Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is in beheer van die plek?
Wie is in beheer van die plek? [boodskap #4314] |
So., 28 Maart 2004 12:21  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Daar is 'n baie interessante artikel in die Observer vandag oor die
boek deur Anthony Sampson (Hy het Mandela se biografie geskryf) "Who
runs this place" "An anatomy of Britain in the 21st century". Dit gaan
oor die afgang van die ou "Establisment" in Engeland en die invloed
van die ou kolonies en immigrante (ook Suid-Afrikaners) en veral
Skotte. Ek stem nie met al sy gevolgtrekkings saam nie, ek dink daar
is 'n paar dinge wat buite rekening gelaat word, (maar dit is net 'n
uitreksel, mens sou seker die hele boek moet lees om regverdig te
wees), dit is egter steeds interessant.
Dit was te lank om hier te plaas, maar julle kan dit hier lees:
http://observer.guardian.co.uk/review/story/0,6903,1179333,0 0.html
Lorinda
|
|
|
|
Re: Wie is in beheer van die plek? [boodskap #4318 is 'n antwoord op boodskap #4315] |
Di., 30 Maart 2004 18:01  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:ps0h605f3a90dcek23bbmt3s40vttni20a@4ax.com...
>
> Sjoe Lorinda. Hierdie plasing van jou was 'n sure conversation
> stopper?
> ;-)))))))
Hm, ja, ek het gedink dit sal julle stom slaan :-))
> Ek is amper te bang om te reageer, maar dit was rerig baie interessant
> vir my. Het jy die boek gekoop?
Nee. Ek oorweeg dit nog.
> Ek wou nog laas vir jou vra of die House of Lords nog enige rol speel
> in julle politiek, want mens hoor nooit van hulle nie.
Hulle is nie heeltemaal sonder invloed nie. Hulle kan amper soos 'n
opposisie party funksioneer teen die regering. Hulle deel "legislative",
"deliberative" en "scrutiny" funksies met die House of Commons, maar hulle
kan wetgewing eintlik net uitstel, 'n vaste besluit deur die Commons sal
uiteindelik deurgaan. Die House of Lords bestaan uit "Hereditary Peers" (wat
drasties verminder is deur Blair), Lords Spiritual (senior Anglikaanse
biskoppe), Life Peers en Law Lords. Laasgenoemde is nog steeds die hoogste
appèl hof in die land.
> Ek wonder ook oor daai Jan du Plessis van die BA Tabak groep. Dink jy
> dis familie van iemand wat ons ken? As hy nou begin twak praat, sal
> ons weet waarom?
LOL!
Lorinda
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 09 11:18:29 UTC 2025
|