Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » JPG-lêers verklein
JPG-lêers verklein [boodskap #39359] |
Sat, 17 February 2001 22:05  |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet dit is nie die regte groep vir my vraag nie, maar ek glo hier is
deelnemers met baie rekenaarskennis. En anders kan enig iemand my miskien
die regte groep wys?
Ek het enige foto-albums van 'n ou-tante (great aunt) gescan op 'n resolusie
van 600 DPI vir my "argief". Die lêers is dus taamlik groot. Ek soek 'n
eenvoudige en snelle wyse om die lêers te verklein tot 20% van die
origineel. My argief het nou meer as 1000 lêers en sommige van hulle is meer
as 15 MB groot ..... Dit kos my rekenaar 10 minute om 1 lêer te verklein en
gereeld kryg ek 'n blou skerm met die mededeling "alle systeembronnen zijn
in gebruik", waarna die rekenaar (Celeron 550, 128 MB intern) crash :(
Is daar miskien 'n handig freeware programmaatjie soos die wat gebruik kan
word om thumbnails te maak of so?
Groete,
Arthur
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: JPG-lêers verklein [boodskap #39400 is 'n antwoord op boodskap #39359] |
Sun, 18 February 2001 19:30   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Irfanview behoort aan jou vereistes te voldoen (http://www.irfanview.com/).
Maak jou .bmp (of watookal) oop en save as 'n .jpg O gaats, verstaan ek nou
reg? Hoe lyk dit my jou lêers is alreeds in jpeg formaat?! Dan het jy
probleme, want jpeg is alreeds 'n gekondenseerde formaat. Maar ek moet sê
15MB vir 'n jpeg klink vir my ekstreem. Oor die algemeen het ek gevind dat
scans @ 600 dpi maklik >10MB .bmp (bitmap) gee, wat na jpeg's van minders as
1MB kondenseer, so dalk het jy êrens 'n fout met die scan stellings gemaak.
Ek weet jy kan jpegs maak wat geen kondensering toelaat nie, dws 'n 10MB
bitmap kan nog steeds 'n 10MB jpeg maak!
Dan moet jy miskien Adobe Photoshop (duur!) kry om die resolusie te
verander, hy's lekker om die foto's mee "op te touch" ook: voumerke, krappe,
stof, ens kan lekker uitgehaal word. 'n Ander program wat jy na kan kyk is
HiJaak, maar jy sal maar self moet soek vir hom.
Dries
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:96mspo$2d61$1@news.kabelfoon.nl...
> Ek het enige foto-albums van 'n ou-tante (great aunt) gescan op 'n resolusie
> van 600 DPI vir my "argief". Die lêers is dus taamlik groot. Ek soek 'n
> eenvoudige en snelle wyse om die lêers te verklein tot 20% van die
> origineel. My argief het nou meer as 1000 lêers en sommige van hulle is meer
> as 15 MB groot ..... Dit kos my rekenaar 10 minute om 1 lêer te verklein en
> gereeld kryg ek 'n blou skerm met die mededeling "alle systeembronnen zijn
> in gebruik", waarna die rekenaar (Celeron 550, 128 MB intern) crash :(
|
|
|
Re: JPG-lêers verklein [boodskap #39402 is 'n antwoord op boodskap #39400] |
Sun, 18 February 2001 20:30   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 18 Feb 2001 21:30:58 +0200, "Dries Venter"
wrote:
> Irfanview behoort aan jou vereistes te voldoen (http://www.irfanview.com/).
>
> Dan moet jy miskien Adobe Photoshop (duur!) kry om die resolusie te
> verander, hy's lekker om die foto's mee "op te touch" ook: voumerke, krappe,
> stof, ens kan lekker uitgehaal word. 'n Ander program wat jy na kan kyk is
> HiJaak, maar jy sal maar self moet soek vir hom.
>
> Dries
>
Wat ook werklik lekker is daarvoor Dries, is Adobe Photo De Lux 4.0.
Dit het ek gekry as program saam met 'n digitale kamera wat ek gekoop
het en dit eers 'n paar dae later geinstalleer. Wat 'n verassing!
Al die foto's by http://home.intekom.com/davesplace/davani/index.htm
het ek tussen my kamera, Thumbs Plus 4.1 en Adobe Photo De Lux 4.0
gedoen.
Iemand meer profesioneel as ek sou met dieselfde programme 'n werklik
profesionele album kon bou.
DD
|
|
|
|
Re: JPG-lêers verklein [boodskap #39443 is 'n antwoord op boodskap #39400] |
Mon, 19 February 2001 18:09   |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Dries Venter" schreef...
> Irfanview behoort aan jou vereistes te voldoen
(http://www.irfanview.com/).
> Maak jou .bmp (of watookal) oop en save as 'n .jpg O gaats, verstaan ek nou
> reg? Hoe lyk dit my jou lêers is alreeds in jpeg formaat?! Dan het jy
> probleme, want jpeg is alreeds 'n gekondenseerde formaat. Maar ek moet sê
> 15MB vir 'n jpeg klink vir my ekstreem. Oor die algemeen het ek gevind dat
> scans @ 600 dpi maklik >10MB .bmp (bitmap) gee, wat na jpeg's van minders as
> 1MB kondenseer, so dalk het jy êrens 'n fout met die scan stellings gemaak.
> Ek weet jy kan jpegs maak wat geen kondensering toelaat nie, dws 'n 10MB
> bitmap kan nog steeds 'n 10MB jpeg maak!
Om te verduidelik: ek scan meer as 1 foto tegelyk. 'n Scan op A4-formaat
(heeltemal vol met foto's) met 600 DPI is dan byvoorbeeld 5100x6960 pixels,
19 MB as JPG en 103 MB as BMP. Ek weet die JPG-kompressiefaktor is nie
maksimaal nie, maar ek wens om 'n goeie kwaliteit te behou...
> Dan moet jy miskien Adobe Photoshop (duur!) kry om die resolusie te
> verander, hy's lekker om die foto's mee "op te touch" ook: voumerke, krappe,
> stof, ens kan lekker uitgehaal word. 'n Ander program wat jy na kan kyk is
> HiJaak, maar jy sal maar self moet soek vir hom.
Ek gebruik Paint Shop Pro 7 en Ulead iPhoto Express. Hulle doen die truuk,
maar dit gaan baie stadig (op my rekenaar) en dis baie arbeidsintensief. Ek
soek ook nie grafiese software om die scans te bewerk nie, maar 'n programma
wat 'n groot aantal scans kan verklein (nie komprimeer nie, maar rerig
verklein tot 20% van die origineel) sonder om ieder scan apart te moet open,
bewerk, opslaan en sluit.
Ek het nou die freewareprogramma "Easy Thumbs" gebruik. Ek het die lêers
teruggebring tot 'n breedte van 1024 pixels. Dit was nie presies wat ek
gesoek het nie en dit werk nie perfekt nie (die programma slaan willekeurig
lêers oor), maar ek moet roei met die rieme wat ek het :)
Almal baie dankie vir julle hulp!
Arthur
|
|
|
Re: JPG-lêers verklein [boodskap #39453 is 'n antwoord op boodskap #39443] |
Mon, 19 February 2001 19:45   |
Hans
Boodskappe: 68 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Arthur Hagen skryf in boodskap news:96rnml$1a6a$1@news.kabelfoon.nl...
> "Dries Venter" schreef...
>> Irfanview behoort aan jou vereistes te voldoen en
>> Dan moet jy miskien Adobe Photoshop (duur!) kry om die resolusie te
>> verander, hy's lekker om die foto's mee "op te touch" ook: voumerke, krappe,
>> stof, ens kan lekker uitgehaal word. 'n Ander program wat jy na kan kyk is
>> HiJaak, maar jy sal maar self moet soek vir hom.
>
> Ek gebruik Paint Shop Pro 7 en Ulead iPhoto Express. Hulle doen die truuk,
> maar dit gaan baie stadig (op my rekenaar) en dis baie arbeidsintensief. Ek
> soek ook nie grafiese software om die scans te bewerk nie, maar 'n programma
> wat 'n groot aantal scans kan verklein (nie komprimeer nie, maar rerig
> verklein tot 20% van die origineel) sonder om ieder scan apart te moet open,
> bewerk, opslaan en sluit.
Daar is 'n uitstekende "Plug-in" vir Adobe Photoshop genaamd Altamira
Genuine Fractals wat daarop gemik is om fotos onafhanklik van resolusie te
vergroot. Alhoewel dit waarskynlik nie daarvoor bedoel is nie, maak sommige
mense daarvan gebruik om fotos wat teen te lae resolusie afgetas is, te
vergroot en steeds genoegsaam inligting te behou om aanvaarbare afdrukke te
kan maak. Altamira GF skep 'n lêer in sy eie formaat (.STN). Indien die
lêer dan weer oopgemaak word, kan die benodigde grootte gekies word en
indien die oorspronlike resolusie redelik was, is die gedrukte vergrote
weergawe (bv A3) feitlik ononderskeibaar ten opsigte van kwaliteit van die
oorspronklike (bv poskaartgrootte) as gevolg van die doeltreffende
'fractal'-algoritme wat gebruik word. Fotos kan direk in Adobe Photoshop
afgetas word en dadelik in die Altamira-formaat gebêre word sonder enige
manipulasie. 'n Demo-weergawe is beskikbaar indien jy sou belangstel om
daarna te kyk (www.altamira-group.com) en daarmee kan beelde van tot
1500X1500 pixels gebêre word en dan vergroot word tot 65Mb om kwaliteit te
vergelyk. Vir 'n 800X600 beeld (72dpi) is die STN-lêer 79kb groot. Die
enigste ellende is dat die vergrootte beelde stadig oopmaak omdat die
'fractal'-algoritme redelik prosessor-intensief is. Die kwaliteit is egter
uitstekend.
Hans
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: JPG-lêers verklein [boodskap #39654 is 'n antwoord op boodskap #39632] |
Sun, 25 February 2001 17:14  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 24 Feb 2001 20:13:03 +0100, "Arthur Hagen"
> Arthur stel toe voor
>
> ps. Miskien kan jy vir Gammapooka wys dat AllAdvantage.com lankal bankrot
> is? Hy het nog hul banners op sy site staan.
>
>
Okay... Gammapooka sal dit hoor!
Groeten
DD
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:47:08 UTC 2025
|