Tuis » Taal » Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe » Duits na Engels
Duits na Engels [boodskap #41490] |
Di., 01 Mei 2001 18:36  |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Enige iemand tussen ons wat 'n (ongeveer) 100 woorde brief uit Duits
na Engels kan vertaal? Die vertaler sal rekenaar termes moet ken.
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41598 is 'n antwoord op boodskap #41592] |
Sa., 05 Mei 2001 11:01   |
Kris
Boodskappe: 20 Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek stem tot 'n groot mate saam met wat jy sê. Ek het ook gevind dat ek meer
tuis voel in Engeland, omdat Engels my 2de taal is en omdat ons hier in SA
oor die jare kultureel baie nader beweeg het aan die Britte as aan enige
ander buitelandse nasie. 'n Ander aspek wat ook 'n belangrike rol speel, is
die feit dat soveel van die winkel- en restaurantkettinggroepe waaraan ons
hier in SA gewoond is, ook in Brittanje aangetref word. So, dit lyk ook
soos by die huis.
Ek dink Nederland se totale kulturele boikot teen Afrikaans en die felle
negatiewe kritiek, veroordeling en afkeur wat Afrikaners sedert die 1960's
vanaf Nederlanders moes (en nog steeds) verduur, is ook hiervoor
verantwoordelik. 'n Mens sou dink dat die meerderheid Nederlanders se
houding teenoor Afrikaners sedert 1994 sou verander, maar sover dit vir my
lyk, is dit nog grootliks dieselfde as wat dit was tydens die 1980's.
Daarenteen was die Engelse en Amerikaners nog altyd beskou as ons "vriende",
selfs tydends die sogenaamde donker dae van Apartheid. Die politieke
benadering en kritiek vanuit daardie oorde was altyd baie meer gematig en
konstruktief, ten spyte van sanksies en selektiewe kulturele boikotte.
Snaaks genoeg, buiten SA, het ek myself nog altyd die meeste tuis gevoel in
Duitsland, ten spyte van die feit dat ek nie eens die taal magtig is nie.
Elke keer dat ek Duitsland besoek het, het dit vir my gevoel asof ek by die
"huis" was. Ek het in elk geval nog altyd gevoel dat ek as Afrikaner,
myself kultureel baie beter kan identifiseer met die Duitsers. Vir my voel
dit net of die Duitsers oor die algemeen meer soos "my eie mense" is.
Darenteen, voel ek altyd of die Nederlanders heeltemal vreemd en anders is.
In Nederland en Vlaandere is dit basies net die taal (en veral die padtekens
en openbare kennisgewings) wat my gewoonlik 'n vreemde, maar valse gevoel
van familiariteit gee. Sodra ek met die Nederlandse mense in aanraking
kom, kry ek onmiddellik 'n gevoel dat ek onwelkom is en nie daar hoort nie.
Ek dink Afrikaners en Nederlanders is in hierdie opsig redelik ver van
mekaar verwyderd.
Aan die ander kant is dit ook so dat ek steeds Nederlands steeds beskou as
my "venster" op Kontinentale Europa - iets wat Engels my nie kan bied nie.
In elk geval, hierdie is slegs my subjektiewe waarnemings. Die meeste ander
Afrikaanssprekendes sal waarskynlik heftig met my verskil.
Kris
poppie skryf in boodskap news:9cvbtd$d4o$1@slb7.atl.mindspring.net...
> Ek dink nie baie Suid-Afrikaners voel ewe tuis
> in Nederland nie. Ek voel baie meer tuis
> in die V.K. as in Nederland. Wat ook
> n feit is, is dat my Engels baie beter is
> as my Nederlands (en was altyd, van kleins af).
>
> Pop
>
>
> Emmy wrote in message
> news:9cua17$6rl$1@news.pcmnet.nl...
>>
>> Nederland is jullie tweede vaderland.
>>
>> Grt Emmy
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41599 is 'n antwoord op boodskap #41598] |
Sa., 05 Mei 2001 12:30   |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kris skryf in boodskap news:3af3f99c_3@batman.vip-za.com...
> Ek stem tot 'n groot mate saam met wat jy sê. Ek het ook gevind dat ek meer
> tuis voel in Engeland, omdat Engels my 2de taal is en omdat ons hier in SA
> oor die jare kultureel baie nader beweeg het aan die Britte as aan enige
> ander buitelandse nasie. 'n Ander aspek wat ook 'n belangrike rol speel, is
> die feit dat soveel van die winkel- en restaurantkettinggroepe waaraan ons
> hier in SA gewoond is, ook in Brittanje aangetref word. So, dit lyk ook
> soos by die huis.
Ek is nie seker van watter winkel-en restaurantgroepe jy van praat nie
Kris? Marks & Sparks dalk? Het julle n Safeway? Of praat jy van produkte
soos Marmite en Horlicks.
> Ek dink Nederland se totale kulturele boikot teen Afrikaans en die felle
> negatiewe kritiek, veroordeling en afkeur wat Afrikaners sedert die 1960's
> vanaf Nederlanders moes (en nog steeds) verduur, is ook hiervoor
> verantwoordelik. 'n Mens sou dink dat die meerderheid Nederlanders se
> houding teenoor Afrikaners sedert 1994 sou verander, maar sover dit vir my
> lyk, is dit nog grootliks dieselfde as wat dit was tydens die 1980's.
Hier stem ek met jou saam. Dis n neerhalende arrogansie, asof ons
nog nie hulle vlak behaal het in ons evolusie nie. (kultuur gesproke nou).
> Snaaks genoeg, buiten SA, het ek myself nog altyd die meeste tuis gevoel in
> Duitsland, ten spyte van die feit dat ek nie eens die taal magtig is nie.
Stem, maar hier is m.i. n fyn lyn tussen "goedkeuring van apartheid" en
simpatie wat mens onder die Duitsers kry. n Hele paar mense in Duitsland
het my goed laat verstaan hulle stem saam met die idee van apartheid,
en mens wonder hoe hulle ouers/grootouers se gevoelens was tydens
hitler se watch. So n nudge nudge wink wink empatie wat
grens aan blatante rassisme.
> Elke keer dat ek Duitsland besoek het, het dit vir my gevoel asof ek by die
> "huis" was. Ek het in elk geval nog altyd gevoel dat ek as Afrikaner,
> myself kultureel baie beter kan identifiseer met die Duitsers. Vir my voel
> dit net of die Duitsers oor die algemeen meer soos "my eie mense" is.
> Darenteen, voel ek altyd of die Nederlanders heeltemal vreemd en anders
is.
Ons het n hele tros Duitse kinders in ons hoërskool gehad, en omtrent net
twee Nederlandse kinders. Meeste Nederlanders in my buurt het liewers
verengels as om te verafrikaans. Ek kan nie sê ek blameer hulle nie, die
Nederlanders
was nog nooit gesien as rassiste nie, en hulle het swaar gedra aan kritiek
van hulle
familie in Europa oor hulle rassistiese aangenome land.
> Aan die ander kant is dit ook so dat ek steeds Nederlands steeds beskou as
> my "venster" op Kontinentale Europa - iets wat Engels my nie kan bied nie.
Dit is lekker om in België/Nederland te kom en oral die taal te verstaan, en
baie
mense vra vreeslik uit na S.A., asof hulle nie werklik baie van S.A. weet
nie.
(Asof hulle pers meesal negatiewe dinge uit apartheid S.A. geplaas het, en
bitter min
van wat kultureel en so meer aangegaan het ).
> In elk geval, hierdie is slegs my subjektiewe waarnemings. Die meeste ander
> Afrikaanssprekendes sal waarskynlik heftig met my verskil.
Tog nie Kris :-) Ons het eintlik baie multi -cultural grootgeword in
Suid-Afrika,
met buurte wat Jode, Portugese, Lebanese, Duitsers ens. ingehad het, en dan
het ons altyd Indiers geken, n klomp Xhosas, asook Moslems en n paar Grieke.
So het ons
dan alle verskeie tradisies en gewoontes mee grootgeword. Dit het ons
verryk. Waar ek nou bly
is dit net wit engelssprekendes, en dit kan nogal bland wees by tye.
>
> Kris
>
>
> poppie wrote in message
> news:9cvbtd$d4o$1@slb7.atl.mindspring.net...
>> Ek dink nie baie Suid-Afrikaners voel ewe tuis
>> in Nederland nie. Ek voel baie meer tuis
>> in die V.K. as in Nederland. Wat ook
>> n feit is, is dat my Engels baie beter is
>> as my Nederlands (en was altyd, van kleins af).
>>
>> Pop
>>
>>
>> Emmy wrote in message
>> news:9cua17$6rl$1@news.pcmnet.nl...
>>>
>>> Nederland is jullie tweede vaderland.
>>>
>>> Grt Emmy
>
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41600 is 'n antwoord op boodskap #41598] |
Sa., 05 Mei 2001 12:38   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kris wrote:
> Ek dink Nederland se totale kulturele boikot teen Afrikaans en die felle
> negatiewe kritiek, veroordeling en afkeur wat Afrikaners sedert die 1960's
> vanaf Nederlanders moes (en nog steeds) verduur, is ook hiervoor
> verantwoordelik.
> Daarenteen was die Engelse en Amerikaners nog altyd beskou as ons "vriende",
> selfs tydends die sogenaamde donker dae van Apartheid. Die politieke
> benadering en kritiek vanuit daardie oorde was altyd baie meer gematig en
> konstruktief, ten spyte van sanksies en selektiewe kulturele boikotte.
>
Ek dink dis onnodig om Nederlanders te beskuldig vir hulle houding
gedurende die apartheidsregime as die oorsaak dat Afrikaners nie
"tuis" voel in Nederland nie. Die basiese feit is dat Afrikaners se
etniese oorspronge nie in Nederland gewortel is nie. 40 persent van
die etniese herkomste is uit die Germaanse koninkryke wat in sentraal
Europa was voordat Bismarck die huidige Duitsland aan die einde van
die neëntiende eeu geskep het. Afrikaners is dus eenvoudig nie
Nederlanders nie. Hulle kulturele gewoontes is nie Nederlands nie,
hulle denkwyses is nie Nederlands nie.
Kyk nou maar na Kanada en die duisende en duisende Afrikaners
wat na Kanada verhuis ( veral dokters, veral op die prairies.) Kanada
was baie militant teen SA gedurende die apartheids-regime, en
Diefenbaker was grootliks verantwoordelik vir die feit dat SA uit die
Gemenebes geskop is in die vroë sestigerjare. Nogtans voel Afrikaners
hulle baie tuis hier. Dit het iets te doen met die Engelse kultuurmilieu
en ook met die feit dat dit 'n multikulturele land is waar omtrent almal
met sy eie aksent praat.
Gloudina
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41601 is 'n antwoord op boodskap #41599] |
Sa., 05 Mei 2001 13:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
poppie wrote:
> Meeste Nederlanders in my buurt het liewers
> verengels as om te verafrikaans.
Mens moet die "Nederlanders" in SA ook nie oordieselfde kam skeur nie, maar dit
teen die historiese
agtergrond van meer as drie eeue sien. Ons van der
Merwes en De Wets en Langenhovens was tog ook
Nederlandse oorsprong, al het daar 'n baie gemengde
klomp bloed in hulle are gevloei. Dan het ons ook teen
die einde van die neëntiende eeu 'n instroming van
Nederlanders gehad in die twee Boere-republieke se
regerings- en skoolsisteme. ( Leendert van Oostrum
se oupa-grootjie het op die plaas van Dirk Opperman
se oupa kom skoolhou. ) Hierdie Nederlanders was
baie anti-Engeland, en word deesdae daarvan beskuldig
dat hulle die Anglo-Boere Oorlog verleng het deur hulle
teenstand teen 'n kompromis voor die Oorlog.) Hierdie
mense se nageslagte in SA was gladnie bereid om te
verengels nie, en van hulle nageslagte het belangrike poste
in die apartheidsregime beklee.
Gloudina
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41609 is 'n antwoord op boodskap #41598] |
Sa., 05 Mei 2001 16:15   |
emmy[1]
Boodskappe: 865 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Kris" skryf in boodskap news:3af3f99c_3@batman.vip-za.com...
> Ek dink Nederland se totale kulturele boikot teen Afrikaans en die felle
> negatiewe kritiek, veroordeling en afkeur wat Afrikaners sedert die 1960's
> vanaf Nederlanders moes (en nog steeds) verduur, is ook hiervoor
> verantwoordelik.
De afkeuring was door de hele wereld....President Palme in Zweden is
door de
geheime dienst van ZA vermoord omdfat Zweden een van de felste landen
was.
Edward Kennedy USA is zelfs demonstratief door Soweto gaan lopen met de
wereldpers
achter zich aan.
De wereld heeft ZA uitgeband om aan intenationale sporten mee te doen
omdat sport
verheven is boven de rassen. In ZA mochten alleen witte meedoen aan
topsport.
De Engelse regering heeft ZA eerder economisch geboycot als de
Nederlandse regering.
De apartheidbeweging was in de eerste plaats een kleine groep
activisten.....
De BBC heeft de meeste documentaires gemaakt over de apartheid en die
over de hele werled
gezonden.
> Die politieke
> benadering en kritiek vanuit daardie oorde was altyd baie meer gematig en
> konstruktief, ten spyte van sanksies en selektiewe kulturele boikotte.
Nu ben je echt niet goed geinformeerd.....wij zongen als kind in de klas
Sarie Marais.....in het Zuid-Afrikaans.
Er zijn verschillende culturele ZA NL verenigingen die veel doen aan
literatuur en cultuur
uitwisselingen.
Alle nieuws die van belang is staat in de NL krant of komt op televisie
of radio.
ook met kritieken op de huidige regering
Antje Krogt en Uys zijn hier geen onbekende.
> Snaaks genoeg, buiten SA, het ek myself nog altyd die meeste tuis gevoel in
> Duitsland, ten spyte van die feit dat ek nie eens die taal magtig is
nie.
Dat geloof ik je meteen......de Duitsers zijn in het verleden net zo
gedrilt als de ZA .....
Ik denk dat de hoffelijkheid je aanspreekt..
> Sodra ek met die Nederlandse mense in aanraking
> kom, kry ek onmiddellik 'n gevoel dat ek onwelkom is en nie daar hoort
nie.
Ik denk dat je dat gevoel in jezelf zit en waarom......
Grt Emmy
> Kris
>
>
> poppie wrote in message
> news:9cvbtd$d4o$1@slb7.atl.mindspring.net...
>> Ek dink nie baie Suid-Afrikaners voel ewe tuis
>> in Nederland nie. Ek voel baie meer tuis
>> in die V.K. as in Nederland. Wat ook
>> n feit is, is dat my Engels baie beter is
>> as my Nederlands (en was altyd, van kleins af).
>>
>> Pop
>>
>>
>> Emmy wrote in message
>> news:9cua17$6rl$1@news.pcmnet.nl...
>>>
>>> Nederland is jullie tweede vaderland.
>>>
>>> Grt Emmy
>
|
|
|
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41624 is 'n antwoord op boodskap #41598] |
Sa., 05 Mei 2001 17:30   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 5 May 2001 13:01:31 +0200, "Kris" wrote:
> Ek het ook gevind dat ek meer
> tuis voel in Engeland, omdat Engels my 2de taal is en omdat ons hier in SA
> oor die jare kultureel baie nader beweeg het aan die Britte as aan enige
> ander buitelandse nasie. knip knip knip
> Ek dink Nederland se totale kulturele boikot teen Afrikaans en die felle
> negatiewe kritiek, veroordeling en afkeur wat Afrikaners sedert die 1960's
> vanaf Nederlanders moes (en nog steeds) verduur, is ook hiervoor
> verantwoordelik.
maw tenspyte van die volksmoord wat die engelse gepleeg het, die feit
dat hulle vrouens en kinders in dié land vermoor het, die feit dat
Margarette Thatcher in die tyd wat die ANC winkelbomme geplant het,
hulle hoofkantoor in London gehuisves het, is jy steeds meer pro
hulle?
Ek het baie naby_familie in London en Thornburry maar voel steeds
anti-engelsman as gevolg van dié land se geskiedenis. In teenstelling
daarmee, is ek betrokke by 'n Nederlandse Nuusgroep en verbasend hoe
maklik ons inskakel.
>
> In elk geval, hierdie is slegs my subjektiewe waarnemings. Die meeste ander
> Afrikaanssprekendes sal waarskynlik heftig met my verskil.
Natuurlik, maar miskien om 'n heel ander rede as wat jy dink.
Gaan kuier 'n bietjie op die webwerwe waarvan ek die skakels aan die
rooinek hierbo gegee het. Dan vertel jy weer dat jy een voel met hulle
Gaan kyk hoe hulle die plaashuise afgebrand het - gaan kyk hoe hulle
vrouens en kinders in konsentrasiekampe behandel het. En voel een met
hulle.... FRIKKKKIIEEEEEEE
DD
|
|
|
|
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41647 is 'n antwoord op boodskap #41624] |
So., 06 Mei 2001 06:19   |
Dirkie
Boodskappe: 103 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:v8d8fts8hqn0g88i9cemhom9d3t2egr5rb@4ax.com...
> On Sat, 5 May 2001 13:01:31 +0200, "Kris" wrote:
>
> maw tenspyte van die volksmoord wat die engelse gepleeg het, die feit
> dat hulle vrouens en kinders in dié land vermoor het, die feit dat
> Margarette Thatcher in die tyd wat die ANC winkelbomme geplant het,
> hulle hoofkantoor in London gehuisves het, is jy steeds meer pro
> hulle?
> Ek het baie naby_familie in London en Thornburry maar voel steeds
> anti-engelsman as gevolg van dié land se geskiedenis. In teenstelling
> daarmee, is ek betrokke by 'n Nederlandse Nuusgroep en verbasend hoe
> maklik ons inskakel.
>
>>
>> In elk geval, hierdie is slegs my subjektiewe waarnemings. Die meeste ander
>> Afrikaanssprekendes sal waarskynlik heftig met my verskil.
>
> Natuurlik, maar miskien om 'n heel ander rede as wat jy dink.
>
> Gaan kuier 'n bietjie op die webwerwe waarvan ek die skakels aan die
> rooinek hierbo gegee het. Dan vertel jy weer dat jy een voel met hulle
> Gaan kyk hoe hulle die plaashuise afgebrand het - gaan kyk hoe hulle
> vrouens en kinders in konsentrasiekampe behandel het. En voel een met
> hulle.... FRIKKKKIIEEEEEEE
>
> DD
Ek verkies ook veel eerder die rooinekke as die kaaskoppe. Soos Poppie gesê
het beleef ek hulle baie arrogant en asof hulle uit die hoogte met ons
praat. Ek dink dit kan te doen het met kultuur verskille en dat hulle dit
nie so bedoel nie, maar dit verander nie aan die saak dat ek dit so ervaar
nie. In die verband kan ek maar net verwys na veral Emmy en Norbert se
reaksies op mense wat van hulle verskil. Feitlik onmiddellik word dit
afgemaak as mense met 'n eng beskouing of Christelike beskouing ens ens ens.
Dit slegs twee voorbeelde hier op die groep, ek ken ook 'n paar kaaskoppe en
selfs daar beleef ek dit.
Wat die rooinekke se dade tydens die oorlog aanbetref - Vergewe boet
vergewe. Ons wil hê die wêreld moet ophou om te verwys na arpartheid wat
slegs so 6 jaar gelede tot 'n einde gekom het, maar ons wil nie vergewe wat
al amper 'n eeu gelede gebeur het nie.
|
|
|
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41673 is 'n antwoord op boodskap #41657] |
So., 06 Mei 2001 13:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Rico wrote:
> Maar niemand se, julle moet jou tuis voel in Nederland nie.
> Julle mag dink en voel wat julle wil.
> Jammer is dat julle ons nie altyd heeltemaal verstaan nie en dat julle dink
> ons is almal dieselfde.
>
Rico, moenie vir jou teveel steur aan wat mense op hierdienuusgroep van
Nederlanders sê nie. As hulle nou oor
"Amerikaners" of "Kanadese" moes praat, sal hulle net
so katterig gewees het.
Dit is wel waar dat, vir iemand wat grootgeword het
in die Engelse kultuur van "doekies omdraai" en "valse
nederigheid" die Nederlanders ietwat te direk en te eerlik is.
Hier in Noord-Amerika het mens dieselfde situasie -
die New Yorkers ( wat nog die ou Hollandse direktheid
voortsit) word daarvan beskuldig dat hulle te vinnig en
soms onbeskof is. Maar hulle is maar net direk en sonder
fiemies.
Ek het nou die dag 'n oulike stuk oor New York se
geskiedenis gesien op TV. Daar dui hulle aan dat New
York sy beslag as finansiële hoofstad van die wereld
gekry het omdat die oorspronklike Nederlanders die
handels- en bank- aangeleenthede geskep het wat daarna
nog gefloreer het, selfs toe dit deur Engeland oorgeneem
is. So, lank lewe Pieter Stuijvesant. (Daar is nog vandag
'n distrik in NY wat na hom vernoem word.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Duits na Engels [boodskap #41701 is 'n antwoord op boodskap #41658] |
So., 06 Mei 2001 17:45  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>
>> Maar Emmy is Emmy en ek is nie Emmy nie :-)))
>> En glo my ek het ook al partykeer gedink, Emmy wat se jy nou weer.
>
> Ik vind dat je iemand moet verslaan met duidelijke argumenten ;-)) en
> niet om de persoon aan te vallen.
Het was niet mijn bedoeling, om jou hier aan te vallen hoor Emmy, maar meer
om aan te geven, dat jij en ik niet hetzelfde zijn, of hetzelfde denken,
zoals hier door sommigen wordt beweerd.
Gr. Rico
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 09 16:36:14 UTC 2025
|