Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mea culpa...
Mea culpa... [boodskap #39177] |
Mon, 12 February 2001 11:16  |
me & bobby magee
Boodskappe: 1 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek besluit toe om na twee jaar net vinnig te kom inloer - waar daar lewe is,
was daar nog altyd hoop. Maar helaas, dis nog alles onveranderd. Net 'n
paar name het verander... Die persoonlike aanvalle gaan nog steeds voort,
en spruit nog steeds uit dieselfde bron: die menslike onvermoe om andere se
opinies te verduur, vergeet maar heeltemal van aanvaar. Terug na dieselfde
ou woord: onverdraagsaamheid. Sal ons as gebore Suid-Afrikaners ooit leer
om saam te werk, om te probeer vergewe en vergeet? Seker te veel gevra -
ons geniet 'n goeie moddergooi geveg net te veel.
'n Opmerking die ander dag bly my nog steeds by: "Die kinders hier lyk nie
of hulle enige probleme het met ander rasse nie." My antwoord, na 'n
kontrak in een van die mees problematiese hoerskole hier: "Nee wat, hulle
sien velkeur nie eers raak nie - dit is heeltemal onbelangrik. Hulle maak
vriende of vyande na aanleiding van mens se persoonlikheid; wie jy is, is
belangriker as hoe jy lyk." Wonderlike houding.
Die kookaburras lag nog steeds in ons agterplaas, die galahs vermaak ons nog
steeds, en die swerm wilde kokketiele is nog steeds die enigste wekker wat
ons nodig het. Die son skyn nog steeds wonderlik warm; die lewe is nog
steeds een lang, wonderlike ondervinding, hier in my Paradys.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Mea culpa... [boodskap #39290 is 'n antwoord op boodskap #39268] |
Fri, 16 February 2001 08:39  |
Mafuta
Boodskappe: 196 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"You tickle his nuts, Silly!"
Einde van die klas. Onbeheerbaar hierna - net soos ek self.
'Skuus tog as ek iemand aanstoot gee... hier is 'n hele paar "nuts" (of is
dit nou "nutters") wat die nuusgroep besoek - dog toe hulle sou die antwoord
ken.
> Intussen maak ek myself 'n peanut deur vir die
> klerke te vra hoe jy 'n peanut aan die lag kry. Toe's hulle die
> peanuts want hulle lag toe vir my.
>
> So ek gee op. Wat het Big Joe gesê?
>
> DD
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 22:04:23 UTC 2025
|