Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HIV-dinge
HIV-dinge [boodskap #44711] Wo, 20 Junie 2001 17:05 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Verwagtende vrou/moeder is die ander dag in die VSA tot 12-jaar
tronkstraf gevonnis omdat sy dwelms (?) sou gebruik het tydens haar
swangerskap - en dit word aanvaar dat dit 'n negatiewe uitwerking op die
kind gehad het.
Sal dit nie 'n goeie voorstel wees dat alle vroue 'n Vigs-toets ondergaan
voordat hulle bevrug raak nie?
Is dit moontlik dat 'n vrou twee (opeenvolgende) kinders kan hê terwyl sy
HIV-positief is? Mag sy toegelaat word om swanger te word wetende dat sy
vigs het?
Help my.....
Re: HIV-dinge [boodskap #44713 is 'n antwoord op boodskap #44711] Wo, 20 Junie 2001 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, ek het verlede week 'n pamflet oor Vigs by die UCT Drama kampus
gekry - wat daarin geskryf staan maak nie sin nie. Ek sal more weer een kry
en dit hier aanhaal.
Nou - om by jou vrae te kom: Vroue 'n Vigs toets ondergaan vordat hulle
bevrug raak:?
- Janee, dit is mos elke vrou op hierdie aardbol beskore en voorreg om te
kies deur wie, wanneer en of sy wil bevrug word.
Mag sy meer kinders hê as sy weet sy het vigs?
Hopelik nie. En die "normale " uitweg sal wees dat sy geopereer word om nie
meer kinders te kan hê nie. Die harde werklikheid is is dat as dit haar
besluit alleen is, dan sal sy heelwaarskynlik nie meer kinders wil hê
nie.Aan die ander kant is dat al is sy onvrugbaar, sy nog steeds die virus
kan versprei - en 'n gesonde vrou kan besmet word en tegerlykertyd swanger
raak.
Solank as wat daar mans rondloop wat glo hulle sal van vigs genees word as
hulle seks met 'n maagd het, dan is daar geen toetse wat kan keer dat daar
vigsbabas in die wêreld ingebring word nie.
Annette

Jonas skryf in boodskap news:3b30d7cd$0$225@hades.is.co.za...
> 'n Verwagtende vrou/moeder is die ander dag in die VSA tot 12-jaar
> tronkstraf gevonnis omdat sy dwelms (?) sou gebruik het tydens haar
> swangerskap - en dit word aanvaar dat dit 'n negatiewe uitwerking op die
> kind gehad het.
> Sal dit nie 'n goeie voorstel wees dat alle vroue 'n Vigs-toets ondergaan
> voordat hulle bevrug raak nie?
> Is dit moontlik dat 'n vrou twee (opeenvolgende) kinders kan hê terwyl sy
> HIV-positief is? Mag sy toegelaat word om swanger te word wetende dat sy
> vigs het?
> Help my.....
>
Re: HIV-dinge [boodskap #44720 is 'n antwoord op boodskap #44711] Wo, 20 Junie 2001 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
>
> 'n Verwagtende vrou/moeder is die ander dag in die VSA tot 12-jaar
> tronkstraf gevonnis omdat sy dwelms (?) sou gebruik het tydens haar
> swangerskap - en dit word aanvaar dat dit 'n negatiewe uitwerking op die
> kind gehad het.

Die VSA is iemand wat 'n warm koppie wegneem koffie tussen haar bene
gehou het, en verbrand het omdat sy te dig was vir haar onoselheid
miljoene Dollars gekry - jy behoort mos te weet die VSA regstelsel is
nie toerekens vatbaar nie!

> Sal dit nie 'n goeie voorstel wees dat alle vroue 'n Vigs-toets ondergaan
> voordat hulle bevrug raak nie?

Hmm, natuurlik, so elke een wat die kat in die donker gaan knyp, die
boyfriend in die parkie of die baas in die kluis moet eers gou gaan vir
'n toets. Ja right!

> Is dit moontlik dat 'n vrou twee (opeenvolgende) kinders kan hë terwyl sy
> HIV-positief is? Mag sy toegelaat word om swanger te word wetende dat sy
> vigs het?

Sal jou graag dit wil sien stop - Human Rights ens. - 'n moeder wat HIV+
is se baba is nie noodwendig HIV+ nie.

> Help my.....

... Nee!
Re: HIV-dinge [boodskap #44726 is 'n antwoord op boodskap #44713] Wo, 20 Junie 2001 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Jun 2001 20:37:25 +0200, "Annette" wrote:

> Jonas, ek het verlede week 'n pamflet oor Vigs by die UCT Drama kampus
> gekry - wat daarin geskryf staan maak nie sin nie.

Miskien moet jy probeer om 'n pamflet wat in Engels of Afrikaans
geskryf is, te kry, Annette? :-))))))

> Ek sal more weer een kry en dit hier aanhaal.

Dit sal interessant wees.

> Nou - om by jou vrae te kom: Vroue 'n Vigs toets ondergaan vordat hulle
> bevrug raak:?
> - Janee, dit is mos elke vrou op hierdie aardbol beskore en voorreg om te
> kies deur wie, wanneer en of sy wil bevrug word.

Net 'n JA, nie 'n nee nie! :-))
Sal jy en ek nie graag wil weet of ons gesonde kinders in die wereld
sal bring VOORDAT ons besluit om swanger te raak nie? Sal jy 'n
kindjie in die wereld bring as jy weet jy nie daar sal wees om vir hom
of haar te sorg nie? As jy weet jy gaan 'n geneties oorerflike siekte
aan hom/haar oordra wat sy lewe gaan beperk of selfs 'n vroee dood
gaan teweegbring? Ens ens ens..
Meeste vrouens gaan vir allerande toetse VOORDAT hulle swanger raak.
Hopelik is 'n VIGS toets deel van die battery van toetse - niks
hiermee verkeerd in my opinie nie.
Natuurlik is my stelling(s) hier bo net vir VRYWILLIGE toetsing. As
mense nie opgelei is, en weet van die voor- en nadele nie, is dit
seker die gemeenskap en/of regering se taak om seker te maak dat die
mense van SA INGELIG is?

> Mag sy meer kinders hê as sy weet sy het vigs?

In my opinie is dit ook maar net "moord". Jy weet mos jou kind het
geen kans op 'n normale lewe nie. Maar ek redeneer met 'n "westerse
kop". "Afrika" het haar eie evolusie, en niemand gaan dit keer of
stop nie....
Die eindresultaat mag dalk 'n genepoel van mense teweegbring wat
totaal immuun teen VIGS is. Net soos die geval met malaria was in
Noord Afrika - wie weet...

> Hopelik nie. En die "normale " uitweg sal wees dat sy geopereer word om nie
> meer kinders te kan hê nie. Die harde werklikheid is is dat as dit haar
> besluit alleen is, dan sal sy heelwaarskynlik nie meer kinders wil hê
> nie.Aan die ander kant is dat al is sy onvrugbaar, sy nog steeds die virus
> kan versprei - en 'n gesonde vrou kan besmet word en tegerlykertyd swanger
> raak.

Ek dink dit is waarom baie farmaseutiese en ander navorsing juis gemik
is om middels te verbeter wat aan die vrou tydens aflewering (..er
?delivery) gegee kan word, om sodoende die kans te verminder dat die
baba ook die virus sal optel. Daar is blykbaar al redelik baie sukses
op hierdie gebied behaal.

> Solank as wat daar mans rondloop wat glo hulle sal van vigs genees word as
> hulle seks met 'n maagd het, dan is daar geen toetse wat kan keer dat daar
> vigsbabas in die wêreld ingebring word nie.

Dis die probleem. Mense moet opgelei word, en ingelig word, en
verskaf word met FEITE. Die gemeenskap sal 'n meer aktiewe rol moet
begin speel. Die skole, kerke en ander NGO's sal definitief meer
aggresief moet begin met intensiewe opleiding. Of, mens moet dinge
los sodat die natuur sy gang kan gaan. Miskien weet die Sangomas en
ander toordokters wat hulle eie mense lei, iets wat ons westerlinge
nie weet nie?
Re: HIV-dinge [boodskap #44729 is 'n antwoord op boodskap #44726] Do, 21 Junie 2001 03:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Veelsgeluk met die kopiereg op die naam - 'n "designer"-naam? ; -)

"Danielle" skryf in boodskap news:qm32jtsqnfbbee0cslr3n06n4hf8bkoi51@4ax.com...
> On Wed, 20 Jun 2001 20:37:25 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Jonas, ek het verlede week 'n pamflet oor Vigs by die UCT Drama kampus
>> gekry - wat daarin geskryf staan maak nie sin nie.
>
> Miskien moet jy probeer om 'n pamflet wat in Engels of Afrikaans
> geskryf is, te kry, Annette? :-))))))
>
>> Ek sal more weer een kry en dit hier aanhaal.
>
> Dit sal interessant wees.
>
>> Nou - om by jou vrae te kom: Vroue 'n Vigs toets ondergaan vordat hulle
>> bevrug raak:?
>> - Janee, dit is mos elke vrou op hierdie aardbol beskore en voorreg om te
>> kies deur wie, wanneer en of sy wil bevrug word.
>
> Net 'n JA, nie 'n nee nie! :-))
> Sal jy en ek nie graag wil weet of ons gesonde kinders in die wereld
> sal bring VOORDAT ons besluit om swanger te raak nie? Sal jy 'n
> kindjie in die wereld bring as jy weet jy nie daar sal wees om vir hom
> of haar te sorg nie? As jy weet jy gaan 'n geneties oorerflike siekte
> aan hom/haar oordra wat sy lewe gaan beperk of selfs 'n vroee dood
> gaan teweegbring? Ens ens ens..
> Meeste vrouens gaan vir allerande toetse VOORDAT hulle swanger raak.
> Hopelik is 'n VIGS toets deel van die battery van toetse - niks
> hiermee verkeerd in my opinie nie.
> Natuurlik is my stelling(s) hier bo net vir VRYWILLIGE toetsing. As
> mense nie opgelei is, en weet van die voor- en nadele nie, is dit
> seker die gemeenskap en/of regering se taak om seker te maak dat die
> mense van SA INGELIG is?
>
>> Mag sy meer kinders hê as sy weet sy het vigs?
>
> In my opinie is dit ook maar net "moord". Jy weet mos jou kind het
> geen kans op 'n normale lewe nie. Maar ek redeneer met 'n "westerse
> kop". "Afrika" het haar eie evolusie, en niemand gaan dit keer of
> stop nie....
> Die eindresultaat mag dalk 'n genepoel van mense teweegbring wat
> totaal immuun teen VIGS is. Net soos die geval met malaria was in
> Noord Afrika - wie weet...
>
>> Hopelik nie. En die "normale " uitweg sal wees dat sy geopereer word om nie
>> meer kinders te kan hê nie. Die harde werklikheid is is dat as dit haar
>> besluit alleen is, dan sal sy heelwaarskynlik nie meer kinders wil hê
>> nie.Aan die ander kant is dat al is sy onvrugbaar, sy nog steeds die virus
>> kan versprei - en 'n gesonde vrou kan besmet word en tegerlykertyd swanger
>> raak.
>
> Ek dink dit is waarom baie farmaseutiese en ander navorsing juis gemik
> is om middels te verbeter wat aan die vrou tydens aflewering (..er
> ?delivery) gegee kan word, om sodoende die kans te verminder dat die
> baba ook die virus sal optel. Daar is blykbaar al redelik baie sukses
> op hierdie gebied behaal.
>
>> Solank as wat daar mans rondloop wat glo hulle sal van vigs genees word as
>> hulle seks met 'n maagd het, dan is daar geen toetse wat kan keer dat daar
>> vigsbabas in die wêreld ingebring word nie.
>
> Dis die probleem. Mense moet opgelei word, en ingelig word, en
> verskaf word met FEITE. Die gemeenskap sal 'n meer aktiewe rol moet
> begin speel. Die skole, kerke en ander NGO's sal definitief meer
> aggresief moet begin met intensiewe opleiding. Of, mens moet dinge
> los sodat die natuur sy gang kan gaan. Miskien weet die Sangomas en
> ander toordokters wat hulle eie mense lei, iets wat ons westerlinge
> nie weet nie?
>
Re: HIV-dinge [boodskap #44741 is 'n antwoord op boodskap #44726] Do, 21 Junie 2001 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
>> Solank as wat daar mans rondloop wat glo hulle sal van vigs genees word as
>> hulle seks met 'n maagd het, dan is daar geen toetse wat kan keer dat daar
>> vigsbabas in die wêreld ingebring word nie.
>
> Dis die probleem. Mense moet opgelei word, en ingelig word, en
> verskaf word met FEITE. Die gemeenskap sal 'n meer aktiewe rol moet
> begin speel. Die skole, kerke en ander NGO's sal definitief meer
> aggresief moet begin met intensiewe opleiding. Of, mens moet dinge
> los sodat die natuur sy gang kan gaan. Miskien weet die Sangomas en
> ander toordokters wat hulle eie mense lei, iets wat ons westerlinge
> nie weet nie?
>

Julle twee het nie die hele storie reg nie. Al vir wie dié "medisyne" help,
is vir swart mans wat met wit maagde omgang het. Klink ek rassisties????
Dít is die afgryslike storie wat versprei word.
Sakkie
Re: HIV-dinge [boodskap #44742 is 'n antwoord op boodskap #44741] Do, 21 Junie 2001 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Julle twee het nie die hele storie reg nie. Al vir wie dié "medisyne" help,
> is vir swart mans wat met wit maagde omgang het. Klink ek rassisties????
> Dìt is die afgryslike storie wat versprei word.

En ek wonder hoeveel dit 'n urban legend
is wat deur wittes versprei word, dat daar
swart mense is wat in bostaande glo. Sover
ek kan sien, kom dit altyd net uit wit mense
se monde.

Gloudina
Re: HIV-dinge [boodskap #44752 is 'n antwoord op boodskap #44741] Do, 21 Junie 2001 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Sakkie nee!! Daardie storie is nie hier in die Kaap rasgebonde
nie:))))
Die mans doen ook nie eintlik eers moeite om uit te vind of hulle die regte
meisie het nie - lyk my hulle is so desperaat om gesond te word dat hulle
sommer links en regs gryp en rape, en maar hoop een van die wat hulle
bygekom het was 'n maagd.

Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b31a705$0$229@hades.is.co.za...
>>
>>> Solank as wat daar mans rondloop wat glo hulle sal van vigs genees word
> as
>>> hulle seks met 'n maagd het, dan is daar geen toetse wat kan keer dat
> daar
>>> vigsbabas in die wêreld ingebring word nie.
>>
>> Dis die probleem. Mense moet opgelei word, en ingelig word, en
>> verskaf word met FEITE. Die gemeenskap sal 'n meer aktiewe rol moet
>> begin speel. Die skole, kerke en ander NGO's sal definitief meer
>> aggresief moet begin met intensiewe opleiding. Of, mens moet dinge
>> los sodat die natuur sy gang kan gaan. Miskien weet die Sangomas en
>> ander toordokters wat hulle eie mense lei, iets wat ons westerlinge
>> nie weet nie?
>>
>
> Julle twee het nie die hele storie reg nie. Al vir wie dié "medisyne" help,
> is vir swart mans wat met wit maagde omgang het. Klink ek rassisties????
> Dít is die afgryslike storie wat versprei word.
> Sakkie
>
Re: HIV-dinge [boodskap #44753 is 'n antwoord op boodskap #44711] Do, 21 Junie 2001 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina, dit kan miskien 'n urban legend wees wat 'n doktersvriend wat
daagliks met Vigsgevalle te doen het, uitgedink het, terwyl hy handjies
gevou gesit en wag het op die volgende pasiënt.

Dit kon ook as 'n urban legend begin het - maar tans is dit 'n feit. Daar is
swart mans wat dit glo.

Annette

skryf in boodskap news:3B31C41F.674FCA65@home.com...
Sakkie wrote:

> Julle twee het nie die hele storie reg nie. Al vir wie dié "medisyne" help,
> is vir swart mans wat met wit maagde omgang het. Klink ek rassisties????
> Dít is die afgryslike storie wat versprei word.

En ek wonder hoeveel dit 'n urban legend
is wat deur wittes versprei word, dat daar
swart mense is wat in bostaande glo. Sover
ek kan sien, kom dit altyd net uit wit mense
se monde.

Gloudina
Re: HIV-dinge [boodskap #44807 is 'n antwoord op boodskap #44711] Vr, 22 Junie 2001 03:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy praat in elk geval net met wittes..... en Eskimo's...
skryf in boodskap news:3B31C41F.674FCA65@home.com...
Sakkie wrote:

> Julle twee het nie die hele storie reg nie. Al vir wie dié "medisyne" help,
> is vir swart mans wat met wit maagde omgang het. Klink ek rassisties????
> Dít is die afgryslike storie wat versprei word.

En ek wonder hoeveel dit 'n urban legend
is wat deur wittes versprei word, dat daar
swart mense is wat in bostaande glo. Sover
ek kan sien, kom dit altyd net uit wit mense
se monde.

Gloudina
Re: HIV-dinge [boodskap #44808 is 'n antwoord op boodskap #44720] Vr, 22 Junie 2001 03:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Lou - jou bydrae het my laat dink.... Nie baie diep nie.

"Lou" skryf in boodskap news:3B3109DC.C76755A9@lous.zzn.com...
>
>
> Jonas wrote:
>>
>> 'n Verwagtende vrou/moeder is die ander dag in die VSA tot 12-jaar
>> tronkstraf gevonnis omdat sy dwelms (?) sou gebruik het tydens haar
>> swangerskap - en dit word aanvaar dat dit 'n negatiewe uitwerking op die
>> kind gehad het.
>
> Die VSA is iemand wat 'n warm koppie wegneem koffie tussen haar bene
> gehou het, en verbrand het omdat sy te dig was vir haar onoselheid
> miljoene Dollars gekry - jy behoort mos te weet die VSA regstelsel is
> nie toerekens vatbaar nie!
>
>> Sal dit nie 'n goeie voorstel wees dat alle vroue 'n Vigs-toets ondergaan
>> voordat hulle bevrug raak nie?
>
> Hmm, natuurlik, so elke een wat die kat in die donker gaan knyp, die
> boyfriend in die parkie of die baas in die kluis moet eers gou gaan vir
> 'n toets. Ja right!
>
>> Is dit moontlik dat 'n vrou twee (opeenvolgende) kinders kan hê terwyl sy
>> HIV-positief is? Mag sy toegelaat word om swanger te word wetende dat sy
>> vigs het?
>
> Sal jou graag dit wil sien stop - Human Rights ens. - 'n moeder wat HIV+
> is se baba is nie noodwendig HIV+ nie.
>
>> Help my.....
>
> ... Nee!
Re: MIV-dinge [boodskap #44830 is 'n antwoord op boodskap #44808] Vr, 22 Junie 2001 10:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Een van die groot probleme met MIV/vigs in Suid Afrika is dat baie van die
(veral swart) mense wat MIV+ is nog nooit getoets is nie. Hulle wil ook nie
weet nie, as gevolg van die stigma en verwerping wat daarmee saamgaan. Die
groot gros van eerste identifiserings vind plaas by voorgeboorteklinieke,
waar 'n bloedtoets as 'n verpligte deel van die roetine gedoen word.

Die virus word dus normaalweg eers by vrouens geïdentifiseer na hulle reeds
swanger is. Daar is geen betroubare statistiek van MIV-insidensie by mans
nie, dit word meer betroubaar afgelei van die toetse op vroue. Mans word
relatief min aan sulke toetse onderwerp.

MIV = Menslike Immuniteits Virus (HIV in Engels)

Jonas skryf in boodskap news:3b32c260$0$230@hades.is.co.za...
Dankie Lou - jou bydrae het my laat dink.... Nie baie diep nie.

"Lou" skryf in boodskap news:3B3109DC.C76755A9@lous.zzn.com...

> Jonas wrote:

>> 'n Verwagtende vrou/moeder is die ander dag in die VSA tot 12-jaar
>> tronkstraf gevonnis omdat sy dwelms (?) sou gebruik het tydens haar
>> swangerskap - en dit word aanvaar dat dit 'n negatiewe uitwerking op die
>> kind gehad het.
>
> Die VSA is iemand wat 'n warm koppie wegneem koffie tussen haar bene
> gehou het, en verbrand het omdat sy te dig was vir haar onoselheid
> miljoene Dollars gekry - jy behoort mos te weet die VSA regstelsel is
> nie toerekens vatbaar nie!
>
>> Sal dit nie 'n goeie voorstel wees dat alle vroue 'n Vigs-toets
ondergaan voordat hulle bevrug raak nie?
>
> Hmm, natuurlik, so elke een wat die kat in die donker gaan knyp, die
> boyfriend in die parkie of die baas in die kluis moet eers gou gaan vir
> 'n toets. Ja right!
>
>> Is dit moontlik dat 'n vrou twee (opeenvolgende) kinders kan hê terwyl
sy HIV-positief is? Mag sy toegelaat word om swanger te word wetende dat sy
vigs het?
>
> Sal jou graag dit wil sien stop - Human Rights ens. - 'n moeder wat HIV+
> is se baba is nie noodwendig HIV+ nie.
>
>> Help my.....
>
> ... Nee!
Re: HIV-dinge [boodskap #44837 is 'n antwoord op boodskap #44711] Vr, 22 Junie 2001 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Jy praat in elk geval net met wittes..... en Eskimo's...

Ja, en dis van diesulkes van jou wat ek die
urban legend kry.

Gloudina
Re: MIV-dinge [boodskap #44849 is 'n antwoord op boodskap #44830] Vr, 22 Junie 2001 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Jun 2001 12:05:28 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Daar is geen betroubare statistiek van MIV-insidensie by mans
> nie, dit word meer betroubaar afgelei van die toetse op vroue. Mans word
> relatief min aan sulke toetse onderwerp.

Wouter, jy's baie verkeerd wanneer jy sê dat mans realtief min
getoets word. Wanneer hulle by fabrieke of groot instellings soos
myne werk word hulle gereeld getoets. Ek neem byna daagliks mense
(meestal mans) vir MIV toetse en kan jou vertel van hospitale (ja
meervoud) waar 90% van die passiënte positief is - en die inligting
kom van vier uiters betroubare bronne - twee dokters wat kliënte van
my is en twee verpleegsusters wat by verskillende laboratoriums die
toetse doen. Die statistiek blyk erger te wees as oorspronklik
voorspel.

Heel interessant waar jy die mense op die engelse en Afrikaanse
weergawes wys. Nie werklik baie lank terug nie het die Rapport die
woord HIV op die voorblad gebruik en toe lesers hulle daarop wys het
die redaksie gelieg deur dié simpel verduideliking te gebruik:
Min mense weet dat MIV die Afrikaanse afkorting is en dus is die
engelse weergawe terwille van die algemene gebruik gebruik.
"Mààr, dit sal nié weer gebeur nie!" is in dieselfde verduideliking
gesê. Sò snaaks dat hulle nooit van 'n carburator of coil praat nie.

DD
Re: MIV-dinge [boodskap #44868 is 'n antwoord op boodskap #44849] Sa, 23 Junie 2001 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Daar is geen betroubare statistiek van MIV-insidensie by mans
> nie, dit word meer betroubaar afgelei van die toetse op vroue. Mans word
> relatief min aan sulke toetse onderwerp.

DD
Wouter, jy's baie verkeerd wanneer jy sê dat mans realtief min
getoets word. Wanneer hulle by fabrieke of groot instellings soos
myne werk word hulle gereeld getoets. Ek neem byna daagliks mense
(meestal mans) vir MIV toetse en kan jou vertel van hospitale (ja
meervoud) waar 90% van die passi�nte positief is - en die inligting
kom van vier uiters betroubare bronne - twee dokters wat kliënte van
my is en twee verpleegsusters wat by verskillende laboratoriums die
toetse doen. Die statistiek blyk erger te wees as oorspronklik
voorspel.

Wouter
My inligting kom van mense in die vigsnavorsingseenheid van die aktuariële
vereniging, in die gebou hier langs ons. Jy moet in ag neem dat daar meer as
20 miljoen mans in SA is en dat dié waarvan jy praat 'n relatief klein deel
daarvan is. Daarom het ek gesê relatief min.

Dis in elk geval te min en te verspreid om vir nasionale navorsing te
gebruik. Ek verstaan dat, behalwe in taamlik spesiale omstandighede, jy nie
iemand sonder sy toestemming vir vigs kan toets nie en dat daar groot dele
van die manlike bevolking is wat nog nooit getoets is nie.

Daardie 90% syfer van jou glo ek maklik, die algemene MIV-insidensie word op
11% geskat (dus een uit nege) en in 'n hospitaal- en toets-omgewing gaan dit
natuurlik dramaties hoër wees. Juis omdat die breë publiek nie getoets word
nie, slegs die waar daar normaalweg 'n rede is om vir MIV te toets.
Re: MIV-dinge [boodskap #44870 is 'n antwoord op boodskap #44868] Sa, 23 Junie 2001 11:07 Na vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Jun 2001 10:23:41 +0100, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>
> Wouter
> Daarom het ek gesê relatief min.
>
> Ek verstaan dat, behalwe in taamlik spesiale omstandighede, jy nie
> iemand sonder sy toestemming vir vigs kan toets nie

Jou woord 'relatief' is natuurlik heel van pas want, natuurlik is die
syfer hoër by industriële gebiede en andersom.

Ook reg wanneer jy noem dat spesiale toestemming nodig is daarvoor
plus die feit dat die persoon van wie die bloed getrek word
toestemming moet gee dat 'n positiewe uitslag bekend gemaak kan word
aan 'n privaat praktisyn (of kliniek of hospitaal, wat uiters verkeerd
is want dan het jy nie 'n induvidu se naam aan wie dit bekend gemaak
kan word nie ((en ek weier juis daarom om enigsins anders as met 'n
dokter se naam tevrede te wees vir so 'n doel)) ).

Verder gaan hiermee saam die feit dat spesifieke voordele (wat
uitsluitlik beskore is vir mense met 'n negatiewe uitslag natuurlik)
geweier kan EN SAL word, aan mense wat weier dat 'n toets gedoen
word.

Glo hiermee die feit dat baie sekure identifikasie saam met so 'n
bloedtoets gaan. Glo ook hiermee dat 'n dokter telefoniese opdrag
geneem het (nie skriftelik nie let wel !) om aan iemand wat hy nie
eens ken nie 'n positiewe uitslag bekend te maak. En hy het, want die
persoon het 'n uur later in my kantoor bevestig dat hy 'n positief
gediagnoseer is.
Dis dan wanneer die nuwe Suid Afrika rof raak. Wanneer ek 'n
geneesheer wil skakel ('n heel ander geval) en na 'n paar pogings by
Telkom uitvind dat sy telefoon afgesny is weens wanbetaling.

DD

>
Vorige onderwerp: Plaasvark ontmasker?
Volgende onderwerp: System Engineers.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 10:48:21 MGT 2024