Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Perskeblatjang
Perskeblatjang [boodskap #44171] Do, 14 Junie 2001 09:34
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
50 ryp geelperskes, 3 uie, 1/4 koppie sout ( ????!!!!), 2 bottels asyn,
5 rissies, fyn gekap, 2 eetlepels kerriepoeier, 1 teelepel cayenne peper,
4 - 6 koppies suiker ( na smaak) - 1 eetlepel heel wonderpeper.

Skil en sny die perskes stukkend ( gewoonlik dun skywe). Kap die uie fyn.
Meng al die bestanddele, bind die wonderpeper in 'n kaasdoeksakke en voeg
dit by.
Kook dit 30 minute , of langer, in die asyn tot dit sag is en die gewensde
dikte het. verwyder die wonderpeper.
Bottel & verseel terwyl dit warm is.

Annette
Vorige onderwerp: Kweperblatjang
Volgende onderwerp: Blatjangs:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 23:54:42 MGT 2024