Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Muskiet stories
Muskiet stories [boodskap #4359] Do, 08 Julie 2004 06:28 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
>
> (dit alles terwyl die muskiete my opgevreet het)
> Gepraat van muskiete. Het een van julle dalk al die fliek "The Snow
> Walker" gesien? Wat 'n uitstekende fliek gebaseer op 'n holruggeryde
> tema). Die muskiete daarin....daardie bleddie muskiete...
> Elkgeval...
> ;-)
>

Ek het die fliek nie gesien nie, vertel van die muskiete........ Jy moes 'n
bietjie van jou pennyroyal saamgeneem het, muskiete hou nie daarvan nie.

Lorinda
Re: Muskiet stories [boodskap #4360 is 'n antwoord op boodskap #4359] Do, 08 Julie 2004 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
> N7470 skryf:
>
>> So van muskiete gepraat, een SA item waarsonder ek nooit die bosse of
>> enige plek met muskiete invaar nie, is goeie ou Tabard. Dis al wat die
>> vervlakste goed van my afhou. Ken julle dit - dis so 'n aansmeer stiffie?
>
> Ai, nou is Lorinda alweer weg, en DD wil ons nie meer ken nie. So, ek
> sal jou maar antwoord, Eugene. ;-))
> Jaaaa....ek onthou Tabard baie goed, en dit is ook al wat ek gebruik
> het in SA. Muskiete en goggas soek my gewoonlik eerste uit. Ai. ;-)
> Ek kon nerens gaan sonder my Tabard stiffie nie. ;-) Ek wonder waarom
> hulle dit Tabard genoem het? Dalk 'n aanhanger gewees van Toom
> Tabard, die Skot? ;-)
> Het julle ook so baie muskiete daar in Seattle deesdae? Hierdie jaar
> kan ek omtrent nie buite kom in die aande nie, want binne sekondes is
> ek gaar gebyt. En met die West Nile storie is mens maar versigtig.
>
>
>

Ek kan Tabard glad nie onthou nie. Daar is selfs muskiete in Engeland
hierdie jaar, ja, moenie lag nie.


Lorinda
Re: Muskiet stories [boodskap #4361 is 'n antwoord op boodskap #4360] Do, 08 Julie 2004 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:

> Ek kan Tabard glad nie onthou nie. Daar is selfs muskiete in Engeland
> hierdie jaar, ja, moenie lag nie.

Dalk was Tabard na jou tyd in SA. Ek kan nou ongelukkig nie onthou
wanneer dit op die mark gekom het nie.
Maar mens kon rerig nie daarsonder nie. In die Kaap was daar veral
sulke klein steekvliegies in die aand. Eugene sal dit seker ook kan
onthou? ;-)
Re: Muskiet stories [boodskap #4362 is 'n antwoord op boodskap #4359] Do, 08 Julie 2004 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:


> Ek het die fliek nie gesien nie, vertel van die muskiete........ Jy moes 'n
> bietjie van jou pennyroyal saamgeneem het, muskiete hou nie daarvan nie.

Gaan kyk gerus of jy dalk die DVD kan kry, want dit is rerig 'n baie
goeie fliek. Dit is gebaseer op die kortverhaal Walk Well My Brother,
van Farley Mowat, die Kanadees (ugh!)
;-)
Hier is 'n review:
http://www.canoe.ca/JamMoviesReviewsS/snowwalker-sun.html

Oor my Pennyroyal....as jy die arme sukkelende plantjie gesien het,
sou jy nie so wrede voorstel gemaak het nie!!
;-))
Maar dit is interessant wat jy sê. Dalk moet ek meer daarvan gaan
koop, en in die bedding naby my voorstoep plant. Dalk dan ook in 'n
pot op die deck? Ek gaan dit definitief doen!
Re: Muskiet stories [boodskap #4366 is 'n antwoord op boodskap #4361] Ma, 12 Julie 2004 15:45 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> "Lorinda" skryf:
>
>> Ek kan Tabard glad nie onthou nie. Daar is selfs muskiete in Engeland
>> hierdie jaar, ja, moenie lag nie.
>
> Dalk was Tabard na jou tyd in SA. Ek kan nou ongelukkig nie onthou
> wanneer dit op die mark gekom het nie.
> Maar mens kon rerig nie daarsonder nie. In die Kaap was daar veral
> sulke klein steekvliegies in die aand. Eugene sal dit seker ook kan
> onthou? ;-)

Ek is jammer om nou eers te antwoord, my nuusleser laai geen
boodskappe af nie, so ek het maar op Google kom soek. Ek het ook so 'n
aaklige somerverkoue... toe staar ek maar die heel naweek in Brighton
deur die venster na die reen, met so 'n snippermandjie vol
tissues...:-))

Ek wou sê, ek onthou darem iets van 'n afrikaanse liedjie oor
muskiete, iets soos:
"waar kry ons muskiete?
aan die walle van die Vaal
net nie aan die duskant
maar net in die Transvaal..."


Lorinda
Vorige onderwerp: Tant Bes
Volgende onderwerp: Zimbabwe huursoldate se leier beloof hulp aan Zim indien nie uitgelewer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:51:35 MGT 2024