Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Reisiger" deur MARLISE JOUBERT
"Reisiger" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #40030] Do, 08 Maart 2001 21:17
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com


Reisiger
Marlise Joubert

ek kan die sterre laat doof as ek wil
ek kan die lelies laat luister

terwyl ek loop met 'n mes in my hart
en my asemhaling 'n wond in die hemel sny

ek sal my by 'n vuurmaakplek
van gister verwarm
terwyl die bome oud word
en ek sal alleen reisiger wees
want oral val die reën herfs

en uit die skeur van my mond
vlieg die swaeltjies weg

moenie dink nie moenie praat nie
luister -
die klam heide fluit vir die wind
die dolk is 'n denneboom in 'n tyd
van skerpte

ek kan die sterre laat doof
ek kan die lelies laat luister
Vorige onderwerp: S.M.A.R.T.
Volgende onderwerp: Was deel van die ou Arme army se sêgoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 23:09:11 MGT 2024