Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HIV-dinge
HIV-dinge [boodskap #44711] |
Wed, 20 June 2001 17:05  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Verwagtende vrou/moeder is die ander dag in die VSA tot 12-jaar
tronkstraf gevonnis omdat sy dwelms (?) sou gebruik het tydens haar
swangerskap - en dit word aanvaar dat dit 'n negatiewe uitwerking op die
kind gehad het.
Sal dit nie 'n goeie voorstel wees dat alle vroue 'n Vigs-toets ondergaan
voordat hulle bevrug raak nie?
Is dit moontlik dat 'n vrou twee (opeenvolgende) kinders kan hê terwyl sy
HIV-positief is? Mag sy toegelaat word om swanger te word wetende dat sy
vigs het?
Help my.....
|
|
|
|
|
Re: HIV-dinge [boodskap #44726 is 'n antwoord op boodskap #44713] |
Wed, 20 June 2001 21:35   |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 20 Jun 2001 20:37:25 +0200, "Annette" wrote:
> Jonas, ek het verlede week 'n pamflet oor Vigs by die UCT Drama kampus
> gekry - wat daarin geskryf staan maak nie sin nie.
Miskien moet jy probeer om 'n pamflet wat in Engels of Afrikaans
geskryf is, te kry, Annette? :-))))))
> Ek sal more weer een kry en dit hier aanhaal.
Dit sal interessant wees.
> Nou - om by jou vrae te kom: Vroue 'n Vigs toets ondergaan vordat hulle
> bevrug raak:?
> - Janee, dit is mos elke vrou op hierdie aardbol beskore en voorreg om te
> kies deur wie, wanneer en of sy wil bevrug word.
Net 'n JA, nie 'n nee nie! :-))
Sal jy en ek nie graag wil weet of ons gesonde kinders in die wereld
sal bring VOORDAT ons besluit om swanger te raak nie? Sal jy 'n
kindjie in die wereld bring as jy weet jy nie daar sal wees om vir hom
of haar te sorg nie? As jy weet jy gaan 'n geneties oorerflike siekte
aan hom/haar oordra wat sy lewe gaan beperk of selfs 'n vroee dood
gaan teweegbring? Ens ens ens..
Meeste vrouens gaan vir allerande toetse VOORDAT hulle swanger raak.
Hopelik is 'n VIGS toets deel van die battery van toetse - niks
hiermee verkeerd in my opinie nie.
Natuurlik is my stelling(s) hier bo net vir VRYWILLIGE toetsing. As
mense nie opgelei is, en weet van die voor- en nadele nie, is dit
seker die gemeenskap en/of regering se taak om seker te maak dat die
mense van SA INGELIG is?
> Mag sy meer kinders hê as sy weet sy het vigs?
In my opinie is dit ook maar net "moord". Jy weet mos jou kind het
geen kans op 'n normale lewe nie. Maar ek redeneer met 'n "westerse
kop". "Afrika" het haar eie evolusie, en niemand gaan dit keer of
stop nie....
Die eindresultaat mag dalk 'n genepoel van mense teweegbring wat
totaal immuun teen VIGS is. Net soos die geval met malaria was in
Noord Afrika - wie weet...
> Hopelik nie. En die "normale " uitweg sal wees dat sy geopereer word om nie
> meer kinders te kan hê nie. Die harde werklikheid is is dat as dit haar
> besluit alleen is, dan sal sy heelwaarskynlik nie meer kinders wil hê
> nie.Aan die ander kant is dat al is sy onvrugbaar, sy nog steeds die virus
> kan versprei - en 'n gesonde vrou kan besmet word en tegerlykertyd swanger
> raak.
Ek dink dit is waarom baie farmaseutiese en ander navorsing juis gemik
is om middels te verbeter wat aan die vrou tydens aflewering (..er
?delivery) gegee kan word, om sodoende die kans te verminder dat die
baba ook die virus sal optel. Daar is blykbaar al redelik baie sukses
op hierdie gebied behaal.
> Solank as wat daar mans rondloop wat glo hulle sal van vigs genees word as
> hulle seks met 'n maagd het, dan is daar geen toetse wat kan keer dat daar
> vigsbabas in die wêreld ingebring word nie.
Dis die probleem. Mense moet opgelei word, en ingelig word, en
verskaf word met FEITE. Die gemeenskap sal 'n meer aktiewe rol moet
begin speel. Die skole, kerke en ander NGO's sal definitief meer
aggresief moet begin met intensiewe opleiding. Of, mens moet dinge
los sodat die natuur sy gang kan gaan. Miskien weet die Sangomas en
ander toordokters wat hulle eie mense lei, iets wat ons westerlinge
nie weet nie?
|
|
|
Re: HIV-dinge [boodskap #44729 is 'n antwoord op boodskap #44726] |
Thu, 21 June 2001 03:42   |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Veelsgeluk met die kopiereg op die naam - 'n "designer"-naam? ; -)
"Danielle" skryf in boodskap news:qm32jtsqnfbbee0cslr3n06n4hf8bkoi51@4ax.com...
> On Wed, 20 Jun 2001 20:37:25 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Jonas, ek het verlede week 'n pamflet oor Vigs by die UCT Drama kampus
>> gekry - wat daarin geskryf staan maak nie sin nie.
>
> Miskien moet jy probeer om 'n pamflet wat in Engels of Afrikaans
> geskryf is, te kry, Annette? :-))))))
>
>> Ek sal more weer een kry en dit hier aanhaal.
>
> Dit sal interessant wees.
>
>> Nou - om by jou vrae te kom: Vroue 'n Vigs toets ondergaan vordat hulle
>> bevrug raak:?
>> - Janee, dit is mos elke vrou op hierdie aardbol beskore en voorreg om te
>> kies deur wie, wanneer en of sy wil bevrug word.
>
> Net 'n JA, nie 'n nee nie! :-))
> Sal jy en ek nie graag wil weet of ons gesonde kinders in die wereld
> sal bring VOORDAT ons besluit om swanger te raak nie? Sal jy 'n
> kindjie in die wereld bring as jy weet jy nie daar sal wees om vir hom
> of haar te sorg nie? As jy weet jy gaan 'n geneties oorerflike siekte
> aan hom/haar oordra wat sy lewe gaan beperk of selfs 'n vroee dood
> gaan teweegbring? Ens ens ens..
> Meeste vrouens gaan vir allerande toetse VOORDAT hulle swanger raak.
> Hopelik is 'n VIGS toets deel van die battery van toetse - niks
> hiermee verkeerd in my opinie nie.
> Natuurlik is my stelling(s) hier bo net vir VRYWILLIGE toetsing. As
> mense nie opgelei is, en weet van die voor- en nadele nie, is dit
> seker die gemeenskap en/of regering se taak om seker te maak dat die
> mense van SA INGELIG is?
>
>> Mag sy meer kinders hê as sy weet sy het vigs?
>
> In my opinie is dit ook maar net "moord". Jy weet mos jou kind het
> geen kans op 'n normale lewe nie. Maar ek redeneer met 'n "westerse
> kop". "Afrika" het haar eie evolusie, en niemand gaan dit keer of
> stop nie....
> Die eindresultaat mag dalk 'n genepoel van mense teweegbring wat
> totaal immuun teen VIGS is. Net soos die geval met malaria was in
> Noord Afrika - wie weet...
>
>> Hopelik nie. En die "normale " uitweg sal wees dat sy geopereer word om nie
>> meer kinders te kan hê nie. Die harde werklikheid is is dat as dit haar
>> besluit alleen is, dan sal sy heelwaarskynlik nie meer kinders wil hê
>> nie.Aan die ander kant is dat al is sy onvrugbaar, sy nog steeds die virus
>> kan versprei - en 'n gesonde vrou kan besmet word en tegerlykertyd swanger
>> raak.
>
> Ek dink dit is waarom baie farmaseutiese en ander navorsing juis gemik
> is om middels te verbeter wat aan die vrou tydens aflewering (..er
> ?delivery) gegee kan word, om sodoende die kans te verminder dat die
> baba ook die virus sal optel. Daar is blykbaar al redelik baie sukses
> op hierdie gebied behaal.
>
>> Solank as wat daar mans rondloop wat glo hulle sal van vigs genees word as
>> hulle seks met 'n maagd het, dan is daar geen toetse wat kan keer dat daar
>> vigsbabas in die wêreld ingebring word nie.
>
> Dis die probleem. Mense moet opgelei word, en ingelig word, en
> verskaf word met FEITE. Die gemeenskap sal 'n meer aktiewe rol moet
> begin speel. Die skole, kerke en ander NGO's sal definitief meer
> aggresief moet begin met intensiewe opleiding. Of, mens moet dinge
> los sodat die natuur sy gang kan gaan. Miskien weet die Sangomas en
> ander toordokters wat hulle eie mense lei, iets wat ons westerlinge
> nie weet nie?
>
|
|
|
|
Re: HIV-dinge [boodskap #44742 is 'n antwoord op boodskap #44741] |
Thu, 21 June 2001 09:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> Julle twee het nie die hele storie reg nie. Al vir wie dié "medisyne" help,
> is vir swart mans wat met wit maagde omgang het. Klink ek rassisties????
> Dìt is die afgryslike storie wat versprei word.
En ek wonder hoeveel dit 'n urban legend
is wat deur wittes versprei word, dat daar
swart mense is wat in bostaande glo. Sover
ek kan sien, kom dit altyd net uit wit mense
se monde.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: HIV-dinge [boodskap #44837 is 'n antwoord op boodskap #44711] |
Fri, 22 June 2001 11:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jonas wrote:
> Jy praat in elk geval net met wittes..... en Eskimo's...
Ja, en dis van diesulkes van jou wat ek die
urban legend kry.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: MIV-dinge [boodskap #44870 is 'n antwoord op boodskap #44868] |
Sat, 23 June 2001 11:07  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 23 Jun 2001 10:23:41 +0100, "Wouter Plaasvark"
wrote:
>
> Wouter
> Daarom het ek gesê relatief min.
>
> Ek verstaan dat, behalwe in taamlik spesiale omstandighede, jy nie
> iemand sonder sy toestemming vir vigs kan toets nie
Jou woord 'relatief' is natuurlik heel van pas want, natuurlik is die
syfer hoër by industriële gebiede en andersom.
Ook reg wanneer jy noem dat spesiale toestemming nodig is daarvoor
plus die feit dat die persoon van wie die bloed getrek word
toestemming moet gee dat 'n positiewe uitslag bekend gemaak kan word
aan 'n privaat praktisyn (of kliniek of hospitaal, wat uiters verkeerd
is want dan het jy nie 'n induvidu se naam aan wie dit bekend gemaak
kan word nie ((en ek weier juis daarom om enigsins anders as met 'n
dokter se naam tevrede te wees vir so 'n doel)) ).
Verder gaan hiermee saam die feit dat spesifieke voordele (wat
uitsluitlik beskore is vir mense met 'n negatiewe uitslag natuurlik)
geweier kan EN SAL word, aan mense wat weier dat 'n toets gedoen
word.
Glo hiermee die feit dat baie sekure identifikasie saam met so 'n
bloedtoets gaan. Glo ook hiermee dat 'n dokter telefoniese opdrag
geneem het (nie skriftelik nie let wel !) om aan iemand wat hy nie
eens ken nie 'n positiewe uitslag bekend te maak. En hy het, want die
persoon het 'n uur later in my kantoor bevestig dat hy 'n positief
gediagnoseer is.
Dis dan wanneer die nuwe Suid Afrika rof raak. Wanneer ek 'n
geneesheer wil skakel ('n heel ander geval) en na 'n paar pogings by
Telkom uitvind dat sy telefoon afgesny is weens wanbetaling.
DD
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:39 UTC 2025
|