Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrymesselary
Vrymesselary [boodskap #41882] |
Fri, 11 May 2001 08:03  |
Johan D. Strydom
Boodskappe: 21 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In aansluiting hierby, terwyl ons besig is met geheime organisasies, sal ek
graag wil weet of daar iemand is wat enigiets weet van Vrymesselary.
|
|
|
|
Re: Vrymesselary [boodskap #41900 is 'n antwoord op boodskap #41896] |
Fri, 11 May 2001 12:51   |
Johan D. Strydom
Boodskappe: 21 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dankie vir die inligting. Ek is nie genader om lid te word nie, maar die
beweging fassineer my - in die sin dat dit 'n geheime organisasie is, en
omdat daar nie baie literatuur daaroor beskikbaar is nie. Ek het al tot op
hede intens navorsing gedoen oor die onderwerp, en is verras deur sekere van
die bevindings.
Davie Davis skryf in boodskap news:0jknft89bggq7fqkv5cqthr1t4jrqasido@4ax.com...
> On Fri, 11 May 2001 10:03:38 +0200, "Johan D. Strydom"
> wrote:
>
>> In aansluiting hierby, terwyl ons besig is met geheime organisasies, sal ek
>> graag wil weet of daar iemand is wat enigiets weet van Vrymesselary.
>>
>
> Ek is deur drie verskillende losies genader om lid te word, Johan.
> Dit was werklik toevallig want nie een van die losies het geweet dat
> ek deur die nader ook genader is nie.
> Somtyds is ek impulsief maar nie wanneer dit by sê 'n besluit kom nie.
>
> Ek het met hulle gesels en gekyk wat hulle doen. En ek het dinge
> gesien wat met my beginsels gebots het vir almal laat sê het, "dankie
> maar nee dankie."
> Voorbeelde:
> hoe assosieer jy jou daarmee wanneer jy geblinddoek word en gevra
> word wat jy graag wil hê en jy is vooraf gesê dat jy 'lig' wil hê en
> d�n sal die blinddoek verwyder word?
> Slegs God kan LIG verskaf vriend.
>
> Wanneer die meester by 'n stoel sit met simboliek wat 'n son agter sy
> stoel weergee?
>
> En by 'n spesifike gratifikasie bo-oor 'n doodskis moet tre�?
> Wat probeer die mense simboliseer?
> Onthou dat slegs God jou bo-oor die graf kan laat tre�.
>
> Indien jy dieselfde waardes as ek huldig Johan, is dit nie die
> beweging vir jou nie.
>
> DD
>
|
|
|
|
|
Re: Vrymesselary [boodskap #41913 is 'n antwoord op boodskap #41902] |
Fri, 11 May 2001 20:04   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 11 May 2001 17:42:16 +0200, "Johan D. Strydom"
wrote:
> Dit is verder interessant dat jy vermeld dat jy deur drie losies genader is
> om lid te word. Volgens bronne nader die Vrymesselaars per se nie 'n
> individu om lid te word nie, met ander woorde hulle werf nie lede nie, maar
> die ledetal word slegs vergroot deur mense (mans) wat navraag doen en vra om
> tot 'n losie toegelaat te word...
>
Ek woon in 'n messelaarsdorp Johan. Hoe het dit gekom dat ek genader
is? Ek is 'n sakeman met heelwat vriende onder my kliënte - en 'n hele
paar van hulle is messelaars. Dit is nie vreemd wanneer een van hulle
'n vriend of kennis vir wie hy respek het uitnooi nie. Dit is wel
komies wanneer jy heel toevallig iemand met die messelaarswyse groet
en hy vra hoe jy geweet het dat hy 'n vrymesselaar is, terwyl hy 'n
yslike ring met messelaarsteken aan sy vinger dra.
Johan, die messelaars is eintlik 'n goeie beweging en ek het niks teen
die mense opsigself nie. Wat ek wel 'n probleem mee het, is dinge wat
die onkundiges (of sal ek dit noem, mense vir wie dit nie werklik 'n
faktor is nie - of mense wat nie dieper kyk as die bolangse
snaaksighede nie) aan meedoen. Dinge soos ek reeds vir jou genoem het.
Wat Johan, is dit anders wanneer ek jou met die hand groet, as
simboliek? Dat ek een voel met jou? Dat ek bereid is om saam met jou
te staan, is dit nie? Dat ek met jou saamstem, is dit nie? Net so, is
die ander dinge wat afgemaak is teenoor my as 'maar dis net simboliek"
dinge wat ek beslis nie aan sal meedoen nie. Juis om daardie rede doen
ek nie outomaties mee aan simbolisering nie.
Daar is 'n bewering Johan, wat ek nie kan bevestig nie let wel, dat
die Illimunati die ses hoogste vlakke by die messelaars beklee. Ek
herhaal weer, dat dit 'n bewering is wat kom uit 'n bron wat beweer
dat dit die waarheid is - 'n bron wat net miskien tòg weet - maar
bevestiging hiervan kan ek nie gee nie. Maar net soos Gloudina staan
die messelaars 'n eenvormige godsdiens wêreldwyd voor want dit is goed
dat jy jou kerk besoek, maar dit maak nie saak watter geloof nie.
Kom ons gee toe, dat Pick & Pay en Checkers en die kafee hier op die
hoek ook lede van alle gelowe ondersteun - en valse leringe nie
noodwendig aanhelp nie, maar dit is tog heel anders.
Dit is die storie, Johan
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vrymesselary [boodskap #41970 is 'n antwoord op boodskap #41969] |
Sat, 12 May 2001 22:30   |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek vind al hierdie "geheime" organisasies n bietjie skeef. Hoekom mag
ander
mense nie weet van hulle goeie dade nie?
Hier by ons is die Shriners en hulle dra Moslem keffies op hulle koppe,
kompleet met tossels. En dan is daar die Elk Lodge, die Brothers of
Eternity, en Sons
of the Wars (OK, ek het die laaste twee opgemaak, maar dit klink of daar
so iets sou kon wees :-))
Die vader weet wat hulle doen agter geslote deure. Dan het jy nog
n handvol ander sulke groepe, meesal net vir mans, meesal uiters
geheimsinnig. En dit is nie eens te praat van al die universiteits
fraternities
met hulle geheime handskudde nie. Soos die old boys' club destyds, toe die
mans in smoking jackets gesit en, met n stewige glas port, n rooi smoking
jacket,
en die butler wat ewig rondhang om hulle elke wens te volbring. :-)
Wat is losie in Engels, is dit iets soos takke (branches?)
Poppie
Davie Davis skryf in boodskap news:a1crftg2m729s5tppl5i2csm1kjlg8j349@4ax.com...
> On Sat, 12 May 2001 23:27:45 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> korrek Johan
>> Nadat jy hulle eerste gekontak het...
>
> Nee Tobie, jy's verkeerd. Ek wat woon soos reeds gesê in 'n
> messelaarsdorp, is drie keer genooi terwyl ek geen belangstelling het
> om lid te word nie. Dit het my egter nader ondersoek laat instel (die
> eerste keer al - en die feit dat jy nooit kan bedank nie maar slegs 'n
> 'dooie lid' kan word ((hoe sê Danielle- Eitsh!!!)) , het my ook
> afgesit.).
>
> Feite: Die eerste persoon wat my genooi het is 'n persoonlike vriend
> met wie ek enkele jare agt ure per dag saam gewerk het. Die tweede een
> was ook een van ons groep en lid van 'n ander losie.
> Die derde uitnodiging was vanaf 'n kliënt - 'n kliënt wat se vrou hom
> geskei het en in sy woede het hy uitgevaar en vertel hoe hy met die
> bokryers se hulp haar uit die dorp gaan kry. Sy (ook 'n kliënt van my)
> is steeds hier en dit gaan beter en beter met haar.
>
> Die messelaars is geen verhewe mense nie Tobie, en soos almal van ons
> etiese kodes verbreek doen hulle dit ook maar. (Menende uitnodigings
> aan buitestaanders)
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vrymesselary [boodskap #42022 is 'n antwoord op boodskap #41979] |
Mon, 14 May 2001 07:28   |
Johan D. Strydom
Boodskappe: 21 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek is bly die onderwerp het soveel belangstelling, as ek dit so mag noem,
ontketen. Ek dink tog dit is belangrik dat ons oor hierdie dinge praat.
Iets wat ek die ander aand raak gelees het was die verskil tussen die
Broederbond en die Vrymesselaars. Die Broederbond is 'n groep wat jy WEET
wat hulle doen, terwyl jy nie weet wie hulle is nie, terwyl jy weet wie 'n
Vrymesselaar is al dan nie, maar nie weet wat hulle doen nie. Volgens my
navorsing is dit (skynbaar) geen geheim wie 'n vrymesselaar is nie. Of
hulle egter so daaroor voel, en daarvolgens optree, is 'n ander saak.
Ferdi skryf in boodskap news:3b055ae4.3068971@news.icon.co.za...
> On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest"
> wrote:
>
> > organisasie met geheime nie?
>>
>> 'n Geheime organisasie - niemand weet daarvan nie.
>>
>> 'n Organisasie met geheime - almal weet daarvan en daaroor maar, daar is
>> sekere inligting wat nie alom bekend is nie. Soos byvoorbeeld vrymesselary
>> en meeste korporatiewe maatskappye.
>
> Enige organisasie of vennootskap het geheime. Dis normaal. Elke
> huwelik het sy geheime.
>
> Die verskil is die LEDELYSTE.
> As die lede geheim is, is daar reuse gapings vir manipulasie. Tien
> mense vergader. Vier behoort aan 'n organisasie wat nie sy ledelyste
> bekend maak nie. Hulle het die vorige aand in die geheim vergader en
> 'n strategie uitwerk. Hulle behoort aan verskillende losse assosiasies
> teenwoordig op die vergadering.
> Die assosiasies is bekend. Nie die vier se geheime assosiasie nie.
> Voltooi self die prentjie.
>
> Is die Vry Messelaars se lede bekend?
>
> Weet mense in die gemeenskap wie messelaars is en wie nie?
> Weet mense op 'n vergadering wie van hulle messelaars of broeders is?
>
> Indien die ledelyste geheim is, is dit 'n geheime organisasie en is
> die organisasie heel waarskynlik daarop ingestel om dinge in sy eie
> guns te manipuleer.
>
> Die "power tool" is die ledelys. Hy is kragtig solank hy geheim gehou
> word.
> Die Broederbond hou sy ledelys met 'n passie geheim.
> Doen die Vrye Messelaars dieselfde?
>
>
>
> E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
|
|
|
|
|
Re: Vrymesselary [boodskap #42055 is 'n antwoord op boodskap #42022] |
Mon, 14 May 2001 22:32   |
HW Gird
Boodskappe: 49 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Die Afrikanerbond is lankal nie meer 'n geheime organisasie nie. Dit staan
enige lid vry om te enige tyd aan enigiemand te se dat hy 'n lid is en alle
dokumentasie oor die aard en missie van die AB is, sover my wete strek, tot
beskikking van enige persoon wat daarin belangstel.
Hulle tree ook openlik as AB in die openbaar in gesprek met talle
organisasies en persone o.a. met mnr Nelson Mandela ( toe hy president was )
en pres Thabo MBeki.
Harry
Johan D. Strydom wrote in message ...
> Ek is bly die onderwerp het soveel belangstelling, as ek dit so mag noem,
> ontketen. Ek dink tog dit is belangrik dat ons oor hierdie dinge praat.
> Iets wat ek die ander aand raak gelees het was die verskil tussen die
> Broederbond en die Vrymesselaars. Die Broederbond is 'n groep wat jy WEET
> wat hulle doen, terwyl jy nie weet wie hulle is nie, terwyl jy weet wie 'n
> Vrymesselaar is al dan nie, maar nie weet wat hulle doen nie. Volgens my
> navorsing is dit (skynbaar) geen geheim wie 'n vrymesselaar is nie. Of
> hulle egter so daaroor voel, en daarvolgens optree, is 'n ander saak.
>
> Ferdi wrote in message
> news:3b055ae4.3068971@news.icon.co.za...
>> On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest"
>> wrote:
>> >> organisasie met geheime nie?
>>>
>>> 'n Geheime organisasie - niemand weet daarvan nie.
>>>
>>> 'n Organisasie met geheime - almal weet daarvan en daaroor maar, daar is
>>> sekere inligting wat nie alom bekend is nie. Soos byvoorbeeld
> vrymesselary
>>> en meeste korporatiewe maatskappye.
>> Enige organisasie of vennootskap het geheime. Dis normaal. Elke
>> huwelik het sy geheime.
>> Die verskil is die LEDELYSTE.
>> As die lede geheim is, is daar reuse gapings vir manipulasie. Tien
>> mense vergader. Vier behoort aan 'n organisasie wat nie sy ledelyste
>> bekend maak nie. Hulle het die vorige aand in die geheim vergader en
>> 'n strategie uitwerk. Hulle behoort aan verskillende losse assosiasies
>> teenwoordig op die vergadering.
>> Die assosiasies is bekend. Nie die vier se geheime assosiasie nie.
>> Voltooi self die prentjie.
>> Is die Vry Messelaars se lede bekend?
>> Weet mense in die gemeenskap wie messelaars is en wie nie?
>> Weet mense op 'n vergadering wie van hulle messelaars of broeders is?
>> Indien die ledelyste geheim is, is dit 'n geheime organisasie en is
>> die organisasie heel waarskynlik daarop ingestel om dinge in sy eie
>> guns te manipuleer.
>> Die "power tool" is die ledelys. Hy is kragtig solank hy geheim gehou
>> word.
>> Die Broederbond hou sy ledelys met 'n passie geheim.
>> Doen die Vrye Messelaars dieselfde?
>> E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 03:23:35 UTC 2025
|