| Re: Koffielepels? [boodskap #41402 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
So., 29 April 2001 20:13   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek is seker dit is nie wat Norbert met banaal bedoel nie:))))))
Annette
@home.com wrote in message ...
>
>
> poppie wrote:
>
>> Dit is waar. Ek het vir jare die woord "banaal" gebruik as
>> laag, sleg en simpel. Toe vind ek uit banaal beteken eintlik
>> iets onbenullig, iets onbelangrik. Nou is ek self nie seker nie,
>> kan iemand verduidelik?
>
> Die American Heritage Dictionary gee die volgende:
> "Repeating a worn-out convention or type: unaffecting
> and drearily predictable..(French, commonplace, from
> Old French, shared (as by tenants in a feudal jurisdiction)
> from ban, summons to military service, from Frankish
> ban (unattested.)
>
> Ek sou aanneem dat die naaste betekenis vir banaal
> is : drearily predictable.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41413 is 'n antwoord op boodskap #41395] |
Ma., 30 April 2001 05:05   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
BTW is ongelukkig een van daardie goed wat in Engels ontstaan het in die
internet taal, en algemeen aanvaar en deur almal gebruik word.
Dit beteken : By The Way.
Dit het niks met verkoopsbelasting te doen nie;)))
Annette
WWW wrote in message ...
>
> "Annette" wrote in message
> news:9cgg7b$2jv$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>> BTW - Miskien gebruik julle die woord banaal in 'n ander konteks as ons.
>> Ek moet erken , dat ek heel dikwels onbewus goed skryf wat anders vertolk
>> kan word.
>> Heeltemal onskuldig van my kant af:)))
> Ek sien heelwat mense gebruik die afkorting BTW, beide in Engels en in
> Afrikaans. Verskoon my onkunde, maar kan iemand my inlig waarvoor dit
> staan.
>
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41418 is 'n antwoord op boodskap #41356] |
Ma., 30 April 2001 06:57   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bly om te sien jy is nog nie so siek dat jy sommer uit die bottel drink
nie;))
Annette
WWW wrote in message ...
> Enigste lepel waaraan ek geheg is is my medisyne lepel :(
>
> "Annette" wrote in message
> news:9cdt1o$g3t$4@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ek is ook een van daardie mense wat geheg is aan my soplepel:))
>> Annette
>
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41423 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Ma., 30 April 2001 12:02   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gaaf - maar dit is so 'n wye onderwerp, mens sal 'n nuwe opskrif vir dit
nodig hê:))
Annette
me & bobby magee wrote in message ...
> Kan ons nie ook oor die houtlepel praat nie? Ek self het goed onder hom
> deurgeloop...
>
> "Annette" wrote in message
> news:9chsv0$7ar$6@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Gaaf!! Nou kan ons oor desertlepels begin praat:)))
>> Annette
>
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41424 is 'n antwoord op boodskap #41413] |
Ma., 30 April 2001 12:08   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Annette wrote:
> BTW is ongelukkig een van daardie goed wat in Engels ontstaan het in die
> internet taal, en algemeen aanvaar en deur almal gebruik word.
> Dit beteken : By The Way.
>
Met ander woorde, vir dié wat in Afrikaans op 'n Afrikaanse
nuusgroep skryf, kan dit vervang word met "m.a.w." wat al
baie lank as offisiële afkorting beskou word.
Tant Hessie van die Derde Taalbeweging
se Taalkomitee.
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41429 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Ma., 30 April 2001 17:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Antie:))))
Annette
@home.com wrote in message ...
Annette wrote:
> BTW is ongelukkig een van daardie goed wat in Engels ontstaan het in die
> internet taal, en algemeen aanvaar en deur almal gebruik word.
> Dit beteken : By The Way.
>
Met ander woorde, vir dié wat in Afrikaans op 'n Afrikaanse
nuusgroep skryf, kan dit vervang word met "m.a.w." wat al
baie lank as offisiële afkorting beskou word.
Tant Hessie van die Derde Taalbeweging
se Taalkomitee.
|
|
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41438 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Ma., 30 April 2001 19:31   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Internet Polisie wrote:
> Terloops, "met ander woorde" beteken "in other words"
> en "BTW" beteken "terloops"
>
Jy is reg. Terloops, wie is jy? Met ander woorde, wat
was jou naam voordat dit Internet Polisie was.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41440 is 'n antwoord op boodskap #41432] |
Ma., 30 April 2001 21:02   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Trloops? Is daar trloops 'n Afrikaanse Internet Afkortingslys êrens
beskikbaar?
Annette
Internet Polisie wrote in message ...
>
> skryf in boodskap news:3AED5632.8A372995@home.com...
> Annette wrote:
>
>> BTW is ongelukkig een van daardie goed wat in Engels ontstaan het in die
>> internet taal, en algemeen aanvaar en deur almal gebruik word.
>> Dit beteken : By The Way.
>
>> Met ander woorde, vir dié wat in Afrikaans op 'n Afrikaanse
>> nuusgroep skryf, kan dit vervang word met "m.a.w."
>
> Terloops, "met ander woorde" beteken "in other words"
> en "BTW" beteken "terloops"
>
> So, kort "BTW" in Afrikaans af na "Trloops"
>
> BaDA (Baie Dankie)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41456 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Di., 01 Mei 2001 05:31   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee - niks provinsialisties nie. Suiwer kultuurverskil.
Hier in die Kaap sal die meeste mense van antie praat totdat hulle leer dat
daar 'n woord soos tannie is.:))))
My ma se oudste suster was aan al ons kinders bekend as ant Alie. Tannie
Alie het net nooit gewerk nie.
Annette
Danielle wrote in message ...
> On Mon, 30 Apr 2001 19:37:06 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dankie Antie:))))
>
> Annette, net gou 'n vragie - ek sien jy gebruik "antie", terwyl ek
> altyd "tannie" gese het. Is dit 'n "Transvaal vs Kaap" ding/gebruik,
> of nie?
> En hoekom was alle "ooms" altyd "oom", maar daar was tannies en
> anties? Is daar 'n verskil tussen 'n tannie en 'n antie?
>
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41457 is 'n antwoord op boodskap #41446] |
Di., 01 Mei 2001 05:33   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy kan nietemin reg wees.
Annette
WWW wrote in message ...
> Ek dink die tannie is reg. Waar ek dit gesien het sal maw beter pas as
> terloops
>
> "Internet Polisie" wrote in message
> news:9ck9si$nh4$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> skryf in boodskap news:3AED5632.8A372995@home.com...
>> Annette wrote:
>>> BTW is ongelukkig een van daardie goed wat in Engels ontstaan het in die
>>> internet taal, en algemeen aanvaar en deur almal gebruik word.
>>> Dit beteken : By The Way.
>>>
>>> Met ander woorde, vir dié wat in Afrikaans op 'n Afrikaanse
>>> nuusgroep skryf, kan dit vervang word met "m.a.w."
>> Terloops, "met ander woorde" beteken "in other words"
>> en "BTW" beteken "terloops"
>> So, kort "BTW" in Afrikaans af na "Trloops"
>> BaDA (Baie Dankie)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41480 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Di., 01 Mei 2001 15:38   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Internet Polisie wrote:
> Trloops, ek is ook 'n oud-inwoner van hiedie gestig.
> Ek wonder wat het van mense geword soos Leendert van Oostrum en
> die alombeminde Geheime-eekorinkie-waarvan-niemand-mag-weet-nie
> (Secretsquirrel).
>
Gee my nog 'n leidraad.
Nee, ek bly op my pos. Iemand moet die store mind
en dinge aan die brand hou.
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die nuusgroep kwyn, gee ek hom medisyne.
|
|
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41492 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Di., 01 Mei 2001 19:12   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Internet Polisie wrote:
> Jy't eenkeer grappendergewys gesê dat jy mense voor 'n vuurpeleton gaan
> daag.
> Toe vra ek of jy hulle dan met spek gaan skiet. :-)
>
>
Ek kan die opmerking onthou, maar nie die naamvan die persoon nie. Verfris
my geheue nog meer.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41516 is 'n antwoord op boodskap #41512] |
Wo., 02 Mei 2001 03:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar kom ta' Alie, ta' Alie. ta' Alie ( 2x)
Daar kom ta' Alie. ta'Alie om die draai.
En ta' Miena kook stroop van die mebos konfyt,
van die lekker soete suiker teen 'n trippens die pond.
Annette
poppie wrote in message ...
> Hier kom ta'Alie ta'Alie ta'Alie
> met ta'Miena om die draai
> en sy kook mebos of iets....
>
> pop (wat nie kan onthou nie, sjym!)
>
>
> Annette wrote in message
> news:9cli42$ceo$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nee - niks provinsialisties nie. Suiwer kultuurverskil.
>> Hier in die Kaap sal die meeste mense van antie praat totdat hulle leer dat
>> daar 'n woord soos tannie is.:))))
>> My ma se oudste suster was aan al ons kinders bekend as ant Alie. Tannie
>> Alie het net nooit gewerk nie.
>> Annette
>> Danielle wrote in message ...
>>> On Mon, 30 Apr 2001 19:37:06 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Dankie Antie:))))
>>>
>>> Annette, net gou 'n vragie - ek sien jy gebruik "antie", terwyl ek
>>> altyd "tannie" gese het. Is dit 'n "Transvaal vs Kaap" ding/gebruik,
>>> of nie?
>>> En hoekom was alle "ooms" altyd "oom", maar daar was tannies en
>>> anties? Is daar 'n verskil tussen 'n tannie en 'n antie?
>>>
>
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41517 is 'n antwoord op boodskap #41507] |
Wo., 02 Mei 2001 03:38   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit blyk nie so te wees nie - BTW kan vir alles gebruik word, maar in
Afrikaans moet m.a.w., trloops, of nietemin gebruik word in konteks.
En dan vertel ons vir die wêreld Afrikaans is die maklikste taal:))))
Annette
Dries Venter wrote in message ...
> M.a.w is nié dieselfde as "BTW" nie, "BTW" is eerder "terloops".
>
> Dries Venter
>
> "Annette" wrote in message
> news:9ck84s$m22$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dankie Antie:))))
>> Annette
>> @home.com wrote in message ...
>> Annette wrote:
>>> BTW is ongelukkig een van daardie goed wat in Engels ontstaan het in die
>>> internet taal, en algemeen aanvaar en deur almal gebruik word.
>>> Dit beteken : By The Way.
>>>
>> Met ander woorde, vir dié wat in Afrikaans op 'n Afrikaanse
>> nuusgroep skryf, kan dit vervang word met "m.a.w." wat al
>> baie lank as offisiële afkorting beskou word.
>> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging
>> se Taalkomitee.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Koffielepels? [boodskap #41571 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Vr., 04 Mei 2001 07:08  |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Roer die koffie met daai houtlepel susterrr!
Hier by ons oorweeg ek om 'n 'Lepel-van-die-Jaar' toekenning in te stel vir
die een wat die meeste kan 'stir'. My gedagte is om so 'n (sa)moerse
houtlepel te maak en dit dan op 'n voetstuk sit en as wisseltrofee
beskikbaar stel. Die vraag is net hoe kry ek nou die saak aan die NG
gestuur? :-)) :-))
Met al die ou koeie wat ons nou al hier op die NG uit al die slote opgegrawe
het, dan kan ek verstaan waar die bek-en-klou seer epidemie vandaan kom.
Willem Hekke en mikrosag is glo erg de m... in omdat dit bo alle twyfel
bewys is dat bek-en-klou seer nie deur mikrosagte Uitkyk versprei is nie...
Thys oppie Bos aan't werk...
"Danielle" skryf in boodskap news:64n3ftgue67q48ms1d6gpg2uabak9kaj7i@4ax.com...
> On Thu, 03 May 2001 21:14:42 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> Ja maar jy was KP gedurende die tyd wat ek Johan Potgieter, die
>> kalkoenboer van Minnesota was.
>
> LOL!
> Amper al vergeet. Ek het in any case nooit kon uitmaak wie ek
> veronderstel was om te wees nie. Dit was baie confusing....:-))
> Jy moet onthou dat ek darem ook al "OM" was op 'n stadium. Ek het mos
> in Fredericton of waarookal gebly, met my kat Felina, onthou?
> Later het ek maar vrede gemaak met my nuwe persoonlikheid in die vorm
> van 'n verwyfde ou 64 jarige platanna wat soms 'n verkleurmannetjie
> en soms 'n jellievis was met vele holografiese fasette, en plein
> boring met my egosentriese getol was. Ai, die goeie ou
> dae....
>
> ns. Ek wonder soms hoekom daar na Lou verwys was as 'n
> sluipmoordenaar? Ek kon daai ene nog nie oplos nie?
>
> Ek verwys na: Date: Thu, 01 Feb 2001 13:25:05 GMT
>> En ek probeer my deel doen aan die veg van die Derde
>> Boere Oorlog ( die vyande: alles hanskakies soos Frikkie,
>> alle sluipmoordenaars soos Lou, alle verkleurmannetjies
>> soos Danielle.)
>
|
|
|
|