Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Skaapkopgilde
Skaapkopgilde [boodskap #41537] Do, 03 Mei 2001 04:32 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Tygerbergse Skaapkopgilde het pas hulle 10de bestaansjaar gevier.
Alhoewel verskeie gades die skaapkoppe gaarmaak, behoort slegs manne aan
die gilde.
Die dames verkies om nie die skaapkoppe te eet nie.
Wonder hoekom.

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41550 is 'n antwoord op boodskap #41537] Do, 03 Mei 2001 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 May 2001 06:32:50 +0200, "Annette" wrote:

> Die dames verkies om nie die skaapkoppe te eet nie.
> Wonder hoekom.

Een duisend keer liewer Poppie se wit stysel grits as 'n skaapkop
Annette. Eet jy skaapkop? En die oë... en die harsings... en die...

Ek is baie lief vir skaapafval. Wat my aanbetref bestaan skaapafval
uit skenkel -pens - tong (wat ek self skoongemaak het) en klein kerrie
ertappels. En moet verdomp nie vir my sê dat dit aartappels is nie
want dit is ertappels.

DD
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41558 is 'n antwoord op boodskap #41550] Do, 03 Mei 2001 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek eet geen kop nie.( skaap of snoek) Selfs nie eers tong nie. Selfs nie
eers afval nie.
Ek moet egter sê ek hou baie van haggis.
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Thu, 3 May 2001 06:32:50 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die dames verkies om nie die skaapkoppe te eet nie.
>> Wonder hoekom.
>
> Een duisend keer liewer Poppie se wit stysel grits as 'n skaapkop
> Annette. Eet jy skaapkop? En die oë... en die harsings... en die...
>
> Ek is baie lief vir skaapafval. Wat my aanbetref bestaan skaapafval
> uit skenkel -pens - tong (wat ek self skoongemaak het) en klein kerrie
> ertappels. En moet verdomp nie vir my sê dat dit aartappels is nie
> want dit is ertappels.
>
> DD
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41560 is 'n antwoord op boodskap #41537] Do, 03 Mei 2001 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:kdl3ftgruq5hf72cfc4ghib9485trv7s28@4ax.com...
.
>> Ek moet egter sê ek hou baie van haggis.

Haggis is die moeder van alle afval!!!! :-)

> Eeeeeeeeeeuw!!!! (Jammer om jou uitdrukking te steel Pop, maar ai
> toggie tog!!) :-)
> Wat is dit dan nou met julle mense? Is haggis dan nie maar ook afval
> nie? Pens, lewers, harte, longe en al daai yukkie goeters?
> Dit gee ou Lobsang Rampa se "3rd eye" stories sommer 'n heel ander
> betekenis! :-)))

Ou Lobsang, ek wonder wat het van hom geword, ek was so n
aanhanger van hom en sy auras, ek lees nou nog sommige mense se auras.
>
>>> Een duisend keer liewer Poppie se wit stysel grits as 'n skaapkop
>>> Annette. Eet jy skaapkop? En die oë... en die harsings... en die...
>
> Ek wonder hoe proe so oog? Harsings is baie gewild hier in my
> huishouding...maar dan moet hulle dit maar self maak. Ek maak seker
> dat ek biblioteek toe gaan of erens anders ver weg!!

Waar kry julle harsings in Gawja Danielle, by die local Piggly WIggly?

Wat is die Engelse woord vir harsings, 'brains" Eeeeeeuuuuuuwwwwwww!!!!
:-))))

> Dis nou ook soos snoek "roe" en cod's roe..nee wat...ek hou verby
> dankie! :-))

Lekker snoekeiers, te heerlik, en natuurlik die heel beste is swart
kaviaar,
op n Ritz cracker, net so, met miskien n skootjie Tabasco sous.

pop

>>> ertappels. En moet verdomp nie vir my sê dat dit aartappels is nie
>>> want dit is ertappels.
>
> Ek sal maar die ertappeltjies eet....:-)
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41566 is 'n antwoord op boodskap #41537] Vr, 04 Mei 2001 04:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Julle praat van snoekkuite?
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Thu, 3 May 2001 18:13:01 -0500, "poppie" wrote:
>
>
>> Waar kry julle harsings in Gawja Danielle, by die local Piggly WIggly?
>
> LOL! Nee man - hiers nie Piggly Wiggly's in Gawja nie. Maar ons het
> baie roadkill hier! :-))))))
>
>>> Dis nou ook soos snoek "roe" en cod's roe..nee wat...ek hou verby
>>> dankie! :-))

>> Lekker snoekeiers, te heerlik, en natuurlik die heel beste is swart
>> kaviaar,
>> op n Ritz cracker, net so, met miskien n skootjie Tabasco sous.
>
> Nou moet ek jou eers resgtel hier. Caviaar is nie dieselfde as "roe"
> nie hoor. "Roe" is die hele eier-massa of ovarium, of sommer die
> "sak"....eeeeeeuw! :-))))
> Ek hou van sekere caviaar, en kan my pinkie net so lekker in die lig
> hou as ek die Ritz cracker met vars Beluga caviaar op eet! Maar
> *maar*, dis darem nie eiersakke nie!! :-))))
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41570 is 'n antwoord op boodskap #41566] Vr, 04 Mei 2001 05:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pjb...  is tans af-lyn  pjb...
Boodskappe: 57
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ag nee wat, julle is almal vol fiemies. Niks lekkerder as daai glyerige taai
skaappootjies nie en harsings in netvet en as daai skaapkop daar so op die
bord lê en kyk vir my , gesels ek eers ernstig met hom voor hy smulkos
word.Die oë is eerste sodat hy nie kan sien wat volgende gaan gebeur nie
pjb

"Annette" skryf in boodskap news:9ctbrd$lum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Julle praat van snoekkuite?
> Annette
>
> Danielle wrote in message ...
>> On Thu, 3 May 2001 18:13:01 -0500, "poppie" wrote:
>>
>>
>>> Waar kry julle harsings in Gawja Danielle, by die local Piggly WIggly?
>>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41575 is 'n antwoord op boodskap #41570] Vr, 04 Mei 2001 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Volgens die gilde is die tong die voorgereg en die oog die poeding:)))
Annette

pjb...@eskom.co.za wrote in message
...
> Ag nee wat, julle is almal vol fiemies. Niks lekkerder as daai glyerige taai
> skaappootjies nie en harsings in netvet en as daai skaapkop daar so op die
> bord lê en kyk vir my , gesels ek eers ernstig met hom voor hy smulkos
> word.Die oë is eerste sodat hy nie kan sien wat volgende gaan gebeur nie
> pjb
> "Annette" wrote in message
> news:9ctbrd$lum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Julle praat van snoekkuite?
>> Annette

>> Danielle wrote in message ...
>>> On Thu, 3 May 2001 18:13:01 -0500, "poppie" wrote:
>>>
>>>
>>>> Waar kry julle harsings in Gawja Danielle, by die local Piggly WIggly?
>>>
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41611 is 'n antwoord op boodskap #41537] Sa, 05 Mei 2001 16:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 05 May 2001 12:07:53 -0400, Danielle wrote:

> On Fri, 4 May 2001 06:22:29 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Julle praat van snoekkuite?
>
> Ja, dis die woord wat ek gesoek het. Dankie Annette. Geseënd is jy
> onder vroue! :-)))
>
> (Die kleuringe het altyd gepraat van "kuire" as ek reg onthou?) :)

En wat van snoekenkels?

DD
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41617 is 'n antwoord op boodskap #41537] Sa, 05 Mei 2001 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 05 May 2001 12:40:29 -0400, Danielle wrote:

>

>> En wat van snoekenkels?
>
> Watse goed is dit?

Miskien is ek dof maar ek het nooit geweet dat mens snoek se kuite kan
eet nie. (Is ons terug by afval?)

DD
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41633 is 'n antwoord op boodskap #41611] Sa, 05 Mei 2001 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie, wat van 'n soort man is jy wat van die kuite af ondertoe dink?:))))
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Sat, 05 May 2001 12:07:53 -0400, Danielle
> wrote:
>
>> On Fri, 4 May 2001 06:22:29 +0200, "Annette"
>> wrote:

>>> Julle praat van snoekkuite?

>> Ja, dis die woord wat ek gesoek het. Dankie Annette. Geseënd is jy
>> onder vroue! :-)))

>> (Die kleuringe het altyd gepraat van "kuire" as ek reg onthou?) :)
>
>
> En wat van snoekenkels?
>
> DD
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41634 is 'n antwoord op boodskap #41537] Sa, 05 Mei 2001 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy het seker maar net 'n Saterdagbrein vandag:))))
Kuite - enkels - hakskene - tone:)))
Wonder wat het geword van vistone?
Ons eet tog visvingers:)))
Annette:))

Danielle wrote in message ...
> On Sat, 05 May 2001 18:23:27 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>>>> Julle praat van snoekkuite?
>
>>> Ja, dis die woord wat ek gesoek het. Dankie Annette. Geseënd is jy
>>> onder vroue! :-)))
>
>>> (Die kleuringe het altyd gepraat van "kuire" as ek reg onthou?) :)


>> En wat van snoekenkels?
>
> Watse goed is dit? Is ek alweer dof hier?
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41635 is 'n antwoord op boodskap #41617] Sa, 05 Mei 2001 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Davie - die mense eet hier viskuite en snoekkoppe, maar hulle noem dit
nie afval nie:)))
Annette ( Galjoeneter by uitstek)

Davie Davis wrote in message ...
> On Sat, 05 May 2001 12:40:29 -0400, Danielle
> wrote:
>

>
>>> En wat van snoekenkels?

>> Watse goed is dit?
>
> Miskien is ek dof maar ek het nooit geweet dat mens snoek se kuite kan
> eet nie. (Is ons terug by afval?)
>
> DD
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41655 is 'n antwoord op boodskap #41550] So, 06 Mei 2001 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
:En die oë... en die harsings... en die...

lewer .... hol ......... en tong? is dit wat jy wou sê DD? :-)

--
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41656 is 'n antwoord op boodskap #41635] So, 06 Mei 2001 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
waaruit bestaan 'n Struisbaai burger?

2 snoekoppe met 'n patat tussen in :-)

NS. galjoen smaak gagga want hy eet van die bodem vannie see, net
soos visse innie Vaaldam ........... jeeeeeeeeeeeggg :-(
----------------------------------------------------
SMILE! it adds to your face value.
----------------------------------------------------
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41661 is 'n antwoord op boodskap #41537] So, 06 Mei 2001 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pjb...  is tans af-lyn  pjb...
Boodskappe: 57
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Volle Lid
Danielle, kan ek jou 'n geheimpie vertel.
Ek eet ookie afval nie.
Wou julle maar net so bietjie roer.
Soos poppie sal sê "eeeewwwww!!!!!"
Maar my phutu pap sal ek verdedig met hart, siel en verstand.
Groetnis
pjb.

"Danielle" skryf in boodskap news:oh98ft8a0bghrq8crtgg6la1n5bckmssnr@4ax.com...
> On Fri, 4 May 2001 07:37:34 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>
>> Ag nee wat, julle is almal vol fiemies. Niks lekkerder as daai glyerige taai
>> skaappootjies nie en harsings in netvet en as daai skaapkop daar so op die
>> bord lê en kyk vir my , gesels ek eers ernstig met hom voor hy smulkos
>> word.Die oë is eerste sodat hy nie kan sien wat volgende gaan gebeur nie
>
> Pjb, fiemies is reg...maar ai toggie, was dit nou werklik nodig om dit
> alles so grafies te beskryf? :-)))
> Vandag is die eerste dag van die res van my lewe ....as 'n
> VEGETARIER!! :-)))
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41692 is 'n antwoord op boodskap #41661] So, 06 Mei 2001 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoe eet jy dit - met 'n lang sous of met romerige melk?:))
Annette

pjb...@eskom.co.za wrote in message
...
> Danielle, kan ek jou 'n geheimpie vertel.
> Ek eet ookie afval nie.
> Wou julle maar net so bietjie roer.
> Soos poppie sal sê "eeeewwwww!!!!!"
> Maar my phutu pap sal ek verdedig met hart, siel en verstand.
> Groetnis
> pjb.
> "Danielle" wrote in message
> news:oh98ft8a0bghrq8crtgg6la1n5bckmssnr@4ax.com...
>> On Fri, 4 May 2001 07:37:34 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:

>>> Ag nee wat, julle is almal vol fiemies. Niks lekkerder as daai glyerige
> taai
>>> skaappootjies nie en harsings in netvet en as daai skaapkop daar so op
> die
>>> bord lê en kyk vir my , gesels ek eers ernstig met hom voor hy smulkos
>>> word.Die oë is eerste sodat hy nie kan sien wat volgende gaan gebeur nie

>> Pjb, fiemies is reg...maar ai toggie, was dit nou werklik nodig om dit
>> alles so grafies te beskryf? :-)))
>> Vandag is die eerste dag van die res van my lewe ....as 'n
>> VEGETARIER!! :-)))

>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41693 is 'n antwoord op boodskap #41656] So, 06 Mei 2001 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suiwer 'n verskil in smaak:))))
Annette

Tobie wrote in message ...
> waaruit bestaan 'n Struisbaai burger?
>
> 2 snoekoppe met 'n patat tussen in :-)
>
> NS. galjoen smaak gagga want hy eet van die bodem vannie see, net
> soos visse innie Vaaldam ........... jeeeeeeeeeeeggg :-(
> ----------------------------------------------------
> SMILE! it adds to your face value.
> ----------------------------------------------------
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41694 is 'n antwoord op boodskap #41655] So, 06 Mei 2001 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy het die woorde van die liedjie vergeet:
Dit is die lewer, die harslag en die tong.
Annette - Lewer is Lekker.

Tobie wrote in message ...
> :En die oë... en die harsings... en die...
>
>
> lewer .... hol ......... en tong? is dit wat jy wou sê DD? :-)
>
> --
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41700 is 'n antwoord op boodskap #41633] So, 06 Mei 2001 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 5 May 2001 22:59:50 +0200, "Annette" wrote:

> Davie, wat van 'n soort man is jy wat van die kuite af ondertoe dink?:))))
> Annette
>

Baie raak Annette. Veral as mens vis ruik.

DD
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41709 is 'n antwoord op boodskap #41537] So, 06 Mei 2001 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Nee - hulle noem dit weskuskos:))
Die neus in die lug mense eet escargot en perlemoen - en ek is dodelik
allergies vir skulpvis.
Annette - met die neus horisontaal

Danielle wrote in message ...
> On Sat, 5 May 2001 23:03:42 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Nee Davie - die mense eet hier viskuite en snoekkoppe, maar hulle noem dit
>> nie afval nie:)))
>
> Hulle gooi daai neuse in die lug en noem dit noem dit
> bouillabaisse?
>
>> Annette ( Galjoeneter by uitstek)
>
> Is Galjoen daai ene met die baie aartjies en goeters in sy vleis?
> Ja, dit is nou 'n lekker vis! :-)
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #41753 is 'n antwoord op boodskap #41692] Ma, 07 Mei 2001 05:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pjb...  is tans af-lyn  pjb...
Boodskappe: 57
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Volle Lid
Met lekker ou sheeba, Anette. O, ja, en nie daai wat jy innie blikkies koop
nie, hulle weet nie hoe om dit te maak nie.
pjb

"Annette" skryf in boodskap news:9d3qov$nh9$5@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoe eet jy dit - met 'n lang sous of met romerige melk?:))
> Annette
>
> pjb...@eskom.co.za wrote in message
> ...
>> Danielle, kan ek jou 'n geheimpie vertel.
>> Ek eet ookie afval nie.
>> Wou julle maar net so bietjie roer.
>> Soos poppie sal sê "eeeewwwww!!!!!"
>> Maar my phutu pap sal ek verdedig met hart, siel en verstand.
>> Groetnis
>> pjb.
>> "Danielle" wrote in message
>
Re: Skaapkopgilde [boodskap #42246 is 'n antwoord op boodskap #41693] Sa, 19 Mei 2001 07:39 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9d3qtb$s2f$1@ctb-nnrp1.saix.net...
: Suiwer 'n verskil in smaak:))))
: Annette
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

dis nogals waar, my smaak is suiwer :-)
------------------------------------------------------------ -----
Our attitude always tells others what we expect in return.
------------------------------------------------------------ -----
Vorige onderwerp: Recept Brusselse Wafels voor Gloudina
Volgende onderwerp: Blatjang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 08:50:57 MGT 2024