Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » hille kaap ons, antie
hille kaap ons, antie [boodskap #39754] Wo, 28 Februarie 2001 14:33 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou antie gloudiena,

newwer 'n dal moument het my oorle ouma altyd gesê antie en sy sal spyt wees
lat sy dood is want sy mis baie. net toe die stasie baar se brande wyn klaar
is toe lykit of oom taboe nou vir oom makapie wil gaan virtel hoelat die
rinnesaans werk. dis nou kort nalat oom toenie leeunie wat 'n agter
kleinkind van koning dawid is wat die leeu vermoer het ok vir simbawie gaan
virtel het lat die blou tryn nie meer viek fôls toe gaan ry nie.

ma' dis nie hoekom ek skryf nie antie. antie weet mos hoe laaik my pa van
doring bome. oom kadawer ismal het mos toe hy nog minster van water en bosse
was begin om die ytheemse bome te lat afkap oorlat hille ons water steel.
laasweek kap hille toe mos ook so bome af da annerkant sêntin, antie, ma'
oom kadawer het nie mooi vir die kappers virtel hoelat die bome wat hille
moet afkap lyk nie. toe kap hille vier honnerd hakdorings af antie en los
die ytheemse bome. my pa is meer die moer in as oor die stasie baar antie.
oom hansie vannie pênnelbieters sê dis oorlat hakdorings se naam op 'n tyd
kaffer wag 'n bietjie was ma' my pa sê hy moet sjarrap anners verkla hy hom
by die regte mense koemmiesie.

het antie op see en en gesien hoelat hille 'n dakota by wonnerboom lighawe
gekaap het met agt oorsese gyselaars. die hele wêreld se koerante en tiewies
was daar antie en my pa sê hille het glad in sjiena littel house on the
prêrie gestop om vir die mense te virtel hoe lat hille land genote in lewens
gevaar virkeer. vir twee iere lank virtel ons poelieste vir die nies mense
hoelat sake virloop. en toe kom die kommissaris van die poelieste en sê
virrie nies mense apie kyk vir pienats want dis net 'n oefening wat hille
hou.

my pa sê ons rippebliek begint nou na piesangs ryk en hy wonner wat gewese
waarnemende prissedent stief sweetnie wat minster van misdaad en onsekerheid
is gaan sê. oom hansie vannie pênnelbieters sê oom stief gaan 'n brief skryf
vir die nies mense en sê dis hille wat allie moeilikhyt gemaak het want
hille virlang trig na daai keer toe syd afrika sy enigste vliegtyg kaping
gehad het.

die soeper twaalf rakbie het ok begin antie ma' my pa is nog meer die moer
in daaroor as oor die kapper wag 'n bietjies. eers dog ek die wêreld het
virgaan en laaik nie meer rakbie nie ma' toe issit oorlat ons spelers mekaar
wil vermoer oppie veld antie. my pa sê hy warrie nie lat japie mulder vir de
wet berrie se kakebeen afgetêkkel het nie want doktirs moet ok lewe. wat hy
nie laaik nie is hoelat tinus delport nieweland probeer omspit het met
brytentjie poulse. my pa sê tinus moet eerder 'n ytheemse wag 'n bietjie
soos jouna loumoe afkap as hy wil wys hoe taf hy is.

koebaai antie (moenie alles glo wat innie koerante en op tiewie oor ons gesê
word nie)

hennerietjie
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39760 is 'n antwoord op boodskap #39754] Wo, 28 Februarie 2001 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> oom toenie leeunie ... vir simbawie gaan
> virtel het lat die blou tryn nie meer viek fôls toe gaan ry nie.

Hennerietjie, bestaan die Blou Trein dan nog?Is daar ook nog so 'n ding soos die
Orange
Express? Ek het altyd so lekker daarmee uit
Durban na Kaapstad gery. Kan mens nog
op die treine slaap? Gee hulle nog vir jou
daardie blou slaapsakke? Dit was altyd so
goedkoop om op die Suid-Afrikaanse treine
te gery het. Hier in Kanada moet jy duur
betaal vir 'n slaapplek. Meeste mense sit
maar sommer en slaap. En passasierstreine
is ook maar skaars. As jy tussen Toronto
en Halifax wil reis, is daar net elke ander
dag een in die rigting wat jy wil gaan.

Gloudina

>
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39761 is 'n antwoord op boodskap #39754] Wo, 28 Februarie 2001 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> 'n dakota by wonnerboom lighawe
> gekaap het met agt oorsese gyselaars. die hele wêreld se koerante en tiewies
> was daar antie en my pa sê hille het glad in sjiena littel house on the
> prêrie gestop om vir die mense te virtel hoe lat hille land genote in lewens
> gevaar virkeer. vir twee iere lank virtel ons poelieste vir die nies mense
> hoelat sake virloop. en toe kom die kommissaris van die poelieste en sê
> virrie nies mense apie kyk vir pienats want dis net 'n oefening wat hille
> hou.
>

Nouja, Hennerietjie, ek het klaar snuf in die neus gekry
toe jy van die Wonderboom lughawe praat. Since when
het Wonderboom nou 'n lughawe?
Ons het niks daarvan op CNN gesien nie. Was die
kamma gyselaars veronderstel om Sjinese te wees?

Gloudina
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39762 is 'n antwoord op boodskap #39754] Wo, 28 Februarie 2001 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> my pa sê ons rippebliek begint nou na piesangs ryk

Wel, Hennerietjie, julle is in good company. Floridahet die einde van verlede
jaar ook maar bra na piesangs
geruik.

Tannie Gloudina

>
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39767 is 'n antwoord op boodskap #39754] Wo, 28 Februarie 2001 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wonderboom se lughawe is groot genoeg om 747's te hanteer, en hy mag
internasionale vlugte hanteer ook. Daar is glo langtermyn planne om hom te
omskep in 'n volwaardige internasionale lughawe soos Jhb en Kaapstad s'n.

Dries

skryf in boodskap news:3A9D450B.F3041826@home.com...
Nouja, Hennerietjie, ek het klaar snuf in die neus gekry
toe jy van die Wonderboom lughawe praat. Since when
het Wonderboom nou 'n lughawe?
Ons het niks daarvan op CNN gesien nie. Was die
kamma gyselaars veronderstel om Sjinese te wees?

Gloudina
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39775 is 'n antwoord op boodskap #39754] Wo, 28 Februarie 2001 22:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Wonderboom se lughawe is groot genoeg om 747's te hanteer, en hy mag
> internasionale vlugte hanteer ook. Daar is glo langtermyn planne om hom te
> omskep in 'n volwaardige internasionale lughawe soos Jhb en Kaapstad s'n.
>

Wel, dit sal welkom wees. Om die lughawe so ver van jou af te hê as
jy in Pretoria bly, was vir my nog altyd bietjie van 'n las. Dieselfde as
hier in Ontario waar jy jou kop af moet ry na die Pearson Airport as
jy myle daarvan af bly, soos byvoorbeeld in Waterloo in die weste
of Kingston in die ooste. Ek meet gewoonlik die kwaliteit van lewe
in 'n dorp aan die nabyheid van sy lughawe. Gelukkig het ons hier
in Ottawa een net twintig minute se ry van ons af, met nou direkte
vlugte na JFK en Silicon Valley.

Gloudina
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39782 is 'n antwoord op boodskap #39754] Do, 01 Maart 2001 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hoe lank vat dit vir julle in n motor tot in New York stad
Gloudina?

pop

skryf in boodskap news:3A9D81FF.8CF2E731@home.com...
Dries Venter wrote:
. Ek meet gewoonlik die kwaliteit van lewe
in 'n dorp aan die nabyheid van sy lughawe. Gelukkig het ons hier
in Ottawa een net twintig minute se ry van ons af, met nou direkte
vlugte na JFK en Silicon Valley.

Gloudina
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39787 is 'n antwoord op boodskap #39754] Do, 01 Maart 2001 02:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

poppie wrote:

> Hoe lank vat dit vir julle in n motor tot in New York stad
> Gloudina?
>

Kan dit maklik in 'n driekwartdag afry. Maklikste
ding om te doen, is om in New Jersey naby die
Lincoln Tunnel te bly en dan jou kar daar te los
en met die bus in te gaan.

Gloudina
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39795 is 'n antwoord op boodskap #39754] Do, 01 Maart 2001 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirk Matthee  is tans af-lyn  Dirk Matthee
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Hello daar, ek het hierdie oorspronklike brief gemis; kan ek 'n repost kry asb.

Dankie
Dirk Matthee

@home.com wrote:

> hennerietjie wrote:
>
>> oom toenie leeunie ... vir simbawie gaan
>> virtel het lat die blou tryn nie meer viek fôls toe gaan ry nie.
>
> Hennerietjie, bestaan die Blou Trein dan nog?Is daar ook nog so 'n ding soos die
> Orange
> Express? Ek het altyd so lekker daarmee uit
> Durban na Kaapstad gery. Kan mens nog
> op die treine slaap? Gee hulle nog vir jou
> daardie blou slaapsakke? Dit was altyd so
> goedkoop om op die Suid-Afrikaanse treine
> te gery het. Hier in Kanada moet jy duur
> betaal vir 'n slaapplek. Meeste mense sit
> maar sommer en slaap. En passasierstreine
> is ook maar skaars. As jy tussen Toronto
> en Halifax wil reis, is daar net elke ander
> dag een in die rigting wat jy wil gaan.
>
> Gloudina
>
>>
>>
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39797 is 'n antwoord op boodskap #39754] Do, 01 Maart 2001 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Is nou nie hennerietjie wat dit nou hier uitkap nie, maar matewissie.
Antie weet, daai mense wat die treine lat loop, spoorweg, askies antie:
spoornet, het gelat wiet lat hille nie meer so lekker baie treine wil lat
loep nie oorlat allie lories oppie paaie ennie bisse hille kastimmers
afgerokkel het (oe, ma disse groot woort daai ne! klink amper soes uitgetrek
of wanner pa vi ma sê lat hy 'n stikkie wil hê)
pa sê net noudie dag lat hy nie meer wiet hoekom oom
omaar-nou-sal-jille-jille-doela-mis net virrie treinmense kan sê om nou weer
daai treine wat so lekker loep, en waaop antie soe lekke gery het, te kan
laat lope oppie spoor nie. hy sê daai oom doela omaar-is-mis het dit mis
as hy dink lat allie lorrie drywers sommer net soe hulle lorries sal laat
staan om te gaan treinry.
my annerpa en annerma het laasjaar met'ie transkaroo vannie kaap af gery tot
in petoorsberg. nee, it was petoorija sê annerma se kind nou vi my, nie
jehansberg 'ie, en wat wiet ek dan nou ok, ek was noggie eers uit onse
jaarst yt 'ie, ma dis ok hin anner storie.
annerma en annerpa het baie lekker met daai trein gery. en gesê lat hulle
net nie meer silke lekker kos oppie treine eet 'ie, want daas nie meer kokke
om oppie treine te kan kook 'ie. Daai anner ooms van die spoornet het net
gesê lat daai kosmakers te veel geld wil hê ennie mense moet ma net
hembirgers en tjips oppe treine eet. hulle het ook 'ie meer van daai lekker
trein koffie at anti seker ok gedrink het nie (was nou seker voorlat anti na
daai plak van kan-a-da toe geloop trek het) , mar die kooie waaop hulle
geslaap het was baie lekke.
Ma' as anti weer wil kom trein ry hie by ons, kan antie 'it ma kom doen.
die bloue lope ok nog altyd. my papie sê dit loop glo nog altyd op 'n
vi'lies, mar ek kannittie vistaan nie, want sover ek weet loop hin trein op
spore..

matewissie hier oppie bos
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39810 is 'n antwoord op boodskap #39754] Do, 01 Maart 2001 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Is nou nie hennerietjie wat dit nou hier uitkap nie, maar matewissie.

Welkom, Matewissie. Dit laat Tannie se hart warm word dat
nog 'n ou seuntjie nou vir Tannie skryf. Hoe oud is jy?

Tannie Gloudina
Re: hille kaap ons, antie [boodskap #39811 is 'n antwoord op boodskap #39754] Do, 01 Maart 2001 13:27 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> my annerpa en annerma het laasjaar met'ie transkaroo vannie kaap af gery

Dis vir my interessant dat jy hier van "ander pa" praat.Langenhoven het mos vir
sy eie biologiese pa "Anderpa"
genoem. Dit was omdat sy ma dood is kort na sy
geboorte, en hy by sy pa se broer gaan bly het. Hy het
hulle toe dwarsdeur sy lewe as "mammie en pappie"
aangespreek, en sy eie pa as "anderpa." Wie is jou
"annerpa," Matewissie.

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: Premier KOK
Volgende onderwerp: Die lekker skinder plek vir afrikaaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 19:27:59 MGT 2024