Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Die Soutpan" deur LOUIS LEIPOLDT
"Die Soutpan" deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #41034] Di, 17 April 2001 12:40
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE SOUTPAN
Louis Leipoldt

Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal
Die see daar buite waar die branders breek -
'n Strand vol klippies en 'n pol’tjie kweek
Van ruigtegras, nou nie meer groen, maar vaal.
Hier praat die veld 'n onverstaanb’re taal;
Hier maak die son die blou soutwater bleek,
Totdat hy saans vermoeid sy kop versteek
Agter die duine, waar sy glans verdwaal.
Hier staan die soutkors sonder vou of plooi,
Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys
Van modder en klei - hier dun en daar nog dig.
So arm die wêreld hier, en tog so mooi -
Stil, soos 'n oumens amper oor sy reis
En met die Dood se skadu op sy gesig.
Vorige onderwerp: zomaar een vraagje
Volgende onderwerp: Voorblad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 14:02:25 MGT 2024