| James se Polse [boodskap #44687] |
Wo., 20 Junie 2001 12:14  |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: Mei 2001
|
Senior Lid |
|
|
Sien in die koerant dat die vorige springbok probeer selfmoord pleeg het.
Is dit nou weer 'n bewys dat jy die mens uit die bos (boom?? ;-)))))) uit
kan haal.......
Sakkie
|
|
|
|
| Re: James se Polse [boodskap #44691 is 'n antwoord op boodskap #44687] |
Wo., 20 Junie 2001 12:57   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis nie mooi nie Sakkie - Hy is in sy liefde verlaat, en hoe anders kon hy
sy diepe hartseer toon as met 'n gepaste daad?:)))))
Blykbaar het hy eers 'n stomp mes probeer - maar het agtergekom hy is te
dikvellig. Toe vat hy maar 'n skerper mes.
Annette
Sakkie skryf in boodskap news:3b309341$0$225@hades.is.co.za...
> Sien in die koerant dat die vorige springbok probeer selfmoord pleeg het.
> Is dit nou weer 'n bewys dat jy die mens uit die bos (boom?? ;-)))))) uit
> kan haal.......
> Sakkie
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: James se Polse [boodskap #44754 is 'n antwoord op boodskap #44737] |
Do., 21 Junie 2001 11:52  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Soos die lied van 'n meisie in haar liefde verlaat?
Dink ek.
Ons het Gloudina nodig om ons die regte gedig te gee.
Annette ( Miskien kon James nie sing nie:)) )
Thys de Wet skryf in boodskap news:9gs6pt$kn9$1@news.adamastor.ac.za...
> Laat my dink 'n gedig. Was nie een van Adam Small, maar die een gaan oor
> James Small
> "O treurig die wysie
> op die ooswind se maat
> van 'n meisie
> in haar liefde verlaat..."
>
>
> O treurig die wysie
> op rugby se 'maat'
> die bokke se spel
> het hul pel
> nie gesmaak
> (of was dit sy meisie
> wat hom nie meer smaak?)
> hy gryp toe 'n mes
> en traai toe sy bes
> aan sy lewe 'n einde te maak
> gryp hy by sy meisie
> se hysie
> sommer 'n skerper een
> en die't ook nie gebaat
> vir die maat
> hy en sy meisie se liefde
> het floreer deur storm
> en drang
> maar nou's dit net wrang
> en sy bly nog Storm
> ai tog die stomme man
> stout soos hy is
> bly hy nog vir haar nog lis
>
> Thys oppie Bos
> "Annette" wrote in message
> news:9gq76m$9urol$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>
|
|
|
|