Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die grondige wet, my antie
die grondige wet, my antie [boodskap #39424] Ma, 19 Februarie 2001 11:01 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

my pa sê dit smaak hom antie laaik nie so baie van ons gegronde wet en sy
handfes van regte mense nie. hy sê 'n mens noem dit 'n gegronde wet omdat
dit werk soos 'n lektriek paal wat 'n grond draad het wat keer lat die
weerlig jou nie bliksem nie. skies vi' die taal antie my pa was weer gesyp.
hy sê die weerlig is die magtige staat en ons sit ammal onner daai paal.

my pa sê oom robber makapie van simbawie het ok nie van hille gegronde wet
gelaaik nie toe wil hy hom veranner ma' die mense willie. toe raak oom
robber baie kwaat en hy van die boere se plase en jaag die regters weg. toe
raak die toeriste bang en willie meer gaan tiere en visse vang op karieba
nie. en as hulle nog lis het om te gaan kyk hoe val die sambesie se water
gaan hille nou eerder vir om frederiek in zambie kyer. nou ly oom robber se
mense oor hulle nie werk en kos het nie. alles net oor oom robber nie vannie
gegronde wet gehou het nie.

ma' hy sê antie en oom robber moenie alleen voel nie want petymaal lyk dit
of ons regering
ok nie hou van daai grondige wet nie. soos toe hille vir antie patrys
delilla vannie fillistyne yt die partylement ytgeskop het oorlat sy gesê het
pety van hille was spaais vir oom peewee. toe vat sy hille mos
grondwettiglike hof toe. en die hof sê die fillistyne het vir antie delilla
gekies om innie partylement te sit hille moet haar terugvat.

die grondige wet sê ok lat kinnertjies soos ek nie innie tronk mag sit saam
met grootmense soos oom ellen boeksak nie want dan leer hille ok steel. maar
oom penjil mandoenjyma het hom ok nie daaraan gesteer nie toe vat antie
delilla hom ok hof toe. toe sê die hof die kinnertjies moet yt. weet antie
lat een van daai kinnertjies wat moes yt ynste antie delilla se sissie
vermoer het.

as ek vir antie goeie raat kan gee issit lat antie nie met antie delilla
moet sikkel nie. my pa sê sy vat nie twak van kebouters nie. en dis nie net
simson en die fillistyne wat haar laaik nie antie.

koebaai antie (die grondige wet sê antie kan maar sê wat antie wil solank
dit nettie haatpraat issie, behalwe as antie oorie bartoeloemias diasse
praat)

hennerietjie
Re: die grondige wet, my antie [boodskap #39436 is 'n antwoord op boodskap #39424] Ma, 19 Februarie 2001 16:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> my pa sê dit smaak hom antie laaik nie so baie van ons gegronde wet en sy
> handfes van regte mense nie. hy sê 'n mens noem dit 'n gegronde wet omdat
> dit werk soos 'n lektriek paal wat 'n grond draad het wat keer lat die
> weerlig jou nie bliksem nie.

Ja, Hennerietjie, dis waar wat jou pa sê van die feit dat'n geskrewe
grondwet en 'n handves van menseregte soos 'n
gronddraad is, wat keer dat die weerlig jou nie doodslaan
nie. So tussen al die wyntjies praat jou pa nogal sommer
diep dinge. Dis miskien omdat jou pa so baie diep dinge
dink en sien, dat hy so drink.
Sê vir jou pa ek hou van grondwette. Maar dit amuseer
tannie net dat oom Frikkie hanskakie en sommige
van sy ander rsaboys, wat lekkerder in Engels pos as in
Afrikaans, se monde so tuit staan oor die grondwet en
hulle regte, terwyl tannie weet dat hulle maar goed saam-
gedoen het aan die skending van menseregte nie baie
lank gelede nie.

Tannie Gloudina
Re: die grondige wet, my antie [boodskap #39437 is 'n antwoord op boodskap #39424] Ma, 19 Februarie 2001 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> as ek vir antie goeie raat kan gee issit lat antie nie met antie delilla
> moet sikkel nie. my pa sê sy vat nie twak van kebouters nie. en dis nie net
> simson en die fillistyne wat haar laaik nie antie.
>

Dit lyk vir my nogal Patricia de Lille is bietjie van
'n heldin daar in SA, 'n doring in sommer almal
se vlees. As ek reg onthou, is sy lid van die
P.A.C. , né? Dis mos hulle wat van die ANC
afgeskei het omdat hulle nie aan 'n party wou
behoort wat witmense as lede het nie. Of praat
ek nou nonsens?

Tannie Gloudina
Re: die grondige wet, my antie [boodskap #39467 is 'n antwoord op boodskap #39424] Di, 20 Februarie 2001 04:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Deesdae kan jy jou hoed vir Patricia afhaal soos sy inklim onder almal.
Jy hoef nie met haar saam te stem nie maar sy het darem dryfkrag. Wens net
"ander" kon so wees

Krokkie

skryf in boodskap news:3A9149C5.A1CC031B@home.com...

hennerietjie wrote:

> as ek vir antie goeie raat kan gee issit lat antie nie met antie delilla
> moet sikkel nie. my pa sê sy vat nie twak van kebouters nie. en dis nie net
> simson en die fillistyne wat haar laaik nie antie.
>

Dit lyk vir my nogal Patricia de Lille is bietjie van
'n heldin daar in SA, 'n doring in sommer almal
se vlees. As ek reg onthou, is sy lid van die
P.A.C. , nê? Dis mos hulle wat van die ANC
afgeskei het omdat hulle nie aan 'n party wou
behoort wat witmense as lede het nie. Of praat
ek nou nonsens?

Tannie Gloudina
Re: die grondige wet, my antie [boodskap #39470 is 'n antwoord op boodskap #39424] Di, 20 Februarie 2001 06:54 Na vorige boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> hennerietjie wrote:
>
>> as ek vir antie goeie raat kan gee issit lat antie nie met antie delilla
>> moet sikkel nie. my pa sê sy vat nie twak van kebouters nie. en dis nie net
>> simson en die fillistyne wat haar laaik nie antie.
>>
>
> Dit lyk vir my nogal Patricia de Lille is bietjie van
> 'n heldin daar in SA, 'n doring in sommer almal
> se vlees. As ek reg onthou, is sy lid van die
> P.A.C. , né? Dis mos hulle wat van die ANC
> afgeskei het omdat hulle nie aan 'n party wou
> behoort wat witmense as lede het nie. Of praat
> ek nou nonsens?
>

Jy praat nou (al weer) nonsens :}
Vorige onderwerp: Ter wille van 'n belydenis
Volgende onderwerp: maartsjieng toe prietôria, antie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:05:39 MGT 2024