Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar is hulle?
Waar is hulle? [boodskap #41385] So, 29 April 2001 15:26 na volgende boodskap
Omie  is tans af-lyn  Omie
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
Me & Bobby Magee :
>> Wat het van al die De Jagers geword wat eens op 'n tyd aan die nuusgroep
>> deelgeneem het? Wie het hulle verdryf?
>

Frederik (dis nou Frikkie) :
> Die nuwe SA

Danielle :
> Wie dink jy? Miskien die enigste strooiop en voelverskrikker wat hier
> rondhang? :-(
>
> (Nie dat ek weet wie hulle was nie, maar daar is baie mense wat in
> disgust hier weg is. En dit is ONS verlies!) :-(
>
Die vraesteller het dalk kontak met 'n de Jager gehad maar as daar so
persoon hier was, het hy seker maar ook soos die Krugers, Cilliers'e,
Burgers, Potgieters, Prinsloos, van Oostrums, Bees, Omies, Royleen,
Kaapsekind en ander (bekende) skrywers keelvol geraak vir geselskap wat 'n
myl wyd is en nie 'n aks van 'n duim diep nie. Verbasend dat selfs ou
Ferdi limiete openbaar vir die hoeveelheid propaganda en twak wat 'n
lewende siel kan inneem.

Danielle se verwysing na strooipoppe - so neem ek aan - mag heelwat van u
laat kwalifiseer. Hy/sy is reg. Hy/sy ken die vorige deelnemers nie -
new kid on the block - maar dat dit julle verlies is, is verseker. Toe
hierdie nuusgroep 'n klompie jare gelede aan die gang gekom het, was dit die
enigste Afrikaanse geselsplek in die kuberruimte. Amerikaanse wetgewing tov
gemorspos het nuwe ondernemings soos die eertydse Onelist laat ontstaan wat
oorgegaan het na E-Groups toe en nou in die Yahoo stal is. Dit is
"gemeenskapdiense" in die sin dat hulle gespreksgroepe ondersteun en
onderhou (gratis). Doen gerus 'n "search" onder Yahoo en kyk hoeveel
Afrikaanse geselsgroepe daar is.

My innige meegevoel, Frikkie, dat jy na al die ge-aas tussen genoemde groepe
nog net 5 mense vir jou groep kon bymekaarkrap. Miskien moet jy dit as 'n
filosofiese heenwysing beskou welke rigting om in te slaan.

Wat EK hier by scsa-a slegsêgroep maak ?? Ek loer gereeld hier want ek's
bang ek mis dalk een van hennerietjie se briewe na sy antie toe.

Die Dwaalgees
Re: Waar is hulle? [boodskap #41388 is 'n antwoord op boodskap #41385] So, 29 April 2001 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 29 Apr 2001 17:26:15 +0200, "Omie" wrote:

>
> Wat EK hier by scsa-a slegsêgroep maak ?? Ek loer gereeld hier want ek's
> bang ek mis dalk een van hennerietjie se briewe na sy antie toe.
>
> Die Dwaalgees
>
Maak jy 'n grap of is daar eerlikwaar meer mense as sy wat dit lees?

DD
Re: Waar is hulle? [boodskap #41389 is 'n antwoord op boodskap #41385] So, 29 April 2001 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 29 Apr 2001 17:26:15 +0200, "Omie" wrote:

> Me & Bobby Magee :
>>> Wat het van al die De Jagers geword wat eens op 'n tyd aan die nuusgroep
>>> deelgeneem het? Wie het hulle verdryf?


> Die vraesteller het dalk kontak met 'n de Jager gehad maar as daar so
> persoon hier was, het hy seker maar ook soos die Krugers, Cilliers'e,
> Burgers, Potgieters, Prinsloos, van Oostrums, Bees, Omies, Royleen,
> Kaapsekind en ander (bekende) skrywers keelvol geraak vir geselskap wat 'n
> myl wyd is en nie 'n aks van 'n duim diep nie. Verbasend dat selfs ou
> Ferdi limiete openbaar vir die hoeveelheid propaganda en twak wat 'n
> lewende siel kan inneem.
>
> Die Dwaalgees
>

'n Tyd gelede het ek ook totsiens gesê en dit permanent bedoel maar
later nuuskierig geword oor wat hier aamgaan en weer betrokke geraak.

Waar is almal? By alt.gloudinaloos.za

DD
Re: Waar is hulle? [boodskap #41394 is 'n antwoord op boodskap #41385] So, 29 April 2001 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Omie wrote:

> Wat EK hier by scsa-a slegsêgroep maak ?? Ek loer gereeld hier want ek's
> bang ek mis dalk een van hennerietjie se briewe na sy antie toe.
>
>

So wie kon dit nou gedink het: Hans wat gereeld inloer. Bly jynog in Namibië?
Ja-wat. Hans, ons almal skop maar op een of ander plek nes.
Die eposlyse vloed jou sisteem met eposse. Ek weet dat mens
sommige êrens anders kan gaan lees, maar mens is te besig om
dit te doen.
Ja, Hennerietjie skryf nou weer, nadat hy ook vir 'n lang ruk af
die wereld af geval het, blykbaar as gevolg van sy pa se hewige
drinkery wat deels deur Tswete en deels deur sweet-oor-rugby
veroorsaak word. Ek moes hom ernstig aanpraat, toe begin hy
weer vir Hennerietjie toelaat om vir my briefies te skryf. Ek verbaas
my net dat daar nie meer reaksie op hennerietjie se vertellings is
nie. Dis baie akute sosiaal-politiese observasies.
Moenie so smalend oor Frikkie en sy vyf wees nie. Frikkie
het my mos op sy kill file gesit, maar nou is hy weer terug. Frikkie
het 'n thing vir my. Sy hart sit net nie op die regte plek nie. Hy is
so lief vir die Engelse taal.

Gloudina
Re: Waar is hulle? [boodskap #41401 is 'n antwoord op boodskap #41389] So, 29 April 2001 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> 'n Tyd gelede het ek ook totsiens gesê en dit permanent bedoel maar
> later nuuskierig geword oor wat hier aamgaan en weer betrokke geraak.
>

Watter beter lof kan hierdie nuusgroep kry as wat ou "Davie Davis"
hierbo sê. Dis 'n flink-op-en-wakker nuusgroep waar daar altyd iets
"aangaan."

Die Ruiter in die Nag.
Re: Waar is hulle? [boodskap #41419 is 'n antwoord op boodskap #41385] Ma, 30 April 2001 08:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hi Poepol,
Baie dankie vir die terugskryf en kommentaar.

Ek weet nou nie van watter groep met die 5 lede jy praat nie, maar die 4
groepe wat ek aan die gang het het nie een minder as 100 lede op nie.

Groete
Dwalende Frikkie

Omie skryf in boodskap news:9chcaj$n65$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Me & Bobby Magee :
>>> Wat het van al die De Jagers geword wat eens op 'n tyd aan die nuusgroep
>>> deelgeneem het? Wie het hulle verdryf?
>>
>
> Frederik (dis nou Frikkie) :
>> Die nuwe SA
> My innige meegevoel, Frikkie, dat jy na al die ge-aas tussen genoemde groepe
> nog net 5 mense vir jou groep kon bymekaarkrap. Miskien moet jy dit as 'n
> filosofiese heenwysing beskou welke rigting om in te slaan.
> Die Dwaalgees
Re: Waar is hulle? [boodskap #41441 is 'n antwoord op boodskap #41385] Ma, 30 April 2001 21:08 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Welkom terug, Omie! Bly om te sien dat my Omie nog hier iewers ronddwaal...
Ja-nee, Omie moet maar die ander ook gaan opgraaf en hulle oortuig om weer
te kom saampraat! Kyk nou net wat een ou vragie uit die donker aarde kan
lostrek: een van my naamgenote!

Hey, Omie, hoe lyk dit met nog een van daardie skreeusnaakse Walvisbaaise
kwinkslae?

Ek kyk nou na die lys name wat Omie hier ophaal - dit bring darem
herinneringe terug van daardie vuurwarm argumente wat ons gevoer het... ja,
die "goeie ou dae"... Snaaks dat mens nou juis daardie hittige verwisseling
van opinies mis. Dit was darem ten minste sinvol, meeste van die tyd.

Danielle (the new kid on the block) lyk vir my okay, Omie, en so ook Davie -
praat sin wanner hulle die geleentheid kry. Net jammer die geleenthede is
maar min. Gooi vir ons 'n klip in die bos, Omie, toe, ons sal almal weer
begin saampraat.

Ek self lees gereeld Hennerietjie se briewe en geniet dit in stilte, al is
dit net vir die subtiele draaksteek. Maar sy politieke waarneminge is nog
steeds vlymskerp. En Ferdi gesels nog so af en toe saam, sien ek.

Nou ja, Omie, moet nou 'seblief nie weer verdwyn nie.

"Omie" skryf in boodskap news:9chcaj$n65$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...

soos die Krugers, Cilliers'e,
> Burgers, Potgieters, Prinsloos, van Oostrums, Bees, Omies, Royleen,
> Kaapsekind en ander (bekende) skrywers keelvol geraak vir geselskap wat 'n
> myl wyd is en nie 'n aks van 'n duim diep nie. Verbasend dat selfs ou
> Ferdi limiete openbaar vir die hoeveelheid propaganda en twak wat 'n
> lewende siel kan inneem.
>
> new kid on the block - maar dat dit julle verlies is, is verseker. Toe
> hierdie nuusgroep 'n klompie jare gelede aan die gang gekom het, was dit die
> enigste Afrikaanse geselsplek in die kuberruimte.

> My innige meegevoel, Frikkie, dat jy na al die ge-aas tussen genoemde groepe
> nog net 5 mense vir jou groep kon bymekaarkrap. Miskien moet jy dit as 'n
> filosofiese heenwysing beskou welke rigting om in te slaan.
>
> Wat EK hier by scsa-a slegsêgroep maak ?? Ek loer gereeld hier want ek's
> bang ek mis dalk een van hennerietjie se briewe na sy antie toe.
>
> Die Dwaalgees
>
Vorige onderwerp: Bysaak
Volgende onderwerp: Waar is hulle?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 23:20:43 MGT 2024