Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » toe hou die senters nie antie
toe hou die senters nie antie [boodskap #44947] So, 24 Junie 2001 17:10 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie,

dis ma 'n treermare hie vanlat die vreemde franse legijoen met die bokke
klaar is. my pa mieks nou sy brannewyn met prouzêks. ma' my pa is te slim
met rakbie antie. ek het mos laas vi antie gesê hy sê die senters sal nie
hou nie. nou ja gister stier die skytinsyskoenregter vir de wet berrie af
oorlat hy gedink het hys boetsh jyms sonner arms. tersellertyd antie trap
rassie ierasmis raak op robbiesj flek se kop lat die bloed loop en toe het
ons nie meer senters oppie veld nie. behalwe nou vir sir persieval
mongommerie en rassie self wat laaik van senter speel al is hy vironnerstel
om 'n flank te wees.

my pa reken hoeka rassie laaik so baie van senter lat hy nou al sy eie manne
afskryf lat hy wettiglik da kan speel. ma' die franse het ons 'n les kom
leer antie ek weet nettie meer of herrie die strandloper enige iets kan leer
nie. laas week het die bokke sleg sla gekry al het breitentjie geskôr met
die enigste bôl wat hy te siene gekry het. die week het ons danksy die jirre
se genade darrim netnet gewen.

dis meer as wat oom taboe kan sê antie want hy kannie wen nie. laas week kom
antie wienie manlêda 'n uur laat by die jeegdagfierings aan en viroorsaak 'n
konsternasie onner die skare lat die spreker moet stilbly. toe loop sy na
oom taboe toe soos wat tsafendas na oorle oom vermoerd toe geloop het en
probeer hom soen. ma' oom taboe lat hom nie van enige vrou innie openbaar
soen nie antie en hy klap antie winnie lat haar a-en-see kepsie dour op oom
mangasoetoe boelielessie se skoot val.

nou wil hille oom taboe aankla vir openbare oproerigheid antie. oom hansie
vannie pênnelbieters sê dis hoog tyd lat iemand die makker vannie nasie 'n
klap gee. my pa sê hy stem vir 'n tjyns saam hy hoop net oom herrie die
strandloper wil dieselle triek op oom taboe trek.

koebaai antie

hennerietjie (moet liewers nie vreemde mans innie openbaar soen nie antie)
Re: toe hou die senters nie antie [boodskap #44975 is 'n antwoord op boodskap #44947] Ma, 25 Junie 2001 03:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> my pa mieks nou sy brannewyn met prouzêks.

Nee, Hennerietjie, ek dink dis tyd dat jy nou iets moetdoen oor jou pa se
kondisie. Dis nie normaal om so
geinteresseerd te wees in 'n sport nie. Soos tannie die
ding sien, het jou pa 'n kompleks. Hy het mos op sy
dae rugby vir sy provinsie gespeel, as ek reg onthou,
en hy het seker gefantaseer oor hoe hy eendag 'n
Springbok gaan wees. En nou sien hy in elke rugby-
speler vir homself toe hy jonk was, en as die speler
nou net sy voet verkeerd sit, dan styg jou pa se
bloeddruk, en dis nie goed vir hom nie.
Hennerietjie, jy moet tog vir tannie belowe
dat jy nooit aan sport gaan deelneem nie. Sit voor
die TV. Dis wat ek vir my kinders gesê het - ek
het vir julle grootgemaak om voor die TV te sit.
Maar hulle was hardekop. Toe ek vir hulle keer
van yshokkie speel ( tot die konsternasie van die
Kanadese tannies, wie se ideaal is om 'n seun te
hê wat groot geld met yshokkie verdien) toe gaan
speel hulle sokker en basketball. Eers het tannie
gedink dis veilig, veral toe die een vir my sê hy
is 'n goalie. Toe dink tannie hy sal maar net daar
eenkant staan en nou en dan 'n bal stop. En toe
een mooi dag toe skop iemand hom reg in die
mond terwyl hy op die grond lê. En die een wat
basketball speel kry 'n bal in die mond en moet
twee root canals kry. So belowe tog vir tannie-
sit voor die TV. Jy sal jou ma se hart baie bly
maak.

Tannie Gloudina
Re: toe hou die senters nie antie [boodskap #44976 is 'n antwoord op boodskap #44947] Ma, 25 Junie 2001 03:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> . laas week kom
> antie wienie manlêda 'n uur laat by die jeegdagfierings aan en viroorsaak 'n
> konsternasie onner die skare lat die spreker moet stilbly. toe loop sy na
> oom taboe toe soos wat tsafendas na oorle oom vermoerd toe geloop het en
> probeer hom soen.

Ja-nee, Thabo sal darem verskoon kan word dat hy versigtigraak, veral as hy dink
aan Tsafendas en Verwoerd. En met die
soenery moet dit seker ook soos Judas gekruis met die Mafia
gevoel het.
Oor die soenery - dis nogal moeilik om hier in Kanada te
ontsnap aan al die soenery. Jy weet die Franse soen mos vir
'n mens op albei wange voordat hulle met jou klaar is. En
nou die dag vertel 'n Rus vir my dat hulle drie keer op die
wang soen. Dierbaarheid. Ek hou meer van die Inuit se
manier om voorkoppe aan mekaar te raak - alhoewel 'n
Inuit my nog nooit so gegroet het nie. Miskien moet ek eendag
daar na die Noorde gaan en die ding bekyk. Hulle het mos
nou vier-en-twintig uur son daar bo in Kanada, weet jy.

Tannie Gloudina
Re: toe hou die senters nie antie [boodskap #44985 is 'n antwoord op boodskap #44947] Ma, 25 Junie 2001 05:33 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hennerietjie, jou paapie is doodreg- prozeks of te not. As onse senters
hulle nie self wil uitboek nie, sal die skeidsregter of ons eie spelers - ek
meen - die span het met 'n Plan op die veld gedraf - en as die senters die
Plan vergeet het, moet hulle reggehelp word;))
Annette

hennerietjie skryf in boodskap news:3b361d7f.0@news1.mweb.co.za...
> hellou my antie,
>
> dis ma 'n treermare hie vanlat die vreemde franse legijoen met die bokke
> klaar is. my pa mieks nou sy brannewyn met prouz�ks. ma' my pa is te slim
> met rakbie antie. ek het mos laas vi antie gesê hy sê die senters sal nie
> hou nie. nou ja gister stier die skytinsyskoenregter vir de wet berrie af
> oorlat hy gedink het hys boetsh jyms sonner arms. tersellertyd antie trap
> rassie ierasmis raak op robbiesj flek se kop lat die bloed loop en toe het
> ons nie meer senters oppie veld nie. behalwe nou vir sir persieval
> mongommerie en rassie self wat laaik van senter speel al is hy vironnerstel
> om 'n flank te wees.
>
> my pa reken hoeka rassie laaik so baie van senter lat hy nou al sy eie manne
> afskryf lat hy wettiglik da kan speel. ma' die franse het ons 'n les kom
> leer antie ek weet nettie meer of herrie die strandloper enige iets kan leer
> nie. laas week het die bokke sleg sla gekry al het breitentjie gesk�r met
> die enigste b�l wat hy te siene gekry het. die week het ons danksy die jirre
> se genade darrim netnet gewen.
>
> dis meer as wat oom taboe kan sê antie want hy kannie wen nie. laas week kom
> antie wienie manl�da 'n uur laat by die jeegdagfierings aan en viroorsaak 'n
> konsternasie onner die skare lat die spreker moet stilbly. toe loop sy na
> oom taboe toe soos wat tsafendas na oorle oom vermoerd toe geloop het en
> probeer hom soen. ma' oom taboe lat hom nie van enige vrou innie openbaar
> soen nie antie en hy klap antie winnie lat haar a-en-see kepsie dour op oom
> mangasoetoe boelielessie se skoot val.
>
> nou wil hille oom taboe aankla vir openbare oproerigheid antie. oom hansie
> vannie pênnelbieters sê dis hoog tyd lat iemand die makker vannie nasie 'n
> klap gee. my pa sê hy stem vir 'n tjyns saam hy hoop net oom herrie die
> strandloper wil dieselle triek op oom taboe trek.
>
> koebaai antie
>
> hennerietjie (moet liewers nie vreemde mans innie openbaar soen nie antie)
>
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Prof. Willem de Klerk Uitnodigings Inisiatief
Volgende onderwerp: Verskuilde Woorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 19:19:06 MGT 2024