Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » F 9/11
F 9/11 [boodskap #4335] Wo, 30 Junie 2004 06:29 na volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Vir die in die VSA - maak seker julle gaan sien Fahrenheit 9/11.
Alhoewel ek nie 'n groot aanhanger van Michael Moore is nie, is hierdie
is besonderse kragtige dokkie. Die manier waarop hy die komplot vleg wat
ons (die VSA) in Irak laat beland het is briljant. Daar is weereens 'n
paar trademark Michael Moore semi-waarhede, maar dit breek glad nie af
in die boodskap wat die dokkie oordra nie.

In my opinie is dit Moore se beste dokumenter. Dit sal interresant wees
om te sien hoe dit in die volgende Academy's vaar. My hoop is dat ons
teen daardie tyd nie meer onder die donker wolk van die Bush
adminstrasie lewe nie.

Eugene
Re: F 9/11 [boodskap #4336 is 'n antwoord op boodskap #4335] Wo, 30 Junie 2004 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"N7470" skryf in boodskap news:1088576999.638007@faramir...
> Vir die in die VSA - maak seker julle gaan sien Fahrenheit 9/11.
> Alhoewel ek nie 'n groot aanhanger van Michael Moore is nie, is hierdie
> is besonderse kragtige dokkie. Die manier waarop hy die komplot vleg wat
> ons (die VSA) in Irak laat beland het is briljant. Daar is weereens 'n
> paar trademark Michael Moore semi-waarhede, maar dit breek glad nie af
> in die boodskap wat die dokkie oordra nie.
>
> In my opinie is dit Moore se beste dokumenter. Dit sal interresant wees
> om te sien hoe dit in die volgende Academy's vaar. My hoop is dat ons
> teen daardie tyd nie meer onder die donker wolk van die Bush
> adminstrasie lewe nie.
>
> Eugene

Die film wys ongelukkig nog nie hier (in Brittanje) nie, maar dit kry wel
baie publisiteit. Party van die koerante wonder waarom Blair blykbaar so lig
daarvan afkom?


Lorinda
Re: F 9/11 [boodskap #4337 is 'n antwoord op boodskap #4336] Do, 01 Julie 2004 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Lorinda wrote:

> "N7470" wrote in message
> news:1088576999.638007@faramir...
>
>> Vir die in die VSA - maak seker julle gaan sien Fahrenheit 9/11.
>> Alhoewel ek nie 'n groot aanhanger van Michael Moore is nie, is hierdie
>> is besonderse kragtige dokkie. Die manier waarop hy die komplot vleg wat
>> ons (die VSA) in Irak laat beland het is briljant. Daar is weereens 'n
>> paar trademark Michael Moore semi-waarhede, maar dit breek glad nie af
>> in die boodskap wat die dokkie oordra nie.
>>
>> In my opinie is dit Moore se beste dokumenter. Dit sal interresant wees
>> om te sien hoe dit in die volgende Academy's vaar. My hoop is dat ons
>> teen daardie tyd nie meer onder die donker wolk van die Bush
>> adminstrasie lewe nie.
>>
>> Eugene
>
>
> Die film wys ongelukkig nog nie hier (in Brittanje) nie, maar dit kry wel
> baie publisiteit. Party van die koerante wonder waarom Blair blykbaar so lig
> daarvan afkom?
>
>
> Lorinda
>
>
Lorinda,

Dit mag wees omdat die dokkie die verhouding tussen die Bush Familie,
die Bin Laden familie, "big oil", verkiesing 2000 en die Irak oorlog
uiteenle. Dit is amper twee uur lank en ek het iemand hoor noem dat
Moore amper te veel "threads" in die dokkie navolg. Wat ek eintlik
probeer se is dat wanneer jy die Bush Administrasie en die klomp
geraamtes in hulle kas begin uitpak, is daar bloot net nie meer tyd in
die dokkie om nog met Blair ook te handel nie. Dalk sal dit 'n goeie
opvolg wees :-)

Eugene

Eugene
Re: F 9/11 [boodskap #4338 is 'n antwoord op boodskap #4337] Do, 01 Julie 2004 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"N7470" skryf in boodskap news:1088664141.667421@boromir...
>
> Dit mag wees omdat die dokkie die verhouding tussen die Bush Familie,
> die Bin Laden familie, "big oil", verkiesing 2000 en die Irak oorlog
> uiteenle. Dit is amper twee uur lank en ek het iemand hoor noem dat
> Moore amper te veel "threads" in die dokkie navolg. Wat ek eintlik
> probeer se is dat wanneer jy die Bush Administrasie en die klomp
> geraamtes in hulle kas begin uitpak, is daar bloot net nie meer tyd in
> die dokkie om nog met Blair ook te handel nie. Dalk sal dit 'n goeie
> opvolg wees :-)
>
> Eugene

JY is seker reg. En ek hoop dis iets wat Moore wel sal opvolg...:-)
Dis maar net dat Blair se rol in die gemors nogal groot was, hy het al sy
charisma agter die ding gesit.
Hy het so 'n hele "act" gehad, waar hy so vorentoe geleun het, diep in sy
onderhoud voerder se oe gekyk het, en dan in so 'n innige stem gevra het
"what will YOU do about the weapons of mass destruction.." Ons het hier
gehoor dat hulle ook baie van hom gehou het in die VSA, en dat hy sodoende
kredietwaardigheid aan die saak gegee het. Of dit so was of nie sal julle
wat daar in die VSA bly seker beter oor kan oordeel.

Lorinda
Re: F 9/11 [boodskap #4339 is 'n antwoord op boodskap #4338] Vr, 02 Julie 2004 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:

>
> "N7470" wrote in message
>> Dit mag wees omdat die dokkie die verhouding tussen die Bush Familie,
>> die Bin Laden familie, "big oil", verkiesing 2000 en die Irak oorlog
>> uiteenle. Dit is amper twee uur lank en ek het iemand hoor noem dat
>> Moore amper te veel "threads" in die dokkie navolg. Wat ek eintlik
>> probeer se is dat wanneer jy die Bush Administrasie en die klomp
>> geraamtes in hulle kas begin uitpak, is daar bloot net nie meer tyd in
>> die dokkie om nog met Blair ook te handel nie. Dalk sal dit 'n goeie
>> opvolg wees :-)
>>
>> Eugene
>
> JY is seker reg. En ek hoop dis iets wat Moore wel sal opvolg...:-)
> Dis maar net dat Blair se rol in die gemors nogal groot was, hy het al sy
> charisma agter die ding gesit.
> Hy het so 'n hele "act" gehad, waar hy so vorentoe geleun het, diep in sy
> onderhoud voerder se oe gekyk het, en dan in so 'n innige stem gevra het
> "what will YOU do about the weapons of mass destruction.." Ons het hier
> gehoor dat hulle ook baie van hom gehou het in die VSA, en dat hy sodoende
> kredietwaardigheid aan die saak gegee het. Of dit so was of nie sal julle
> wat daar in die VSA bly seker beter oor kan oordeel.
>
> Lorinda

Hallo julle twee!! Dit was nou 'n heerlike verrassing om weer iets te
sien in hierdie groep. Ek weet sommer van 'n heel paar obsessiewe
afloerders wat sekerlik ook nou heel in hulle noppies is. ;-)

Eugene, ek het die fliek die naweek gaan sien, en het gelag en gehuil
en later sommer onbeskaamd gesit en huil. Dit is definitief nes jy
sê, 'n uitstekende dokumentêr. Uitstekend!! Ek stem ook saam met jou
verduideliking aan Lorinda oor waarom Moore nie vir Blair ook kon
insluit die keer nie.

Lorinda, iewers het ek gelees (Dalk was dit selfs in een van MM se
nuusbriewe - sal gaan kyk)...elkgeval, Michael Moore het wel gesê dat
hy nog vir Blair gaan bykom. ;-) Hy het gesê dat hy persoonlik vir
Blair verantwoordelik hou vir die onsinnige oorlog in Irak, want hy
verstaan nie waarom hy wat Blair is sulke stupid mense soos die Bush
regime, gemeng het nie. Ek dink sy woorde was iets in die lyn van
Blair is not an idiot and should've known better. Of so iets in
elkgeval. ;-)

Eugene, weet jy wie het my geweldig beindruk die afgelope ruk?
Niemand anders as Ron Reagan - President Reagan se seun. Die manier
waarop hy homself gedra het na sy pa se begrafnis en die dinge wat hy
gesê het en hoe hy dit gesê het, was vir my werklik 'n aangename
verrassing. Mens kon ook duidelik sien dat daar nie juis enige
"liefde" tussen die Reagans en die Bushes is nie. En sy opinie van
Cheney is ook nie baie goed nie...er...om dit sagkens te stel. Laat
daardie Cheney nie ook vir jou baie dink aan die ou walglike NP leiers
van die ou Suid Afrika nie?
Blair [boodskap #4340 is 'n antwoord op boodskap #4338] Vr, 02 Julie 2004 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:

> Ons het hier
> gehoor dat hulle ook baie van hom gehou het in die VSA, en dat hy sodoende
> kredietwaardigheid aan die saak gegee het. Of dit so was of nie sal julle
> wat daar in die VSA bly seker beter oor kan oordeel.

Ek weet nie of Eugene sal saamstem nie, maar volgens my was/is Blair
baie gewild hier in die VSA. Destyds was daar al grappenderwys gesê
dat as hy sy werk daar by julle verloor, sal hy verseker kan wees dat
hy 'n baie goed betalende pos sal kry in die Bush adminstrasie.
Deesdae is daar sprake van dat Dubya van sy veep ontslae moet raak, en
sommige dink dat Blair 'n baie goeie keuse sal wees om hom mee te
vervang!
;-))
Re: Blair [boodskap #4341 is 'n antwoord op boodskap #4340] Sa, 03 Julie 2004 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Katryn wrote:

> "Lorinda" skryf:
>
>
>> Ons het hier
>> gehoor dat hulle ook baie van hom gehou het in die VSA, en dat hy sodoende
>> kredietwaardigheid aan die saak gegee het. Of dit so was of nie sal julle
>> wat daar in die VSA bly seker beter oor kan oordeel.
>
>
> Ek weet nie of Eugene sal saamstem nie, maar volgens my was/is Blair
> baie gewild hier in die VSA. Destyds was daar al grappenderwys gesê
> dat as hy sy werk daar by julle verloor, sal hy verseker kan wees dat
> hy 'n baie goed betalende pos sal kry in die Bush adminstrasie.
> Deesdae is daar sprake van dat Dubya van sy veep ontslae moet raak, en
> sommige dink dat Blair 'n baie goeie keuse sal wees om hom mee te
> vervang!
> ;-))
>
>
Ja, stem saam dat Blair baie gewild hier in die VSA was. Ek moet toegee,
ek het self van hom gehou, en kan nou nog nie begryp hoe hy Bush so
slaafs tydens hierdie onnodige opmars en oorlog ondersteun het nie. Die
hoop was maar altyd daar dat hy bietjie "common sense" in Bush kon
inpraat, maar ek moes beter geweet het.

Michael Moore het seker 'n maand of twee gelede genoem dat sy volgende
projek op Blair sal fokus. Hy het later erken dat hy net 'n grap gemaak het.

Vir ons om F 9/11 te sien is om vir die koor te preek, maar ek wonder
hoevel repugs na die movie gaan kyk? Dan wonder ek ook of dit enigsins
'n impak gaan he op die verkiesing. Ek dink tog dit is nog 'n gallon
brandstof in Dubya se Humvee wat hom terug Midland Texas toe gaan neem
in November. Ahhh - 'n mooi gedagte om die dag mee te eindig...

Eugene
Re: Blair [boodskap #4342 is 'n antwoord op boodskap #4340] Sa, 03 Julie 2004 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:kfqae0dp98tv4lq5ip6jbn3qfgojns3tbo@4ax.com...
>
> Ek weet nie of Eugene sal saamstem nie, maar volgens my was/is Blair
> baie gewild hier in die VSA. Destyds was daar al grappenderwys gesê
> dat as hy sy werk daar by julle verloor, sal hy verseker kan wees dat
> hy 'n baie goed betalende pos sal kry in die Bush adminstrasie.
> Deesdae is daar sprake van dat Dubya van sy veep ontslae moet raak, en
> sommige dink dat Blair 'n baie goeie keuse sal wees om hom mee te
> vervang!
> ;-))
>

Hy sal dalk daai werk nodig hê..:-)) Labour het baie baie sleg gedoen in die
plaaslike verskiesings onlangs, so daar is 'n goeie kans dat hy die
leierskap sal opgee. Die uitlslae het duidelikbewys dat Irak hom groot skade
berokken het.

Lorinda
Re: Blair [boodskap #4343 is 'n antwoord op boodskap #4341] Sa, 03 Julie 2004 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"N7470" wrote in
> Ek dink tog dit is nog 'n gallon
> brandstof in Dubya se Humvee wat hom terug Midland Texas toe gaan neem
> in November. Ahhh - 'n mooi gedagte om die dag mee te eindig...
>
> Eugene

Soos die gesegde sê "mag die woorde uit jou mond die ore van die gode
bereik". Nie 'n Afrikaanse gesegde nie :-)).

Lorinda
Re: F 9/11 [boodskap #4344 is 'n antwoord op boodskap #4339] Sa, 03 Julie 2004 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:dvoae0tst86ijc6moh2rpg3q2juf7b2hg3@4ax.com...

> Eugene, weet jy wie het my geweldig beindruk die afgelope ruk?
> Niemand anders as Ron Reagan - President Reagan se seun. Die manier
> waarop hy homself gedra het na sy pa se begrafnis en die dinge wat hy
> gesê het en hoe hy dit gesê het, was vir my werklik 'n aangename
> verrassing.

Katryn, as jy 'n kans kry brei asseblief uit hieroor. Ek dink nie ek het al
ooit iets van sy seun gehoor nie. Hier het ons in terme van die begrafnis
meesal van Margaret Thatcher se speech gehoor.


Lorinda
Re: F 9/11 [boodskap #4345 is 'n antwoord op boodskap #4344] Ma, 05 Julie 2004 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Lorinda wrote:

> "Katryn" wrote in message
> news:dvoae0tst86ijc6moh2rpg3q2juf7b2hg3@4ax.com...
>
>
>> Eugene, weet jy wie het my geweldig beindruk die afgelope ruk?
>> Niemand anders as Ron Reagan - President Reagan se seun. Die manier
>> waarop hy homself gedra het na sy pa se begrafnis en die dinge wat hy
>> gesê het en hoe hy dit gesê het, was vir my werklik 'n aangename
>> verrassing.
>
>
> Katryn, as jy 'n kans kry brei asseblief uit hieroor. Ek dink nie ek het al
> ooit iets van sy seun gehoor nie. Hier het ons in terme van die begrafnis
> meesal van Margaret Thatcher se speech gehoor.
>
>
> Lorinda
>
>
Katryn, ek het Reagan se seun een of twee maal op die kassie gesien,
maar ongelukkig nie veel aandag daaraan gegee nie. Dit is interessant om
te hoor wat jy van hom se, en ek sal bietjie luister as ek hom weer op
TV sien.

Eugene
Ron Reagan [boodskap #4346 is 'n antwoord op boodskap #4344] Di, 06 Julie 2004 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:

> Katryn, as jy 'n kans kry brei asseblief uit hieroor. Ek dink nie ek het al
> ooit iets van sy seun gehoor nie. Hier het ons in terme van die begrafnis
> meesal van Margaret Thatcher se speech gehoor.

Skuus dat ek nou eers antwoord. Dit was lang naweek hier in die VSA
weens die fourth wat op 'n Sondag geval het. Ons het so bietjie gaan
ontspan op een van die eilande hier aan ons kuslyn.
Om terug te keer..;-)
In 'n neutedop - ek het nogal baie gehou van die eulogie wat hy
gelewer het op die begrafnis. Neem in ag dat ek nooit juis 'n Reagan
fan was nie, en het seker vir een of ander dom rede verwag het die
kinders sou ook so konserwatief wees as die ouers. Dit was dom, ek
weet - nogsteeds. ;-) Veral omdat ek weet dat hulle altyd in die nuus
was oor een of ander "sondige" ding wat hulle aanvang of aangevang
het. ;-)
Maar oor Ron spesifiek. Hy het o.a in daardie eulogie genoem dat sy
pa was ook 'n Christen, maar dat hy nie daarmee op sy mou geloop het,
en gebruik het vir politieke gewin nie. Dit het nogal my ore laat
spits, en die van die nuusmedia ook, wat toe later daarmee op loop
gegaan het, en hom gevra het of hy van Dubya spesifiek gepraat het.
Hy was toe op verskeie "talk shows" en net die manier waarop hy
geantwoord het, en homself dra, het my laat dink dat ek nogal baie van
die man hou, en dat alhoewel het sy pa se "eloquence" geerf het, kom
hy baie meer eg voor, en met baie meer diepte en omgee en empatie vir
ander. Larry King het hom ook een aand opgehad, en dit was net so
interessant.
Een van sy uitinge van so paar jaar gelede toe hy gevra was oor Bush
was:
"What is his accomplishment? That he's no longer an obnoxious drunk?"
;-)))
Dit was seker nie so mooi nie, en is seker uit konteks gehaal, maar
kudos vir Ron Reagan! ;-))
Die ding is dat die huidige spul Repugs het hard probeer om op Reagan
se rug te ry as sulks, want hy was een van die mees geliefde
presidente (volgens die media) in Amerika se geskiedenis. Maar Jr het
nie toegelaat dat hulle enigsins voordeel trek uit sy pa se dood nie.
Baie mense het gedink (ekself ook), dat die huidige administrasie
eintlik maar net voortbou op wat Reagan begin het. Maar Ron het
gesê:

"Yes, some of the current policies are an extension of the '80s. But
the overall thrust of this administration is not my father's -- these
people are overly reaching, overly aggressive, overly secretive, and
just plain corrupt. I don't trust these people."

Daar is nog baie wat ek kan skryf - dalk later. ;-) Maar laastens
(en mees belangrik). Hy woon in Seattle. Net oulike mense kan daar
woon!!
;-)

(Oor Maggie sal ek eerder stilbly - vir nou . Maar dit was nogal
interessant om haar weer te sien. En haar toespraak was ook baie
goed)
Re:Oor eilande [boodskap #4348 is 'n antwoord op boodskap #4346] Di, 06 Julie 2004 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mccle0175e8qki9jfbm6cfvark1pvp6kod@4ax.com...
>
> Skuus dat ek nou eers antwoord. Dit was lang naweek hier in die VSA
> weens die fourth wat op 'n Sondag geval het. Ons het so bietjie gaan
> ontspan op een van die eilande hier aan ons kuslyn.
> Om terug te keer..;-)

Ons is bly dat jy terug is, hoop jy het lekker ontspan. Het jy cocktails
gedrink en sonsondergange bewonder? :-))

Lorinda
Re: Ron Reagan [boodskap #4349 is 'n antwoord op boodskap #4346] Di, 06 Julie 2004 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mccle0175e8qki9jfbm6cfvark1pvp6kod@4ax.com...

> [knip]>
> Daar is nog baie wat ek kan skryf - dalk later. ;-) Maar laastens
> (en mees belangrik). Hy woon in Seattle. Net oulike mense kan daar
> woon!!
> ;-)

Baie dankie vir die skrywe oor Ron (ek dink nie ek was eers bewus daarvan
dat RR kinders gehad het nie), dit was baie interessant.

> (Oor Maggie sal ek eerder stilbly - vir nou . Maar dit was nogal
> interessant om haar weer te sien. En haar toespraak was ook baie
> goed)

Hm. :-)) Die vrou is nie meer by haar volle positiewe nie, sy word by die
dag meer kens. Ironies genoeg, as sy sou doodgaan sal niemand meer bly wees
as die konserwatiewe party (in Brittanje) nie, sy het 'n redelike groot
"liability" begin word vir hulle, onder andere oor Noord-Ierland ens. Ook
natuurlik nou met Sadam se verhoor ... Dink net aan die moontlikhede: "The
defense calls Margaret Hilda Thatcher..." :-)) Maar dan kan hulle natuurlik
ook nog vir George Bush Snr roep :-)

Lorinda
Re: Ron Reagan [boodskap #4352 is 'n antwoord op boodskap #4349] Wo, 07 Julie 2004 00:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:

> Baie dankie vir die skrywe oor Ron (ek dink nie ek was eers bewus daarvan
> dat RR kinders gehad het nie), dit was baie interessant.

So, jy het nie geweet dat sy dogter kaal vir die Playboy poseer het
nie? ;-))
Hulle het ook 'n aangenome seun gehad.
Daar, nou is jy op hoogte met die Reagans vir eers? ;-))

>> (Oor Maggie sal ek eerder stilbly - vir nou .

> Hm. :-)) Die vrou is nie meer by haar volle positiewe nie, sy word by die
> dag meer kens.

Giegiegie, en ek het so hard probeer om naaais te wees!! ;-))
Iets wat ek van haar onthou en ek giggel nou nog daaroor. Dit was
lank terug (ook nou nie so lank nie, maar elkgeval). Ek onthou dat
hulle het die nuwe kleure of ontwerp van julle vliegtuie aan haar
gewys, en sy het toe haar servet so ewe diskreet (?) oor die model
vliegtuig gesit om duidelik te wys dat sy nie baie genoë was met dié
storie nie! ;-))
Sien, ek probeer nogsteeds om nie iets polities oor haar te sê nie?
Dis nou diskreet, nè?
;-)))

> Ironies genoeg, as sy sou doodgaan sal niemand meer bly wees
> as die konserwatiewe party (in Brittanje) nie, sy het 'n redelike groot
> "liability" begin word vir hulle, onder andere oor Noord-Ierland ens.

Baie interessant. Ja, hier het ons media net genoem dat sy baie
sieklik is en dat dit eintlik verbasend was dat sy so vêr kon reis, en
dat sy nie meer so gemaklik kan praat nie weens 'n paar "strokes" wat
sy gehad het. Sy het baie "frail" gelyk.

> Ook
> natuurlik nou met Sadam se verhoor ... Dink net aan die moontlikhede: "The
> defense calls Margaret Hilda Thatcher..." :-)) Maar dan kan hulle natuurlik
> ook nog vir George Bush Snr roep :-)

Ai ja....mens kan seker net lag hieroor. ;-)) Maar jy's reg. Ek
wonder of ons media ooit die "feite" van die verhoor sal weergee? Sal
ons ooit hoor hoe ons eers die mansmens ondersteun het, en wat Amerika
en Engeland se rol in Irak, en spesifiek met Saddam was?
Nee, seker nie. ;-(
Re: Oor eilande [boodskap #4353 is 'n antwoord op boodskap #4348] Wo, 07 Julie 2004 00:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf:

> Ons is bly dat jy terug is, hoop jy het lekker ontspan. Het jy cocktails
> gedrink en sonsondergange bewonder? :-))

LOL! Maar natuurlik!!
;-))))

(dit alles terwyl die muskiete my opgevreet het)
Gepraat van muskiete. Het een van julle dalk al die fliek "The Snow
Walker" gesien? Wat 'n uitstekende fliek gebaseer op 'n holruggeryde
tema). Die muskiete daarin....daardie bleddie muskiete...
Elkgeval...
;-)
Re: Oor eilande [boodskap #4354 is 'n antwoord op boodskap #4353] Wo, 07 Julie 2004 03:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Katryn wrote:

> "Lorinda" skryf:
>
>
>> Ons is bly dat jy terug is, hoop jy het lekker ontspan. Het jy cocktails
>> gedrink en sonsondergange bewonder? :-))
>
>
> LOL! Maar natuurlik!!
> ;-))))
>
> (dit alles terwyl die muskiete my opgevreet het)
> Gepraat van muskiete. Het een van julle dalk al die fliek "The Snow
> Walker" gesien? Wat 'n uitstekende fliek gebaseer op 'n holruggeryde
> tema). Die muskiete daarin....daardie bleddie muskiete...
> Elkgeval...
> ;-)
>
Jou beskrywing oor Ron Reagan is interessant - sal die man nou deur
ander oe aanskou (is dit reggestel - of is dit met ander oe?).

So van muskiete gepraat, een SA item waarsonder ek nooit die bosse of
enige plek met muskiete invaar nie, is goeie ou Tabard. Dis al wat die
vervlakste goed van my afhou. Ken julle dit - dis so 'n aansmeer stiffie?

Eugene
Re: Oor eilande [boodskap #4356 is 'n antwoord op boodskap #4354] Wo, 07 Julie 2004 23:23 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
N7470 skryf:

> So van muskiete gepraat, een SA item waarsonder ek nooit die bosse of
> enige plek met muskiete invaar nie, is goeie ou Tabard. Dis al wat die
> vervlakste goed van my afhou. Ken julle dit - dis so 'n aansmeer stiffie?

Ai, nou is Lorinda alweer weg, en DD wil ons nie meer ken nie. So, ek
sal jou maar antwoord, Eugene. ;-))
Jaaaa....ek onthou Tabard baie goed, en dit is ook al wat ek gebruik
het in SA. Muskiete en goggas soek my gewoonlik eerste uit. Ai. ;-)
Ek kon nerens gaan sonder my Tabard stiffie nie. ;-) Ek wonder waarom
hulle dit Tabard genoem het? Dalk 'n aanhanger gewees van Toom
Tabard, die Skot? ;-)
Het julle ook so baie muskiete daar in Seattle deesdae? Hierdie jaar
kan ek omtrent nie buite kom in die aande nie, want binne sekondes is
ek gaar gebyt. En met die West Nile storie is mens maar versigtig.
Vorige onderwerp: Van Zyl Slabbert se 2014
Volgende onderwerp: Sint Johannes blomme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 10:35:17 MGT 2024