Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » duikelaartje
Re: duikelaartje [boodskap #43043 is 'n antwoord op boodskap #42797] Wo, 30 Mei 2001 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nog nie so-iets hier in "downtown" Matieland gesien nie Gloudina!!
Treloops: Matieland is 'n amptelike poskantoor met sy eie poskode en als:
7602 Vir die Kanadese "sneeu-tannie": Dit was eers Coetzenburg poskanttor,
maar is nou gesetel in die Langenhoven Studentesentrum op kampus.
(Tussen die De Beers, Merensky, AI-Perold, en Beeldende Kunaste geboue.)

Thys oppie Bos sonder sneeuduivelen en vir wie maak ek nou de duivel in?
skryf in boodskap news:3B13E773.DB7C60E2@home.com...
> Ek kan hiermee simpatiseer. Niks is so vreeslik as om op 'n padte ry vol "snow
> devils," soos die mense hulle hier in Kanada noem
> nie. Ek weet nie watter metereologiese toestande hiedie verskynsel
> veroorsaak nie. Maar die hele pad is vol klein kolkies wit poeier-
> agtige sneeu wat so 'n voet of twee bo die padoppervlakte sweef.
> Jy kan dus gladnie die oppervlakte van die pad sien nie.
>
> Gloudina
>
Re: duikelaartje [boodskap #43051 is 'n antwoord op boodskap #42797] Wo, 30 Mei 2001 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Treloops: Matieland is 'n amptelike poskantoor met sy eie poskode en als:
> 7602 Vir die Kanadese "sneeu-tannie": Dit was eers Coetzenburg poskanttor,
> maar is nou gesetel in die Langenhoven Studentesentrum op kampus.
> (Tussen die De Beers, Merensky, AI-Perold, en Beeldende Kunaste geboue.)
>

Is die Merensky die ou biblioteek? Verduidelik waar die Beeldende Kunste
gebou is, en die De Beers en AI Perold gebou.

Hoe werk julle poskode? Is dit een ding vir 'n hele groot area, soos in die
VSA.? Ons het 'n baie gesofistikeerde kode, wat bestaan uit twee groepe
aanduidings, wat dit moontlik maak om 'n baie klein area in 'n dorp te
beskryf. Waar ons vantevore gebly het, was daar 'n verskil in die kode vir
mense aan die anderkant van ons baie kort straat.

Gloudina
Re: duikelaartje [boodskap #43061 is 'n antwoord op boodskap #43034] Wo, 30 Mei 2001 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 May 2001 22:58:35 +0200, "Arthur Hagen"
wrote:

>> Ik ben dit jaar nog niet verder gekomen, dan 5 dagen in een hotel in
>> Amsterdam, om daarna de dagen Nederland door te hollen, met een bus
>> Amerikaanse bejaarden!!!
>
> Amsterdam is toch een leuke stad? Ik heb dat tenminste bij geruchte wel eens
> gehoord. Zelf ken ik de stad niet goed,

Amsterdam is een kleine stad. Er wonen slechts driekwart miljoen
mensen en het lijkt wel alsof de helft ervan zich op de fiets
voortbeweegt. Hoe meer fietsen, hoe meer vreugde schijnt hier het
motto te zijn. :-)
Utrecht is ook een prachtige stad. Het ligt midden in Nederland en er
is veel te zien. Natuurlijk is Amsterdam veel bekender dan Utrecht
omdat het de hoofdstad van Nederland is, maar eigenlijk vinden we
Utrecht veel gezelliger. Voor studenten is het een geweldige stad,
want er zijn veel bars en cafés, maar het is niet te duur.

Ik word nerveus als ik Nederlands spreek. :-)
Ik spreek maar een klein beetje Nederlands. Verstaat u mij? Wat het
moeilijk maakt om Nederlands te leren is de uitspraak.

En dit is my poging vir die week...er...JAAR! Dis wat my "learn to
speak Dutch" CD my geleer het. :-))
Hulle se dat mens moet 'n nuwe taal aanleer om Alzheimer's te
verhoed...nikotien het dieselfde effek. Miskien is rook makliker? :-)
Re: duikelaartje [boodskap #43080 is 'n antwoord op boodskap #42797] Do, 31 Mei 2001 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

skryf in boodskap news:3B14DE0D.236A13C4@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Treloops: Matieland is 'n amptelike poskantoor met sy eie poskode en als:
>> 7602 Vir die Kanadese "sneeu-tannie": Dit was eers Coetzenburg poskanttor,
>> maar is nou gesetel in die Langenhoven Studentesentrum op kampus.
>> (Tussen die De Beers, Merensky, AI-Perold, en Beeldende Kunaste geboue.)
>>

Die de Beers gebou was daar nog voordat ek lewenlig gesien het.
Op die hoek van Merrimanlaan. Die AI Perold is die gebou wat aan die
Suid-Oostekant van die plein oorkant die ou Carnegie Biblioteek. Daar was
altyd (is nounog) 'n plein tussen die geboue. Dit word omring deur die
Admin gbou, Ou Huishoudkundegebou en die JH Neethling gebou (Landbou) aan
die suidekant, Carnegie (Nou Admin A) aan die Weste, Natuurwetenskappe,
Bedryfsielkunde en Hans Merensky aan die noordekant. Die De Beers gebou
(chemie) is so effens noor-doos. Beeldende Kunste is so effens suid-wes.
As jy op die plein staan en jy kyk Pieke se kant toe, sal jy in die AI
Perold vaskyk. Beeldende Kunste skuinsreg ("2 o clock") voor jou, JH
Neethling, Ou Huishoudkunde en Admin gebou regs van jou. Natuurwetenskappe,
Bedryfsielkunde, Merensky links van jou. Carnegie (nou ook Admin gebou A)
agter jou. Die biblioteek is nou onder die plein waarop jy sou staan. Dis
nou bekend as die JS Gericke biblioteek (og die broeders tog...)
Kom kyk na ons website: www.sun.ac.za. Daar's 'n heel mooi foto van die bib
se plein in die rigting van Simonsberg, met die AI Perold in die "senter
miesies venter", met die ingang na die bib in die voorgrond.
Ek is seker dat jy so 'n bietjie verras sal wees oor hoe ons dinge hier op
die Bos lyk...
>
> Is die Merensky die ou biblioteek?
Merensky gebou is die ook die fisika-gebou...

>
> Hoe werk julle poskode?
Net die poskantoor weet, en hulle willie sê nie. Net nommers, wat op 'n
streekbasis toegeken word, met geen logika daaragter nie. Pretoria begin by
0000 en Johannesburg 2000, Kaapstad 8000, maar verder is daar nie veel
"method in the madness" nie. Ek weet want ek onderhou die stelsel van
adresredigering op ons rekenaarstelsels.
Basies is dit veronderstel om so te werk dat Johannesburg by 2000 begin, en
dat alle poskantore binne die Johannesburg gebied ook met 2 sal begin. Bv.
JHB Hoofposkantoor sal 2000 wees, Rissikstraat poskantoor 2001, en so aan.
So is Stellenbosch 7600, en al die subposkantore in Stellenbosch streek se
kodes begin ook met 76XX waar XX dan die subkantoor se kode sal wees. Dan
is daar ook kodes vir posbusse en straatadresse: Posbusse is bv 7601,
straatdaresse 7600.

Is dit een ding vir 'n hele groot area, soos in die
> VSA.? Ons het 'n baie gesofistikeerde kode, wat bestaan uit twee groepe
> aanduidings, wat dit moontlik maak om 'n baie klein area in 'n dorp te
> beskryf. Waar ons vantevore gebly het, was daar 'n verskil in die kode vir
> mense aan die anderkant van ons baie kort straat.
>
Hier kan dit ook so wees as daardie mense se pos van 'n ander poskantoor
afgelewer moet word...

Thys oppie Bos... (waar die son heerlik skyn)
Re: duikelaartje [boodskap #43089 is 'n antwoord op boodskap #42797] Do, 31 Mei 2001 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Die biblioteek is nou onder die plein waarop jy sou staan. Dis
> nou bekend as die JS Gericke biblioteek (og die broeders tog...)
> Ek is seker dat jy so 'n bietjie verras sal wees oor hoe ons dinge hier op
> die Bos lyk...

Ja, as dié broeder nog erens is, hoop ek hy is in die
warm zone, al het hy so met sedige gesig gestaan en
preek. So hulle vat die naam Carnegie van die
biblioteek af en sit sy naam daarop, maar hy en sy
ander broeders dink nie dis snaaks om lakeie van die
Amerikaners te wees op die grense nie.
Ek was laas in 1981 in Stellenbosch.

Gloudina
Re: duikelaartje [boodskap #43101 is 'n antwoord op boodskap #43061] Do, 31 Mei 2001 18:03 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" schreef...
> "Arthur Hagen" wrote:
>
> Amsterdam is een kleine stad. Er wonen slechts driekwart miljoen
> mensen en het lijkt wel alsof de helft ervan zich op de fiets
> voortbeweegt. Hoe meer fietsen, hoe meer vreugde schijnt hier het
> motto te zijn. :-)

Vergeleken met andere steden in het buitenland is Amsterdam inderdaad aan de
kleine kant. Maar dat komt door onze ruimtelijke inrichting. Al die
individuele steden liggen zo dicht bij elkaar dat men in het buitenland
waarschijnlijk over even zoveel voorsteden zou hebben gesproken. Hier
spreken we overigens al over de Randstad, waarmee we de agglomeratie
Amsterdam - Haarlem - Leiden - Den Haag - Delft - Rotterdam - Zoetermeer -
Gouda - Alphen a.d. Rijn - Utrecht, etc, etc bedoelen.

En fietsen doen we overal, met meer of minder vreugde al naar gelang de
hoeveelheid zon en vooral de sterkte (en richting) van de wind.

> Utrecht is ook een prachtige stad. Het ligt midden in Nederland en er
> is veel te zien. Natuurlijk is Amsterdam veel bekender dan Utrecht
> omdat het de hoofdstad van Nederland is, maar eigenlijk vinden we
> Utrecht veel gezelliger. Voor studenten is het een geweldige stad,
> want er zijn veel bars en cafés, maar het is niet te duur.

Utrecht is inderdaad een gezellige stad.

> Ik word nerveus als ik Nederlands spreek. :-)
> Ik spreek maar een klein beetje Nederlands. Verstaat u mij? Wat het
> moeilijk maakt om Nederlands te leren is de uitspraak.

Natuurlik begryp ek u, u het die bowestaande tekst foutloos geskrewe. Die
meeste Nederlanders sou oorigens waarskynlik meer foute gemaak het as jy. Jy
het selfs "ik word" goed geskrewe! Ongelooflik! Het jy dit almal werklik
self geskrewe?!? Dit is baie goed.

Ek stem saam dat die verskil in uitspraak baie groter is as die verskil in
spelling.

> Hulle se dat mens moet 'n nuwe taal aanleer om Alzheimer's te
> verhoed...nikotien het dieselfde effek. Miskien is rook makliker? :-)

Ek weet nie of om te rook makliker is nie, ek het dit nooit geprobeer nie.
Maar om ander tale te leer kan nie sleg wees nie. Dit hou jou skerp.

Groete,
Arthur
Vorige onderwerp: Geletterdheid
Volgende onderwerp: Re: Annette van die Kaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 13:44:19 MGT 2024