|
|
| Re: Gebied gebonde [boodskap #43204 is 'n antwoord op boodskap #43132] |
Sa., 02 Junie 2001 08:22   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ken dit glad nie Ernst.
Miskien is dit een van Naas se nuwe woorde;)))
Annette
Ernest wrote in message ...
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:eu8dht8jftqbgs8rt5n9a0e1984p2r77nl@4ax.com...
>> On Thu, 31 May 2001 21:13:20 +0200, "Max" wrote:
>
>> Wat ek hier sê is dat die swart tale werklik gebied gebonde is. Iets
>> soos die Namakwalanders wat net in Namakwaland 'gat' drink en Sannie
>> stuur om die bok vir die oom te gaan 'tet' sodat hy melk by sy koffie
>> kan kry.
>
> Ek het altyd van die woord/stelling van "so-by-so" gehou (ek het afgely dat
> kom van die Engels "so by the by"). Het dit maar altyd net in die Noordkaap
> gehoor. Nou begin ek dit meer en meer hoor (nie dat ek eintlik me Afrikaans
> te doen kry nie). Is dit nou meer ingebruik en, waar word dit gebruik?
>
> Ernest
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gebied gebonde [boodskap #43317 is 'n antwoord op boodskap #43282] |
Di., 05 Junie 2001 14:05   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> Ek gebruik die term self baie in algemene spreektaal. Dit is eintlik
> afkomstig van Duits. Die naaste wat ek in Afrikaans daaraan kan kom is "in
> elk geval". Het dit opgetel toe ek in Suidwes, 'skuus Namibië verniet mense
> help doodskiet het.
>
> "Ernest" wrote in message
>> Ek het altyd van die woord/stelling van "so-by-so" gehou (ek het afgely dat
>> kom van die Engels "so by the by"). Het dit maar altyd net in die Noordkaap
>> gehoor. Nou begin ek dit meer en meer hoor (nie dat ek eintlik met Afrikaans
>> te doen kry nie). Is dit nou meer ingebruik en, waar word dit gebruik?
Sakkie, gebruik dit in 'n paar sinne, sodat mens kan sien hoe
jy dit gebruik.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43340 is 'n antwoord op boodskap #43325] |
Di., 05 Junie 2001 19:12   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Davie Davis
> Het ook nog nooit jou uitdrukking gehoor nie Sakkie, so dit is blykbaar jou
> eie.
>
> Wouter:
> Nee, ek ken ook daardie so-by-so, ek gebruik hom wel nie self nie. Ek
> vermoed dit het nie 'n harde betekenis van sy eie nie, dit is 'n vuller wat
> afhangende van die konteks minstens die volgende kan beteken:
>
> - as gevolg daarvan.
> Hulle het baklei en so-by-so het albei taamlik gehawend gelyk.
>
Ek verbeel my dat die uitdrukking "so-wie-so" ook bestaan.
Sal dit dieselfde wees?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43346 is 'n antwoord op boodskap #43325] |
Di., 05 Junie 2001 19:53   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur Hagen wrote:
> Hieroor het ek ook gewonner; 'n kennis van my uit Deventer (Oos Nederland)
> het ek naamlik reëlmatig "zo-bij-zo" hoor sê wanneer ek "sowieso" gesê sou
> het.
>
So sowieso is Nederlands. Gebruik dit in sinne, sodat ons
kan sien hoe jy dit gebruik, Arthur. Ek self het nooit die
woord in my woordeskat gehad of dit om my gehoor nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43354 is 'n antwoord op boodskap #43325] |
Di., 05 Junie 2001 23:26   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> Gloudina, wat in jou samestelling, agtergrond, belangstellings (of
> dier voege) maak dat jy so ingestel is op taalkorrektheid?
> Die vraag vra ek op die Caprivistrook aan jou (wat Niemandsland is)
> bedoelende dat dit nie aanvallend is nie maar belangstellend. Want dit
> is ooglopend dat tale een van jou belangstellings is.
Soos jy jou vak het, is die Afrikaanse taal
(beide die letterkunde en die grammatika en sintaksis)
my vak. Ongelukkig is ek vir baie lank van my vak-
area geskei deur die feit dat ek uit SA gegaan het. Nou,
in die kubertydperk, kom ek weer daagliks daarmee
in aanraking.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: So-by-so (Was Gebied gebonde) [boodskap #43364 is 'n antwoord op boodskap #43349] |
Wo., 06 Junie 2001 05:54   |
Ernst v Biljon
Boodskappe: 257 Geregistreer: Maart 1999
|
Senior Lid |
|
|
Arthur,
Ek sien sowieso vertaal na Engels as "anyway, anyhow, in any case, .. that
goes without saying, absolutely"
Dus, "zo-bij-zo" of "so-by-so" klink vir my na 'n vermenging van Engels en
Duits. Miskien van 'by-the-way' (dis hou moes verband met 'anyway')? Of, sou
dit dan wees dat 'n gebiedsgebonde uitdrukking uit Europa sy verskynsel hier
'n draai sou maak?
Maar, dit laat my nou meer wonder hoe die uitdrukking dan van die Weskus van
Afrika dan sou verskuif het na (amper) die Oos kus. Seker 1,000 km en geen
Duitse invloed na die Oos kus nie? En, dit gaan oor Upington (waar Gloudina
gewoon het) en die mense daar het nog nooit daarvan gehoor nie?
Ernest
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:9fjfd0$2eip$1@news.kabelfoon.nl...
>> So sowieso is Nederlands. Gebruik dit in sinne, sodat ons
>> kan sien hoe jy dit gebruik, Arthur. Ek self het nooit die
>> woord in my woordeskat gehad of dit om my gehoor nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gebied gebonde [boodskap #43449 is 'n antwoord op boodskap #43132] |
Do., 07 Junie 2001 21:47   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur Hagen wrote:
> Hoi Ernest, een mallemok is een soort meeuw. Kan het soms zijn dat bij het
> soort weersverandering waar jij van spreekt er meer meeuwen in de lucht
> zijn? Of woon je helemaal niet in de buurt van de zee?
>
Arthur, in Afrikaans is 'n "malmokkie" 'n klein diertjie, in
Engels 'n "guinea-pig," Dit word somtyds ook "marmotjie"
genoem.
In die woordeboek is daar egter ook 'n woord "malmok"
wat in Engels as "mallemuck" en "mollymawk" aangegee
word. Dit lyk vir my is die ekwivalent van jou meeuw.
Die Engelse woordeboek gee "mallemuck" aan as "any
of several seabirds, such as the fulmar, the albatross or
the shearwater. Dutch mallemok."
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Gebied gebonde [boodskap #43468 is 'n antwoord op boodskap #43132] |
Do., 07 Junie 2001 23:59   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ernest wrote:
> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
> alles weet ;-)
As ek so 'n opmerking soos die bostaande lees, dan weet ek
my pyle tref hulle kol. Dit is vir my soooo snaaks dat my familie
in Pretoria ( 'n enkele suster) nou ook deel word van "die
vyand" van die "waarheid van wat werklik in SA aangaan."
Vergeet nou dat sy 'n Afrikaner is in murg en bloed, dat sy
die Afrikaanse taal en grammatika soos min ander ken, dat sy 'n
belydende Christen is wat haar geloof ernstig opneem, dat haar
naam op 'n publikasie verskyn saam met Christina Landman, 'n
teoloog en ook 'n intense Afrikaner-persoonlikheid. ( Maar ek
vergeet, Christina is ook "die vyand" van die waarheid van
"wat werklik in SA aangaan." ) So, die vraag is, is daar Afrikaners
wat "vyande van die waarheid van wat in SA aangaan" is, en
Afrikaners wat weet wat in SA aangaan? Hoe kan mens weet
wat die verskil is tussen die een soort Afrikaner en die ander soort
Afrikaner? Kan iemand my dit verduidelik?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gebied gebonde [boodskap #44230 is 'n antwoord op boodskap #43365] |
Do., 14 Junie 2001 18:15   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ernst? Ek sien Goudina alias Cupido met die Pyltjies het jou in haar oog:)))
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Ernest skryf in boodskap news:3b1efae5.0@news1.mweb.co.za...
> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
> alles weet ;-)
>
> Ernest
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:856qht02mea6ikeh26n6p5o0vh75lkl9ao@4ax.com...
>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>> wrote:
>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>> wrote:
>>> Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
>>> genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie.
>> Beskeie ná - skuus Ernest.
>
|
|
|
|
| Re: Gebied gebonde [boodskap #44276 is 'n antwoord op boodskap #44230] |
Vr., 15 Junie 2001 05:16  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
HARDLOOOOOOOOP Ernst
"Annette" skryf in boodskap news:9gav22$7vli8$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ernst? Ek sien Goudina alias Cupido met die Pyltjies het jou in haar oog:)))
> Annette
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a state of Mind.
> Ernest wrote in message
> news:3b1efae5.0@news1.mweb.co.za...
>> Geen probleem nie. Ek vra maar net die vrae want ek weet so min :-o. As ek
>> baie geweet sou ek in Kanada gebly of, familie in Pretoria gehad het wat
>> alles weet ;-)
>>
>> Ernest
>>
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:856qht02mea6ikeh26n6p5o0vh75lkl9ao@4ax.com...
>>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>>> wrote:
>>> On Tue, 5 Jun 2001 18:20:49 +0200, "Sakkie"
>>> wrote:
>>>> Nee man DD, Ernest het die term aangehaal. Was nog nooit oorspronklik
>>>> genoeg om met sulke dinge voorendag te kom nie.
>>> Beskeie ná - skuus Ernest.
>>
>
|
|
|
|