Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Pannekoek-resepte benodig
Pannekoek-resepte benodig [boodskap #40550] Sa, 24 Maart 2001 13:35 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sterrenkijker wrote:

> Geachte Gloudina,
>
> Als JIJ mij vertelt hoe je 'n echte Zuidafrikaanse pannekoek maakt dan
> ga ik jou verklappen hoe wij hier in Vlaanderen een echte Vlaamse
> wafel bakken!
>

Wel, daar is soveel teorieë oor wat die beste resep
vir pannekoek is as wat daar moeders en skoonmoeders
is. Ek is seker dat mense op hierdie nuusgroep vir jou
hulle geliefkoosde pannekoek-resep sal kan laat kry.
Ek maak nie eintlik pannekoek nie, want ek het al lankal
besluit dat, as ek voor 'n stoof moet staan, ek daar sal
staan om gesonde kos voor te berei en nie om iets te
maak wat net deeg en suiker is nie. Maar as niemand
reageer nie, sal ek my skoonma se resep gaan opdiep.
Ek wag ondertussen vir die vlaamse wafel-resep. Nie
dat ek vanplan is om dit te maak nie. Dis heelwaarskynlik
ook net deeg en suiker.

Gloudina
Re: Pannekoek-resepte benodig [boodskap #40554 is 'n antwoord op boodskap #40550] Sa, 24 Maart 2001 17:56 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi )

On Sat, 24 Mar 2001 13:35:14 GMT, @home.com wrote:

> Sterrenkijker wrote:
>
>> Geachte Gloudina,

>> Als JIJ mij vertelt hoe je 'n echte Zuidafrikaanse pannekoek maakt dan
>> ga ik jou verklappen hoe wij hier in Vlaanderen een echte Vlaamse
>> wafel bakken!

>
> Wel, daar is soveel teorieë oor wat die beste resep
> vir pannekoek is as wat daar moeders en skoonmoeders
> is. Ek is seker dat mense op hierdie nuusgroep vir jou
> hulle geliefkoosde pannekoek-resep sal kan laat kry.
> Ek maak nie eintlik pannekoek nie, want ek het al lankal
> besluit dat, as ek voor 'n stoof moet staan, ek daar sal
> staan om gesonde kos voor te berei en nie om iets te
> maak wat net deeg en suiker is nie. Maar as niemand
> reageer nie, sal ek my skoonma se resep gaan opdiep.
> Ek wag ondertussen vir die vlaamse wafel-resep. Nie
> dat ek vanplan is om dit te maak nie. Dis heelwaarskynlik
> ook net deeg en suiker.>

Maak gewone crepe deeg, asof jy crepe suzette's gaan maak.
Maak die crepes bietjie groter as gewoonlik.
Wanneer elkeen klaar is, sit dit op 'n bord wat op 'n pot staan waarin
water saggies kook.
Nadat elke crepe op die bord (en na die eerste een op mekaar) gesit
is, sit 'n klein stukkie botter op en kaneelsuiker.
Op die einde, as alles klaar is, bedien dit deur die bord met die
crepes op eenvoudig voor te sit.
'n Mens strooi dan kaneelsuiker oor die pannekoek, rol dit op en eet
dit.
Kaneelsuiker is natuurlik gewone suiker gemeng met poeier kaneel.
Crepe-resepte is maklik om te kry, maar as jy dit benodig sal ek dit
hier pos.
Vorige onderwerp: Re: Vye Jam is nou Cochenile
Volgende onderwerp: Recept Brusselse Wafels voor Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:07:30 MGT 2024