Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bliksem
| Bliksem [boodskap #42767] |
Vr., 25 Mei 2001 21:15  |
Thys Bester
Boodskappe: 3 Geregistreer: April 2000
|
Junior Lid |
|
|
As daar iemand is wat my kan reghelp, sal ek dit nogal kan waardeer. Ek hou
julle ouens se besprekings nou al 'n paar maande dop, en dit lyk vir my asof
julle nogal Afrikaans goed ken. Daar is vandag aan my vertel dat die woord
"Bliksem" afgelei is van die engelse "Black Sambo", waar "Sambo" glo 'n
noemnaam was vir die swartes van die ou dae deur die engelse. Die woord
"Sambo" was dan glo afgelei van die woord "Sandwich" wat dan glo nou weer
vanaf die woord "Knuckle sandwich" afkom.
Dit is dan ook wat die manne vroeer gedoen het. Hulle het die mense 'n
"Black Sambo" gegee wat dan op die ou end omgeswaai het in die volksmond as
Bliksem.
Ek sal dit nogal op prys stel as iemand vir my kan se of hierdie stelling
reg is
Dankie
Thys Bester
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42769 is 'n antwoord op boodskap #42767] |
Vr., 25 Mei 2001 21:45   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys Bester wrote:
> Daar is vandag aan my vertel dat die woord
> "Bliksem" afgelei is van die engelse "Black Sambo", waar "Sambo" glo 'n
> noemnaam was vir die swartes van die ou dae deur die engelse. Die woord
> "Sambo" was dan glo afgelei van die woord "Sandwich" wat dan glo nou weer
> vanaf die woord "Knuckle sandwich" afkom.
> Dit is dan ook wat die manne vroeer gedoen het. Hulle het die mense 'n
> "Black Sambo" gegee wat dan op die ou end omgeswaai het in die volksmond as
> Bliksem.
Hier is wat die "Dictionary of South African English"
oor "bliksem" sê:
... slang... an abusive mode of address or reference to
someone, roughly equivalent of "bastard," "swine."
Afrikaans bliksem = lightning.
Hulle stem dus nie saam met jou informant se uitleg
van die oorsprong van bliksem nie. Ek wonder waar
jou informant sy informasie vandaan kry?
Ek is amper seker dat Nederlanders en Duitsers
ook die woord presies soos in Afrikaans gebruik.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42776 is 'n antwoord op boodskap #42767] |
Sa., 26 Mei 2001 05:04   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Thys, ek nou nie iemand wat vreeslik moeite doen en oplees oor die oorsprong
van woorde nie, maar as ek die grysstof 'n bietjie kan gebruik, dan kan ek
tot die volgende gevolgtrekking kom:
Ek is seker ons het die woord bliksem ( blixum vir die jappies:)) ) gebruik
lank voordat die Engelse hier aangekom het.
Die Hollanders gebruik die woord bliksem vir die bliksemstraal tydens
donderweer.
So ek sal meen as uitroep of as uitskel - om bliksem te sê beteken dieselfde
en is net so sterk as om donner te sê.
Annette
Thys Bester wrote in message ...
> As daar iemand is wat my kan reghelp, sal ek dit nogal kan waardeer. Ek hou
> julle ouens se besprekings nou al 'n paar maande dop, en dit lyk vir my asof
> julle nogal Afrikaans goed ken. Daar is vandag aan my vertel dat die woord
> "Bliksem" afgelei is van die engelse "Black Sambo", waar "Sambo" glo 'n
> noemnaam was vir die swartes van die ou dae deur die engelse. Die woord
> "Sambo" was dan glo afgelei van die woord "Sandwich" wat dan glo nou weer
> vanaf die woord "Knuckle sandwich" afkom.
> Dit is dan ook wat die manne vroeer gedoen het. Hulle het die mense 'n
> "Black Sambo" gegee wat dan op die ou end omgeswaai het in die volksmond as
> Bliksem.
> Ek sal dit nogal op prys stel as iemand vir my kan se of hierdie stelling
> reg is
> Dankie
> Thys Bester
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42867 is 'n antwoord op boodskap #42859] |
So., 27 Mei 2001 18:42   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ekokie:)
Annette
Davie Davis wrote in message ...
> On Sun, 27 May 2001 13:15:10 -0400, Danielle
> wrote:
>
>> On Sun, 27 May 2001 16:45:09 GMT, sterre...@online.be
>> (Sterrenkijker) wrote:
>>> Watter beskaafd mens het nou geen etimologies woordeboek in huis nie?
>> Um....ek het nie. :-) Maar ek is seker ook nie "beskaafd" nie, so my
>> insetsel tel nie eintlik nie. :-)))
>
> Ek okkie
>
> DD
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42872 is 'n antwoord op boodskap #42870] |
So., 27 Mei 2001 20:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ontspan Davie. Ons weet dit is sonde om op Sondag 'n stofsuier te gebruik:)
Annette
Davie Davis wrote in message ...
> On Sun, 27 May 2001 20:42:21 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ekokie:)
>> Annette
>> Davie Davis wrote in message ...
>>> On Sun, 27 May 2001 13:15:10 -0400, Danielle
>>> wrote:
>
>>>> On Sun, 27 May 2001 16:45:09 GMT, sterre...@online.be
>>>> (Sterrenkijker) wrote:
>>
>>>> >Watter beskaafd mens het nou geen etimologies woordeboek in huis nie?
>
>>
>>>> Um....ek het nie. :-) Maar ek is seker ook nie "beskaafd" nie, so my
>>>> insetsel tel nie eintlik nie. :-)))
>>
>
>>> Ek okkie
>
>>> DD
>
>
> Uiters goeie land vir 'n belegging Norbert, want in so 'n onbeskaafde
> land met sulke onbeskaafde inwoners is daar hope potensiaal vir
> verbetering.
>
> dd 9wat vertel jou ek het nog nie die stofsuier gebruik nie Annette0
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42881 is 'n antwoord op boodskap #42877] |
Ma., 28 Mei 2001 04:30   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ah!! Ek sien die kalf is uit die put!:)
Annette
Davie Davis wrote in message ...
> On Sun, 27 May 2001 23:19:16 +0200, "Suzan"
> wrote:
>
>> Annette schreef in berichtnieuws
>> 9erph8$qkk$2@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Ontspan Davie. Ons weet dit is sonde om op Sondag 'n stofsuier te
>> gebruik:)
>> Is dat echt nog zo?
>> Grt Emmy
>
> Emmy, indien jy op 'n plaas woon en een van jou jong beeste
> het in 'n put water geval, dan haal jy dit uit al is dit Sondag
>
> groetnis
> davie davis wat na annette geluister het
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42882 is 'n antwoord op boodskap #42874] |
Ma., 28 Mei 2001 04:31   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Emmy, soos ons hier sê, dood moet 'n oorsaak hê:)
Annette
Suzan wrote in message ...
>
> Annette schreef in berichtnieuws
> 9erph8$qkk$2@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ontspan Davie. Ons weet dit is sonde om op Sondag 'n stofsuier te
> gebruik:)
>
> Is dat echt nog zo?
>
> Grt Emmy
>
>> Annette
>> Davie Davis wrote in message
> ...
>>> On Sun, 27 May 2001 20:42:21 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Ekokie:)
>>>> Annette
>>
>>>> Davie Davis wrote in message ...
>>>> >On Sun, 27 May 2001 13:15:10 -0400, Danielle
>>>> >wrote:
>>>
>>>> >>On Sun, 27 May 2001 16:45:09 GMT, sterre...@online.be
>>>> >>(Sterrenkijker) wrote:
>>>>
>>>> >>>Watter beskaafd mens het nou geen etimologies woordeboek in huis
nie?
>>>
>>>>
>>>> >>Um....ek het nie. :-) Maar ek is seker ook nie "beskaafd" nie, so my
>>>> >>insetsel tel nie eintlik nie. :-)))
>>>>
>>>
>>>> >Ek okkie
>>>
>>>> >DD
>>
>>>
>>>
>>> Uiters goeie land vir 'n belegging Norbert, want in so 'n onbeskaafde
>>> land met sulke onbeskaafde inwoners is daar hope potensiaal vir
>>> verbetering.
>>>
>>> dd 9wat vertel jou ek het nog nie die stofsuier gebruik nie Annette0
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42893 is 'n antwoord op boodskap #42861] |
Ma., 28 Mei 2001 08:09   |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
In 'n oomblik, Thys!
Die juffrou vra die klas of hulle weet wat is donderweer.
Sit al die gesiggies stomgeslaan. Doodstil, tjoepstil en wat nog meer.
Steek Jannie sy hand op.
"Ja Jannie?"
"Juffrou, dis PW Botha"
"Hoekom Jannie?"
"Juffrou, as my pa saans TV kyk, en mens sien PW Botha se gesig, dan sê my
pa altyd: "Hiers die donderweer""
Gehoor wat is die verskil tussen 'n verkeerskonstabel
(ridders-van-die-koelteboom, krismisbonusfondsinsamelingskomitee) en
weerlig?
Geen, Jy sien die blikwem altyd te laat!
Anner Thys oppie Bos
"Thys Bester" skryf in boodskap news:9erf1u$2186$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Met ander woorde, Ek bliksem of donner hom soos weerlig!
> Dankie ;)
> Thys
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42906 is 'n antwoord op boodskap #42768] |
Ma., 28 Mei 2001 10:14   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 25 May 2001 23:44:02 +0200, "Arthur Hagen"
wrote:
> In het Nederlands kennen we bliksem als de flits die bij onweer hoort (ofwel
> weerlicht), "hete bliksem" als een gerecht met gestoofde aardappels,
> "eigenwijze bliksem" voor een jongetje dat niet doet wat van hem gevraagd
> wordt (voor eigenwijze kunnen ook andere kreten worden gebruikt: brutale,
> gemene, luie, ....) en je kunt iemand op zijn bliksem geven (een pak slaag
> geven).
Gebruike in Afrikaans:
Dit bliksem en donder vandag (lightning and thunder).
Ek sal jou mos bliksem, man! (I will hit you)
Die bliksemse ding is weg! (The fucking thing is gone!)
Ag nee bliksem man!! (Oh shit! No, man..)
Daar loop die bliksem.... ( There the fucker is walking...)
Bliksem!! (Shit!!) kan of in teleurstelling of juigend wees, hang af
van watter span die drie druk.
Ek sou se die mees algemene gebruike is "lightning" - met ander woorde
elektriese storm - en slann, skade aandoen soos in, "maar ek sal jou
mos bliksem...."
E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42910 is 'n antwoord op boodskap #42906] |
Ma., 28 Mei 2001 11:11   |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: Mei 2001
|
Senior Lid |
|
|
Arthur, ou Ferdi het 'n goeie uitleg gegee van waar "bliksem" in afrikaans
gebruik word. In die algemene spreektaal, wat selde taalkunding perfek is,
sal bliksem meer gesien word as 'n skelnaam of 'n uitroep van aangename
verbasing. Nie heeltmal 'n vloekwoord nie, maar verdomp naby. Vir onweer
gebruik ons meer weerligstraal of net weerlig. In suiwer letterkunde word
bliksemstraal heel dikwels gebruik
Sakkie
"Ferdi " skryf in boodskap news:3b282410.7538318@news.icon.co.za...
> On Fri, 25 May 2001 23:44:02 +0200, "Arthur Hagen"
> wrote:
>
> hoort (ofwel
>> weerlicht), "hete bliksem" als een gerecht met gestoofde aardappels,
>> "eigenwijze bliksem" voor een jongetje dat niet doet wat van hem gevraagd
>> wordt (voor eigenwijze kunnen ook andere kreten worden gebruikt: brutale,
>> gemene, luie, ....) en je kunt iemand op zijn bliksem geven (een pak slaag
>> geven).
>
> Gebruike in Afrikaans:
>
> Dit bliksem en donder vandag (lightning and thunder).
> Ek sal jou mos bliksem, man! (I will hit you)
> Die bliksemse ding is weg! (The fucking thing is gone!)
> Ag nee bliksem man!! (Oh shit! No, man..)
> Daar loop die bliksem.... ( There the fucker is walking...)
> Bliksem!! (Shit!!) kan of in teleurstelling of juigend wees, hang af
> van watter span die drie druk.
>
> Ek sou se die mees algemene gebruike is "lightning" - met ander woorde
> elektriese storm - en slann, skade aandoen soos in, "maar ek sal jou
> mos bliksem...."
>
>
>
>
>
>
>
>
> E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42937 is 'n antwoord op boodskap #42910] |
Ma., 28 Mei 2001 15:49   |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Sakkie" schreef...
> Arthur, ou Ferdi het 'n goeie uitleg gegee van waar "bliksem" in afrikaans
> gebruik word. In die algemene spreektaal, wat selde taalkunding perfek is,
> sal bliksem meer gesien word as 'n skelnaam of 'n uitroep van aangename
> verbasing. Nie heeltmal 'n vloekwoord nie, maar verdomp naby. Vir onweer
> gebruik ons meer weerligstraal of net weerlig. In suiwer letterkunde word
> bliksemstraal heel dikwels gebruik
Ek gebruik eintlik net die woord bliksem en nie "weerlicht" nie, maar ek
weet van mense wat weel amper altyd van weerlig praat. Ek dink dit verskil
van gebied tot gebied.
> "Ferdi " wrote...
>> Dit bliksem en donder vandag (lightning and thunder).
>> Ek sal jou mos bliksem, man! (I will hit you)
>> Die bliksemse ding is weg! (The fucking thing is gone!)
>> Ag nee bliksem man!! (Oh shit! No, man..)
>> Daar loop die bliksem.... ( There the fucker is walking...)
>> Bliksem!! (Shit!!) kan of in teleurstelling of juigend wees, hang af
>> van watter span die drie druk.
My lys was nie kompleet nie. Ons het nie die uitdrukkings "ek sal jou mos
bliksem, man" en "Ag nee bliksem man!!" nie en ons sal nie "Bliksem!!" sê
nie, maar "Bliksems!!". Die ander uitdrukkings ken ons hier ook.
Groete,
Arthur
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #42947 is 'n antwoord op boodskap #42887] |
Ma., 28 Mei 2001 17:05   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Presies Emmy - Dit is waaroor Davie praat:)))
Annette
Emmy wrote in message ...
>
> Davie Davis schreef in berichtnieuws
>
>>> Annette schreef in berichtnieuws
>>> 9erph8$qkk$2@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>> Ontspan Davie. Ons weet dit is sonde om op Sondag 'n stofsuier te
>>>> gebruik:)
>>> Is dat echt nog zo?
>>> Grt Emmy
>> Emmy, indien jy op 'n plaas woon en een van jou jong beeste
>> het in 'n put water geval, dan haal jy dit uit al is dit Sondag
>
> We hadden het over stofzuigen en niet over een noodgeval
>
> Grt Emmy
>> groetnis
>> davie davis wat na annette geluister het
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #43067 is 'n antwoord op boodskap #43066] |
Wo., 30 Mei 2001 22:27   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> Sal nie maklik met jou saamstem hier nie Danielle, want myns insiens
> het die Zoeloe taal nie 'n woordskat wat jy naastenby met enig van
> die genoemde tale kan vergelyk nie.
> Miskien is dit net die vreemdheid daarvan wat dit vir jou so laat
> klink terwyl die Vlaamse tale so deel is van ons.
En sedert wanneer is woordeskat die maatstaf vanhoe "moeilik" 'n taal
is? As jy in ag neem dat die
selfstandige naamwoorde in Zoeloe in ag verskillende
groepe verdeel word, wat determineer hoe dit in die
meervoud lyk, dan kan jy verstaan hoekom swart
studente nie voel dat Latyn te moeilik is om te leer nie.
En moenie vergeet dat al die sogenaamde eie woorde-
skat wat jy aan die Dietse tale toeskryf, omtrent uitsluitlik
van Latyn af kom wanneer dit by wetenskaplike terme
kom.
Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Bliksem [boodskap #43069 is 'n antwoord op boodskap #43066] |
Do., 31 Mei 2001 00:30   |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: Desember 2000
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 30 May 2001 23:50:34 +0200, Davie Davis wrote:
>> LOL! Nie genoeg "clicks' vir 'n boesmantaal. En nie moeilik genoeg
>> vir Zoeloetaal. Zulu is 'n BAIE moeilike taal. Afrikaans en
>> Nederlands en Vlaams is relatiewe eenvoudige tale in vergelyking.
>
> Sal nie maklik met jou saamstem hier nie Danielle, want myns insiens
> het die Zoeloe taal nie 'n woordskat wat jy naastenby met enig van
> die genoemde tale kan vergelyk nie.
> Miskien is dit net die vreemdheid daarvan wat dit vir jou so laat
> klink terwyl die Vlaamse tale so deel is van ons.
Jy sal nie die eerste persoon wees wat nie met my saamstem nie. Ek
onthou nou ook dat jy gese het dat jy kan Zulu praat en verstaan. So,
ek gaan nie met jou stry nie, want ek sal heel waarskynlik net 2de
kom. :-)
Miskien is jy reg oor die vreemdheid daarvan. Dit is onder andere die
"clicks" van die Nguni tale wat vir my bykans onmoontlik maak om aan
te leer. Dan is daar daai hoë en lae klanke ens.
Net so terloops - hulle het Zulu 2 jaar gelede by die Universiteit van
Georgia ingestel as deel van die "African Languages Program".
Bheki Zungu bied die klas aan. Hy is oorspronklik van Suid Afrika, en
praat vlot Afrikaans, Engels, Tswana, natuurlik Zulu en 2 ander tale
wat ek gladnie erken nie, en hy wil ook nie vir my se nie wat dit is
nie. :-) Vir een of ander rede wil hulle nie Afrikaans hier aanbied
nie. Afrikaans as taal word wel by baie ander Universiteite hier in
Amerika aangebied. In elkgeval, ek dwaal af...:-)
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: SA Taal [boodskap #43124 is 'n antwoord op boodskap #43110] |
Vr., 01 Junie 2001 04:33   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy het vergeet om te vertel van die Vrystaat en Sotho.
Tyd vir my gat met 'n bietjie tet:)))
Ou Grappie:
Wat is suiker in Zulu?
Usukela.
Wat is melk in Zulu?
Ubisi.
Wat is 'n baie vet vrou in Zulu?
E-lizeBoootha
Annette
Davie Davis wrote in message ...
> On Thu, 31 May 2001 21:13:20 +0200, "Max" wrote:
>
>> Wat is nou die beste, sal ek maar sê "swart" taal om nou te leer?
>
>
> Moeilike een Max, want dit hang af van waar jy woon. Sou jy 'n
> Gautenger wees, sal Tswana die mees praktiese een wees. In Noord
> Tranvaal sou ek Noord Sotho (of Pedi) voorstel en indien jy Transkei
> toe verhuis moet jy natuurlik reg van voor begin en Xhosa leer.
> Kry daarvandaan 'n verplasing na KWa Zulu Natal dan sleep jy weer die
> ZUlu handboek nader.
> Iets wat jy gerus kan onthou is dat heelwat van die swart tale familie
> is. Daar is bv. min verkil tussen Tswana en Noord Sotho terwyl iemand
> wat Zulu kan praat met 'n Xhosa 'n heel gangbare gesprek kan voer.
> Danielle het nou die dag van die 'click_taal' van die Boesmans
> gepraat. Ek dink dat dit 'n 'heel op sy eie' taal is (met min blankes
> wat dit praat).
>
> Wat ek hier sê is dat die swart tale werklik gebied gebonde is. Iets
> soos die Namakwalanders wat net in Namakwaland 'gat' drink en Sannie
> stuur om die bok vir die oom te gaan 'tet' sodat hy melk by sy koffie
> kan kry.
>
> DD
|
|
|
|
| Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 08:04:52 UTC 2026
|