Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons nuwe VP!! YESssssssss!!!! ;-)
Ons nuwe VP!! YESssssssss!!!! ;-) [boodskap #4347] |
Tue, 06 July 2004 15:56  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
John Edwards gaan ons nuwe vise president wees! Ek het nou net John
Kerry se nuusbrief gekry waarin hy dit noem!!
Is dit nie wonderlik nie? EK is VERHEUG!!
;-)
|
|
|
|
|
|
Re: Ons nuwe VP!! YESssssssss!!!! ;-) [boodskap #4357 is 'n antwoord op boodskap #4355] |
Thu, 08 July 2004 00:06   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
N7470 skryf:
> In die primaries reeds het jy genoem dat jy baie van Edwards hou, en ek
> moet saamstem dat hy 'n puik keuse as VP is.
Ja, en meer nog as ons 'n breinoorplanting kon doen van Kucinich se
brein. Want met Edwards se looks en Kucinich se intellek, sou ons
werklik president kon skep.
Onthou jy? ;-)))
Maar ernstig, ek weet nie of jy nog kan onthou dat lanks selfs voor
die primaries het ek vir jou 'n artikel gestuur waarin die GOP
duidelik bekommerd was oor Edwards. Wag, ek dwaal af...
> Ek dink hy "offset" die New
> England liberal beeld van Kerry, en hy sal natuurlik hopelik ook baie
> van die Suidelike state se swaai stemmers na die Kerry kant van die
> draad bring.
Ek hoop so, maar die Suide is nie meer die tradisionele Demokrate van
ouds nie. En jy weet mos alreeds dat Southern Dems is 'n heel ander
spesie. Hoe dit ookal sy, alles het mos verander hier in die 80's
rond. Deesdae is die Suide Repug country. Edwards was baie gewild
hier in my dorpie, maar die dag toe ons moes gaan stem was dit ook
maar moeilik. Die rednecks het in hulle trokke gesit en allerande
dinge kwytgeraak teenoor ons. Dit was nogal vir my 'n vreemde
ervaring. Ek dink die mense was spesiaal van Alabama af ingevoer en
by die verskeie stem lokale afgelaai vir die dag. ;-))
> Dit gese, moet ek noem dat Edwards definitief nie so liberaal soos ek
> graag sou wou he is nie.
Is dit nou nie snaaks nie. Ek stem heeltemal saam met jou, maar het
jy gesien wat die Repug smeermasjien doen? Hulle probeer maak asof
Edwards nog meer liberaal is as Kerry. Kan jy nou meer? Ek sit juis
netnou en gorrel op die ander groep oor die KKK, en terwyl ek so
skryf, sit ek en wonder by myself hoe verskil die Christian
Fundamentalists wat tans in beheer van ons land is nou weer van die
ideologie van die KKK? Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer begin ek
dink dat daar rerig nie enige verskille is nie. Dis erg om so te
dink, nè? ;-(
Terloops, het jy daardie uitstekende PBS uitsending so paar maande
gesien oor die rol wat die kerk speel in ons verkiesings en hoe die
regse Christian Koalisie Bush bevoordeel het en so aan. Dit was
uitstekend. Ek dink amper dit was een van die Frontline reekse. Ek
mis dit nogal nie graag nie.
Nou die aand was daar ook so baie interessante stuk oor die suicide
bombers in Palestinië. Hulle het met die mense gepraat en die
Israelies het die joernaliste teogang gegee tot sommige wat hulle
betyds gevang het, en wat in hulle gevangenis was. Dit was tragies
maar baie interessant.
Ag sjoe..hier skryf ek alweer 'n ellelange opstel en ek wou net gou so
paar woorde antwoord.
> Hier is egter soveel meer op die spel tydens
> hierdie verkiesing dat ek realisties moet wees. Ug - dit sal so goed
> wees om Haliburton uit die withuis te he!
Inderdaad!!
> Een front waarmee die dems die repugs redelik op hammer is "special
> interests". Ek hoop dat Edwards se trial lawyer agtergrond nie teen
> Kerry - Edwards gaan tel nie en dalk die special interest tafel o pdie
> dems gaan draai nie. Hierdie vrees is bevestig toe die kommentaar op
> vandag se All Things Considered (http://www.npr.org/programs/atc/) juis
> dit beklmetoon het.
Ek gaan dit definitief metnou luister. Vandag op CNN se Crossroads
het hulle ook hieroor gepraat. Ag weet jy Eugene, as dit nie die een
ding was nie, sou dit iets anders wees. Daardie spul is so korrup en
vals en agteraf. Ek dink Edwards en Kerry gaan bo dit alles uitstyg
en hopelik sal meer jong mense veral gaan stem weens die harde werk
wat Dean en se Deaniacs gedoen het, en gaan ons van die spul ontslae
raak. Ons moet net!!
> Ek lek al my lippe vir die Edwards - Cheney debat, want Edwards is 'n
> wonderlike spreker.
Hy *is*!!! Ek is mal oor daardie Southern charm van hom. En die man
is ook intelligent. Maar Cheney is darem ook geen fool nie, so dit
sal 'n baie interessante debat wees. Beste dalk ooit. Vandag sê
iemand op CNN (ek het met net so halwe oor geluister) dat die Repugs
deesdae alteveel lyk na 'n heruitgawe van "Grumpy Old Men". Ek het my
doodgelag, want dit was 'n goeie beskrywing. Maar ai, ek is so groot
fan van beide Jack Lemmon en Walter Matthau, dat ek eers bietjie vies
was vir die vergelyking, maar tog...;-))
|
|
|
|
Re: Die Southern Myth - vinnige antwoord [boodskap #4364 is 'n antwoord op boodskap #4363] |
Sat, 10 July 2004 07:59   |
N7470
Boodskappe: 39 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Katryn,
Ek hoor vanaand ook 'n ander standpunt dat a.g.v. die Edwards keuse sal
Bush & Cheney baie meer tyd en geld in die suidelike state op
campaigning moet spandeer - en dit sal hulle waardevolle tyd in die
ander battleground state kos.
Hier is 'n groot geveg aan die broei in WA staat - die repugs gaan hard
probeer om een van hulle as Goewerneur ingestem te kry.
Ek sal 'n ruk weer afwesig wees - ek vertrek more oggend vroeg op 'n
weeklange vakansie na die Nez Perce Wildernis Area in Idaho. Dalk moet
ek die anti-Bush stickers van my motor aftrek - daar is mos 'n klomp
wilde white supremacists in daardie geweste :-)
Praat oor week dan weer.
Eugene
Katryn wrote:
> EK moet nou net eers gou 'n regstelling maak op iets wat ek gisteraand
> gegorrel het oor die Suidelike state.
> In vanoggend se koerant (NY Times), lees ek toe 'n interessante
> artikel geskryf deur Jack Bass. Ongelukkig is dit nog nie op die net
> beskikbaar nie, en ek gaan definitief nie alles oortik nie. Maar
> *maar* volgens hom is die algemeen aanvaarde "wisdom" dat die Suide
> deesdae aan die Repugs behoort, niks anders as 'n mite nie. Dit was
> soete woorde daardie. ;-)
> Hy skryf ook o.a:
> " Despite substantial Democratic electoral losses in the region in
> 2002, Democrats have made net gains here since 1998. In the 11 states
> that formed the Confederacy, the number of Democratic governors and
> senators has risen from three to four and from seven to nine
> respectively)."
>
> Hy skryf verder dat Bush met Edwards se aanstelling gladnie meer die
> Suide as vanselfsprekend sal kan aanvaar nie, en dat NC, SC en
> Louisiana nou aansluit by Florida as battleground states. Hy dink
> ook dat ten spyte van die effense tilt na die Repugs se kant in state
> politics, het daar werklik 'n 2 party kompetisie hier in die Suide
> ontwaak. En dan pas dit natuurlik in by wat jy (Eugene) gesê het dat
> jy hoop dat Edwards sal die swinge voters na sy kant kan trek.
>
> Verskoning dus Eugene. ;-) Dalk was ek heeltemal te pessimisties en
> kon nie die wyer prentjie sien nie. Georgia het mos vir die eerste
> keer sedert die reformasie 'n Repug gov gekry so 2 jaar gelede. En
> dit het vir my gevoel asof die swing voters meer na Bush se kant
> geneig het.
> Maar ek sal so bly wees as dit die verkeerde "gevoel" was. Net soms
> sien mens dinge nie so duidelik uit jou direkte omgewing as iemand van
> "buite" af nie.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor onkunde (vir Plato) [boodskap #4380 is 'n antwoord op boodskap #4378] |
Thu, 29 July 2004 15:31  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) skryf:
>> Hy het o.a geskryf:
>> "The evil that is in the world almost always comes of ignorance, and
>> good intentions may do as much harm as malevolence if they lack
>> understanding." (Albert Camus)
>
> Amper soos "the road to hell is paved with good intentions"..:-))
Presies, Lorinda!! Presies. ;-)
En dit is wat die konserwatiewe fundamentalists soos bin Bush en bin
Laden so gevaarlik maak IMHO. Hulle glo werklik dat hulle "reg" is,
en hulle intensies is seker goed (volgens hulle en di'e wat soos hulle
dink en hulle ideologie navolg).
> Katryn, vertel bietjie van jong Reagan se spiets..
Giegie....julle moet nou nie begin dink ek is 'n Reaganite nie, hoor.
Dit sal vreeslik wees! ;-)) Nee, die jonge man het homself heel goed
van sy taak gekwyt. Hy moes sy boodskap oordra oor stamselnavorsing,
sonder om dit te veel te verpolitiseer. Iets wat omtrent onmoontlik
is.
Gaan kyk gerus na sy toespraak en VERAL ons toekomstige First Lady se
uiters goeie toespraak!!
Ek wens ons kon ook 'n debat sien tussen Teresa Heinz Kerry en Laura
Bush. ;->
O....die skakel vir al die spietse tydens die Dem konvensie:
www.dems2004.org
Jy kan ook live video kyk as jy belangstel.
Voor ek vergeet - die nuwe naam om van kennis te neem is
Barack Obama!! Lorinda, gaan kyk gerus na sy toespraak en die video
op die skakel.
My dogter het my van hom vertel al 'n hele ruk gelede, maar hier in
Jawja hoor of sien ons mos NIKS en niemand as hulle nie 'n Republiar
is nie. Ek was geweldig beindruk met die jong man!! Hy is iemand wat
nog v^er gaan kom. Watch net!
;-)
Giegie...so gepraat daarvan. Een van my gunsteling TV stasies (en
dalk een van die enigstes wat ek nogal moeite mee doen om te kyk), is
Jon Stewart se Daily Show. Dit is so satiriese nuus show in die
aande. Gisteraand het hy gespot oor die feit dat al die Dems so
daarvan hou om die mense te vertel van hulle "humble origins".
Edwards is die seun van 'n "millworker", en die een dit en daardie een
dat, en so aan - net om aan te dui hoe arm hulle groot geword het,
ens.
Jon Stewart het dit natuurlik baie snaaks laat klink. En hy wonder
toe wat Obama sou sê om al die ander te verbeter. En....
Okay...um....Obama se pa was/is 'n bokwagter van Kenia.
Ek reken hy gaan nog v^er kom in Amerikaanse politiek.
;-))
|
|
|
Re:Neusringe [boodskap #11322 is 'n antwoord op boodskap #4365] |
Thu, 13 November 1997 00:00  |
Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Jacobsie => Niekopsie
>
> Watter styl "bobbit piercing" verkies jy: nr. 1, 2 of 3? Almal vinnig >en
> doeltreffend verrig.
Ditsem
Sê hom, Vira
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:27 UTC 2025
|