Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vye Jam
Vye Jam [boodskap #39145] |
Sun, 11 February 2001 18:53  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
... want dit is nie konfyt nie. Perskes en appelkose kan konfyt wees maar
vyejam is vyejam.
Hier êrens sien ek iemand spekuleer of hy moet terugkom SA toe. Ek dink die
kritieke faktor is of daar waar hy is vyejam is. En ek sien die mense oorsee
soek dikwels na Mrs. Ball se Blatjang wat natuurlik 'n gunsteling is. Maar
Gloudina, het julle vyejam daar?
DD
|
|
|
Re: Vye Jam [boodskap #39152 is 'n antwoord op boodskap #39145] |
Sun, 11 February 2001 19:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> .Gloudina, het julle vyejam daar?
>
>
Ja, ons koop gereeld vyekonfyt van winkelswat Midde-Oosterse ware het. Ons kry
daar
ook allerhande soorte tameletjies. En by ons
naaste goeie vrugtewinkel kry ons ook nou
gereeld vars vye, maar hulle is gewoonlik
taamlik duur en ek is maar versigtig vir iets
wat uit die buiteland kom en wat nie 'n harde
skil het nie. Daar is ook turksvye, maar hulle
is van die pers (cochinile) soort waarvan ek
nie baie hou nie. Die Indiese winkel waarby
ons ons samosas en pakoras koop, vlieg ook
gereeld koejawels van Indië in.
Ek stem saam met jou - vyekonfyt is 'n
moet vir meeste Suid-Afrikaners. Veral iemand
wat in die Noord-Kaap grootgeword het met
'n oorvloed van alle soorte vye.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Vye Jam [boodskap #39186 is 'n antwoord op boodskap #39145] |
Mon, 12 February 2001 12:47  |
DARKANGEL
Boodskappe: 42 Geregistreer: October 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:966n33$b12$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> ... want dit is nie konfyt nie. Perskes en appelkose kan konfyt wees maar
> vyejam is vyejam.
>
> Hier êrens sien ek iemand spekuleer of hy moet terugkom SA toe. Ek dink die
> kritieke faktor is of daar waar hy is vyejam is. En ek sien die mense oorsee
> soek dikwels na Mrs. Ball se Blatjang wat natuurlik 'n gunsteling is. Maar
> Gloudina, het julle vyejam daar?
>
> DD
>
Ek wonder net mis hulle nie ook die ganna-bossie vleis van die karoo nie.
Die vleis hier in die karoo smaak darem maar baie lekkerder as daai
ingevoerdes van Australië.
DA
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 22:17:20 UTC 2025
|