Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Ek voel sexy" deur D.J. OPPERMAN
Re: "Ek voel sexy" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #42445] Ma, 21 Mei 2001 17:31 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Okay, maar net omdat jy 'n vrou is...

> en suig aan druppels dat sy vol uitdy
> van pitstring uit, en albei heupe en haar romp

Sulke sinnetjies sit my mind in 'n ander gear... As ek die gedig lees as
'n boom, is dit 'n ander storie...

Christene mag maar eroties wees!!! (Gelukkig!!!)

Dankie dat jy jou gedagtes deel, ek word net wyser!!! Tog jammer dat
mens op skool geleer om gedigte volgens sallabus te ontleed... Dan vra
hulle jou: Wat dink jy van... en merk die antwoord verkeerd!!!
____________________________________________________________

skryf in boodskap news:3B081B75.AF99466D@home.com...
Max wrote:

> Net toe ek dog ek kan die Waatlemoen verteer kom jy met nóg een!!! Sou
> kon deurgaan as erotiese gedigte! Het Opperman een of ander reputasie
> daarvoor? Dat ek alles 100% begryp, sê ek nie!

Ek sou nie die gedig as "eroties" beskou nie. Onthou dit is een vandie
sonnette uit die kroniek van KRISTIEN ( > Christen). Kristien
moet op die eerste vlak gesien word as 'n vrou wat dien, en wat
haar liggaam en gees aanbied as voedsel en materiaal om gebruik
te word deur die mense om haar.
Hierdie gedig is egter baie kompleks. Mens moet dit op baie
vlakke lees. Wat bedoel Opperman byvoorbeeld deur haar te
laat stilstaan tussen die papajabome, totdat sy wortelskiet ( dus soos
hulle word). Hy gebruik die feit dat papajabome mannetjies-
bome en wyfie-bome is, baie effektief om die spanning tussen
liggaam en gees by die mens uit te beeld. Sy praat oor die
Groen Wind waarin gedans kan word "sonder om te roer"
is baie diep. Ek glo hy praat hier van diep geestelike dinge,
as mens net bietjie daaroor wil nadink. Maar in die amper
surrealistiese einde dink ek hy praat ook spesifiek van die
vrou as baie komplekse wese en van die spanning tussen
die manlike en vroulike, tussen aktiefheid en passiwiteit,
tussen lei en volg.
En nee, ek dink nie Opperman het 'n reputasie as ladies
man gehad nie. Die eer kom NP van Wyk toe. Wat wel
tragies was van Opperman is dat hy later in alkoholisme
verval het, wat jammer was, want sonder twyfel is hy die
beste digter wat Afrikaans nog ooit gehad het.

Gloudina
____________________________________________________________

> PAPAJABOS
> (Uit "Kroniek van Kristien")
> D. J. Opperman
>
> Tussen die papajabome onder 'n geel maan
> het sy die heelnag in 'n skyndood stil gestaan
> met oë toe en sywaarts uitgestrek...
> In die vroeë dou voel sy haar tone langer rek
> en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
> en suig aan druppels dat sy vol uitdy
> van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
> wring smal weg in 'n gladde gryswit stomp,
> terwyl die netwerk van haar skouerare
> swel langs kaal arms af tot by die blare
> waar sy oorbuig met twee ryp papajas.
> Toe prewel sy haar preek: "Al is ons vas
> as mannetjies en wyfies tussen grond en lug
> ewig in die spel gevange van bevrug,
> is daar 'n Groen Wind wat so vervoer
> dat ons kan losdans sonder om te roer" ...
> Sy sien die ou man met die byl aanstap
> en onder aan die stam begin hy kap en kap
> totdat die boom meteens uitskree
> en aan die vrou geboorte gee...
Re: "Ek voel sexy" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #42450 is 'n antwoord op boodskap #42445] Ma, 21 Mei 2001 18:08 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

>> en suig aan druppels dat sy vol uitdy
>> van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
>
> Sulke sinnetjies sit my mind in 'n ander gear... As ek die gedig lees as
> 'n boom, is dit 'n ander storie...
>

Ek dink jy reageer presies reg. En Opperman het sy doel
bereik as jy eroties dink wanneer jy hierdie gedig lees.( Dis
dieselfde as waneer iemand vir jou kan oortuig dat die
historiese Christus ook 'n seksuele wese was en dat ook
daardie faset geintegreer word in wat hy gepredik het.)
Maar basies moet jy hierdie gedigte uit die Kroniek van
Kristien begin verstaan as diep spirituele gedigte, anders
vang jy nie die punt nie.
Ek moet bieg dat ek bietjie van 'n fout gemaak het toe
ek die verskillende gedigte in die siklus sonnette genoem
het. Hulle is nie sonnette nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Papajabos" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Klipkoppie" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 14:59:36 MGT 2024