Kanada en wiskunde [boodskap #44032] |
Wed, 13 June 2001 09:31  |
|
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)
...en die SA skoolstelsel.
My kinders het 'n maatjie wat eintlik van kanada af kom. Sy en haar ma
het egter die afgelope dekade in SA gebly. Die kind het dus in SA
(Johannesburg) begin skoolgaan. Laerskool en tot einde van graad 8
(std 6).
Toe gaan hulle begin vanjaar terug Kanada toe.
Die kind het dus begin vanjaar in Kanada begin skoolgaan in die
ekwivalente graad.
Die vrou rapporteer die volgende.
Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie veel te
gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.
|
|
|
|
|
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44079 is 'n antwoord op boodskap #44032] |
Wed, 13 June 2001 15:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)
On 13 Jun 2001 07:11:31 -0700, ober...@yahoo.com (Gottlieb) wrote:
Weet jy of evolusie al opgeneem is in die sillabus van wetenskap?
Dit
> was een ding wat ek nie regtig kon begryp nie, hoekom het ek nooit
> iets van evolusie gehoor toe ek op skool was nie (en nogal al my vakke
> op hoer graad)... Die enigste ding wat ek gehoor het is dat evolusie
> se ons kom van die ape.
Ek weet net wat my kinders leer - std 7 en 8.
Die een in std 8 neem nie biologie nie, mjaar wetenskap - golwe,
elektrisiteit, chemie ens. Ek vermoed evolusie sal eerder in wetenskap
wees?
Die laerskool waar hulle was (ons ken nog 'n onderwyseres daar) vat
die klasse op uitstappies na Sterkfontein en dan word evolusie
bespreek, so ek neem aan dit is deel daarvan.
Waaaaay back to ek op skool was het ons dit ook nie geleer nie.
Wat my de moer in gemaak het is dat ons ook nooit iets van
dinosaurusse geleer het nie. Toe my kinders deur die dino-fase gegaan
het, het ek dit vir die eerste keer saam met hulle geleer en dit
moerse geniet.
Ek het ook gewonder hoekom ons dit nie geleer het nie. Ek kon net
dink: As jy dinosaurusse leer, leer jy evolusie. En as jy evolusie
leer, leer jy dat alle mense gelyk is. Bad idea op die hoogtepunt van
apartheid, veronderstel ek.
|
|
|
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44083 is 'n antwoord op boodskap #44032] |
Wed, 13 June 2001 16:57   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi Greyling wrote:
> ...en die SA skoolstelsel.
>
> Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie veel te
> gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
> Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.
En ek wonder hoe "agter" sy is. Dis seker maar netspesifieke projekte wat
sy nie gedoen het nie. In
watter provinsie is sy nou woonagtig?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44204 is 'n antwoord op boodskap #44083] |
Thu, 14 June 2001 13:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)
On Wed, 13 Jun 2001 16:57:58 GMT, @home.com wrote:
> Die kind is redelik voor met wiskunde. Sy hoef tot nou toe nie
veel te
>> gedoen het nie, Alles reeds in SA gedoen.
>> Sy is egter agter met wetenskap en moes opvang.
>
> En ek wonder hoe "agter" sy is. Dis seker maar netspesifieke projekte wat
> sy nie gedoen het nie. In
> watter provinsie is sy nou woonagtig?
Sover ek verstaan is dit net 'n geval van hulle het reeds goed verlede
jaar gedoen wat sy nog nie gedoen het nie.
Dit kan 'n funksie wees van hoe die skole hier en daar gestruktureer
is.
In die skool waar sy was (in SA) het hulle algemene wetenskap in std 7
gedoen en begin in std 8 met kleiner en dieper fokusse. M.a.w.
"wetenskap" begin eintlik met spoed in std 8 en sy is einde std 7 weg
in Jhb.
Hulle is in Quebec.
|
|
|
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44209 is 'n antwoord op boodskap #44204] |
Thu, 14 June 2001 14:46   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi Greyling wrote:
> Dit kan 'n funksie wees van hoe die skole hier en daar gestruktureer
> is.
>
> Hulle is in Quebec.
Quebec is nogal een van die provinsies wat gewoonlikbeter score as sommige van
die ander provinsies.
Interessant is die poging in Ontario op die oomblik om
tot 'n twaalf jaar skoolgang oor te gaan, nadat dit omtrent
drie of vier dekades gelede dertien skooljare ingevoer het.
Daar was, en is nog vir sommige, 'n grade 13. Hulle het
egter oor die jare gevind dat mense in ander provinsies
wat net 12 skooljare het, dieselfde programme kan klaar
maak as wat hulle in dertien doen. (Alhoewel darem met
'n bietjie verryking.) In Quebec het hulle 'n ander stelsel,
maar ook met dertien skooljare. Jy gaan tot grade 11 na
die gewone skole , en neem dan GCEP vir die laaste twee.
As jy dan byvoorbeeld na McGill gaan, doen jy jou BA
in drie jaar, in plaas van vier. Dieselfde was glo veronderstel
om in Ontario te gebeur, maar ek het nog net van een
universiteit gehoor waar dit die geval is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Kanada en wiskunde [boodskap #44683 is 'n antwoord op boodskap #44032] |
Wed, 20 June 2001 11:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)
On Sat, 16 Jun 2001 14:19:02 GMT, "Jan" wrote:
> Een "anecdotal" data punt is nie genoeg om enige "statistically significant"
> gevolgtrekkings van te maak nie.
Ek het bloot gepos wat ek eerstehand gehoor het.
Maar onthou jou reel wat jy hierbo gestel het. Leef self daarmee.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoerskole op die plateland [boodskap #44828 is 'n antwoord op boodskap #44677] |
Fri, 22 June 2001 09:44  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Platteplaatjie;))))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:72q4jt0o43cuhpbkndvvvl0h2l6strkj4v@4ax.com...
> On Thu, 21 Jun 2001 18:10:57 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Wouter: Op die platteland kry jy plattelanders.
>> Maar in 'n plateland seker mense wat plate speel?
>> Hoop dis nie steeds te laag vir jou intelligensie nie :-)
>
> So, wat sal mens dan 'n platespeler noem wat van die platteland af
> kom, en daarvan hou om met plate te speel, en ook plate in die
> hoerskool se saal gespeel het met 'n stukkende platespeler? :-))
>
|
|
|