Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toe vally antie
Toe vally antie [boodskap #43181] Vr, 01 Junie 2001 14:09 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou antie,

het antie gesien lat die domstry monjoument in pertoorja toe geval het soos
jerrigoe se moere. in sy muur in antie en dit nogal op oorle repjoubliekdag.
my pa sê lat oom domstry die leeu vannie noorde was en lat hy die yntlike
vader vannie repjoubliek was waarvan oom taboe nou die prissedent is. ma' ek
dink my pa lieg antie want daas lankal nie meer leeus op nylstroom nie dis
nog net op pallaborwa warie leeus los op straat rond loop.

oom hansie vannie pênnelbieters sê dis 'n bom wat die vylhande vannie
afrikaners geplant het wat oom domstry lat ommoer het want hoekom wassit
nogal op repjoubliekdag en innie mirrel vannie nag as allie pleinsmouse weg
is. my pa sê hy weetie ma' miskien issit ma' net pouetiek jastis of dalk was
oom domstry se kop net te groot virrie pielaartjie waarop hy gestaan het da'
oppie plein. of miskien wou oom domstry daai syl soos 'n kappie oor sy kop
trek lat hy nie hoef te sien wat om hom aangaan nie antie.

my pa sê antie moet gaan kyk by http://www.hadedafees.co.za want sanien gaan
nou ook 'n kunstefees hou. antie moet kom kyer want my pa hille kry 'n oom
wat kom resitasies opsê.

koebaai antie (moet liewers nie antie se kappie te ver oor antie se oge trek
nie)

hennerietjie
Re: Toe vally antie [boodskap #43301 is 'n antwoord op boodskap #43181] Di, 05 Junie 2001 04:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> het antie gesien lat die domstry monjoument in pertoorja toe geval het soos
> jerrigoe se moere. in sy muur in antie en dit nogal op oorle repjoubliekdag.

My gits, Hennerietjie, tannie was net 'n paar dae van die
rekenaar af weg, en toe tannie terugkom toe lees ek van
dié gemors. Tannie is egter nie verbaas nie. Daardie
Strydom ou het omtrent al die stupid apartheids-wette
gemaak wat selfs die broeders later moes kanselleer.
Nou wonder ek, wanneer val die volgende monument?

Tannie Gloudina.
Re: Toe vally antie [boodskap #43302 is 'n antwoord op boodskap #43181] Di, 05 Junie 2001 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> my pa sê antie moet gaan kyk by http://www.hadedafees.co.za want sanien gaan
> nou ook 'n kunstefees hou. antie moet kom kyer want my pa hille kry 'n oom
> wat kom resitasies opsê.
>

Tannie sal more loop kyk wat julle daar in Tzaneen
doen. Ek is so bly julle noem dit die hadedafees.
Ek het altyd gedink mens spel dit hadida.

Tannie Gloudina
Re: Toe vally antie [boodskap #43359 is 'n antwoord op boodskap #43181] Wo, 06 Junie 2001 01:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> my pa sê antie moet gaan kyk by http://www.hadedafees.co.za want sanien gaan
> nou ook 'n kunstefees hou. antie moet kom kyer want my pa hille kry 'n oom
> wat kom resitasies opsê.
>

Hennerietjie, om een of ander rede kan tannie nie die ding van die
hadeda-fees aflaai nie, so jy sal my maar meer daarvan moet vertel.
Watter oom kry julle om vir julle gedigte kom opsê? Jy moet vir
jou pa sê hy moet vir Gert Vlok Nel daar kry. Tannie was so bewoë
die ander dag toe sy die (baie lang) lied hoor wat hy sing oor Koos
du Plessis. En ek hou so baie van sy "Beautiful in Beaufort-Wes,"
al kan ek nie al die woorde goed uitmaak nie.

Tannie Gloudina.
Re: Toe vally antie [boodskap #43362 is 'n antwoord op boodskap #43181] Wo, 06 Junie 2001 05:02 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nee, dit word gespel Hadeda (of die volledige naam Hadeda Ibis - Bostrychia
hagedash)

Ernest

skryf in boodskap news:3B1C5EE0.879FBE85@home.com...
hennerietjie wrote:

Tannie sal more loop kyk wat julle daar in Tzaneen
doen. Ek is so bly julle noem dit die hadedafees.
Ek het altyd gedink mens spel dit hadida.

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: Tygervallei
Volgende onderwerp: Gesels saam oor Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 19:31:27 MGT 2024