Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van rigtings wat tel
Van rigtings wat tel [boodskap #3924] Di, 10 Februarie 2004 21:20 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn, in vandag se Guardian skryf David Aaronovitch:

"So far the quite sensible maxim has been that voters are opting for the
person most likely to beat George Bush and that this man is John Kerry.
But there's a problem ahead. Kerry is a northerner and - conventional wisdom
has it - a northerner cannot win the presidency because southerners will not
vote for them. That's why all the Democrats who have gained the White House
since 1964 have come from southern states, and all those who have come from
northern ones have lost. What this means, of course, is that southerners are
exercising a kind of regional veto, but that northerners aren't."

Dink jy daar is iets in wat hy sê, en/of sal dit 'n rol speel in die geval
van Kerry? Ek vra maar net, want Aaronovitch kan partykeer vreeslik deur sy
nek praat (net soos die afkop spook wat gereeld verskynings maak in stories
wat in ou murasies afspeel...:-))

Lorinda
Re: Van rigtings wat tel [boodskap #3928 is 'n antwoord op boodskap #3924] Di, 10 Februarie 2004 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is nou 'n geval vir top posting. Jammer. ;-)
Ja, daar steek BAIE waarheid in wat hy sê. Dit is amper presies wat
ek ook gesê het op 'n ander groep so ruk gelede, toe ek aan iemand wou
verduidelik dat ek nie dink die Southerners sal maklik agter Kerry
staan nie. John Edwards is sterk hier in die Suide, maar wat ek nie
van Edwards hou nie, is dat hy ten gunste van die doodstraf is. Kerry
en Cucinich is die enigste 2 kandidate van al die Dems wat teen die
doodstraf is. Ek dink Edwards is oulik en alles, maar hy is nie die
regte persoon om Bush te wen nie. Kerry is. Terloops Dean is nog nie
uit nie, hoor. Onthou dat dit gaan oor die hoeveelheid "delegates"
wat die kandidate werf, en nie die hoeveelheid stemme nie. Dis maar
net die media wat op loop gaan, so asof die meeste stemme enigiets
beteken hier in ons Republiek. En volgens CNN het Dean op die oomblik
die 2de meeste delegates. Kan nou nie die presiese getal onthou nie.
Daar is ook 'n GROOT verskil tussen die Southern Dems en die
Noordelike Demokrate. Dit was BAIE opvallend vir my wat vanaf
Washington State hier na Georgia, gekom het. (Die jaar in Alabama is
uitegwis uit my geheue so dit tel nie) ;-)
Dit is dan ook die rede waarom geliefde Southern Dems soos Zel Miller
van my staat, vir Bush ondersteun en gesê het dat hy vir Bush sal stem
in hierdie opkomende verkiesing. ;-(
Die Southerners veg nogsteeds die burgeroorlog teen die Yankees,
Lorinda. ;-(

Dit was so vinnige antwoord. Ek sit nogsteeds hier in Dahlonega en
sal seker eers weer Vrydag by die huis wees. Dus moet ek gou pos voor
my selfoon besluit om op te hang namens my. ;-))


On Tue, 10 Feb 2004 21:20:53 -0000, "Lorinda" wrote:

> Katryn, in vandag se Guardian skryf David Aaronovitch:
>
> "So far the quite sensible maxim has been that voters are opting for the
> person most likely to beat George Bush and that this man is John Kerry.
> But there's a problem ahead. Kerry is a northerner and - conventional wisdom
> has it - a northerner cannot win the presidency because southerners will not
> vote for them. That's why all the Democrats who have gained the White House
> since 1964 have come from southern states, and all those who have come from
> northern ones have lost. What this means, of course, is that southerners are
> exercising a kind of regional veto, but that northerners aren't."
>
> Dink jy daar is iets in wat hy sê, en/of sal dit 'n rol speel in die geval
> van Kerry? Ek vra maar net, want Aaronovitch kan partykeer vreeslik deur sy
> nek praat (net soos die afkop spook wat gereeld verskynings maak in stories
> wat in ou murasies afspeel...:-))
>
> Lorinda
>
Re: Van rigtings wat tel [boodskap #3929 is 'n antwoord op boodskap #3928] Di, 10 Februarie 2004 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:90ki209lnn7bg46mh9kdr0c9unb1n4vnab@4ax.com...
>
> Dit was so vinnige antwoord. Ek sit nogsteeds hier in Dahlonega en
> sal seker eers weer Vrydag by die huis wees.

Wat doen jy daar en waar is dit?! Het ek iets gemis?

Lorinda
Re: Van rigtings wat tel [boodskap #3931 is 'n antwoord op boodskap #3928] Di, 10 Februarie 2004 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:90ki209lnn7bg46mh9kdr0c9unb1n4vnab@4ax.com...

> Terloops Dean is nog nie
> uit nie, hoor. Onthou dat dit gaan oor die hoeveelheid "delegates"
> wat die kandidate werf, en nie die hoeveelheid stemme nie. Dis maar
> net die media wat op loop gaan, so asof die meeste stemme enigiets
> beteken hier in ons Republiek. En volgens CNN het Dean op die oomblik
> die 2de meeste delegates.

Baie dankie Katryn. Dit is goed dat jy dit noem, want op die oomblik vergeet
ons van Dean.


> > Die Southerners veg nogsteeds die burgeroorlog teen die Yankees,
> Lorinda. ;-(

Dit is interessant dat dit nog steeds so 'n groot rol speel. Ek wonder hoe
lank dit nog die geval sal wees. Wat (behalwe die geskiedenis) vuur dit aan?

Lorinda
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3935 is 'n antwoord op boodskap #3931] Wo, 11 Februarie 2004 01:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Feb 2004 22:06:32 -0000, "Lorinda" wrote:

>> beteken hier in ons Republiek. En volgens CNN het Dean op die oomblik
>> die 2de meeste delegates.
>
> Baie dankie Katryn. Dit is goed dat jy dit noem, want op die oomblik vergeet
> ons van Dean.

Ja, ek dink nie hy sal die nominasie kry nie, maar hy het regtig BAIE
beteken vir my party. As mens maar net kyk hoe hy die jong mense
gemobilisseer het om te stem, om maar net 1 ding te noem.
Terloops, Kerry het op die oomblik 431 afgevaardiges, gevolg deur
Dean se 182, Edwards se 117 en Clark se 84.
Daar is 'n totaal van 4,321. So jy kan sien dat daar nog baie water
in die seë moet loop. ;-)
Dit is dan hierdie afgevaardiges wat sal besluit wie die Demokratiese
presidensiële kandidaat sal wees om teen Bush te staan in November.
Hulle bring hulle stemme uit tydens die Demokratiese Konvensie wat vir
3 dae in Julie , in Boston, Massachusetts, plaasvind.
Hou duimvas dat dit John Kerry sal wees!! ;-)

>> > Die Southerners veg nogsteeds die burgeroorlog teen die Yankees,
>> Lorinda. ;-(
>
> Dit is interessant dat dit nog steeds so 'n groot rol speel. Ek wonder hoe
> lank dit nog die geval sal wees. Wat (behalwe die geskiedenis) vuur dit aan?

Lank. ;-(
Sjoe, daar is biblioteke vol boeke en miljuisende tesisse al geskryf
juis hieroor. ;-) Okay, afgesien van die geskiedkundige redes, dink
ek dat private belangegroepe 'n groot rol speel, en een van die
grootste hiervan is die regse "Christian Coalition" wat hoofsaaklik
uit evangelical Protestant Republicans, bestaan.
Die Suide is tradisioneel baie "religious" en het baie strenger
konserwatiewe "Christelike" waardes wat uitgebuit word deur hierdie
fanatiese groep wat BAIE sterk geword het die afgelope klompie jare
veral. Daar is ook baie meer swart mense hier in die Suide relatief
gesproke. Hulle is as sosiale groep ook baie meer konserwatief en
"religious" as ons Noordelike landsgenote.
Maar as verduideliking en voorbeeld, laat ek aanhaal uit 'n teksboek
wat op Universiteit gebruik word.
Lowi and Ginsberg se American Government:
Bl 226
Private groups and the Shaping of Public Opinion:
- "Public opinion is also influenced by private interest groups and
the news media"
-"Typically groups with the most access to financial and
organizational resources have the greatest influence on public
opinion"

Die hele aborsie issue is juis so saak.
Ek haal verder aan (selfde bladsy)
The notion of right- to- life was developed and heavily promoted by
conservative politicians who saw the issue of abortion as a means of
uniting Catholic and Protestant conservatives and linking both groups
to the Republican coalition, at that time led by President Reagan.
These politicians convinced Catholic and evangelical Protestant
leaders that they shared similar views on the question of abortion,
and they worked with religious leaders in order to focus public
attention on the negative issues in the abortion debate. To advance
their cause, leaders of the movement sponsored well-publicized Senate
hearings, where testimony, photographs, and other exhibits were
presented to illustrate the violent effects of abortion procedures.
At teh same time, publicists for the movement produced leaflets,
articles, books, and films, such as "The SIlent Scream", to highlight
the agony and pain ostensibly felt by the unborn during the abortion
procedures. Finally, Catholic and evangelical Protestant religious
leaders were organized to denounce abortion from their church pulpits
and, increasingly, from their electronic pulpits on the Christian
Broadcasting Newtork (CBN), and various others.
Religious leaders also organized demonstrations, pickets, and
disruptions at abortion clinics throughout the nation. Abortion rights
remains a potent issue: it even influenced the 1994 health care
debate.
Among Preseident Clinton's most virulent critics were leaders of the
religious Right...etc.



Bietjie meer oor die regse Christian Coalition- definisie uit my
woordeboek:
Christian Coalition, organization founded to advance the agenda of
political and social conservatives, mostly comprised of evangelical
Protestant Republicans, and to preserve what it deems traditional
American values. It was established (1989) by Pat Robertson after he
failed to win the 1988 Republican presidential nomination. Based in
Chesapeake, Va., the group has about 2 million members and some 2,000
local chapters in 50 states. It lobbies in support of traditional
religious and family values, market capitalism, and school choice and
prayer and opposes secular influence in the United States, abortion,
and gun control. The organization, which, through wide dissemination
of voter guides, has supported some political candidates and opposed
others, was very influential during the 1990s under the leadership
(1989–97) of executive director Ralph Reed. By 1999, however, when
Robertson assumed a more active role in the group's direction, its
membership was dropping, debts mounting, and influence waning. That
same year the Coalition lost its tax-exempt status and divided into
two parts: the Christian Coalition International, its taxable
political arm, and the Christian Coalition of America, tax-exempt and
concentrating on voter education. Robertson resigned as the group's
president in 2001.
Re: Van rigtings wat tel [boodskap #3936 is 'n antwoord op boodskap #3929] Wo, 11 Februarie 2004 01:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Feb 2004 21:58:47 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "Katryn" wrote in message


>> Dit was so vinnige antwoord. Ek sit nogsteeds hier in Dahlonega en
>> sal seker eers weer Vrydag by die huis wees.
>
> Wat doen jy daar en waar is dit?! Het ek iets gemis?

LOL! Shhhhh....ek kan mos nie nou al my skandes uitblaker nie?
;-))
Nee, dis sowat 80 myl Noord van Athens af, en die tuiste van die North
Georgia College & State University, waar ek tans so paar klassies gee
vir ekstra inkomste. Darem net vir n paar weke, dan is dit klaar.
Dit is nogal interessant en lekker, want die kampus is baie klein en
heel anders as wat ek gewoond was by UGA of selfs by Gainsville.
Um...dis o.a 'n militêre kollege, en in die pragtige Blueridge
mountains - so dis alweer ekke en die "berge", en dalk moet ek nie
teveel sê nie?
;-)))))
Re: Van rigtings wat tel [boodskap #3938 is 'n antwoord op boodskap #3936] Wo, 11 Februarie 2004 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:et1j20d5civ5s9aulf77v1dkqq3cqf7tu2@4ax.com...

> Um...dis o.a 'n militêre kollege, en in die pragtige Blueridge
> mountains - so dis alweer ekke en die "berge", en dalk moet ek nie
> teveel sê nie?
> ;-)))))

LOL! Laas keer het Tobie skoon in vervoering geraak oor jou berge, hy het
selfs so 'n tema begin :-)
Ek is bly om te hoor dat jy darem op 'n mooi plek is.

Lorinda
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3939 is 'n antwoord op boodskap #3935] Wo, 11 Februarie 2004 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:05ui201sorc58h5octnb8jrt92sqesdbf3@4ax.com...

> Hou duimvas dat dit John Kerry sal wees!! ;-)

Ons chant dat dit bars Katryn! Ons draai arms en roep ou "markers" in (wat
is "calling in a marker" in Afrikaans?), ons heul en bring offers. Ons stop
kuns in lock bokse. :-)) As hy nie wen nie sal dit nie wees omdat ons niks
gedoen het nie....

Lorinda
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3940 is 'n antwoord op boodskap #3935] Wo, 11 Februarie 2004 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:05ui201sorc58h5octnb8jrt92sqesdbf3@4ax.com...
> Lank. ;-(
> Sjoe, daar is biblioteke vol boeke en miljuisende tesisse al geskryf
> juis hieroor. ;-) Okay, afgesien van die geskiedkundige redes, dink
> ek dat private belangegroepe 'n groot rol speel, en een van die
> grootste hiervan is die regse "Christian Coalition" wat hoofsaaklik
> uit evangelical Protestant Republicans, bestaan.
> Die Suide is tradisioneel baie "religious" en het baie strenger
> konserwatiewe "Christelike" waardes wat uitgebuit word deur hierdie
> fanatiese groep wat BAIE sterk geword het die afgelope klompie jare
> veral. Daar is ook baie meer swart mense hier in die Suide relatief
> gesproke. Hulle is as sosiale groep ook baie meer konserwatief en
> "religious" as ons Noordelike landsgenote.
> Maar as verduideliking en voorbeeld, laat ek aanhaal uit 'n teksboek
> wat op Universiteit gebruik word.

Baie dankie vir die aanhalings ens, dit is nou baie duidelik. Ek het geweet
dat die suide as meer konserwatief gesien word, maar mens is nie altyd seker
in watter mate dit 'n persepsie is wat deur Hollywood geskep word nie.
Hier is swart mense (veral die van Afrika) ook oor die algemeen baie
godsdienstig; hulle hou behoorlik die protestante kerke hier aan die gang.

Lorinda
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3944 is 'n antwoord op boodskap #3940] Do, 12 Februarie 2004 03:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"From a distance" het ek my bedenkinge oor Kerry - en dis bloot op openbare
voorkoms tydens optredes. Dis asof hy 'n baie gereserveerde (introvert ?)
persoon is wat nie so gemaklik kommunikeer in die openbaar nie.
Dis intressant dat die suide steeds so 'n unieke karakter het - daar was in
die 60's en 70' doelbewuste pogings gewees om daardie situasie aan te spreek
dmv beplande emigrasie en immigrasie veldtogte. 'n Onlangse tv-program het
die toekomstige rol van die mexikane, kubane ens. as 'n derde prominente
"kultuur"-groep in die suide beklemtoon. "Hulle" rol sal klaarblykl;ik oor
so 10 jaar inslaggewend word - maw die suide sal nie bloot uit wit en swart
bestaan nie.
Die ooreenkomste in denkpatrone tussen die suide (VSA) n die RSA is m.i. 'n
baie interessante onderwerp. In die jare 30 (1930's) was daar 'n
Carnegie-kommissie wat in die RSA ondersoek ingestel het na die armblank
probleem - a.g. dit op daardie tydstip die enigste ander plek in die wêreld
(benewens die VSA se suide) was waar die armblanke probleem sy kop
uitgesteek het. Die armblanke probleem is 'n baie interessante onderwerp wat
m.i. die grondoorsaak van apartheid geword het. Dit is ook 'n probleem wat
tans weer besig om sy kop in die RSA uit te steek.
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3949 is 'n antwoord op boodskap #3944] Do, 12 Februarie 2004 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 12 Feb 2004 05:02:09 +0200, "Jonas" wrote:

> "From a distance" het ek my bedenkinge oor Kerry - en dis bloot op openbare
> voorkoms tydens optredes. Dis asof hy 'n baie gereserveerde (introvert ?)
> persoon is wat nie so gemaklik kommunikeer in die openbaar nie.

Wel, dan is jy seker bly dat jy nie hier in Amerika woon nie? ;-)
Ek wonder wat het voorkoms te make met 'n kandidaat se platform en
vermoë om 'n land soos Amerika weer op die regte pad te kry?
Niks!!

> Die ooreenkomste in denkpatrone tussen die suide (VSA) n die RSA is m.i. 'n
> baie interessante onderwerp.

Waarom dink jy is daar eenderse denkpatrone? Ek dink nie dit gaan
hier soseer oor swart en wit as oor verskillende norme en waardes nie,
Jonas. Die meeste of dan eerder die "tipiese" southern rednecks en
hicks is nie juis rassisties nie.

> In die jare 30 (1930's) was daar 'n
> Carnegie-kommissie wat in die RSA ondersoek ingestel het na die armblank
> probleem - a.g. dit op daardie tydstip die enigste ander plek in die wêreld
> (benewens die VSA se suide) was waar die armblanke probleem sy kop
> uitgesteek het. Die armblanke probleem is 'n baie interessante onderwerp wat
> m.i. die grondoorsaak van apartheid geword het. Dit is ook 'n probleem wat
> tans weer besig om sy kop in die RSA uit te steek.

Ja, die "armblanke vraagstuk" is natuurlik baie interessant. Maar die
redes daarvoor hier in die Suide is baie bekend, en ek weet nie of
mens dit enigsins kan vergelyk met die armoede van Afrika lande nie?
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3970 is 'n antwoord op boodskap #3949] Vr, 13 Februarie 2004 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - die beweegrede vir die kommissie op daardie tydstip was veral oor
die ooreenkomste. (Lees maar gerus op. Ook mbt die beskrywing van die begrip
armblanke in die 30's.)
Ook - voorkoms van presidensiële kandidate in die VSA is bepaald van
belang - waarom weet ek ook nie.
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3985 is 'n antwoord op boodskap #3970] Sa, 14 Februarie 2004 00:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 13 Feb 2004 15:21:37 +0200, "Jonas" wrote:

> Katryn - die beweegrede vir die kommissie op daardie tydstip was veral oor
> die ooreenkomste. (Lees maar gerus op. Ook mbt die beskrywing van die begrip
> armblanke in die 30's.)

Ooreenkomste soos die burgeroorlog hier tussen die Noorde en die
Suide, en die Anglo-Boere-oorlog daar in SA, dalk ja.
Maar jy het gepraat van ooreenkomste in DENKPATRONE.
Ek herhaal dus my vraag aan jou. Waarom dink jy is daar eenderse
denkpatrone? Dit interesseer my dat jy so dink. Ek probeer nie sê jy
is verkeerd of reg nie. Is jy lus om uit te brei?

Soos ek dit sien is daar baie verskillende faktore wat bydrae tot
sosiale ongelyktheid. Maar aan die einde van die dag berus dit wat
ons klassifiseer as rykdom en armoede, nie net op feite nie, maar ook
op politiek en waardes.
Sosiale stratifikasie word deur sommige Sosioloë soos Davis-Moore as
noodwendig en "goed" beskou. Karl Marx het weer 'n ander siening
gehad. ;-)
Max Weber se 3 dimensies van sosiale stratifikasie is ook baie gewild,
asook die siening van die Lenski's dat histories gesien, lyk dit asof
vooruitgang en tegnologie sosiale ongelyktheid vererger.
Jy het seker al van die Kuznets kurwe gehoor of gesien?

Die vraag bly staan. Wat veroorsaak armoede? Oscar Lewis het gesê
dat die armes raak vasgevang in 'n kultuur van armoede. 'n Tipe van
laer klas sub- kultuur wat mense se ambisies om hulle
lewensomstandighede te verbeter, te vernietig.
Is dit so iets wat jy bedoel het met eenderse "denkpatrone" tussen
die VSA se Suide en die armblanke Afrikaner?

Terloops, wat was die bevindinge van die 2de Carnegie kommissie? Dat
daar meer swart mense is wat arm is, en dat dit meestal vrouens en
kinders is? Hoe vergelyk dit met die eerste kommissie se bevindings?
M.a.w wat het die armblanke Afrikaner in gemeen met die arm
swartmense van vandag? Dalk swak opvoeding? Waarom kan 'n sekere
groep Afrikaner nie vir hom of haarself werk skep as daar nie werk is
nie, terwyl ander weer kan? Is daar dalk genetiese faktore wat 'n rol
speel?

Jy het geskryf:
> Die ooreenkomste in denkpatrone tussen die suide (VSA) n die RSA is m.i. 'n
> baie interessante onderwerp.
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3986 is 'n antwoord op boodskap #3985] Sa, 14 Februarie 2004 01:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn, jy sê:
"Waarom kan 'n sekere groep Afrikaner nie vir hom of haarself werk skep as
daar nie werk is
nie, terwyl ander weer kan? Is daar dalk genetiese faktore wat 'n rol
speel?"
Dit wat my betref is die sleutelpunt.
Maar nie bloot wat Afrikaners betref nie - maar ook ander groepe soos
sartes - in die VSA en in die RSA - asook in Afrika. 'n Baie interessante
vraag. Jy kan 'n mening ook daaroor huldig.
Jy sê:
"Die meeste of dan eerder die "tipiese" southern rednecks en hicks is nie
juis rassisties nie." My indrukke verskil ietwat en ek sal graag jou bronne
in die verband beter wil leer ken.
Wanneer ek verwys na vergelykbare denkpatrone dan verwys ek na die
rassesienings soos gehuldig in die Suide en die in die RSA - en daar verwys
ek na die 60's en 70's toe daar 'n doelbewuste poging aangewend is die
situasie in die VSA te verander.
Re: Van rigtings wat tel (laaaank) [boodskap #3987 is 'n antwoord op boodskap #3986] Sa, 14 Februarie 2004 03:11 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 03:57:10 +0200, "Jonas" wrote:

> Jy sê:
> "Die meeste of dan eerder die "tipiese" southern rednecks en hicks is nie
> juis rassisties nie." My indrukke verskil ietwat en ek sal graag jou bronne
> in die verband beter wil leer ken.

Waar en hoe en wanneer het jy jou indrukke bekom?

In kort neem ek waar dat dit al vir 'n hele ruk nie meer gaan oor
kleur/ras verskille nie, maar oor klas verskille.
Dit gaan hier in Amerika oor ekonomiese belange. Die armblankes wat
daagliks meer en meer word joined ranks en het common interests met
die African American - nie net moreel nie, maar definitief en
hoofsaaklik ekonomies.
So, het daar 'n nuwe klas ontstaan. Nog in sy babaskoene en
wankelrig, maar die racial categories and ideologies of the past,
behoort in die verlede.
Dit is nie te sê dat die historiese struggles, soos rassisme en
opressie en inequality of women, skielik nie meer bestaan nie. Dit
bestaan natuurlik, maar dit is DEEL van die nuwe klas, en nie meer die
oorheersende faktor nie.
Vorige onderwerp: Is dit waar?
Volgende onderwerp: 'n Valentyn vir Almal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:14:14 MGT 2024