekmerk ,
hoe weet jy swart Christene is opreg ? is jy God







Kanada
wanneer die eerste nasies veral die Katolieke geloof
aanneem. )
Ek dink die ou bedoel ook met "koloniale
Christenskap" die soort teleologiese persuasie wat
as een van sy rigsnoere het om te bekeer. Sommige
wêreldgodsdienste moet, in hulle eie opinie, bekeer,
anders val die rede vir hulle bestaan plat. Islam is
so
'n godsdienstige persuasie. Buddhisme en Hinduisme
is nie. Koloniale Christelikheid is so 'n persuasie.
Nuwe Testamentiese Christelikheid is nie.

Gloudina
Re: "koloniale Christenskap die hoofstroomteologie" [boodskap #4529 is 'n antwoord op boodskap #4522] Do, 30 Maart 2006 21:57 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf

> Nie seker dat ek 100% kan saamstem met bogenoemde stelling nie. In
> essensie is dit wel so dat'n absolute kerndeel van die Christen geloof
> is om ander te bekeer. Om disipels te maak van alle nasies ens., maar
> ek reken dat alle wereldgodsdienste, insluitend Buddhisme en Hinduisme
> het 'n element daarin wat mens dalk as "fundamentalisme" kan
> kwalifiseer, en dit gaan gewoonlik gepaard met 'n tipe van
> intolereransie teenoor andere asook 'n gepaardgaande "crusading
> spirit".

Ja, jy is reg. In elke "godsdiens" op aarde is
hierdie element van aggressie te vinde. Mens
kan hulle dus almal as koloniaal tipeer, wanneer
hulle imperialisties optree.
Ek dink wel dat 'n sekere brand van
Nuwe Testamentiese Christenskap nie hierdie
imperialisme inhou nie. Dat as dit reg verstaan
en reg gepraktiseer word, die Christen nie
aggressor is of hoef te wees nie. Dis die ketters
wat dit daarvan 'n koloniale ding maak.

Gloudina
Vorige onderwerp: Nou is ek bly maar verbaas!
Volgende onderwerp: 'n Vraagjie oor geskiedenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:36:50 MGT 2024