Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beter in SA vandag
Beter in SA vandag [boodskap #40164] |
Tue, 13 March 2001 07:58  |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beeld-Forum:
Verlede afgeskud
J.P Landman
Telkens hoor ons die refrein: die ekonomie moet teen 6% groei om uit
ons probleme uit te groei. Of: 3% is heeltemal ontoereikend en
aanduidend van hoe sleg dit met die ekonomie gaan. Wel, is dit so?
In die 15 jaar tussen 1977 en 1992 het die ekonomie met gemiddeld 1,5%
per jaar gegroei. Sedertdien het groei met rukke en stote verbeter.
Vandag is dit 'n raps meer as 3% per jaar. Suid-Afrika het dus sy
groeikoers verdubbel van wat dit was in die jare tagtig. Dit is een
van die mites van ons tyd dat die ekonomie "toe" beter gevaar het as
"nou". Teen 3% groei ons nou teen dubbel die koers van die
tagtigerjare.
En dit ten spyte van misdaad en emigrasie.
Maar dit is nie ál nie. In die jare tagtig het die bevolking met 2,5%
per jaar gegroei - heelwat vinniger as die ekonomie se 1,5% per jaar.
En as die ekonomie stadiger groei as die mense, is daar net een pad:
stelselmatige en onverbiddelike verarming. Niks kan hierdie
werklikheid verbloem nie. As per capita-inkomste daal, word almal
armer.
Dit is wat met die land gebeur het.
Teen 1992 was die per capita-inkomste in Suid-Afrika 11% laer as in
1977. 'n Volle 15 jaar lank - basies van John Vorster se uittrede tot
net vóór F.W. de Klerk s'n - het Suid-Afrika agteruit geboer. En dit
het gebeur ten spyte daarvan dat die goudprys $850 gehaal het. Dié 15
jaar was 'n tyd van welvaartvernietiging.
De Klerk kry baie erkenning vir die politieke veranderings wat hy
bewerkstellig het. Hy behoort, saam met Derek Keys, ook erkenning te
kry vir die ekonomiese fondamente wat hulle gelê het. Die vrugte is
nie in hul tyd gepluk nie, maar die De Klerk-regering was in baie
opsigte 'n groter ekonomiese as politieke hervormer.
Terug na die vraag of 3% genoeg is.
Dit word bepaal deur bevolkingsgroei. As die ekonomie teen 3% groei,
maar die bevolking teen 6%, is daar geen twyfel nie, ons boer
agteruit. Omgekeerd, as die ekonomie teen 3% groei, maar die bevolking
teen slegs 0,6%, boer ons vooruit.
En dit is wat nou in Suid-Afrika aan die gebeur is.
Vooruitskattings deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika dui
daarop dat die landsbevolking oor die volgende 10 jaar tot 2010
gemiddeld teen sowat 0,6% per jaar gaan groei. Oor dieselfde tyd kan
die ekonomie teen 3% groei. Dit laat 'n taamlike kussing om per
capita-inkomste mee te verhoog.
Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat 'n ekonomie wat teen 3%
groei terwyl die bevolking teen 0,6% groei, per capita-inkomste net
soveel kan skuif soos 'n ekonomie wat teen 5% groei, terwyl die
bevolking teen 2,5% groei.
Ons is dus nie korrek om 3% groei af te maak as "ontoereikend" nie.
Hierdie gerusstelling moet ons nie aanspoor om 3% te aanvaar nie. Teen
3% per jaar gaan dit sowat 30 jaar duur om mense se lewenstandaarde te
verdubbel. En dan sal dit maar sowat R38 000 per jaar per
Suid-Afrikaner wees. Vergelyk dit met die meer as R200 000 wat reeds
die per capita-inkomste in sommige ontwikkelde lande is, en dit is
duidelik dat Suid-Afrika nog 'n ver pad het om te gaan.
Aan die ander kant, as ons teen 5% per jaar kan groei, kan ons per
capita-inkomste binne 15 jaar verdubbel. Stel jou voor as elke werker,
onderwyser, polisieman, staatsamptenaar en sakeman dubbel sy huidige
inkomste (ná inflasie!) verdien . . . Suid-Afrika sal 'n ander plek
wees.
Ons het die afgelope vyf jaar met groter treë daarheen beweeg as enige
tyd sedert die laat sewentigerjare. In daardie opsig dien Mbeki ons
baie beter as P.W. Botha. Ondanks al sy gebreke bedien Mbeki
Suid-Afrika van seker die gesondste ekonomiese beleid in die moderne
geskiedenis. Mbeki se ekonomiese rekord behoort langs sy vigs- en
Zimbabwe-optrede beoordeel te word.
Die staatsdiens is nou ongeveer 18% kleiner as in 1994 - ten spyte van
nege provinsies en grootskaalse regstellende aksie. Fiskale dissipline
is herstel. Ook in die provinsies wat in die jare negentig gelyk het
of hulle in duie gaan stort. Die begrotingstekort is kleiner, wat
beteken die staat gryp minder van die land se skaars kapitaal.
Terselfdertyd word die vakbonde in toom gehou. Stakings is op 'n
laagtepunt. Privatisering gaan voort, al is Cosatu histeries.
Arbeidsproduktiwiteit is besig om vinniger te styg as
kapitaal-produktiwiteit.
En die grootste ironie, die kommuniste doen lustig hieraan mee. Alec
Erwin lei die produktiwiteitslopie, Jeff Radebe privatisering,
Geraldine Fraser-Moleketi die kleiner staatsdiens. Om te kla dat
kommuniste in die pad staan van ekonomiese groei!
Suid-Afrika is geensins 'n model-staat nie. Maar dit help as 'n mens
weet wat jy nou doen is 'n groot tree in die rigting van 'n beter
toekoms.
Suid-Afrika is dus nie net 'n eenrigtingstraat nie. Misdaad is erg.
Emigrasie is ontwrigtend. Politieke leiers soos Penuell Maduna se
sotlikhede is aanstootlik. Ons het nog nie 'n sosiale kode gevestig
wat alle lede van die gemeenskap inbind nie.
Maar terselfdertyd is ons besig om te ontsnap aan ons eie verlede toe
ons welvaart vernietig en mense armer gemaak het. Ons kan krediet gee
vir ons eie vordering.
J.P. Landman is 'n onafhanklike politiek-ekonomiese ontleder.
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40193 is 'n antwoord op boodskap #40164] |
Wed, 14 March 2001 10:32   |
koos
Boodskappe: 137 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
JY VERGEET GERIEFLIKHEIDSHALWE WAT DIE GROEIKOERS IN DR. VEVOERD SE TYD WAS.
aLMAL HET N BETER LEWE GEHAD.
"Ferdi " skryf in boodskap news:3aadd307.646660@news.icon.co.za...
> Beeld-Forum:
> Verlede afgeskud
> J.P Landman
>
>
> Telkens hoor ons die refrein: die ekonomie moet teen 6% groei om uit
> ons probleme uit te groei. Of: 3% is heeltemal ontoereikend en
> aanduidend van hoe sleg dit met die ekonomie gaan. Wel, is dit so?
>
> In die 15 jaar tussen 1977 en 1992 het die ekonomie met gemiddeld 1,5%
> per jaar gegroei. Sedertdien het groei met rukke en stote verbeter.
> Vandag is dit 'n raps meer as 3% per jaar. Suid-Afrika het dus sy
> groeikoers verdubbel van wat dit was in die jare tagtig. Dit is een
> van die mites van ons tyd dat die ekonomie "toe" beter gevaar het as
> "nou". Teen 3% groei ons nou teen dubbel die koers van die
> tagtigerjare.
>
> En dit ten spyte van misdaad en emigrasie.
>
> Maar dit is nie ál nie. In die jare tagtig het die bevolking met 2,5%
> per jaar gegroei - heelwat vinniger as die ekonomie se 1,5% per jaar.
> En as die ekonomie stadiger groei as die mense, is daar net een pad:
> stelselmatige en onverbiddelike verarming. Niks kan hierdie
> werklikheid verbloem nie. As per capita-inkomste daal, word almal
> armer.
>
> Dit is wat met die land gebeur het.
>
> Teen 1992 was die per capita-inkomste in Suid-Afrika 11% laer as in
> 1977. 'n Volle 15 jaar lank - basies van John Vorster se uittrede tot
> net vóór F.W. de Klerk s'n - het Suid-Afrika agteruit geboer. En dit
> het gebeur ten spyte daarvan dat die goudprys $850 gehaal het. Dié 15
> jaar was 'n tyd van welvaartvernietiging.
>
> De Klerk kry baie erkenning vir die politieke veranderings wat hy
> bewerkstellig het. Hy behoort, saam met Derek Keys, ook erkenning te
> kry vir die ekonomiese fondamente wat hulle gelê het. Die vrugte is
> nie in hul tyd gepluk nie, maar die De Klerk-regering was in baie
> opsigte 'n groter ekonomiese as politieke hervormer.
>
> Terug na die vraag of 3% genoeg is.
>
> Dit word bepaal deur bevolkingsgroei. As die ekonomie teen 3% groei,
> maar die bevolking teen 6%, is daar geen twyfel nie, ons boer
> agteruit. Omgekeerd, as die ekonomie teen 3% groei, maar die bevolking
> teen slegs 0,6%, boer ons vooruit.
>
> En dit is wat nou in Suid-Afrika aan die gebeur is.
>
> Vooruitskattings deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika dui
> daarop dat die landsbevolking oor die volgende 10 jaar tot 2010
> gemiddeld teen sowat 0,6% per jaar gaan groei. Oor dieselfde tyd kan
> die ekonomie teen 3% groei. Dit laat 'n taamlike kussing om per
> capita-inkomste mee te verhoog.
>
> Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat 'n ekonomie wat teen 3%
> groei terwyl die bevolking teen 0,6% groei, per capita-inkomste net
> soveel kan skuif soos 'n ekonomie wat teen 5% groei, terwyl die
> bevolking teen 2,5% groei.
>
> Ons is dus nie korrek om 3% groei af te maak as "ontoereikend" nie.
>
> Hierdie gerusstelling moet ons nie aanspoor om 3% te aanvaar nie. Teen
> 3% per jaar gaan dit sowat 30 jaar duur om mense se lewenstandaarde te
> verdubbel. En dan sal dit maar sowat R38 000 per jaar per
> Suid-Afrikaner wees. Vergelyk dit met die meer as R200 000 wat reeds
> die per capita-inkomste in sommige ontwikkelde lande is, en dit is
> duidelik dat Suid-Afrika nog 'n ver pad het om te gaan.
>
> Aan die ander kant, as ons teen 5% per jaar kan groei, kan ons per
> capita-inkomste binne 15 jaar verdubbel. Stel jou voor as elke werker,
> onderwyser, polisieman, staatsamptenaar en sakeman dubbel sy huidige
> inkomste (ná inflasie!) verdien . . . Suid-Afrika sal 'n ander plek
> wees.
>
> Ons het die afgelope vyf jaar met groter treë daarheen beweeg as enige
> tyd sedert die laat sewentigerjare. In daardie opsig dien Mbeki ons
> baie beter as P.W. Botha. Ondanks al sy gebreke bedien Mbeki
> Suid-Afrika van seker die gesondste ekonomiese beleid in die moderne
> geskiedenis. Mbeki se ekonomiese rekord behoort langs sy vigs- en
> Zimbabwe-optrede beoordeel te word.
>
> Die staatsdiens is nou ongeveer 18% kleiner as in 1994 - ten spyte van
> nege provinsies en grootskaalse regstellende aksie. Fiskale dissipline
> is herstel. Ook in die provinsies wat in die jare negentig gelyk het
> of hulle in duie gaan stort. Die begrotingstekort is kleiner, wat
> beteken die staat gryp minder van die land se skaars kapitaal.
> Terselfdertyd word die vakbonde in toom gehou. Stakings is op 'n
> laagtepunt. Privatisering gaan voort, al is Cosatu histeries.
> Arbeidsproduktiwiteit is besig om vinniger te styg as
> kapitaal-produktiwiteit.
>
> En die grootste ironie, die kommuniste doen lustig hieraan mee. Alec
> Erwin lei die produktiwiteitslopie, Jeff Radebe privatisering,
> Geraldine Fraser-Moleketi die kleiner staatsdiens. Om te kla dat
> kommuniste in die pad staan van ekonomiese groei!
>
> Suid-Afrika is geensins 'n model-staat nie. Maar dit help as 'n mens
> weet wat jy nou doen is 'n groot tree in die rigting van 'n beter
> toekoms.
>
> Suid-Afrika is dus nie net 'n eenrigtingstraat nie. Misdaad is erg.
> Emigrasie is ontwrigtend. Politieke leiers soos Penuell Maduna se
> sotlikhede is aanstootlik. Ons het nog nie 'n sosiale kode gevestig
> wat alle lede van die gemeenskap inbind nie.
>
> Maar terselfdertyd is ons besig om te ontsnap aan ons eie verlede toe
> ons welvaart vernietig en mense armer gemaak het. Ons kan krediet gee
> vir ons eie vordering.
>
> J.P. Landman is 'n onafhanklike politiek-ekonomiese ontleder.
>
|
|
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40198 is 'n antwoord op boodskap #40164] |
Wed, 14 March 2001 13:16   |
Orcas
Boodskappe: 3 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ferdie
Ek wil net graag he jy moet een ding vir my verduidelik wat ek nie so mooi
kan verstaan nie.
In die 60's to 80's met ons swak groei koers en al 'n eerste werldse land.
Nou met ons groei koers op 3% is ons 'n derde werelds land.
Wat is beter om 'n eerste wereldse land te wees met 'n lae groei koers of 'n
derde wereldse land mot 'n hoe groei koers. ?
Verklaar asb daai een vir my.

Re: Beter in SA vandag [boodskap #40204 is 'n antwoord op boodskap #40198] |
Wed, 14 March 2001 13:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Orcas wrote:
> In die 60's to 80's met ons swak groei koers en al 'n eerste werldse land.
> Nou met ons groei koers op 3% is ons 'n derde werelds land.
>
> Wat is beter om 'n eerste wereldse land te wees met 'n lae groei koers of 'n
> derde wereldse land mot 'n hoe groei koers. ?
>
> Verklaar asb daai een vir my.
Nee, Suid-Afrika was nie 'n "eerste wêreldse land" in daardieperiode nie. Dit
was 'n vierde wereldse land, behalwe in die
wit areas waar witmense die hoogste lewensstandaard op die
rue van die swart bevolking gehad het. As jy hierdie tyd in die
buiteland was, soos ek, sal jy kan getuig van die televisie-
programme wat oor en oor die skandalige armoede van die
nie-blanke bevolking uitgebeeld het, en dan die oorvloedige
rykdom van die witmense, selfs van die witmense wat sonder
skoolopvoeding of enige kundigheid nog bediendes kon
bekostig. Dis een van die redes hoekom die wêreld begin
rebelleer het teen wat in Suid-Afrika aangaan.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40208 is 'n antwoord op boodskap #40164] |
Wed, 14 March 2001 15:10   |
DARKANGEL
Boodskappe: 42 Geregistreer: October 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Gaan dit nie maar so aan daai kant ook nie, sekere mense sal bevoordeel word
terwyl ander benadeel word. In die lewe moet iemand wen en iemand verloor,
gaan jy eerder laat 'n ander kind die wedloop wen as wat jou kind die
wedloop wen. Jy moet eers kyk na wat jy self is, jy kan nie 'n donkie in die
Rothmans July teen perde inskryf nie. Ons het net die donkies eenkant in die
stal gehou sodat hulle met mekaar kon kompeteer as wat ons hulle teen die
perde laat kompeteer. Die dag toe hulel teen die perde gesit word en daar
loop iets skeef sê hulle dis omdat hulle nog altyd net in die stal was. Die
punt is dis die lewe, "Life is like my mother in law a real bitch".
Die regering is nou al amper tien jaar aan bewind plek plek word daar goeie
werk gedoen, maar hulle vergeet dat, mense negatief geraak het in die
Reënboog Land omdat hier so baie negatiewe dinge gebeur. Ek probeer elke dag
'n postiewe punt in die regering sien, maar sien saam met die positiewe,
tien negatiewe punte.
DA
"Conversation enriches the understanding,
but solitude is the soul of genius."
|
|
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40211 is 'n antwoord op boodskap #40209] |
Wed, 14 March 2001 15:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi wrote:
> Davie, jy is 'n liegbek.
> Jy het of nie die integriteit om 'n ordentlike afleiding te maak nie
> of jy is te stupid om dit te doen.
> Soek jy redes hoekom regses wegdwarrel in die politieke winde van ons
> tyd?
> Het jy dit nou gesien?
> Ken jy jou?
Omdat ek amper seker is dat Davie Davis nie dieversluierde verwysing na
die laaste reëls van NP
van Wyk Louw se "Ballade van die Bose" in
bostaande stukkie sal raaksien nie, herhaal ek dit
hier:
O waar sal jy gaan
en met watter skip?
die aarde is branding
en oral is klip,
of as jy wil vlug
uit die stad wat brand,
dan vlug ek saam
soos 'n vrou aan jou hand.
Ken jy my nou?
Het jy die spieël gesien,
en ken jy jou?
(Uit Ballade van die Bose - 1940)
>
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40217 is 'n antwoord op boodskap #40193] |
Wed, 14 March 2001 18:28   |
Carlos
Boodskappe: 3 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die paradys is opgefok deur 'n klomp rassisste
koos schrieb in im Newsbeitrag:
98nhc5$6g4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> JY VERGEET GERIEFLIKHEIDSHALWE WAT DIE GROEIKOERS IN DR. VEVOERD SE TYD WAS.
> aLMAL HET N BETER LEWE GEHAD.
>
> "Ferdi " wrote in message
> news:3aadd307.646660@news.icon.co.za...
>> Beeld-Forum:
>> Verlede afgeskud
>> J.P Landman
>>
>>
>> Telkens hoor ons die refrein: die ekonomie moet teen 6% groei om uit
>> ons probleme uit te groei. Of: 3% is heeltemal ontoereikend en
>> aanduidend van hoe sleg dit met die ekonomie gaan. Wel, is dit so?
>>
>> In die 15 jaar tussen 1977 en 1992 het die ekonomie met gemiddeld 1,5%
>> per jaar gegroei. Sedertdien het groei met rukke en stote verbeter.
>> Vandag is dit 'n raps meer as 3% per jaar. Suid-Afrika het dus sy
>> groeikoers verdubbel van wat dit was in die jare tagtig. Dit is een
>> van die mites van ons tyd dat die ekonomie "toe" beter gevaar het as
>> "nou". Teen 3% groei ons nou teen dubbel die koers van die
>> tagtigerjare.
>>
>> En dit ten spyte van misdaad en emigrasie.
>>
>> Maar dit is nie ál nie. In die jare tagtig het die bevolking met 2,5%
>> per jaar gegroei - heelwat vinniger as die ekonomie se 1,5% per jaar.
>> En as die ekonomie stadiger groei as die mense, is daar net een pad:
>> stelselmatige en onverbiddelike verarming. Niks kan hierdie
>> werklikheid verbloem nie. As per capita-inkomste daal, word almal
>> armer.
>>
>> Dit is wat met die land gebeur het.
>>
>> Teen 1992 was die per capita-inkomste in Suid-Afrika 11% laer as in
>> 1977. 'n Volle 15 jaar lank - basies van John Vorster se uittrede tot
>> net vóór F.W. de Klerk s'n - het Suid-Afrika agteruit geboer. En dit
>> het gebeur ten spyte daarvan dat die goudprys $850 gehaal het. Dié 15
>> jaar was 'n tyd van welvaartvernietiging.
>>
>> De Klerk kry baie erkenning vir die politieke veranderings wat hy
>> bewerkstellig het. Hy behoort, saam met Derek Keys, ook erkenning te
>> kry vir die ekonomiese fondamente wat hulle gelê het. Die vrugte is
>> nie in hul tyd gepluk nie, maar die De Klerk-regering was in baie
>> opsigte 'n groter ekonomiese as politieke hervormer.
>>
>> Terug na die vraag of 3% genoeg is.
>>
>> Dit word bepaal deur bevolkingsgroei. As die ekonomie teen 3% groei,
>> maar die bevolking teen 6%, is daar geen twyfel nie, ons boer
>> agteruit. Omgekeerd, as die ekonomie teen 3% groei, maar die bevolking
>> teen slegs 0,6%, boer ons vooruit.
>>
>> En dit is wat nou in Suid-Afrika aan die gebeur is.
>>
>> Vooruitskattings deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika dui
>> daarop dat die landsbevolking oor die volgende 10 jaar tot 2010
>> gemiddeld teen sowat 0,6% per jaar gaan groei. Oor dieselfde tyd kan
>> die ekonomie teen 3% groei. Dit laat 'n taamlike kussing om per
>> capita-inkomste mee te verhoog.
>>
>> Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat 'n ekonomie wat teen 3%
>> groei terwyl die bevolking teen 0,6% groei, per capita-inkomste net
>> soveel kan skuif soos 'n ekonomie wat teen 5% groei, terwyl die
>> bevolking teen 2,5% groei.
>>
>> Ons is dus nie korrek om 3% groei af te maak as "ontoereikend" nie.
>>
>> Hierdie gerusstelling moet ons nie aanspoor om 3% te aanvaar nie. Teen
>> 3% per jaar gaan dit sowat 30 jaar duur om mense se lewenstandaarde te
>> verdubbel. En dan sal dit maar sowat R38 000 per jaar per
>> Suid-Afrikaner wees. Vergelyk dit met die meer as R200 000 wat reeds
>> die per capita-inkomste in sommige ontwikkelde lande is, en dit is
>> duidelik dat Suid-Afrika nog 'n ver pad het om te gaan.
>>
>> Aan die ander kant, as ons teen 5% per jaar kan groei, kan ons per
>> capita-inkomste binne 15 jaar verdubbel. Stel jou voor as elke werker,
>> onderwyser, polisieman, staatsamptenaar en sakeman dubbel sy huidige
>> inkomste (ná inflasie!) verdien . . . Suid-Afrika sal 'n ander plek
>> wees.
>>
>> Ons het die afgelope vyf jaar met groter treë daarheen beweeg as enige
>> tyd sedert die laat sewentigerjare. In daardie opsig dien Mbeki ons
>> baie beter as P.W. Botha. Ondanks al sy gebreke bedien Mbeki
>> Suid-Afrika van seker die gesondste ekonomiese beleid in die moderne
>> geskiedenis. Mbeki se ekonomiese rekord behoort langs sy vigs- en
>> Zimbabwe-optrede beoordeel te word.
>>
>> Die staatsdiens is nou ongeveer 18% kleiner as in 1994 - ten spyte van
>> nege provinsies en grootskaalse regstellende aksie. Fiskale dissipline
>> is herstel. Ook in die provinsies wat in die jare negentig gelyk het
>> of hulle in duie gaan stort. Die begrotingstekort is kleiner, wat
>> beteken die staat gryp minder van die land se skaars kapitaal.
>> Terselfdertyd word die vakbonde in toom gehou. Stakings is op 'n
>> laagtepunt. Privatisering gaan voort, al is Cosatu histeries.
>> Arbeidsproduktiwiteit is besig om vinniger te styg as
>> kapitaal-produktiwiteit.
>>
>> En die grootste ironie, die kommuniste doen lustig hieraan mee. Alec
>> Erwin lei die produktiwiteitslopie, Jeff Radebe privatisering,
>> Geraldine Fraser-Moleketi die kleiner staatsdiens. Om te kla dat
>> kommuniste in die pad staan van ekonomiese groei!
>>
>> Suid-Afrika is geensins 'n model-staat nie. Maar dit help as 'n mens
>> weet wat jy nou doen is 'n groot tree in die rigting van 'n beter
>> toekoms.
>>
>> Suid-Afrika is dus nie net 'n eenrigtingstraat nie. Misdaad is erg.
>> Emigrasie is ontwrigtend. Politieke leiers soos Penuell Maduna se
>> sotlikhede is aanstootlik. Ons het nog nie 'n sosiale kode gevestig
>> wat alle lede van die gemeenskap inbind nie.
>>
>> Maar terselfdertyd is ons besig om te ontsnap aan ons eie verlede toe
>> ons welvaart vernietig en mense armer gemaak het. Ons kan krediet gee
>> vir ons eie vordering.
>>
>> J.P. Landman is 'n onafhanklike politiek-ekonomiese ontleder.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40244 is 'n antwoord op boodskap #40232] |
Thu, 15 March 2001 13:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
DARKANGEL wrote:
> "Jonas" wrote in message
>> (Op 'n ander nood - 'n prys vir die beste Afrikaanse woord vir-
> "hotseat".)
>
> Hotseat = Kan dit dalk 'n toilet sitplek wees nadat jy chillis geeet het.
>
Ja, veral as Jonas " 'n ander NOOD" het. Op 'n ander noot,
het Jonas nou met die woorde gesinspeel toe hy "nood" en "noot"
verwar het?
Gloudina
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40246 is 'n antwoord op boodskap #40164] |
Thu, 15 March 2001 13:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
>> Nee, Suid-Afrika was nie 'n "eerste wêreldse land" in daardieperiode nie. Dit
>> was 'n vierde wereldse land,
>
> RODVELMGA!!! Wat is 'n Vierde Wereldse land as ek mag vra??
'n Land waar die oorgrote meerderheid van die bevolking nie netin derde-wereldse
armoede geleef het nie, maar ook onder 'n
rasse-diktatorskap.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40257 is 'n antwoord op boodskap #40201] |
Thu, 15 March 2001 14:44   |
Doors
Boodskappe: 1 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
'Die Stem', mooi as sy gesing word deur 'boere' mans/vrou uit volle bors.
Dit is tog net so ironies dat 'Die Stem' gesing word as 'n leier val? Dan
sien jy die selfde boertijes slapgatagtig gaan wegkruip as ons politiekuste
vir ons ondersteuning vrae in 'n saak wat nae aan die hart is. Ons jeug moet
die bul by die horings vat en die 0orlog op 'n ander vlak voer, met ons
gesonde verstand en ons geloof (christen, boediste, muslems, alle gelowe),
want geen een van die gelowe praat leed teen 'n ander mens goed nie.
Hierdie is gedagtes van 'n boer wat ook elke keer die lyn skuif en in gebed
vrae vir krag om al die haat en wrang gevoelens te oorkom .
"DARKANGEL" skryf in boodskap news:98nri5$b6k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:vlmuat4r55a9vfk307hva9ndvpu8htq8fl@4ax.com...
>
>> Word realisties DA. Hoeveel jare al belowe ons oorlog. Hoeveel jare al
>> sê ons 'laat dit net weer gebeur!" Self meer as die boere wat kort
>> kort sê dat die regering nou hul laaste kans kry.
>>
>> DD
>
> Ja DD, ons is soos die ou wat staan en 'n streep trek en sê trap net oor die
> streep dan m0er ek jou, sodra daar oorgetrap word, word daar net terug
> gestaan en nog 'n streep getrek.
> Ek wens net meeste mense in die land wil die ou leuse onthou van "Eendrag
> maak mag". Dit was vir my nou die aand so mooi om weer die ou stem te hoor
> toe ou Eugene "Val van die perd af" Thereblanche tronk toe is. Ek is nie ver
> regs nie. Ek verlang net terug na alle dinge wat goedkoper was soos petrol
> R1,20/l en jy kon 'n Coke koop vir R1.
> Ek kry sommer trane in my oë van nostalgie DD as ek terug dink. Ek kan ook
> nie verstaan dat ons regering iemand wat hard gewerk het vir wat hy het, nou
> van 'n plaas wil beroof deur hom minder as die helfte van die plek se waarde
> te betaal nie. Weet die mense aan wie die grond terug gegee word ooit hoe om
> intensief te boer, hoe om vee siektes te bekamp en hoeveel dit kos?
>
> DA
>
> Crittendon`s 14th application of Murphy`s First Law:
> You cannot successfully determine beforehand which
> side of the bread to butter.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40335 is 'n antwoord op boodskap #40240] |
Sat, 17 March 2001 12:18   |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan nie namens die swartmense praat nie - maar glo my, benewens die
politieke vryhede, is die meerderheid swartmense slegter daaraan toe. Die
realiteit skemer m.i. reeds tot hom deur, die verwagtinge word nie bereik
nie, en 'n eksterne faktor (blanke regering) kan nie blameer word nie.
Opmerkinge onder swartmense wat ek hoor, is dit eens dat slegs 'n handjievol
swartes tans deur die nuwe stelsel bevoordeel word.
"Ferdi " skryf in boodskap news:3abfa2f0.11138134@news.icon.co.za...
> On Thu, 15 Mar 2001 09:03:13 +0200, "DARKANGEL" wrote:
> > news:3abfd96c.19227130@news.is.co.za...
>>
>
>>> Jy bedoel baie witmense.
>>> Gaan kyk bietjie die peilings. Loshande die meeste swartmense reken
>>> hulle is beter af vandag.
>
>>> Rakende die donkies en die perde - watter resies praat jy van?
>
>> Dis beeldspraak. Figure dit uit.
>
> OK. Ek het. Jy bedoel wie het wie uit-genegotiate in die begin 90's.
> En ook, wie het wie uitoorle in die geveg om apartheid - wat talle
> fasette gehad het, van moreel, verby oorlog tot by dirty tricks.
>
> In albei gevalle weet ek wie gewen het.
>
> So, is hulle die perde?
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Beter in SA vandag [boodskap #40358 is 'n antwoord op boodskap #40164] |
Sun, 18 March 2001 23:05   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy het ook vergeet dat ons sanksies teen ons gehad het. Ons het bleddie goed
gedoen vir 'n land wat onder sanksies was.
:-)
Net 'n gedagte.
Bye
Logic
Ferdi skryf in boodskap news:3aadd307.646660@news.icon.co.za...
> Beeld-Forum:
> Verlede afgeskud
> J.P Landman
>
>
> Telkens hoor ons die refrein: die ekonomie moet teen 6% groei om uit
> ons probleme uit te groei. Of: 3% is heeltemal ontoereikend en
> aanduidend van hoe sleg dit met die ekonomie gaan. Wel, is dit so?
>
> In die 15 jaar tussen 1977 en 1992 het die ekonomie met gemiddeld 1,5%
> per jaar gegroei. Sedertdien het groei met rukke en stote verbeter.
> Vandag is dit 'n raps meer as 3% per jaar. Suid-Afrika het dus sy
> groeikoers verdubbel van wat dit was in die jare tagtig. Dit is een
> van die mites van ons tyd dat die ekonomie "toe" beter gevaar het as
> "nou". Teen 3% groei ons nou teen dubbel die koers van die
> tagtigerjare.
>
> En dit ten spyte van misdaad en emigrasie.
>
> Maar dit is nie ál nie. In die jare tagtig het die bevolking met 2,5%
> per jaar gegroei - heelwat vinniger as die ekonomie se 1,5% per jaar.
> En as die ekonomie stadiger groei as die mense, is daar net een pad:
> stelselmatige en onverbiddelike verarming. Niks kan hierdie
> werklikheid verbloem nie. As per capita-inkomste daal, word almal
> armer.
>
> Dit is wat met die land gebeur het.
>
> Teen 1992 was die per capita-inkomste in Suid-Afrika 11% laer as in
> 1977. 'n Volle 15 jaar lank - basies van John Vorster se uittrede tot
> net vóór F.W. de Klerk s'n - het Suid-Afrika agteruit geboer. En dit
> het gebeur ten spyte daarvan dat die goudprys $850 gehaal het. Dié 15
> jaar was 'n tyd van welvaartvernietiging.
>
> De Klerk kry baie erkenning vir die politieke veranderings wat hy
> bewerkstellig het. Hy behoort, saam met Derek Keys, ook erkenning te
> kry vir die ekonomiese fondamente wat hulle gelê het. Die vrugte is
> nie in hul tyd gepluk nie, maar die De Klerk-regering was in baie
> opsigte 'n groter ekonomiese as politieke hervormer.
>
> Terug na die vraag of 3% genoeg is.
>
> Dit word bepaal deur bevolkingsgroei. As die ekonomie teen 3% groei,
> maar die bevolking teen 6%, is daar geen twyfel nie, ons boer
> agteruit. Omgekeerd, as die ekonomie teen 3% groei, maar die bevolking
> teen slegs 0,6%, boer ons vooruit.
>
> En dit is wat nou in Suid-Afrika aan die gebeur is.
>
> Vooruitskattings deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika dui
> daarop dat die landsbevolking oor die volgende 10 jaar tot 2010
> gemiddeld teen sowat 0,6% per jaar gaan groei. Oor dieselfde tyd kan
> die ekonomie teen 3% groei. Dit laat 'n taamlike kussing om per
> capita-inkomste mee te verhoog.
>
> Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat 'n ekonomie wat teen 3%
> groei terwyl die bevolking teen 0,6% groei, per capita-inkomste net
> soveel kan skuif soos 'n ekonomie wat teen 5% groei, terwyl die
> bevolking teen 2,5% groei.
>
> Ons is dus nie korrek om 3% groei af te maak as "ontoereikend" nie.
>
> Hierdie gerusstelling moet ons nie aanspoor om 3% te aanvaar nie. Teen
> 3% per jaar gaan dit sowat 30 jaar duur om mense se lewenstandaarde te
> verdubbel. En dan sal dit maar sowat R38 000 per jaar per
> Suid-Afrikaner wees. Vergelyk dit met die meer as R200 000 wat reeds
> die per capita-inkomste in sommige ontwikkelde lande is, en dit is
> duidelik dat Suid-Afrika nog 'n ver pad het om te gaan.
>
> Aan die ander kant, as ons teen 5% per jaar kan groei, kan ons per
> capita-inkomste binne 15 jaar verdubbel. Stel jou voor as elke werker,
> onderwyser, polisieman, staatsamptenaar en sakeman dubbel sy huidige
> inkomste (ná inflasie!) verdien . . . Suid-Afrika sal 'n ander plek
> wees.
>
> Ons het die afgelope vyf jaar met groter treë daarheen beweeg as enige
> tyd sedert die laat sewentigerjare. In daardie opsig dien Mbeki ons
> baie beter as P.W. Botha. Ondanks al sy gebreke bedien Mbeki
> Suid-Afrika van seker die gesondste ekonomiese beleid in die moderne
> geskiedenis. Mbeki se ekonomiese rekord behoort langs sy vigs- en
> Zimbabwe-optrede beoordeel te word.
>
> Die staatsdiens is nou ongeveer 18% kleiner as in 1994 - ten spyte van
> nege provinsies en grootskaalse regstellende aksie. Fiskale dissipline
> is herstel. Ook in die provinsies wat in die jare negentig gelyk het
> of hulle in duie gaan stort. Die begrotingstekort is kleiner, wat
> beteken die staat gryp minder van die land se skaars kapitaal.
> Terselfdertyd word die vakbonde in toom gehou. Stakings is op 'n
> laagtepunt. Privatisering gaan voort, al is Cosatu histeries.
> Arbeidsproduktiwiteit is besig om vinniger te styg as
> kapitaal-produktiwiteit.
>
> En die grootste ironie, die kommuniste doen lustig hieraan mee. Alec
> Erwin lei die produktiwiteitslopie, Jeff Radebe privatisering,
> Geraldine Fraser-Moleketi die kleiner staatsdiens. Om te kla dat
> kommuniste in die pad staan van ekonomiese groei!
>
> Suid-Afrika is geensins 'n model-staat nie. Maar dit help as 'n mens
> weet wat jy nou doen is 'n groot tree in die rigting van 'n beter
> toekoms.
>
> Suid-Afrika is dus nie net 'n eenrigtingstraat nie. Misdaad is erg.
> Emigrasie is ontwrigtend. Politieke leiers soos Penuell Maduna se
> sotlikhede is aanstootlik. Ons het nog nie 'n sosiale kode gevestig
> wat alle lede van die gemeenskap inbind nie.
>
> Maar terselfdertyd is ons besig om te ontsnap aan ons eie verlede toe
> ons welvaart vernietig en mense armer gemaak het. Ons kan krediet gee
> vir ons eie vordering.
>
> J.P. Landman is 'n onafhanklike politiek-ekonomiese ontleder.
>
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:52:24 UTC 2025
|